http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Hannah du plessis boek

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Hannah du Plessis se opgang tot een van die lieflingskrywers van Afrikaanse romans, is merkwaardig. In minder as ‘n dekade het sy reggekry wat ander skrywers dikwels byna ‘n leeftyd aan swoeg. Sedert haar eerste roman, Sanet van Sonnedal in 1964 en daarna Die weg van ‘n arend in 1965 en toe Die ver pad na Eldorado, het die sukses jaarliks toegeneem en beklee sy defnitief ‘n ereplek op die gewildheidsleer.

Hannah du Plessis se lys van 52 boeke en liefdesromanse sluit in(titels in blou dui dat daar meer inligting oor die boek is):

  1. Agter vreemde maskers
  2. Bekende vreemdeling
  3. Bloeisels en wildeals, 1982 - boek deur Hannah du Plessis
  4. Blomme vir Erica, 1973 - boek deur Hannah du Plessis
  5. Brug oor troebel water, 1973 - Hannah du Plessis
  6. Deur donker strome- Hannah du Plessis
  7. Die Baron van Duiwelstroon, 1970 - Hannah du Plessis
  8. Die geheim van Brunnental, 1974 - Hannah du Plessis
  9. Die jare voentoe,1976 - Hannah du Plessis
  10. Die juwele van Excelsior, 1977 - Hannah du Plessis (ou Kaapse verhaal)
  11. Die ver pad na Eldorado, - boek deur Hannah du Plessis
  12. Die verstoteling, 1990 (net na die tweede vryheidsoorlog)
  13. Die vloek van Heuningkloof, 1977 - Hannah du Plessis
  14. Die weelde van Soetfontein, 1981 - Hannah du Plessis
  15. Die weg van ‘n arend, 1965 - boek deur Hannah du Plessis
  16. Drome van gister- boek deur Hannah du Plessis
  17. En toe kom die lente, 1985 - Hannah du Plessis
  18. Geleende eggenoot, 1972 / 1991
  19. Heidi van die berg, 1972 - Hannah du Plessis
  20. In die skadu van jou liefde, 1979 - Hannah du Plessis
  21. Kinkels van die noodlot,1980 - Hannah du Plessis - Avontuurverhaal
  22. Lied van die branders, 1974 - Hannah du Plessis
  23. Lieflike droom, 1982 - Hannah du Plessis
  24. Luister na die seewind, 1978 - Hannah du Plessis
  25. Melodie, - Hannah du Plessis
  26. Merk van die akkedis, 1974 - Hannah du Plessis - Avontuurverhaal
  27. ‘n Bloeisel vir Minda, 1979 - Hannah du Plessis
  28. 'n Bruid vir Koen, 1975 - Hannah du Plessis
  29. ‘n Masker oor my drome, 1983 - Hannah du Plessis
  30. ‘n Plekkie by die see - Hannah du Plessis
  31. ‘n Sluier vir Estelle- Hannah du Plessis
  32. Net die kranse weet - Hannah du Plessis
  33. Net die seemeeue weet, 1972 - Hannah du Plessis
  34. Onder helder sterre, 1975- Hannah du Plessis
  35. Onheil oor die hawe, 1977 - boek deur Hannah du Plessis
  36. Ontwaking op Kroonbaai, - boek deur Hannah du Plessis
  37. Pad van die eensames, 1975 - Hannah du Plessis
  38. Poort na geluk, 1989 - Hannah du Plessis
  39. Rusplek van die gode, 1968 - Hannah du Plessis
  40. Sanet van Sonnedal, 1964 - Hannah du Plessis
  41. Taal van die liefde, 1976 - Hannah du Plessis
  42. Tanya, 1978 / 1982 - Hannah du Plessis
  43. Tuin van geluk, 1974 - Hannah du Plessis
  44. Uit die nag, die morester, 1984 - Hannah du Plessis
  45. Vaarwel aan gister, 1976 - Hannah du Plessis
  46. Vergewe my, Elize,1981 - Hannah du Plessis
  47. Vlug vir die liefde, 1980- boek deur Hannah du Plessis
  48. Vrug van die najaar, 1977 - boek deur Hannah du Plessis

koop 'n boek 4

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

HannahDuPlessis-onderhelder sterre

Onder helder sterre
Boek / romans geskryf deur Hannah du Plessis

Op die klein vissersdorpie, De Duin, het dinge vir die laaste paar dekades hul normale gang gegaan. Families het aangegroei, uitgesterf, nuwes het bygekom, elkeen het sy rustige lewe gelei.

Maar nou, meteens, begin dinge verander. ‘n Vreemdeling maak ‘n motorongeluk net buite die dorp, en hy moet noodgedwonge in dokter Flip se spreekkamer en huis opgeneem word. Die inwonder leer hom ken as Anton Bresler, ‘n skatryk sakeman van die Baai. En hy het hierheen gekom met die doel om ‘n fabriek op te rig vir die bou van bote.

Vir Sandra, wat haar pa as verpleegster bystaan, is Anton se koms ‘n hele belewenis. Maar in sy lewe is ‘n ander meisie. Die beeldskone Norma Bates wat daarop uit is om vir weelde en gemak te trou. Die nuwe, jong dokter van die vissersdorp stel dit hom ten doel om haar ander lewenswaardes aan te leer.

Op ‘n dag moet Sandra teenoor haarself erken dat dinge net nie meer dieselfde is nie. Van die ou vissers het verdwyn, ‘n jong dokter is nou in haar pa se spreekkamer, Anton wil in die huis teen die bult kom woon, en Norma is ook besig om deel te word van De Duin se inwoners

In haar hart, weet Sandra , is dinge ook lankal nie meer wat dit was nie. En alles het begin op die dag toe Anton Bresler in hul lewens ingestap het ...

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo

 

HannahDuPlessis-Drome van gister

Drome van gister
Boek geskryf deur Hannah du Plessis

Wilma Bresler se geluksbeker is vol. Vir drie jaar al, gaan sy met een man uit, en nou maak hulle planne om te trou, om verloof te raak. Niks kan haar geluk keer nie. En so, op die vooraand van hul verlowing, Raak Andr heeltemal bekoor deur Theresa Moodie met die dromerige o rn pragtige lyfie. Wilma probeer haar eie hartseer wegsteek deur voor te gee dat dit nie eintlik saakmaak nie, dat dit ‘n deel van haar lewe is wat verbygegaan het.

Sy gaan kuier op die wingerdplaas van die Mosterds, ou vriende van haar ouers. En hier ontmoet sy vir Kobus, die boer, die plaasbestuurder, die man in wie se hande die sukses van hierdie boerdery l. Hy is ‘n vrolike, vriendelike jong man wat egter ook eenmaal sy eie hartseer geken het toe sy verloofde in ‘n motorongeluk dood is.

Met ‘n skok ontdek Wilma dat Kobus se neef, Wikus, wat sy dae in ‘n rolstoel deurbring, saam met Babie was toe sy verongeluk het. Hoekom? Hoekom wat die een neef saam met die ander se verloofde? Wikus is ‘n argitek, maar niemand kry die kans om hom te leer ken nie. Hy is ‘n verbitterde, moeilike, opstandige man wat sy eie gang gaan en nie gesteur wil word nie.

Toe lyk dit vir Wilma asof daar een mens is wat aanklank by hom gevind het. Sonja Louw, die buurdogter. Maar Sonja is deur Kobus se ma as skoondogter vir haarself uitgesoek...

Liefdesverhaal / roman deur Hannah du Plessis+

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo

HannahDuPlessis-nsluiervie Estelle

‘n Sluier vir Estelle
boek geskryf deur Hannah du Plessis

“Wie is jy?” vra sy heers en trek haar hand uit syne.
“Maar, Estelle, ek is tog Dawie, jou man.”
“Nee, nee!” Sy glo dit nie. Sy ken hom nie. As hy haar man is, is sy nie vir hom ‘n vreemdeling nie. Dan ken hy haar intiem. Dan het hy haar gesoen, geliefkoos ... Die gedagte daaraan ontstel haar dat ‘n warm blos oor haar wange stoot.

Estelle Lamont is bewusteloos langs die strand by Ruitersbaai opgetel nadat haar perd haar blykbaar afgegooi het, en nou ly sy aan geheueverlies. Dave Lamont s sy is sy vrou, en klein Tim is hulle seuntjie. Sy is lief vir Tim, en hy is lief vir haar, en Dave is verbaas en verheug, want voor die ongeluk was sy nie so lief vir haar kind nie. Maar sy kan nie onthou dat sy ooit ‘n kind gehad het nie. Sal ‘n vrou dan so iets vergeet? Dave is egter oortuig dat sy wel sy voru is, al is haar geaardheid nou heeltemal anders as voor die ongeluk. Wie anders as sy vrou kan dit dan wees? Tim noem haar dan ook Mammie. Hy ken sy mammie mos! Tim glo egter glad nie dat haar perd haar afgegooi het nie. Sy is ‘n baie goeie ruiter. Hy kry spore daar waar hulle haar opgetel het - motorspore en ‘n man en ‘n vrou se spore. Nee, daar het beslis iets snaaks gebeur. Bert Stander het daar gesit en visvang en hy het gesien wat gebeur het, maar hoekom wil hy nie praat nie?

Hannah du Plessis ken die kuns om ‘n boeiende liefdesverhaal te skryf en hierdie is een van haar bestes! Eers aan die einde herwin Estelle haar geheue en kan sy vertel wat gebeur het. Dan eers word al die raaisels opgelos en skyn die son weer op Vergesig.

 

koop 'n boek 4

Bo

HannahDuPlessis-Deurdonker strome  HannahDuPlessis-Deurdonker strome vanderwalt

Deur donker strome
Boek geskryf deur Hannah du Plessis

Leslie de Beer se tant Amanda is skielik oorlede en nou behoort die plaas in die Kaap, wat soos ‘n eiland tussen twee riviere l, aan haar. Sy en haar tant Rykie gaan daarheen om vir ‘n onbepaalde tyd op Bertesa te gaan woon. Met hulle aankoms daar in die nag sit haar mortor in die rivier vas. Tant Amanda se bediendes, wat hulle daar gaan uithelp, laat dit duidelik blyk dat hulle nie welkom is op Bertesa nie, en snags hoor hulle geluide op die solder.

Hulle ontmoet ‘n verwaasloosde seuntjie by die rivier en hulle kan nie uitvind wie sy ouers is en waar hulle woon nie, maar later kom eet hy gereeld by hulle net om daarna weer te verdwyn.

Sy ontmoet ook vir dokter Con du Randt, wat sy van Stellenbosch af ken, daar by die rivier. Hy het ‘n plaas daar en kom hom daar verstig. Hy weet van Barnie, maar week ook nie wie die seuntjie se mense is nie.Sy word lief vir die seuntjie, en hy vir haar, en sy wil hom vir haar hou, maar die vraag is of die owerhede dit sal toelaat.

Sy raak op Con du Randt verlief, maar dit lyk of hy met Elize Becker gaan trou. Sy en Barnie en dokter Cor gaan al drie deur donker waters voordat die son weer helder skyn.

Liefdesverhaal / roman uit die pen van Hannah du Plessis

 

 

Lees ook liefdesverhale deur Nan Henning

Lees ook romanse deur Ella van der Mescht

lees ook verhale deur Nickey van Schalkwyk

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

koop 'n boek 4

Bo

HannahDuPlessis-melodie

Melodie
Boek geskryf deur Hannah du Plessis

Die vreemde sameloop van omstandighede het veroorsaak dat ‘n jong swartkopmeisie uit die agterbuurt by twee amper-oujongkrels in hulle woonstel gaan woon het. Henk en Bertie moes as voogde vir haar optree en in die begin nie juis geweet wat om met die kind aan te vang nie. Ja, Melodie Wilkens was in hulle o nog ’n kind van so veertien .... miskien vyftien.

Maar in die weelde van haar nuwe wreld het sy vinnig ontdooi, want sy was nie werklik so ‘n kind soos wat hulle gedink het nie.

Ongemerk het sy deel van hulle lewens geword. Sy was die vrou in die huis wat op haar stil maner gesorg het dat die sokkies nie meer gate in het nie en dat die luukse woonstel ‘n huislike atmosfeer kry. Toe gaan Henk weg en Bertie en Melodie is alleen. Maar Melodie is nie werklik ‘n kind nie, sy is ‘n jong dametjie wat byna mondig is. Om die situasie nog moeiliker te maak, raak sy op Bertie verlief en ....

 

koop 'n boek 4

Bo

 

HannahDuPlessis-Ontwaking op Kroonbaai

Ontwaking op Kroonbaai
Boek geskryf deur Hannah du Plessis

Op Kroonbaai ontmoet ons ‘n hele paar karakters.
Eerstens is daar tant Amelia, wat daar bo in die groot, imposante huis woon ... tant Amelia wat nog glad nie so oud is nie, maar altyd lang, swart rokke dra, wat haar verbeel dat sy ‘n swak hart het, wat Ieef soos stokou mens. En by haar woon Hettie wat nog maar dertig jaar oud is, maar net sulke outydse klere soos haar tante dra. Vir hierdie twee loop die Kroonbaaiers maar lig.

Ons ontmoet ook vir Miems en haar broer Dawie. . . Miems wat nooit getrou het nie en oor haar broer heerskappy voer. Dawie het hom dit maar altyd laat welgeval . . . totdat Linda en haar twee seuntjies op Kroonbaai kom woon het.

Henk is die man wat aan die hoof staan van die onderneming wat Kroonbaai tot ‘n gesogte vakansieoord wil ontwikkel. Hy is nie meer jonk nie, ook nie oud nie. Aantreklik met ‘n vreemde glimlag om sy mond. ‘n Man sonder ‘n vrou van wie niemand werklik iets weet nie.

Oom Lood is die man wat nie vir Amelia bang is nie en dit ook duidelik wys. Ook is hy nie bang on ‘n onreg te herstel nie maak nie saak op wie se liddorings by trap nie. En oom Koot en tant San wat teen wil en dank met hul seun se optelkind opgeskeep sit

Hannah du Plessis skets hier op haar onderhoudende wyse ‘n klein gemeenskappie. Die leser word een met die karakters, leef saam met hulle, verstaan hulle. Dit is ‘n verhaal wat verras en bevredig.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

HannahDuPlessis-Vrugvan die najaar

Vrug van die najaar - Hannah du Plessis

Die naam Henk Mar het Dina Myburg se hart nog altyd met heimwee gevul en herinneringe aan goue oomblikke na haar teruggebring, want Henk was die man wat die jong liefde in haar hart wakker gemaak het. Saam met Henk het sy baie oggende deur die veld gestap, vroegdag die eerste sonstrale oor die veld sien gly. Saam het hulle die doudruppels van die grashals geskud en bedags in die koelte van die wilgerbome langs die spruit gesit en drome oor die toekoms - hul toekoms - gedroom.

Altyd was dit maar sy en Henk totdat sy geglo het dit sal nooit anders wees nie. Maar op ‘n dag het Henk net ges dat hy na sy peetpa in Australi gaan om daar te probeer om op sy voete te kom. Sonder enige belofte , sonder ‘n woordjie van troos of liefde, het hy uit haar lewe verdwyn.

Toe maak sy kennis met Eben, die bedagsame en vriendelike man wat haar met sy sjarme en rykdom oorrompel. Vir haar is hy ‘n anker in die hawelose lewe waarin sy met die dood van haar pa agtergelaat word. By hom, glo sy, sal sy die rus en liefde vind wat Henk Mar haar ontneem het - Henk van wie sy nooit weer gehoor het nie, nooit eens ‘n briefie ontvang het hoe dit met hom daar in die vreemde gaan nie.

Maar kort na haar troue leer sy die ware Eben ken en sy besef dat daar geen liefde in sy hart was toe hy met haar getrou het nie, dat sy vir hom net ‘n pronkstuk is waarmee hy by sy sakevriende kan spog.

En dan, skielik, kom ‘n vrou uit die ver verlede na haar, ‘n vrou met ‘n sterk stroom sigeunerbloed in haar are wat haar tot in ver lande laat swerf het, maar nou terugkom omdat sy Dina so bitter graag wil sien .... en ook Henk Mar verskyn onverwags soos die skim weer op haar lewenspad.

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo

 

HannahDuPlessis-Tuin van geluk 

Tuin van geluk
boek geskryf deur Hannah du Plessis

Daar is baie raaisels in die lewe, en soms weet ‘n mens nie waarvandaan jy kom en waarheen jy gaan nie. Dikwels loop die pad vorentoe deur die donker en is ‘n mens se lewenstuin vol dorings. Dit was ook die geval met Nanette Cronj. Haar ouers was lief vir plesier, en hulle het nie juis veel aandag aan hr gegee nie, Oom Kowie Maartens aan die ander kant was so lief vir sy twee stiefseuns dat ‘n mens sou s hulIe was sy eie kinders en soms het sy gewens dat sy so ‘n pa gehad het. Andr Basson, een van oom Kowie se stiefseuns, was lief vir haar, maar dit het sy toe nog nie geweet nie.

Daar het iets gebeur wat haar diep ongelukkig gemaak het. Haar lewe was skielik een groot vraagteken en die pad vorentoe was donker. Haar lewenstuin was vol skaduwees en dorings. Maar soms, wanneer dit lank donker was skyn die son soveel mooier juis omdat dit so donker was, en dikwels pluk ‘n mens die mooiste blom tussen die dorings in jou eie tuin.

Dit is die besielende boodskap wat Hannah du Plessis bring met TUIN VAN GELUK - die hartroerende verhaal van ‘n jong meisie se soektog na geluk.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

HannahDuPlessis-Heidivandie berg

Heidi van die berg
boek geskryf deur Hannah du Plessis

Die Brei se mense is ‘n afgeslote gemeenskap waar hulle hoog in die berge woon, vrugte kweek en hul by hul eie sake bepaal.

Hier woon Koot en Sara met hul drie aangenome kinders, want eie kinders is daar nie. Koot is vir hulle so lief as wat hy vir sy eie sou gewees het; Sara versorg hulle en gee vir hulle alles wat hul nodig het, maar liefde kan sy nie gee nie.

En toe daag Koot daar op met nog ‘n klein vondeling: Heidi. Bo in die berg het by haar gekry, op ‘n piek waar sy onmoontlik nie self kon gekom het nie. Gekneus en gestamp is sy en sy ly aan skok . . . en geheueverlies. Die geheim word al dieper soos die maande verbygaan, want nrens word ‘n kind as vermis aangemeld nie.

Intussen woon sy by Koot en Sara en kruip al dieper in hul harte in, en stadigaan begin hulle die dag vrees dat iemand sal opdaag om haar op te eis, want hulle sien nie kans om weer van haar afstand te doen nie.

Hannah du Plessis se verhale speel gewoonlik teen buitengewone agtergronde af en dit is deel van die aantreklikheid daarvan. Haar karakters word raak en lewendig uitgebeeld waar hulle in ‘n sterk verhaal optree, en dit is die ander deel van die aantreklikheid

 

Lees ook boeke deur Helene de Kock - speel af in die Riemland

 

koop 'n boek 4

Bo

HannahDuPlessis-Die juwele van Excelsior

Die juwele van Excelsior
boek geskryf deur Hannah du Plessis (ou Kaapse verhaal)

Toe Cleonie Dupr saam met haar geselskapsdame, Sara van Leeuwen, die lang skeepsreis an die verre Kaap die Goeie Hoop aangepak het, was dit in die blye verwagting dar sy ‘n rustige bestaan by haar oom Con la Grange op sy plaas Excelsior sou kon gaan voer.

sommer met die aankomslag het sy egter besef dat sy haar misgis het: van ‘n rustige bestaan sou daar maar weinig tereg kom. Hoe langer sy daar gebly het, hoe erger het dit gegaan: mense wat gedurende die nag in die huis rondsluip - sonder enige klaarblyklike motief : haar neef Andr wat gewond word - sonder dat hy eers ‘n blik op die aanvaller kon kry. Al hierdie dinge het vir Cleonie al meer verward gemaak - en toe hoor sy van die juwele van Excelsior en daar het vir haar ‘n lig opgegaan....

Hierdie spannende, romantiese verhaal wat in die dae van die ou Kaap afspeel, is seker een van die gewildse Hannah du Plessis se boeke.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

HannahDuPlessis-Brugoor troebel waters

Brug oor troebel water
boek geskryf deur Hannah du Plessis

,,Ek huur hierdie huis, en ek gaan definitief nie saam met n vreemde man hier woon nie,” s Marisa.
Conrad uiter n kortaf laggie. ,,Ek glo nie jy het veel van ‘n keuse nie. Ek s jou mos die brug is onder water. Ek het nog deurgekom, maar van more af sal niemand meer deurkom nie.”
,,Wat! Dan moet jy dadelik ry!”
,,Niemand sal my dwing om in die ren te ry nie.”
,,Vervlaks, wat doen mens nou?” brom Marisa hardop.

Ja, as ‘n man en ‘n meisie in afgesonderde strandhuis vasgekeer is, dan is dit vir jou ‘n ding. Dit kan Iastig wees, dit kan romanties wees, dit kan selfs gevaarlik wees. Enigiets kan gebeur — en in hierdie geval het daar sommer baie dinge gebeur.

Nadat Marisa se verloofde haar in die steek gelaat het, het sy ‘n strandhuis gekoop en alleen daar gaan woon. Maar toe daag doktor Conrad Webb daar op en hy word saam met haar in die huis vasgekeer omdat die brug onder water is en dit ren en ren.

Toe daar boonop nog ‘n vreemde vrou ook opdaag en s dat sy verdwaal het, begin daar dinge gebeur — nie net
romantiese dinge nie, maar ook gevaarlike dinge. Soos gewoonlik lewer Hannah du Plessis met Brug oor Troebel Water n romantiese avontuurverhaal wat die leser tot op die laaste bladsy sal boei.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

koop 'n boek 4

Bo

 

HannahDuPlessis-Diemerkvandie akkedis

Merk van die akkedis
boek geskryf deur Hannah du Plessis

Die dag toe Selma in die motor langs Watler Bohmann gesit het op pad na Scloss Hermann -die geheimsinnige ou kasteel in die Namib-woestyn - het sy gewonder waarom hy met haar getrou het. Dit was duidelik dat hy haar nie liefgehad het nie want reeds op hulle eerste huweliksnag het hy vir hulle aparte kamers bespreek. Waarom het hy dan met haar getrou?

Dit was maar een van die tergende vrae wat haar gekwel het na hulle aankoms in die ou kasteel wat die erfenis van Walter se familie was, want daar het onheilspellende dinge gebeur. Wie het byvoorbeeld vir Rudi van die krans afgestamp en wat was die geheim van die borsspeld in die vorm van ‘n akkedis?

Sy wou gil toe sy die glimmende gadaante in die swart kleed gesien het, maar sy kon nie. Was dit ‘n spook - of ‘n mens? En as dit ‘n mens was, wie was dit en hoe het hy of sy dit reggekry om teen die dak te sweef?

Walter het met ‘n duistere doel met haar getrou, maar sy broer Anton het haar liefgekry en dit was vir haar ‘n troos want sy het vir Anton ook liefgekry, maar sy was met Walter getroud....

In hierdie romantiese spanningsverhaal sou daar nog baie skrikwekkende dinge gebeur voordat al die vrae beantwoord sou word en sy weer op geluk kon hoop ...

 

koop 'n boek 4

Bo

 

HannahDuPlessis-Die weg van n arend

Die weg van ‘n arend
boek geskryf deur Hannah du Plessis

Dit het Willa altyd gehinder dat die groot huis aan die einde van die ry klein, eenvoudige woninkies van die inwoners van Volklip, so koud en doods en leeg gelyk het. Maar die eienares van die huis, trotse, afsydige ou mevrou Du Rand, het baie geraamtes in die grafkelder van haar gewete weggesluit gehou en sy was nie lus om ‘n vrolike vriendelike bestaan te voer nie. Veel eerder sou sy dag in, dag uit in haar stoepkamer sit en nadink oor alles wat was, en alles wat kon gewees het. . . alles wat moes gewees het.

Soos ‘n sonstraal en ‘n koel, vars windjie het Willa in daardie benoude atmosfeer gekom en die spinnerakke weg gevee met haar stralende geaardheid. Selfs Susan du Rand, wat soveel jare verhoed het dat enigiemand naby haar kom, wat geweier het dat enige emosie te laat blyk, het toegelaat dat hierdie vriendelike kind haar versorg en vertroetel, en sy het nie omgegee om te laat blyk dat sy van die jong meisie hou nie.

In hierdie verhaal ontmoet ons baie karakters . . . elk met sy eie geheime Daar is Susan du Rand, wat peins oor haar dogter en stiefseun—albei reeds nie meer daar nie; Pierre Ie Clus, gastronoom, modepop, met ‘n brein soos die blinkgeslypte snykant van ‘n skerp mes; Edna Reynolds en haar verwende, hooghartige dogter Thea .. . arme Edna wat haar groot probleem probeer wegsteek agter ‘n masker van meerderwaardigheid; Andr, Susan se plaasvoorman: die geheimsinnige mevrou Queiroz...en nog veel meer. Hulle tree op in ‘n verhaal wat anders is, wat die leser van begin tot end sal boei. Die skryfster, Hannah du Plessis, het daarin geslaag om aan ‘n buitengewone tema reg te laat geskied.

 

koop 'n boek 4

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Die jare vorentoe
boek geskryf deur Hannah du Plessis

HannahDuPlessis-Die jare vorentoe binne

 

koop 'n boek 4

Bo

 

HannahDuPlessis-Vaarwel aan gister

Vaarwel aan gister
boek geskryf deur Hannah du Plessis

Tot sommer onlangs nog was Linda Benade vir Arno Meyer net ‘n dogtertjie van die buurplaas. Maar toe op ‘n dag, so skielik dat hy gewonder het of hy al die tyd aan die slaap was, het daardie eens lastige klein bakvissie vir hom in ‘n baie mooi jong meisie verander en het hy allerhande verskonings gesoek om op die buurplaas te gaan kuier.

Vir Linda was dit soos ‘n droom wat werklikheid geword het. Al die jare was Arno haar held, die man wat sy as skooldogter net op ‘n afstand kon bewonder. Die liefde wat sy al die jare in haar hart vertroetel het, het nou mooi en rein ontluik.

Eenkant, stil en geduldig, het Dawid gestaan. By hom het Linda nog altyd vertroosting gaan soek wanneer Arno moes teruggaan universiteit toe en wanneer die verlange na hom soms vir haat te veel geword het.

En nou, net toe die toekoms soos ‘n blink, nuwe ster daar voor haar op die horison wink, bars die ruwe storms van die lewe op haar los. Die een felle slag na die ander tref haar.... en Arno, die man wat haar in hierdie oomblikke moet onderskraag, staan plotseling kil teenoor dit alles.

Magteloos moet Dawid toesien hoe hierdie eens vrolike maatjie van hom in ‘n harde, ongenaakbare vrou verander wat haar hart selfs vir die liefde van ‘n onskuldige kind sluit. Hy besef dat sy soos ‘n blinde reg op die afgrond afstuur en dat al sy waarskuwings dalk te laat tot Linda sal deurdring...

 

koop 'n boek 4

Bo

 

HannahDuPlessis-Bloeisels en wildeals

 Bloeisels en wildeals
boek geskryf deur Hannah du Plessis

Jare gelede het Colene se oupa sy dogter uit die huis uitgejaag, omdat sy met ‘n visserman wou gaan trou en Colene het vervreem van haar Deysel-familie grootgeword.

Na haar opleiding keer sy na Dasklip terug om daar onderwys te gee, maar ‘n reeks vreemde, ontstellende gebeure maak dit vir haar duidelik dat iemand haar nie goedgesind is nie of uit die weg probeer ruim. Iemand agtervolg haar in die bosse; daar word klippe bo van die rotse op haar afgerol en iemand draai die moere van een van haar motor se wiele los. Wie probeer haar verongeluk: Joggie, wat tevergeefs Colene se guns probeer wen? Tant Retha,wat bang is dat haar oupa geld aan haar sal nalaat? Jurie? Santa?

Dieter oorreed Colene om haar oupa te gaan besoek en hulle raak versoen, maar Colene vrees die Deysels se reaksie wanneer hulle daarvan te hore kom. Dan sterf haar oupa en haar niggie, Maria verdwyn....

 

koop 'n boek 4

Bo

 

HannahDuPlessis-netdieseemeeue weet

Net die seemeeue weet
boek geskryf deur Hannah du Plessis

Westhaven - en die vervalle ou kerkie - die agtergrond waarteen die geheimsinnige gebeure in die spanningsverhaal afspeel, is nie verniet meer as ‘n honderd jaar oud nie. Dit is die soort atmosfeer waarin ‘n mens sulke dinge te wagte kan wees....

Die eksentrieke geleerde en sy gejaagde, oorspanne vrou, hul lewendige vyftienjarige dogter en die stywe, preutse ouma verleen kleur aan die verhaal, waarin Diana, die verpleegster met die pragtigste koperrooi hare, Riaan Barnardo, die baas van Westhaven , en die lieflike, blonde Belinda met die onheilspellende blou o die hoofrolle vertolk.

Hierdie is ‘n buitengewone verhaal van misterie en spanning en ‘n skokkende ontknoping...

 

koop 'n boek 4

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

HannahDuPlessis-Die geheim van Brunnental

Die geheim van Brunnental
boek geskryf deur Hannah du Plessis

Karina Hancke erf die plaas Brunnental van haar grootoom, Frans Hancke. Dit was haar grootoom se wens dat sy eers ten minste ‘n maand lank op die plaas moet woon voordat sy besluit om dit sommer te verkoop.

Sy, haar oom Wim, wat soos ‘n broer saam met haar grootgeword en na haar ouers se dood na haar omgesien het, en ‘n paar vriende gaan dus Brunnental toe. Maar sommer uit die staanspoor gebeur daar vreemde dinge op die plaas.

Die getroue Stefaans, wat ‘n ogie oor die plaas moes hou, verdwyn spoorloos en die ander werkers vertel dat hy bang geword het. En sommer die tweede nag al hoor hulle ‘n waansinnige gelag, en dit klink asof dit onder die huis uitkom, maar daar is tog geen kelder nie. Daarna gebeur daar nog meer angswekkende dinge, soos die goeiende pop in die boom, die gekap onder die huis en ‘n kleipoppie vol kopspelde gesteek wat aan ‘n tou aan die buitekamer se deur hang...

Die groepie vriende kry die indruk dat iemand probeer om hulle van die plaas afte verwilder. Maar wie? En waarom? Van toe af begin die poppe dans op Brunnental, maar Karma se lewe — en die van haar vriende — neem ‘n heeltemal ander wending en sy vind geluk waarvan sy nooit kon droom nie.

Die geheim van Brunnental is ‘n boeiende liefdesverhaal vol ongewone kinkels soos net Hannah du Plessis dit kan vertel.

 

HannahDuPlessis-Pad van die eensames

Pad van die eensames
boek geskryf deur Hannah du Plessis

Vir etlike jare het Andrea Stegman saam met haar vader, verbonde aan die diplomatieke diens, in die buiteland rondgereis en gewoon. Nou gaan hy weer trou, en sy het besluit om’n bietjie in haar eie land rond te toer, Wanneer sy naby Bergvliet kom, onthou sy van die heerlike vakansie wat hulle eenmaal hier deurgebring het by die Mullers, verlangse familie van haar.

Die aandoen-om-te-groet verander in ‘n lang verblyf en Andrea neem tydelik die huishouding waar vir Riaan, Susan, Pieter, Belinda en die tweeling, wat tot hiertoe so op hul eie aangesukkel het. Dit is vir almal ‘n gerieflike reling, maar dit is ook gou duidelik dat Doreen Saunders nie hiervan hou nie.

Doreen wil met Riaan trou, maar sy sien nie kans vir die spul susters en broers nie, en as gevolg hiervan gaan sy uit haar pad om almal te probeer oortuig dat hr standpunte reg is. Wanneer Susan verliefraak op die getroude dokter, is dit vir Doreen ‘n handige wapen, en Andrea begin voel dat sy dalk die stryd gaan wen.

Etlike weke gaan verby en Andrea besef dat sy maar liewer moet padgee. Miskien sal dit beter wees as sy die Mullers net so agterlaat en probeer vergeet van hierdie tydjie saam met hulle, ‘n tyd waarin sy vir hulle tot hulp kon wees, een van ‘n gesin kon uitmaak, en ook uiteindehik hiefde leer ken het.

PAD VAN DIE EENSAMES is ‘n lekkerlees-verhaal uit die pen van Hannah du Plessis

 

koop 'n boek 4

Bo

 

HannahDuPlessis-omnibus

Hannah du Plessis Omnibus met 3 liefdesverhale:

 

HannahDuPlessis-omnibus 2

Hannah du Plessis Omnibus mer 3 romans/ liefdesverhale:

 

koop 'n boek 4

Bo

HannahduPlessis-Tanya

Tanya
Boek geskryf deur Hannah du Plessis

Toe Tanya Dijkman uit haar werk ontslaan word, is dit vir haar die begin van ‘n nuwe lewe en ‘n nuwe avontuur. Sy en haar ma woon al are in ‘n koue, klam woonstelletjie en sy is die enigste een wat haar sieklike ma kan vorsorg. Dit is juis omdat haar ma haar gedurig by die kantoor lastig geval het, dat sy ontslaan is.

Alhoewel sy ‘n ander betrekking sou kon kry, sou sy met ‘n kleiner salaris nie meer vir haar ma kon sorg nie. Haar ma tree toe met haar broer Bart, met wie sy in jare geen kontak gehad het nie, in
verbinding. Hy is daarvoor te vinde dat haar ma, Amanda, by hom gaan bly, maar op voorwaarde dat Tanya saamgaan en as huishoudster vir hom werk.

Dit is vir Tanya aanvanklik glad nie aangenaarn om by oom Bart te bly nie, veral omdat tant Serena en haar hooghartige seun Conroy op haar neersien. Gelukkig is Melani, haar niggie, haar goedgesind en dokter Leon Basson begin in haar belangstel...

Toe bars die bom egter: Tanya hoor dat sy ‘n buite-egtelike kind is en voel dat sy nooit met ‘n man soos Leon Basson sal kan trou nie.

Ten spyte daarvan dat haar oom haar nie goed behandel nie, versorg Tanya hom met liefde en deernis...

Tant Serena en Conroy wag egter soos aasvols dat oom Bart doodgaan, in die hoop dat hulle skatryk sal erf.

Toe oom Bart egter die dag sy laaste asem uitblaas en die testament gelees word, bars daar opnuut ‘n bom in die familiekring...

Tanya is ‘n diep menslike, boeiende liefdesverhaal uit die pen van ‘n geliefde skryfster.

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo

HannahDuPlessis-Onheil oor die hawe

Onheil oor die hawe -
boek geskryf deur Hannah du Plessis

Ou dokter Louw Schoeman het net een kind en wanneer hierdie seun en sy vrou skielik sterf, is die ou man heeltemal oorstuur. Mientjie besluit on haar as verpleegster te bekwaam en haar oupa by te staan by Die Hawe, die huis wat geslagte lank al aan die Schoemans behoort, net ‘n kilometer van die vissersdorp, Perlermoen, af.

Na slegs ‘n jaar, is Mientjie egter verplig om haar opleiding te staak as gevolg van haar onpa se slegte gesondheid en sy pas hom op tot sy dood. Hy hoop dat sy Die Hawe na sy dood aan die gang sal hou, met ‘n dokter trou en voortgaan met die werk in die pleeginrigting. Maar Mientjie het nie sulke planne nie en sy besluit om, met die hulp van ou tant Fien Cronje, die verpleeginrigting in ‘n vakansieplaas te omskep.

 Na hierdie piagtige rusoord kom verskillende en uiteenlopende mense en Mientjie maak kennis met Denys Davel, die stil, afsydige — en ook geheimsinnige — man en sy dogtertjie, Santjie. Sy ontmoet ook die bemoeisieke tant Lenie Smit, die uitgesproke oom Jan Coetzee en die rooikop verleidster, Doreen Hart. Ook die egpaar Jo en Clive Wiggell. Dan daag Mientjie se ertydse verloofde ook op, maar vir haar bestaan nou net een man. Denys Davel.

Maar Mientjie weet glad nie hoe Denys oor haar voel nie. Sy weet nie eens of hy getroud is, ‘n wewenaar of dalk geskei nie. Dog hierdie onsekerheid verhoed nie dat sy snags haar kussing nat huil oor die vreemdeling nie.

Haar probleme is egtei nog nie opgelos ne. Die Wiggells word verdink van ‘n juweeldiefstal in Johannesburg en Doreen ontmoet na donker ‘n onbekende person by die strand. En die arme Mientjie Schoeman is totaal in die war
omtrent al hierdie vreemde dinge wat by die vroere rustige verpleeginrigting plaasvind.

‘n Verhaal vir die hele gesin deur Hannah du Plessis

 

HannahDuPlessis-n Masker oor my drome

‘n Masker oor my drome
liefdesverhaal deur Hannah du Plessis

Irma kry ‘n nuwe buurman: Sydney Hilton, ‘n skrywer. Hulle word goeie vriende, maar Sydney is eintlik ‘n baie geheimsinnige mens.

Naby Irma, in Stan Haven, woon Stan Howard en sy stiefma. Irma was eenmaal, jare gelede, verlief op Stan. Hy was egter intussen in ‘n vliegongeluk betrokke en het sy geheue verloor en baie verander. Sy halfbroer, Steve, is in die ongeluk dood.

Dan daag Steve se vrou daar op en Stan herken haar dadelik. Dit Iaat Irma wonder, want Stan het nooit die vrou geken nie.

Daar is ook nog Ems, Stan Haven se huishoudster, en haar pa, Taai, wat nie wil toelaat dat sy iets met mans te doene moet h nie. Wanneer Irma haar daarna uitvra, s sy net dat daar ‘n rede voor is en dat Irma nie sal verstaan nie.

Hierdie is ‘n verhaal vol geheimsinnigheid, so reg in die Hannah du Plessis-tradisie.

 

koop 'n boek 4

Bo

HannahDuPlessis-nBloeisel vir minda

‘n Bloeisel vir Minda
verhaal deur Hannah du Plessis

Minda Joubert was sprakeloos van verbasing en ontsteltenis toe sy na die prokureur se vertelling geluister het. Vandag is haar gewese man, Fred, begrawe nadat hy in ‘n motorongeluk gesterf het. Vir Minda was dit ‘n uitkoms want haar en Fred se huwelik was in elk geval op die rotse.

Maar toe kom die ander skokke. Sy verneem dat Fred verskeie verhoudings met ander meisies gehad het, dat hy maande lank nie meer gewerk het nie en dat hy oral geld geleen het om aan die lewe te bly.

Sy stel ook vas dat hy by ‘n tante van hom, wat ‘n plasie naby Bergloop het, geld geleen het en dat die vroutjie as gevolg daarvan nou in geldelike nood verkeer. Minda en haar getroue vriendin, Miems Fick vertrek Bergloop toe, waar hulle die vroutjie in haglike omstandighede vind. Hulle besluit om daar te bly, van Minda se erfgeld te gebruik en vir tant Marta te help om haar plasie weer aan die gang te kry.

In Minda se agterkop is egter ‘n swaar wrewel — teen ‘n krel met die naam Henk du Preez, wat haar daar in Miems se woonstel van ‘n kant af ingevlieg en daarvan beskuldig het dat dit haar skuld is dat Fred vir arme tant Marta so bedrieg het.

Op Dwarskloof, tant Maria se plaas, ontmoet sy ook vir Bertie en sy voel aangetrokke tot hom, en dan volg nog ‘n skok wanneer sy verneem dat die einste Henk du Preez die plaas langs tant Marta s’n besit en dat tant Maria baie erg is oor die gawe jongman. Dit is onvermydelik dat Minda en Henk se paaie kruis. Hulle voer hul koue oorlog en Bertie is welkome afwisseling, maar wanneer daar werklik krissise op Dwarskoof ontstaan, is dit Henk wat help.

Die plaas kry weer lewe. Hul vrugte-oes is ‘n reuse-sukses, daar is weer geld en vrolikheid in die vallei — net Minda is nie gelukkig nie. Dit het iets te doen met die vreemde gevoel in haar vir Henk — die man van wie sy nie wil hou nie. En wanneer Henk se meisie uit die stad, Bernice, kom kuier, is dit eens so erg, haar gevoel eens so verwarrend.

‘N BLOEISEL VIR MINDA, is ‘n heerlik ontspannende lekkerleesverhaal, soos net iemand so gewild en ervare soos Hannah du Plessis dit kan vertel.

 

HannahDuPlessis-Kinkels van die noodlot liefdesverhale 2HannahDuPlessis-Kinkels van die noodlot liefdesverhaal

Kinkels van die noodlot
avontuurverhaal deur Hannah du Plessis

Santie Meyer se hart het vinniger geklop toe sy die aantreklike blonde man gesien het in die hotel op Sandvlei waar sy haar oom Paul se ontvangdame was, en later het sy heimlik hopeloos verlief geraak op hierdie sjarmante man na wie sy kon opsien. Ja, dit was hopeloos, want hulle sou nooit kon trou nie.

Toe Santie vir haar vriendin Alet gaan kuier, gaan die motor in die nag staan en Santie sien ‘n motor sonder Iigte in die donker verbykom. Daar is ‘n man en ‘n vrou in en die vrou laat haar kop op die man se skouer sak. Dit voel vir Santie asof elke haar op haar kop regop staan. Wie ry die tyd van die nag hier rond, en dit sonder ligte?

Later, toe Sue Parker ontvoer is, het sy weer aan die voorval gedink maar waarom sou ‘n ontvoerde vrou haar kop op haar ontvoerder se skouer laat rus?

Op ‘n wandeling sien sy en Alet meneer Grant se le dubbelverdiepinghuis met die daktorinkie, en bome en struike groei wild tot teen die huis. Dit is mooi, maar spookagtig en wie of wat is dit wat sy daar in die torinkie sien beweeg? Sy het toe nie kon dink dat sy een verskriklike nagmerrienag alleen in die le huis in gevaar sou verkeer nie .

Hierdie boeiende romantiese avontuurverhaal van Hannah du Plessis bring weer eens die boodskap dat niks belangriker is as die liefde nie en dat niks hopeloos is in die teenwoordigheid van die liefde nie. Kinke/s van die noodlot is ‘n meevoerende riller uit die boonste rakke.

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

HannahDuPlessis-Blomme vir Erica liefdesroman   HannahDuPlessis-Blomme vir Erica liefdesverhaal

Blomme vir Erica
deur Hannah du Plessis

Soekie het niks en niemand in die wreld gehad nie, behalwe haar ou lappop. Sy het wel haar ouma gehad, maar sy het haar nooit gesoen nie. Sy het ook ‘n oom Carl gehad by wie hulle gewoon het, en daar was tannie Saar en Erica, maar sy was nogtans in almal se pad.

Toe word sy siek, en word uit die pad gestamp en geklap . . en sy vlug weg na tannie Rykie toe, waar die mooiste blomme in die hele wreld groei. Op pad terug kry Erica haar en sien dat sy gehuil het, en toe begin baie dinge meteens verander, want daarna het Erica nie omgegee dat Soekie haar soen nie. Erica ruik soos tannie Rykie se mooiste blomme, het Soekie ontdek.

Maar baie dinge sou nou nooit weer wees soos voorheen nie en op ‘n dag is Soekie verplig om haar lappop oop te maak, want haar ouma het ges wanneer niemand haar die dag meer wil h nie, moet sy die lappop oopmaak en kyk wat is binne.

Blomme vir Erica van Hannah du Plessis is die roerende verhaal van die eensaamheid en onsekerheid van ‘n ouerlose en liefdelose kind wat smag na ‘n bietjie vreugde en geluk, maar deur haar o sien die leser ‘n handvol karakters uit die werklike lewe; mense met gebreke, maar ook mense met harte vol onontginde liefde.

 

HannahDuPlessis-Rusplek vandie gode

Rusplek van die gode
verhaal
deur Hannah du Plessis

Die Vuurvlieg, ‘n groot passasiersboot, loop op ‘n koraalrif en al die passasiers. kom om behalwe een-en-twintig in een van die reddingsbote. Dae lank dobber hulle op die see rond, blootgestel aan die elemente. Ylend en uitgeput na gees en liggaam Iaat vaar hulle na ‘n paar dae alle hoop op redding.

Dan word dieselfde ongenadige oseaan hulle redder: gedurende ‘n hewige storm voer ‘n groot brander hulle landwaarts. By nadere ondersoek blyk dit dat hulle op ‘n onbewoonde eiland iewers in die trope, ver weg van enige lug- of seeroetes, uitgespoel het. Dadelik skiet talle vrae hulle te binne: Is hier kos en water? Walter gevare bedreig ons? Sal ons ooit hier gevind word?

Hierdie boeiende verhaal sal baie smake bevredig: die avontuurlustige, die dromer, die romantikus, en die wat smag na die geheimsinnige onbekende. Rusplek van die gode is kensketsend van die verhale wat Hannah du Plessis haar besonderse gewildheid besorg het:
karakters van vlees en bloed wat in ‘n wildernis beland en daar ‘n paradys skep. En soos jare gelede sal hierdie immergroen-vertelling weer talle nuwe bewonderaars werf.

 

 

HannahDuPlessis-nbruid vir koen liefdesverhaal

'n Bruid vir Koen
liefdesverhaal deur Hannah du Plessis

Trou is lie perdekoop nie. Dis ook nie ‘n piekniek wat jy hou en as die piekniekmandjies leeg is, pak jy in en gaan huis toe nie. Die huwelik is nie kammaland nie. Dit kan vreugde meebring, maar ‘n mens moenie daarmee speletjies maak nie. Jy moenie s: ,,Kom ons speel ons trou,” en dan speel-speel ‘n strop om jou nek laat bind nie.

Dan is dit nie meer speletjies nie — soos Tillie tot haar droefheid ontdek het nadat sy met Koen getrou het, want Koen het eintlik vir Rosa liefgehad, maar Rosa wou hom nog jare lank aan ‘n lyntjie hou en Koen was haastig om te trou — sommer met Tillie as Rosa dan nie dadelik met hom wou trou nie. Koen wou sy erfenis h, en daarom moes hy dadelik trou. Tillie het ook gerf, maar sy kon haar erfenis ook eers kry as sy een-en-twintig word of voor die tyd trou. Nou ja, toe vra Koen maar vir Tillie om met hom te trou en Tillie s ja en hulle trou toe — sommer voor die landdros — en toe was Tillie vas, want as ‘n meisie met ‘n man getrou het — al was dit sommer speel-speel kan sy nie s; ,,Ek het nou klaar gespeel, ek gaan nou huis toe” nie, want sy is by die huis.

Koen het haar speel-speel vasgemaak, het Tillie tot haar ontsteltenis ontdek.

Hierdie boeiende liefdesverhaal van Hannah du Plessis bring die boodskap dat ‘n mens tog weer geluk kan vind al het jy die grootste fout van iou lewe gemaak.

 

HannahDuPlessis-in die skadu van jou liefde boek liefdesverhale

In die skadu van jou liefde
liefdesverhaal deur Hannah du Plessis

Op die Vaalrivier se walle, in die skadu van wilgerbome, kom die liefde die eerste keer na Salomie toe: ‘n liefde wat vreugde en pyn bring. Sy aanvaar dit skugter in haar hart, vertroetel dit, verheug haar daarin, hou dit jaloers geheim. Net Jurgen weet daarvan — het hy dan nie die liefde gebring nie? — en Herman, natuurlik — is hy dan nie soos ‘n eie broer nie?

Die toekoms l oop voor Salomie en Jurgen, en hulle begin drome droom, ideale smee totdat die noodlot ingryp en hulle wreed van mekaar af ruk.

Die noodlot, of Susan de Witt? En na watter duistere dinge lei die vrae wat Salomie reeds : agt jaar lank treiter?

In die skadu van jou liefde deur die gewilde Hannah du Plessis is die verhal van die onskuldige slagoffers met ‘n wrede noodlot — en ‘n hebsugtige vrou.

Bo

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

Bo

Lees ook boeke van Tryna du Toit

Lees ook liefdesverhale van Vera Wolmarans

 

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738