http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php J van Elders boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Boeke deur J van Elders sluit in:

  1. As die muur kon praat - J van Elders
  2. Ankertou van die liefde - J van Elders
  3. Bloedspoor op Diepkuil - (Tieroog reeks) - J van Elders
  4. Die brandoffer,1953 - J van Elders
  5. Die dood krap aan die deur, 1950. Kroonspeurreeks no 26 - J van Elders
  6. Die indiese tafel , 1962 - J van Elders
  7. Die roekelose hart, 1960 - J van Elders
  8. Die saffiere verdwyn 1959 - J van Elders
  9. Die temming van 'n rissie, 1969 - J. Van Elders
  10. Die vennootskap, 1947 - J van Elders
  11. Die Verborge Deur, 1960 - J van Elders
  12. Die wortel van alle kwaad, 1971 - J van Elders
  13. Diepkuil, 1948 - J van Elders
  14. Geen twyfel meer, 1952 - J van Elders
  15. Halweg-Winkel, 1951 - J van Elders
  16. Henriette en Antoinette, 1964 - J van Elders
  17. Lappe en die donkies,1967 (kortverhale met o.a. Mikro, J van Elders en Bennie Fritz)
  18. Moord volgens plan, 1945 - J van Elders
  19. Paradyspoort, 1966 - J van Elders
  20. Selfs in ArkadiŽ, 1962 - J van Elders
  21. Skaakmat, 1957 - J van Elders
  22. Vergeet wat was, 1951 - J van Elders
  23. Wandland. `n Fantasie, 1966 - J van Elders
  24. Wonderdokter, 1968 - J van Elders

koop 'n boek 4  koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

van elders jan-geen twyfel meer

Geen twyfel meer - J van Elders

 

koop 'n boek 4

 

j van elders- die indiese tafel

Die Indiese tafel - J van Elders
In alle onskuld koop Esmť Botha ‘n teetafeltjie op ‘n vendusie. ‘n Paar maande later word sy en haar ouers skielik gewaar dat daar vanuit verskeie duistere oorde ‘n koorsagtige belangstelling vir diť tafeltjie bestaan.

Die Bothas se vreedsame bestaan word voortaan versteur deur inbrake en dreigbriewe n deur die tergende raaisels wat die tafel omgewe:

Wie is die skraal, donker man wat die tafel teen ‘n ongehoorde prys wil koop? Watter rol speel die inhalige ou huishoudster in die saak? Hoekom is ‘n internasionale bende agter die tafel aan?

Mnr. Botha ondersoek die tafel en ontdek sy grusame inhoud. Nou is die raaisel nog duisterder, maar ook is hy des te vasberadener om die tafel nie in die verkeerde hande te laat beland nie.

Al kos die stryd om die tafel twee lewens en al neem die gevaar vir sy huisgesin gaandeweg toe, weier mnr. Botha om hom te laat bang maak. Saam met die knap speurder Du Plessis doen by sy bes om die geheim op te los.

koop 'n boek 4

Bo

j van elders- die wortel van alle kwaad speurverhale

Die wortel van alle kwaad
boek geskryf deur J van Elders

Die Wortel van alle Kwaad is ‘n diep menslike verhaal, wat nogeens duidelik weerspieŽl hoe mense in hul sug na geld en weelde, meedoŽnlose wesens word wat selfs nie sal skroom om hul medemens te vertrap in hulle selfsugtige strewe nie.

So was die twee susters, Blanche Lindeque en Marion le Roux ook. Maar terwyl Marion selfs haar eie dogter Hester, soos ‘n slaaf laat werk het, en haar alle gerief en piesier ontsÍ het, om haar eie selfsug te bevredig, het Blanche weer tot alle uiterstes gegaan om haar twee bedorwe kinders, Bella en Tom in alles te bevredig en hulle sin te gee.

Maar toe Blanche op ‘n dag ‘n buitengewone belangstelling in Hester, haar suster se dogter openbaar en haar selfs die gulde aanbod doen om vir goed by haar op Pierre Lindeque se plaas te kom bly, het selfs Hester vermoed dat alles nie pluis is nie. Hester neem egter die aanbod aan, ten einde van haar dusver vervelige en kleurlose lewe te ontvlug.

In die deftige huis op die pronkplaas van Pierre Lindeque is daar uit die staanspoor egter dinge wat vir Hester nie rym nie. Waarom is die verhouding tussen haar tant’ Blanche en Pierre Lindeque, slegs die van ulters hoflike kennisse teenoor mekaar? En dan is daar haar niggie Belia se openlike argwaan teenoor haar, Hester, en Bella se duidelike waarskuwing dat Ricus Broers wat in beheer is van die telery op die groot perde-stoetplaas, binnekort aan haar gaan verloof raak.

Van haar neef Tom, hou Hester uit die staanspoor baie, maar waarom sou haar tante so gretig blyk te wees dat sy en Tom op intiemer voet moet verkeer?

Hester werp haar egter met oorgawe in haar werk op die groot plaas—as sekretaresse van Pierre Lindeque, en die opvoeding van tant Blanche se twee seuntjies, Pietman en Steph. Hierdie twee woelige knapies is die ligpunt in Hester se lewe, en sy kan maar nie begryp dat die twee liewe kinders so te sÍ geen aandag van hulle moeder ontvang nie; dat haar tante alles moontlik vir haar oudste kinders doen, maar dat die twee kleinjies vir haar ‘n oorlas blyk te wees. En soms wonder sy wat in die gedagtes van Pierre Lindeque omgaan wanneer dit so duidelik is dat die twee seuntjies geen liefde van hulle moeder ontvang nie? Pierre wat deur die kinders verafgod word, wat vir hulle soos ‘n groot en geliefde maat is!

 

Kliek hier vir ‘n lys van Mikro se boeke

paradyspoort

Paradyspoort
1966 uitgegee en geskryf deur J van Elders

Paradyspoort behoort aan die een-en-twintig jarige Juliana Verster.

Vir geslagte reeds behoort Paradyspoort aan die Versters en al die bewoners van Paradyspoort is werknemers van die Versters.

Deur die jare het Paradyspoort dus in ‘n gemeenskapsplaas ontwikkel, met sy eie skool, poskantoor en winkels. Maar niemand anders mag enige grond in Paradyspoort besit nie, en Juliana het ook nie die reg besit om ‘n duim grond van Paradyspoort te verkoop nie.

Die inwoners van Paradyspoort is ‘n geslote gemeenskappie, wat nie toelaat dat indringers van buite inbreuk maak op die vrede en jarelange tradisies van hulle afgesonderde paradys nie.

Maar selfs op Paradyspoort het die veranderings en verrotting wat die moderne beskawing soms meebring, nie uitgebly nie.

Saam met die nuwe onderwyseres het haar jong suster Troedie van Johannesburg gekom - Troedie, die opstandige. Troedie, die bedorwe produk van die moderne, bandelose stadsjeug. Troedie wat geen ouderdom of hoŽr gesag ontsien het, met haar verdraaide opvatting van die lewe nie. Botsings tussen Troedie en die beginselvaste inwoners van Paradyspoort was dus onvermydelik.

Paradyspoort is ‘n insiggewende verhaal, van die ontwrigting en onstabiliteit in die lewens van sommige jong mense, en die uitwerking wat dit op die lewens van andere kan hÍ.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

J VAN ELDERS wonderdokter

Wonderdokter
boek deur J van Elders

“Met sy gehate krukke as stutte leun Nic Theron vooroor om in die put af te kyk. Die water lyk diep, die oppervlak twaalf voet benede hom. Op die water dryf ‘n dooie skilpad…”

Wonderdokter is die verhaal van dr. Nic Theron, wat in sy poging om ‘n arm seun voor ‘n dronk motorbestuurder te red, sodanig vermink word, dat hy nooit weer die volle gebruik van sy bene sou hÍ nie. Asof hierdie ramp nie reeds genoeg is nie, word Nic wreed ontnugter toe Hettie, sy verloofde, haar rug op hom keer toe sy van sy geknakte liggaam verneem.

Nic gaan soek genesing vir sy wonde op Groenhoek, die hersteloord van tant Pieta van Graan. Hier ontmoet hy vir Malie. Malie met haar groot liefde vir die natuur – die Wonderdokter!

Malie wat ook op Groenhoek kom aansterk het – maar wŠt kan ‘n pragtige, jong, lewenslustige meisie soos Malie makeer, dat sy reeds so lank op Groenkoek herstel? En waarom lyk Malie se gesiggie so bekend vir Nic, terwyl hy oortuig is dat hy haar nog nie tevore ontmoet het nie?

Die eerste dag reeds, het Malie vir Nic uit sy bui van neerslagtigheid geruk, en hom met nuwe waarneming na die mooie en skone in die natuur laat kyk, om sy eie kwellinge te vergeet. Spoedig is Nic dan ook net soos Malie soos ‘n eie kind opgeneem in die huislike atmosfeer wat tant Pieta en oom Cornelius vir hulle skep.

Maar dan onthou Nic waarom Malie vir hom so bekend voorkom. Hy onthou van die moordaak in die koerante, en dat Malie vrygespreek is, omdat daar nie voldoende getuienis teen haar ingebring kom word om haar skuld te bewys nie.

Maar eensklaps word die rustigheid en vrede op Groenhoek versteur wanneer Hettie, Nic se gewese verloofde en ook Roelf Steenkamp, Malie se vriend van wie sy sedert die moordsaak geen taal of tyding gehoor het nie, onverwags op die plaas opdaag.

Waarom stel Roelf Steenkamp nou meteens weer soveel belang in Malie, dat hy haar ten alle koste tot ‘n huwelik wil dwing – en Hettie, waarom is Nic se gebrek vir haar meteens nie meer so belangrik nie?

Wonderdokter is sekerlik een van J. van Elders se treffendste verhale.

 

J VAN ELDERS diepkuil

Diepkuil
1948 uitgegee en geskryf deur J van Elders

‘n Spannende speurverhaal wat hom afspeel op die plaas van oom Giddie du Toit, ‘n blinde boer en edele oujongkÍrel met sy drie aangenome seuns: Dion Mallory, John van Deventer en Ben Wentzel…en sy bekoorlike niggie Baps — om van tan’ Raal Botha nie eens te praat nie!

Die verhaal self is knap inmekaargesit en daar is genoeg handeling, onverwagte wendinge en geheimsinnige voorvalle om sersant Van Staden sy kop te laat krap en om die leser enduit te boei.

Bo

koop 'n boek 4

J VAN ELDERS die brandoffer

Die brandoffer
Boek deur J van Elders

Die werklikheid kan soms baie meer weldadig aandoen as die verdigsel en in die Afrikaanse volksmond kom oorleweringe uit vergange se dae wat nooit verlore moet gaan nie. So ’n verhaal is mev. J. van Elders se “Die Brandoffer”, oor die Prinsloo-trek in die Kolonie, wat ’n uitvloeisel van die Slagtersnek-rebellie was, met sy avontuurlike gebeure en verhoudinge – onder meer die verhouding tussen die jongeres en veral hulle in wie se harte daardie liefde brand.

Die tydperk waarin hierdie verhaal hom afspeel, was ’n ander tyd as die beskawing van vandag met al sy geriewe, sy vinnige motors, sy gebaande wee, sy draadloos-toestelle en telefoon- en telegrafiese dienste en treine.

’n Ander tydkring, ja, maar dan is dit ook asof ’n mens ’n heimwee kry na “diť dae wat was” – dae van saggebaande weŽ.

Bo

koop 'n boek 4

Lees ook Mikro se boek oor die Tweede Vryheidsoorlog

Lees ook Dan Sleigh se boek oor die Boere Vryheidsoorlog

 

Bo

koop 'n boek 4

 

 

J van Elders se boeke in jaar van uitgawe, sluit in:

  1. As die muur kon praat - J van Elders
  2. Ankertou van die liefde - J van Elders
  3. Bloedspoor op Diepkuil - (Tieroog reeks) - J van Elders
  4. 1945 - Moord volgens plan - boek geskryf deur J van Elders
  5. 1947 - Die vennootskap - boek geskryf deur J van Elders
  6. 1948 - Diepkuil, 1948 - boek geskryf deur J van Elders
  7. 1950 - Die dood krap aan die deur - boek geskryf deur J van Elders. Kroonspeurreeks no 26
  8. 1951 - Halweg-Winkel - boek geskryf deur J van Elders
  9. 1951 - Vergeet wat was - boek geskryf deur J van Elders
  10. 1952 - Geen twyfel meer - boek geskryf deur J van Elders
  11. 1953 - Die brandoffer - boek geskryf deur J van Elders
  12. 1957 - Skaakmat - boek geskryf deur J van Elders
  13. 1959 - Die saffiere verdwyn - boek geskryf deur J van Elders
  14. 1960 - Die roekelose hart - boek geskryf deur J van Elders
  15. 1960 - Die Verborge Deur - boek geskryf deur J van Elders
  16. 1962 - Die indiese tafel - boek geskryf deur J van Elders
  17. 1962 - Selfs in ArkadiŽ - boek geskryf deur J van Elders
  18. 1964 - Henriette en Antoinette - boek geskryf deur J van Elders
  19. 1966 - Paradyspoort - boek geskryf deur J van Elders
  20. 1966 - Wandland. `n Fantasie - boek geskryf deur J van Elders
  21. 1967 - Lappe en die donkies,1967 (kortverhale met o.a. Mikro, J van Elders en Bennie Fritz)
  22. 1968 - Wonderdokter, - boek geskryf deur J van Elders
  23. 1969 - Die temming van 'n rissie - boek geskryf deur J van Elders
  24. 1971 - Die wortel van alle kwaad, - boek geskryf deur J van Elders

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

Bo

Bo

Bo

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738