http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Helene de Kock omnibusse

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Helene de Kock se omnibusse sluit in:

  • Omnibus 1 - Helene de Kock
    • Plek van die bittermaan
    • Kamer van die stormwind
  • Omnibus 2 - Helene de Kock
    • Ballade vir ‘n bruid
    • Die herfsbelofte
  • Omnibus 3 - Helene de Kock
  • Omnibus 4- Helene de Kock
    • Tiendes van silwer
    • Gruispad na Tg Wat
    • Skemerspel
  • Omnibus 5 - Helene de Kock
    • Die soete dwaling
    • Seisoen van die skimmelson
    • Anderkant die vloedwaters
    • ‘n Vrou vir Vr-en-Naby
  • Omnibus 6 - Helene de Kock
    • Man van kaliber
    • Vrou van formaat
    • Mense van faam
  • Omnibus 7 - Helene de Kock
    • Vuurvliegie
    • Sewende somer
    • Windspoor
  • Omnibus 8 - Helene de Kock
    • Digby Grootgewaag
    • Kronkelpad na Vergenoeg
    • Sonder Winter
  • Omnibus 9 - Helene de Kock
    • Man van gister
    • Die bruidseisoen
    • n Bruid vir vier seisoene
    • Uur van die sewester
  • Omnibus 10 - Helene de Kock
    • Ver vlug na more
    • Mat vandag se brood
  • Die Riemland tweeluik - Helene de Kock
    • Vr vlug na mre
    • Met vandag se brood

 

HELENE DE KOCK omnibus 1

Helene de Kock - Omnibus 1

Plek van die bittermaan is die verhaal van ’n ongetroude enkelma wat stad toe vlug met haar seuntjie in die hoop dat sy daar “anoniem” sal kan wees. Maar vir die beeldskone Tessa Verwey is dit nie so maklik nie. Dis net nie moontlik om haar van die res van die wreld af te sny nie, want in die losieshuis waar hulle tuisgaan, word sy voor hartverskeurend keuses gestel. Daar is die dinamiese Simon wat in ’n rolstoel sit, Otto, die aantreklike aspirant-advokaat – en die begrypende wewenaar, Frans. Wie van hulle sal vir haar n haar seuntjie kans sien? En by wie l haar hart?
Kliek hier om meer te lees

 In Kamer van die stormwind moet die jong Jessica leer afskeid neem van haar man wat al maande in ’n koma is na ’n rugbybesering. Haar warm menslikheid raak egter die lewe aan van almal om haar en sy besef dat sy, ten spyte van haar hartseer, steeds deel is van die stroom van die lewe. Daar is haar skoonsuster Jeanne, wat haar verlief geraak op ’n man wat haar nie wil h nie, en die ander suster Elza, wat nog moet leer hoe om mens te wees.

Dan kom daar iemand soos Ezra op die toneel. En die jong predikant, Andrew. Stadigaan word haar lewe in ’n nuwe rigting gedwing…

 Helene de Kock is ’n gewilde skrywer wat die kuns verstaan om die mens se emosies met oortuiging uit te beeld en ’n meesleurende verhaal te vertel.

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

kliek hier vir ‘n lys van boeke deur Helene de Kock

HELENE DE KOCK omnibus 2

Helene de Kock - Omnibus 2
Van liefde en oorlog

  • Ballade vir ‘n bruid
  • Die herfsbelofte

Hierdie verhale vertel van liefdes wat deur oorlog getoets word, van vroue wat deur vuur gaan om uiteindelik geluk te vind.

Ballade vir ’n bruid: Monica gaan weg Londen toe saam met haar nuwe man, Roy Ashton, maar die illusie van geluk word aan flarde geskiet deur die bomme wat op die stad val. En dit bring selfkennis – want die oorlog gooi sy skadu tot in die suiderland waar sy haar jeugvriende Esra Cameron en Karel Dagenaar agtergelaat het. Monica leer om met pyn maar ook met grasie die lewe se aansprake die hoof te bied. Sy leer dat die ware betekenis van vryheid nie daarin l om te wgkom nie, maar juis om te bly…

Die herfsbelofte: Charlotte Hugo, hoof van ’n groot modehuis, skryf haar stormagtige memoires wat afspeel tydens die Tweede Wreldoorlog en die weerstand teen Hitler se bewind in Frankryk en Duitsland. Haar lewe in Kaapstad is egter nou ook vol onderstrominge. Haar kleinseun, Wiam, moet Grens toe en dit veroorsaak konflik en verdriet, want sy hartsake is deurmekaar. Dit word ’n verhaal binne ’n verhaal, ’n vervlegting van intriges wat die leser enduit boei.

Lees ook boeke van Heinz G Konsalik in Afrikaans
Heinz G Konsalik skryf boeke wat afspeel tydens die Tweede Wreldoorlog

Bo

HELENE DE KOCK omnibus 4

Helene de Kock - Omnibus 4

  • Tiendes van silwer
  • Gruispad na Tg Wat
  • Skemerspel

Drie romans oor liefde op die kampus deur een van ons gewildste skryers.

Tiendes van silwer is die verhaal van die liefdeslewe van vier jongmense en speel af op die kampus van Potchefstroom. Die deurmekaar jare van liefkry en keuses doen, seerkry en ontdek dat silwer net ’n skynsel is. En dat werklike geluk net met die hart gekoop kan word.

Gruispad na Tg Wat speel ook af op ’n kampus – di van die Universiteit van Pretoria. Die rustelose Pierre Nienaber is nog nie gereed om met sy jeugliefde te trou en te begin boer nie, en besluit om ’n nagraadse kursus te gaan doen. Maar daar is ’n lewenslustige jong mediese student wat al sy waardes onderstebo keer.

In Skemerspel moet Eben sy geliefde Christine teen sy sin agterlaat wanneer hy in Leiden gaan studeer. Hy het gehoop sy sal hom kan vergesel, maar haar jonger boetie se herstel na ’n ernstige ongeluk is stadig en sy kan hom en haar bejaarde ou vader nie alleen los nie. Is hul liefde sterk genoeg om so ’n lang skeiding te deurstaan?
Kliek hier om meer te lees

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

kliek hier vir ‘n lys van boeke deur Helene de Kock

HELENE DE KOCK omnibus 5

Helene de Kock - Omnibus 5

  • Die soete dwaling
  • Seisoen van die skimmelson
  • Anderkant die vloedwaters
  • ‘n Vrou vir Vr-en-Naby

Vier liefdesverhale om romantiese verlangens mee te voed.

In Die soete dwaling vlug dr. Darus Deetlefs weg na Londen. Sy man en sy vriendin, Martine, kan dit nie begryp nie. En in Londen ontmoet hy die misterieuse Sylvia Saunders. Kliek hier om meer te lees

Seisoen van die skimmelson is ’n verhaal wat sy draai gooi in die Vrystaatse Hoogland en in Beiere waarheen Madel Vermeer gaan om sang te studeer. Sy laat haar jeugliefde agter. Tydelik, so glo sy. Maar Madel ontdek dat ’n mens se keuses in die lewe jou oor ’n afgrond kan stoot.

 Anderkant die vloedwaters is ’n storie met onstuimige onderstrome. Dr. Bernard Linde laai een stormnag ’n vreemde vrou op – en sy verdwyn net so skielik weer uit sy lewe. Een ding wt hy: Hy gaan nooit weer dieselfde wees nie.

’n Vrou vir Vr-en-Naby is die liefdesverhaal van Laura Krause, ’n volwasse vrou, een wat al smart moes deurmaak en opsoek is na innerlike vrede. Sy vlug weg en is tussen ’n lewe t en ’n lewe vorentoe. Maar hoe hou ’n vrou kop as haar hart nie weet waarheen hy wil nie?

 

HELENE DE KOCK omnibus 7

Helene de Kock - Omnibus 7

  • Vuurvliegie
  • Sewende somer
  • Windspoor

Drie spanningsvolle liefdesverhale, so aangrypend en meesleurend as wat ’n mens van hierdie ervare en gewilde skrywer, Helene de Kock kan verwag.

Vuurvliegie is ’n spannende verhaal wat toon hoe die volle waarheid selde sigbaar is en dat die liefde sy kwota verdriet bring. Een ding weet Danien Fouch: sy wil vir Alfons h. Maar sy het die eienaardige gevoel dat sy ’n mens binne die mens liefhet – ’n bekende en tog ’n wildvreemde. Sy het altyd gedroom dat die liefde ’n gelyk paadjie met haar sou loop, maar nou het dit nie. Dis tegelyk soet en bitter.

In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Sy gaan woon in die Dijzel-huis, waar sewe jaar tevore ’n moord gepleeg is. Niemand kon dit nog vergeet nie en Zach het verdwyn. Maar dis tyd dat Zach terugkom en opeis wat syne is, as hy nog kan. Want die sewende somer is ’n tyd van rus.

Windspoor is ’n verhaal van liefde en verraad. Laura Helmer se bruidegom, Ruben, verdwyn kort voor hulle troue, maar Gustav Bothma is daar om te troos. Niemand glo meer in Ruben nie, tog kan Laura hom nie net laat gaan nie. Nie solank daar ’n geheimsinnige windspoor is wat na hom toe lei nie…

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

kliek hier vir ‘n lys van boeke deur Helene de Kock

HELENE DE KOCK omnibus 8

Helene de Kock - Omnibus 8

  • Digby Grootgewaag
  • Kronkelpad na Vergenoeg
  • Sonder Winter

Hierdie drietal verhale van Helene de Kock speel in die Riemland af en is vol verrassings en romanse. Verhale wat nie gou vergeet sal word nie.

Digby Grootgewaag is die verhaal van drie susters se liefdes en ook hul leed. Daar is ’n intieme verweefdheid in hulle lewe. Die mooie Bettina leef gesoleerd op hul plaas, die beeldskone weduwee, Zia, is ’n stralerjakker en die jongste, die fraai Carola, is bitter jonk. Hierdie is ’n verhaal van diep, intense liefde, van offervaardigheid en ootmoed.

Kronkelpad na Vergenoeg speel ook af in die Oos-Vrystaat waarheen die internasionale konsertpianis, Tessa, kom om haar mense te besoek. Maar onvoorsiene omstandighede trek haar baie diep in hierdie kring in. Daar is dr. Marcel Malan uit haar kinderjare en ook Aldwin en Stephan, die twee alleenloper-dominees van die Noord- en Suidgemeentes. Sy vind uit dat die lewe nie net uit ekstatiese hoogtepunte bestaan nie, maar hom veral tussen die mure van ’n huis afspeel. En sy moet ’n keuse maak…

In Sonder Winter is dr. Karen Marais ’n vrou wat liefde geken en weer verloor het. En dan een skrikwekkende middag terwyl sy op pad terug is Oos-Vrystaat toe, kry sy die kans om daardie liefde te herwin. Maar kan sy Bernard Cilliers ooit weer vertrou? Die groot vraag wat Karen kwel, is of sy durf regmaak wat sy vier jaar gelede verbrou het.

Lees ook Sarah du Pisanie se verhale wat in Namibi (Suid-Wes Afrika) afspeel

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

kliek hier vir ‘n lys van boeke deur Helene de Kock

HELENE DE KOCK omnibus 9

Helene de Kock - Omnibus 9

  • Man van gister
  • Die bruidseisoen
  • n Bruid vir vier seisoene
  • Uur van die sewester

Man van gister is ’n plaasroman oor die lief en leed van vier jongmense wat na die afloop van hul studies uitsien na ’n idilliese vakansie op Damplaas in die Oos-Vrystaat. Maar onder die skynbaar vreedsame oppervlak is daar tog diep emosionele onderstrominge in hul onderskeie verhoudinge. En die aanwesigheid van die nuwe veearts in die omgewing – ’n man met ’n verlede – lei tot verdere omwentelinge.

Die bruidseisoen bestaan uit twee lang novelles:.

  • ’n Bruid vir vier seisoene
  • Huwelik in die herfs

    In ’n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesi vakansie waar sy die nuus kry dat haar flambojante verloofde, Kallie, skielik getroud is. Maar gelukkig is daar ’n ou vriend wat haar onderskraag, iemand wat wt dat die liefde die toets van vier seisoene moet kan deurstaan.
    In Huwelik in die herfs besluit Amara om Londen toe te gaan om helderheid te kry oor haar gevoelens vir Pieter Cronj en oor sy huweliksaansoek. Die besoek bring haar egter weer in kontak met haar rampspoedige jeugliefde.

Uur van die sewester is ’n spannende verhaal wat in die Oos-Vrystaatse berge afspeel. Clara is terug op die plaas na haar verblyf in Itali en dis eers wanneer ’n ou jeugvriend, Alfons Minnaar, een aand gewond by die voordeur opdaag en vra dat sy sy teenwoordigheid geheim hou dat sy agterkom dat daar vreemde dinge aan die gang is in die berge. Mense praat van dwelm- en wapensmokkelary…

Helene de Kock beeld haar karakters met deernis uit. Vier ontroerende verhale wat aan die leser genot sal verskaf tot op die laaste bladsy.

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

HELENE DE KOCK die riemland tweeluik

Die Riemland tweeluik - Helene de Kock

  • Vr vlug na mre
  • Met vandag se brood

In die Vrystaatse Riemland woon die Bassons en die Baumanns wie se geskiedenisse deur vriendskap en intrige verweef is. Hulle ken vreugde en leed en die vr paaie wat die liefde met elkeen loop…

Vr vlug na mre vertel van Eugene Basson wat genoop word om ’n vlug na Holland te onderneem om te gaan vasstel wat geword het van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje – Elsje wat met sy aangenome broer, Peet Baumann, getroud is. Gou ondervind hy egter dat die liefde nie ’n gelyk pad loop nie, want in Leiden ontmoet hy vir Sylvie Bosman, wie se persblou o ’n storm in hom ontketen. Maar Sylvie is ’n getroude vrou…

In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart: moet hy vir Petra, die stemmige dogter van Peet Baumann, as sy vrou neem terwyl sy hart smag na Vasti, aangenome dogter van Eugene Basson, beeldskoon en met ’n stem soos ’n nagtegaal? Moet hy tevrede wees met vandag se brood, of durf hy na meer verlang?

’n Heruitgawe in een band van twee vroe romans deur hierdie gewilde skryfster.

Lees ook Sarah du Pisanie se verhale wat in Namibi (Suid-Wes Afrika) afspeel

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

kliek hier vir ‘n lys van boeke deur Helene de Kock

 

 

Lees ook Ena Murray se omnibusse