http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php hester Heese

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Hester Heese (26 Oktober 1911 - 1992) was 'n Afrikaanse skryfster. Sy is op 26 Oktober 1911 in Kuilsrivier as Hester de Swaardt gebore. Sy was ‘n leerling aan die HoŽrskool Jan van Riebeeck, wat haar later jare vereer met 'n erepenning vir haar prestasies as skrywer. Sy het haar as onderwyseres aan die Wellingtonse Onderwyskollege en aan die Denneoord-kollege op Stellenbosch bekwaam. Sy word dan ook kindertuin-onderwyseres, eers op Upington en daarna in die Laerskool Jan van Riebeeck.

Heese is getroud met dr. K.W. Heese (Kalie) , later hoogleraar in sielkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland, en die skrywer van "Oom Kalie gee raad". Vyf kinders is uit die huwelik gebore. Sy het jare lank aan die Voortrekkerbeweging deelgeneem en het die silwerjuk verwerf.

Heese het begin boeke skryf toe sy reeds 55 jaar oud was en het verskeie pryse vir haar skryfwerk verower. Haar eerste kinderboek word in 1966 deur Tafelberg-uitgewers uitgegee. NŠ haar man se dood in 1974, het sy haar intrek geneem in die geskiedkundige Morkelhuis in Ryneveldstraat, Stellenbosch, waar sy tien jaar lank gewoon het. Daarna vestig sy haar op Prins Albert en verhuis later na die Strand. Sy is in 1992 oorlede.

Kliek hier vir ‘n lys van haar boeke

Hester Heese