http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Helene Roux

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Kort oorsig van Heléne Roux - Lien Roux-de Jager se boeke

Heléne is so verknog aan die Bosveld en dit vorm die agtergrond waarteen haar eerste werk, Kamp F51, afspeel. Dit is avontuurverhaal oor ‘n groep seuns wat spannende avonture tydens ‘n avontuurkamp langs die Limpoporivier beleef.

Anderkant die Berge, is ‘n boeiende en onopgesmukte verhaal. Dis ‘n historiese verhaal wat tydens die Groot Trek afspeel. Die verhaal is gebasseer op ‘n ware gebeurtenis van ‘n seuntjie wat tydens die trek na die Noorde weggeraak het en deur ‘n swart stam gered en opgepas word tot ander trekkers verbygekom en hom saamgeneem het.Heléne Roux probeer nie groot letterkunde skryf nie. Sy skryf boeiende verhale met karakters wat leef en waarmee die leser kan identifiseer.

Eendag was daar oorlog is ook ‘n historiese verhaal wat dié keer teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog, en meer spesifiek, die beleg van Mafeking, afspeel. In ‘n mate stem die verhaal ooreen met die tradisionele jeugavontuurverhale oor die oorlog: ‘n jong seun wat met alle geweld wil gaan veg en dit dan ook doen. Die inhoud word egter op alles behalwe die tradisionele wyse aangebied. Die aanvanklike soeke na avontuur en aksie word gou getemper deur honger, uitputting, siekte, lewensverlies, en veral, verveling. Die hoofkarakter, iemand met ‘n naïewe idee van oorlog word deur sy optrede tot die insigte gebring. Waarin die verhaal egter die meeste verskil van die tradisionele avontuurverhale is juis die aantoon dat daar nie soveel avontuur in ‘n oorlog is nie. Heléne Roux slaag daarin om die sleurgang van ‘n oorlog uit te beeld.