http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php I D Lamprecht boeklys

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

I.D. Lamprecht is bekend vir meer as net sy lekker speurverhale van privaatspeurder Hugo Storm en die speur - en avontuurverhale van dr Skip Wessels. Hy het ook verskeie liefdesverhale asook kinderboeke geskryf. Sy lys van die boeke sluit onder ander die volgende in:

  1. Daar’s ‘n gat in die grond - 1986 (‘n Hugo Storm speurverhaal) deur I.D. Lamprecht
  2. Dank jou die duiwel - 1982 - ‘n dr Skip Wessels verhaal deur I.D. Lamprecht
  3. Die Bangoed van Agan - 1980 - ‘n dr Skip Wessels verhaal deur I.D. Lamprecht
  4. Die blinde horlosie - 1976 geskryf deur I.D. Lamprecht
  5. Die derde kant van die Sirkel - 1973 (‘n Hugo Storm speurverhaal) deur I.D. Lamprecht
  6. Die Judaskeuse - 1984 - ‘n dr Skip Wessels verhaal deur I.D. Lamprecht
  7. Die Judaskus - 1984 (‘n Hugo Storm speurverhaal) deur I.D. Lamprecht
  8. Die plaasvervangers - 1975 (‘n Hugo Storm speurverhaal) deur I.D. Lamprecht
  9. Die Swaai van die Boemerang - ‘n dr Skip Wessels verhaal
  10. Die Swart Engel - 1974 (Geskryf as Jan Lategan) - ‘n dr Skip Wessels verhaal
  11. Die Verminker - 1981 - ‘n dr Skip Wessels verhaal deur I.D. Lamprecht
  12. Die Vierkantige driehoek - 1973 (‘n Hugo Storm speurverhaal) deur I.D. Lamprecht
  13. Glybaan - 1989 (‘n Hugo Storm speurverhaal) deur I.D. Lamprecht
  14. Kat aan die Stert (‘n Hugo Storm speurverhaal) deur I.D. Lamprecht
  15. Merk van die Vlamlelie -1978 - ‘n dr Skip Wessels verhaal deur I.D. Lamprecht
  16. ‘n Knak in die Kring 1975 (Geskryf as Jan Lategan) ‘n dr Skip Wessels verhaal deur I.D. Lamprecht
  17. Operasie Vyfster 1979 (‘n Hugo Storm speurverhaal) deur I.D. Lamprecht
  18. Pion Op die Blokkiesbord - 1977 - ‘n dr Skip Wessels verhaal deur I.D. Lamprecht
  19. Sing weer jou lied vir my, 1984 - ‘n spannings-liefdesverhaal deur I.D. Lamprecht
  20. Sonder ‘n Spoor - 1991(‘n Hugo Storm speurverhaal) deur I.D. Lamprecht
  21. Vlug van die Feniks - 1976 - ‘n dr Skip Wessels verhaal deur I.D. Lamprecht

koop 'n boek 4

Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

idlamprecht-sing weerjou lied vir my

Sing weer jou lied vir my
‘n Liefdesverhaal deur I.D. Lamprecht

Pragtige Vienna Krogh bevind haar meteens alleen op die aarde toe haar ouers in ‘n ongeluk sterf. Sy erf skatryk, maar hoor die ontnugterende nuus dat sy ‘n aangenome kind was. Sy besluit op die ingewing van die oomblik om na haar eie ma te gaan soek. Sy wend haar tot Karel Schoeman, die man wat haar liefhet, maar wat deur haar soos ‘n ouer broer behandel word, om haar te help. Hy willig teësinnig in.

Dit kan nie iets goeds inhou nie. Deur Karel ontmoet sy sjarmante losbol Mike Byleveldt, wat dadelik ‘n ogie op haar het en besluit om haar te verower. Maar om dit te doen, moet hy hom soos ‘n heer gedra en hy moet veral sy ouers in bedwang hou, sy ouers wat albei geraamtes iewers in hul kaste het. Hy is bang dat hul doen en late op ‘n egskeiding kan uitloop wat al sy kanse gaan bederf.

Sing weer jou lied vir my is ‘n aksievolle spannings-liefdesverhaal met n tema wat anders as die gewone is. Dit, is veral die emosies van die mense en die geleidelike agteruitgang van Mike se karakter wat die spanning laat oplaai.

Die verlore ma word opgespoor en dit lei na n naelkou-einde wat ‘n mens dwing om Sing weer jou lied vir my in een sessie deur te lees.

koop 'n boek 4

Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

 

idlamprecht-dieblinde horlosie

Die blinde horlosie
‘n jeugverhaal deur I.D. Lamprecht

Inhoud:

  • Die nuwe intrekkers
  • Die vergadering
  • Die ontmoeting
  • Die geveg
  • Rooinek kies kant
  • Die pen en die swaard
  • Die ontdekking
  • Tanneman kry gestalte
  • Tanneman se skat
  • Tanneman kry ‘n naam
  • Die einde van die soektog

koop 'n boek 4

Lees ook verhale deur Derick Jacobs

koop 'n boek 4

Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

ID LAMPRECHT die judaskus

Die Judaskus
Speurverhaal deur I.D. Lamprecht
‘n Hugo Storm speurverhaal

Hugo Storm, private speurder, word op ‘n dag met ‘n netelige saak belas: twee mooi nooiens versoek hom om ‘n saak te ondersoek. Een wil hê hy moet haar broer se onskuld aan dwelmhandel bewys, die ander versoek hom om haar broer se skuld te bewys!

 Maar daar eindig dit nie: albei die meisies het dieselfde naam! En Hugo is smoorverlief op albei. Dit laat hom werklik sweet, want hy weet nie wie die ware Jakob is en wie vir hom lieg nie.

Hy kan weier… maar hy aanvaar die uitdaging wat die saak bied en vind hom byna onmiddellik in die pekel. Hy word deur vreemde mans as slaansak gebruik en asof dit nie genoeg is nie, wantrou die polisie hom ook nog.
 Albei meisies gee voor dat hulle op hom verlief is, albei soen hom met teerheid en tog ook hartstog. Maar een van hulle se soen is ‘n Judaskus. Die vraag is net: wie s’n?

 Hugo Storm laat hom egter deur niks afskrik wanneer hy ‘n saak aanpak nie en hy waag kanse wat sy beskermengel laat sweet. Toe word die een nooi ontvoer en uiteindelik begin hy lig sien. Of dis wat hy dink…
Die Judaskus is ‘n opwindende spanningsverhaal wat die leser tot op die laaste bladsy aan die raai hou.

 

koop 'n boek 4

Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

 

ID LAMPRECHT oom johnny 

Oom Johnny
‘n verhaal deur I.D. Lamprecht

Barney van der Spuy moet geld in die hande kry, en gou ook. Nie sy nuuskierigheid oor die vreemde gedoentes by die spookhuis langsaan, óf muisneste, óf die gedurige veglustigheid van Spiere en sy makkers sou sy planne in die wiele durf ry nie.

Net… die tyd was so min. Hoe sou sy groenteverkopery ooit veertigduisend rand oplewer, veral as hy nog boonop verkoopbelasting moel betaal?
 
 En dan was daar oom Johnny…


koop 'n boek 4 

Kat aan die stert
‘n verhaal deur I.D. Lamprecht
‘n Hugo Storm speurverhaal

Met die koue loop van ‘n rewolwer teen sy nek gedruk, hoor Hugo Storm: “Net een beweging en jy is dood…”
 Hugo Storm is ‘n gemerkte man – ‘n private speurder met ‘n oog vir ‘n mooi meisie en ‘n dierlike instink vir selfbehoud wanneer gevaar dreig. Van homself sê hy: “Ek ken net twee ‘steps’. Die eerste een is die moeilikheid en die tweede – nog dieper daarin.”

 Sy moeilikheid is hier groot en gevaarlik – Smoothy Johnson en John Edwell kén die onderwêreld en hulle hou nie van Hugo Storm nie. Hy moet blitsvinning werk. Wat is presies aan die gang by Edwell se kliniek? Wat weet Jan du Preez se beeldskone dogters régtig? Jan du Preez is ‘n skatryk magnaat, betrokke by sake van staatsbelang. Watter verband het hy met die geheimsinnige Edwell?
 Dinge is lelik deurmekaar. Hoe verder Hugo Storm gaan, hoe groter word die saak en hoe gevaarliker die speletjie. Skokkende ontdekkings laat hom besef dat hy nie hierdie kat aan die stert mag beethê nie, hiérso gaan dit om lewe of dood…
 

koop 'n boek 4

Lees ook van spookstories deur I.D. Lamprecht - kliek hier

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za