http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Henry Pahlen boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Henry Pahlen is een van Heinz G Konsalik se skuilname. Boeke onder Henry Pahlen in Afrikaans uitgegee sluit in:

  • Anoesjka
  • Meisie uit Toroesk
  • Noodlanding in Tiflis
  • HENRY PAHLEN anoesjka

Anoesjka
Boek geskryf deur Henry Pahlen
skuilnaam van Heinz G Konsalik

In die herfs van 1955 word die Duitse plennie Martin Abels, ’n houtwerke in die Siberiese bosse, vrygelaat. Maar dié dag waarna Abels se vriende met soveel verlange uitgesien het, hou vir hom niks opwindends in nie, want sy vaderland lok hom nie meer nie. In die Siberiese dorpie Toroesk het hy ’n meisie leer liefkry, die pragtige Anoesjka. Hul liefde is so groot en so oerwgeweldig soos die watermassas van die Lena vat afvloei na die Yssee. Maar al sy pogings om in Toroesk agter te bly, misluk. Of hy nou wil of nie, hy móét terug.

Terug in Duitsland bou Abels ’n groot uitvoerbedryf op, maar hoe groot sy welslae ook al is, hoeveel geld hy ook al maak, Anoesjka kan hy nie vergeet nie. Alle pogings om met haar in verbinding te kom, loop op niks uit nie.

Sy besluit staan vas: Hy gaan haar haal. Deur Mongolië sluip hy Siberië binne. Gevare en ontberinge is volop op pad na Toroesk en agter in sy kop dwaal nog altyd die twyfel oor wat hy dáár sal aantref. Maar hy voel dat Anoesjka nog steeds op hom wag.

Henry Pahlen, kenner van Rusland, het hier ’n aangrypende werk die lig laat sien. Net soos die natuur van Siberië ’n land vol teenstrydighede gemaak het, só vol teenstrydighede is die mense van Siberië. Goedheid, onbeteuelbare haat, liefde en vyandskap bots hier teen mekaar. En dáártussen beweeg die man wat sy Anoesjka gaan soek. Hierdie verhaal is werklik ’n helde-epos, ’n hooglied vir die liefde.

Koop boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

Kort beskrywing van Noodlanding in Tiflis:

n Duitse passasiersvliegtuig dwaal tydens ‘n kwaai storm van koers af en stort dan op Rusiese gebied neer. ‘n Oorlewende lugwaardin verdwyn spoorloos in uiters geheimsinnige omstandighede.... ‘n Onvergeetlike verhaal.

Vergelyk gerus bo-staande met die beskrywing van die volgende boeke : Vir ‘n alkolis wat dit reggekry het om drank te laat staan, is één drankie te genoeg om terug te gly in die moeras in. Dr. Konrad Lingen wat deur alkoholisme tot in die dieptes van die groot stadmoerasse gesink het, het dit sover gebring dat hy weke lank nie meer drink nie. Toe bevind hy hom in die posisie waar ‘n man se lewe van hom afhang, van die vernuf van sy vingers. Maar die beroemde sjirurg se vingerpunte is heeltemal gevoelloos tensy hy alkohol drink. Wat moet hy doen? Moet die man sterf? Moet Lingen hom vrywillig weer an die helse marteling onderwerp? Dit is een van die pakkende hoogtepunte van die boek Bedwelming.

Die lesers wat geraai het dat Henry Pahlen die skuilnaam van die gewilde skrywer, Konsalik is sal nie teleurgestel word nie. Net soos konsalik se boeke deur duisende gelees en versamel was en self vandag nog gelees en versamel word, net so kan die lesers oop Henry Pahlen se boeke bymekaar maak en lees.

Koop boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

Koop boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

Bo