http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Gert Basson

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Gert Basson

GERT BASSON is joernalis, skrywer en uitgewer wat tans saam met sy vrou Cillah sedert 2003 op Swellendam woonagtig is. Hy is as hoofuitgewer verbonde aan die Swellendamse uitgewershuis Hartbees.

Gert was as joernalis verbonde aan die tydskrifte:Avontuur/Die Lewe; Nonquai/Servamus, asst.-red. Van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. Hy doen ook vryskutwerk vir koerante en skryf kortverhale onder sy eie en skuilname vir verskeie tydskrifte.

As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor, bestuurder Perskorboekklubs, bestuurder-uitgewer: Juventus,Femina en Folio, hoofuitgewer J.P. van der Walt tot met sy uittrede in 1998.

Onder sy eie naam verskyn : Die Nagvalke (Jeug)Later volg twee herdrukke onder die skuilnaam: Dirk de Beer; Waar Gode Tuimel en Man Met Die Donker Bril. Hy is medesamesteller met Nic Hefer van die Fotobiografie – H.F. Verwoerd. ‘n Kleuterboek: Prinses Dou-ogies met illustrasies deur sy vrou. ‘n Radiodrama : Die Groot Storie, is deur die SAUK uitgesaai sowel as van sy kortverhale. Oor Radio Pretoria, is sy kortverhaal: Danser, voorgelees.

Onder die skuilnaam Hugo le Roux: Haar naam is Lilith. Herdruk as: Bloedoffer vir Lilith;Hand van Vergelding en Bloedfamilie. Met Meer as Moord,skep hy ‘n nuwe speurspan en met: Kamerling – moord op die drumpel, is die hoofkarakter ‘n vrou. Die herdrukke van Hand van Vergelding, Bloedfamilie en die laaste twee boeke is Hartbees-uitgawes.

Hardekwas verskyn onder die naam Danz Cloete.

As Lindeque de Beer is hy die samesteller van die bundels: Kortetjies vir die Katel; Vangnet; Die Goeie Gety; So op jou Gemak; Drif; Naglopers en Dwalers. So pas het

Daar ook ‘n bundel met die titel: Bevangespeur-en misdaadstories by Hartbees verskyn.

Nagstories – laatnagverhale oor gruwels en die bonatuurlike skryf hy onder die naam Gert Cornelius. Die boek is ook ‘n Hartbees-uitgawe.

Vir kleuters skryf hy onder Cor Lindeque: Sarie Marie Moe – Waarnatoe?; Boetaman se Opperaffertrapper en Snoerkie-hulle in die Okkiebokkiebosveld. Die Snoerkie-stories het ook gereeld in die tydskrif Keur verskyn.

As Chris Sasner skryf hy die jeugreeks: Die Swart Kat. Diť verhale het eers in Patrys verskyn. Later volg daar vyf boeke met die onverskrokke gemaskerde held se avonture. Die boeke het die TV-reeks tot gevolg. Daar was nie minder nie as vier reekse van dertien episodes elk.

Gert en Cillah het ‘n dogter en seun wat onderskeidelik in Kaapstad en Santa Monica bly.

 

Inligting verskaf deur skrywer. November 2008

Ook beskikbaar op www.lizmarboeke.co.za .