http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php I.D. Lamprecht -skrywer

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

I.D. Lamprecht -skrywer
Die Vierkantige Driehoek -
geskryf deur I.D. Lamprecht

 Nog twee koels klap in die motor se bak vas en ek voel hoe die sweet onder my vuil pruik begin uitkruip. Skielik skop ek die remme met alle mag vas, gooi die V8 in laagste versnelling en los die koppelaar. Die gedreun van die kragtige enjin verander in n crescendo van protes en ons skuur skreeuend op die dwarste van die teer af. My agtervolgers gooi ook oombliklik ankers uit, en dit is net waarop ek gewag het. Die rewolwer in my hand blaf vyf keer die nag in. Ek korrel laag, en die laaste skoot tref die motor se voorband.

Hy ruk wild na links en die bestuurder pluk hom terug, maar te hard. Die swart Dodge huiwer net n oomblik op twee wiele voordat dit omslaan, verspot stadig op sy sy tussen die wit klippe deur skuif en oor die afgrond verdwyn.

Dit is n onvolkome wreld di waarin ons leef, het bekende privaatspeurder Hugo Storm gevind toe hy sy vreemdste opdrag ontvang het: om n misdaatbende waarvan niemand iets weet nie, binne te sypel en die hele spul wortel en tak uit te roei - teen n lekker vergoeding natuurlik. Eers gaan dit moeilik en voel dit of Hugo Storm geen vordering maak nie, maar dan begin die wiel te draai en die visse by aan sy aas. Hy beleef verskeie spanningsvolle oomblikke, wat verseker enige man se lewe sal verkort, maar Hugo Storim is beslis nie jou algemene privaat speurder nie!

Ek geniet my werk. het Hugo Storm altyd ges. Maar dan kom tog dae dat dit moeilik gaan om die regte gesindheid te behou, veral wanneer die hele bende geharde skurke blykbaar geen ander doel voor o het om hom by sy voorvaders te versamel nie. Maar Hugo het , vir die huidige altans, geen sin daarin om die ondermaanse te verlaat nie - veral nie nadat hy met die pragtigste, verruklikste, skatlikste, wonderlikste en lieftalligste blondine van alle tye kennis gemaak het nie.

In DIE VIERKANTIGE DRIEHOEK, van ID Lampreght, is daar nie eens een vervelige paragraaf nie - dir bevat meer aksie as wat n mens gewoontlik in drie spanningsverhale saam aantref. En die slot is verfrissend anders. Tot op die einde kou mens jou nael en word mens aan die raai gehou. n Man, en moontlik n meisie ook, kan straks veel daaruit leer.

koop 'n boek 4

vlug van die fenniks

Die Rus is Elders - Jan Lategan

Die beeldskone, idealistiese Anna Borman het Stofdraai se stof van haar voete afgeskud om in johannesbug haar jeugdroom te gaan verwesenlik. Ja, sy sou n boeroemde skatryk mannekyn word. Niks of niemand sou haar keer nie...

Maar sommer met haar aankoms in Johannesburg tel sy probleme op. Sy gaan soek vir haar veilig losies in n jeugherberg - en skaars het sy ingetrek, of sy ontdek dat dit n soort ontughuis is.

Anna gryp haar tas en vlug in die nag uit. Maar juis op daardie moment daag die polisie op om n klopjag op die jeugsentrum uit te voer. Anna probeer ongesiens wegsluip, maar word egter deur een van die konstabels as een van inwoners herken, en voorgekeer.

n Onbekende man, wat sy ook op die treinstasie opgemerk het, neem haar aan die elmboog, en s aan die konstabel dat Anna sy nooi is en neem haar na die huis van die goedhartige tant Bets.

Behalwe dat Anna later dat haar onbekende helper se naam Georg Bosman is, weier hy om enige verdere inligting oor homself te verstrek. Tog maak hy op die onverwagste tye sy opwagting by tant Bets se huis. Hy help vir anna om werk te kry as mannekyn by n vooraanstaande modehuis en as fotografiese model by n bekende fotograaf. Hy tree op as haar bestuurder en sorg dat sy n fantastiese salaris kry.

Maar wie is hy? Wat doen hy? Hoekom is hy so geheimsinnig. En op n dag ontdek Anna dat daar, sonder haar medewete, naakfotos van haar geneem is. Verder dreig die modebaas om die fotos te versprei en aan haar ouers te stuur as Anna nie alles doen wat hy beveel nie.

Is dit Georg Bosman wat agter alles is? Dit was immers hy wast haar na die afpersers geneem het. Maar Anna kan dit nie glo nie - nie van Georg wat sy intussen liefgekry het nie...

Skryf ook as I.D. Lamprecht.

 

 

Daar is n Gat in die Grond - I.D. Lamprecht

Daar is n gat in die grond s die ou tannie vir private speurder Hugo Storm. Sy praat van prospekteergate, maar vir Storm word dit sommer spoedig duidelik dat iemand hom in n ander soort gat wil bre; n vierkantige gat wat sowat twee meter diep is.

Private speurder Hugo Storm moet vir sy lewe baklei en sy vennoot word sommer ook spoedig betrek. aanslag op aanslag word op Hugo Storm se lewe gedoen en hy weet glad nie hoekom nie. Al wat hy weet is dat dit iets te doen het met die groot gat wat Bill Raymond op tant Em se plaas grawe - maar dis al!

Raymond dink skynbaar anders. Om watter ander rede ontvoer hy die skone Myra en dreig hy Storm af? En hoekom dink luitenant Paul Steyn Storm het iets te make met die diefstal van n spul ou juwele en oudhede te doen?

koop 'n boek 4