http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Hardy-hulle

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Die Hardy reeks is geskryf deur Franklin W. Dixon en vertaal deur Louis Herbst, Heinz Winckler en Jan Rabie

Titels in die reeks is:

Hardy -die mummie saak

Die Mummie-saak:
Illustrasies deur LeslieMorrill; vertaal deur Louis Herbst. In Afrikaans uitgegee in 1982
Deel van die “Hardy-hulle reeks

Die diefstal van vyf Egiptiese beeldjies uit ‘n New Yorkse museum lei Hardy-hulle na Egipte, die land van die Farao se vloek. Hulle word gevra om ‘n geheimsinnige mummie te bewaak en word vasgevang in ‘n internasionale komplot. Tydens hulle soektog beland die seuns in die hande van ‘n boosaardige bende diewe en politieke rebelle, en verloor byna die mummie. Watter verband is daar tussen die diefstal in New York en die Egiptiese mummie? Tydens ‘n vaart op die Nylrivier ondek die onverskrokke speurders ‘n geheime wegsteekplek vol ontelbare gesteelde skatte. Hulle besef hulle moet die polisie inroep...vinnig.

Inhoud:

  • Diefstal in die museum
  • Die Faro se waarskuwing
  • Mummiepoeier
  • Die vreemde indringer
  • Aan boord!
  • ‘n Tierende storm
  • ‘n Verrassende boodskap
  • ‘n Spioen by die Ambasade
  • ‘n Onverwagse vloed
  • ‘n Dolle jaagtog
  • Nat gewere
  • Tonnel van verskrikking
  • Die leŽ doodskis
  • Die valdeur
  • “Dis ‘n krokodil!”
  • Die verlate tempel
  • Vallei van die konings
  • In die Nyl gestrand!
  • Die verwelkomingskomitee
  • In New York ontvoer

 

 

koop 'n boek 4

 

hardy boys -die afgodsbeeld

Die Afgodsbeeld
Deel van die “Hardy-hulle” reeks

Met die verdwyning van ‘n ou afgodsbeeld, lei ‘n belangrike leidraad die Hardy-broers na ‘n afgesonderde dorpie in die Andes-gebergte in Suid-Amerika. Daar betrap hulle amper die uitgeslape misdadiger, maar word in die proses amper self gevangenes.

Hul speurwerk word onderbreek van hul vader, Fenton Hardy, weldra bevind hulle hulle in Antartika waar daar met puik speurwerk kort mette van ‘n organisasie, wat militÍre geheime steel, gemaak word.

Die geheim van die afgodsbeeld word eers opgelos wanneer hulle op Paaseiland deur ‘n geheimsinnige “VoŽlman” bedreig word. Die ontknoping van die geheim verloop ook glad nie soos die seuns verwag het nie...

 

koop 'n boek 4

 

hardy-hulle-duikboot-kaperjolle

Duikboot-Kaperjolle
1982 in Afrikaans uitgegee; vertaal deur Jan Rabie
Deel van die “Hardy-hulle” reeks

Selfs tydens ‘n lui-lekker vakansie in Duitsland, kan Joe en Frank Hardy niť daarin slaag om nie in ‘n opwindende en misterieuse avontuur betrokke te raak nie.

Wanneer ‘n mini-duikboot gasaboteer word en vyf uiters waardevolle skilderye skielik verdwyn, beland hulle as gevolg van ‘n enkele leidraad in ‘n skilderagtige dorpie langs die Rynrivier.

‘n Toevalige ontdekking in ‘n wynkelder ontketen ‘n reeks boeiende gebeure wat die hare laat rys en by tye - lewensgevaarlik word.

Inhoud:

  • ‘n Skielike botsing
  • Gevaar op Autoban
  • ‘n Geheimsinnige leidraad
  • Daalders en dollars
  • Die geplunderde kamer
  • Vergeefse speurtog
  • ‘n Nare ontdekking
  • Twee raaiskote
  • Maria se plek
  • Dinge word warm
  • ‘n Lokval!
  • ‘n Verrassende wending
  • Die man in die voorportaal
  • Verklikkende voorletter
  • Laatnagse lawaai
  • In die gewled van die stryd
  • ‘n Gevaar onder water
  • ‘n Swaar vragmotor
  • Die geheim van Beremeer
  • Arrestasie met ‘n duikboot

 

koop 'n boek 4

 

hardy-hulle-diegeheimvandieSamoerai-swaard

Die geheim van die Samoerai-swaard
1982 in Afrikaans uitgegee; vertaal deur Heinz Winckler
Deel van die “Hardy-hulle” reeks

Die veiligheidsreŽlings vir ‘n Japanese sakemagnaat se besoek aan die Verenigde State word aan mnr. Hardy toevertrou. Die sakeman verdwyn egter kort na sy aankoms en die FBI haal Hardy van die saak af.

Frank en Joe Hardy tree toe as ‘n waardevolle Samoerai-swaard wat na bewering geslagte lank in die vermiste magnaat se familie was, uit ‘n New Yorkse veilingsgalery gesteel word, is hulle dadelik op die spoor.

Een ding lei na ‘n ander, en Hardy-hulle is deurentyd in gevaar terwyl hulle die geheim ontrafel.

Inhoud:

  • Vreemde flitse
  • Modderspatsels
  • Die gesig by die venster
  • Drie verdagtes
  • ‘n Dolle wedren
  • Op volle vaart
  • Klouterdiewe
  • Die onsigbares
  • Skaduwees op loer
  • Moeilikheid in Tokyo
  • ‘nOnderduimse aanbod
  • Ontmoeting om middernag
  • Maskers op motorfietse
  • ‘n Weergalmende sirene
  • Geheime inligting
  • ‘n Verrassende uitdaging
  • ‘n Oerwoud-nagmerrie
  • Bendewiele
  • Die onverskrokke drietal
  • Swartgeklede skoktroepe

 

koop 'n boek 4