http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Fritz Deelman

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Fritz Deelman

Die Fritz Deelman-reeks word geskryf deur Leon Rousseau

Boeke in die reeks is:

  1. Fritz Deelman en die Skepe van Mars
  2. Fritz Deelman en die Swart Eiland
  3. Fritz Deelman en die Woestynrowers
  4. Fritz Deelman en die Diepsee-duikbol
  5. Fritz Deelman en die Gori Lama
  6. Fritz Deelman en die Ondersese Myn
  7. Fritz Deelman en die Groen Dood
  8. Fritz Deelman en die Suidpoolbende

 

Fritz Deelman het noue bande met die destydse Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie en doen “undercover werk” vir die Staat. Nodeloos om te s dat daar altyd aksie, spanning en baie opwinding in sy lewe is. Di laat mens besef dat Fritz Deelman is Suid-Afrika se eie tipe James Bond-karakter wat allerhande gevare en ondervindings ondergaan en vir ure se leesgenot vir menige seuns en “groter seuns” gesorg het.

Die skrywer, Leon Rousseau, was medestigter van Human & Rousseau Uitgewers in 1959. Toe hy die eerste Fritz Deelman-boek van die reeks in 1956 geskryf het, was hy maar 20 jaar oud. Die reeks was onmiddellik n groot sukses en alhoewel dit eintlik op die jeug gemik was, het dit byval gevind by jonk en oud. Die Fritz Deelman-reeks is in 1974 met ewe groot sukses heruitgegee. Nou, ongeveer 50 jaar later sedert die eerste uitgawe van die reeks, word dit weer uitgegee met die eerste twee titels Fritz Deelman en die Skepe van Mars en Fritz Deelman en die Swart Eiland wat in Maart 2004 verskyn het.

Tuis 2

koop 'n boek 4

 FritzDeelmanendieSkepevan Mars- LeonRousseau2  FritzDeelmanendieSkepevan Mars- LeonRousseau

Fritz Deelman en die Skepe van Mars geskryf deur Leon Rousseau

      Drie riumtevaarders sit strak en gespanne in n ruimteskip wat op pad is na Mars. Die voortbestaan van al die volke op aarde is in hul hande.

      Duisende kilometer bokant die aarde skiet twee ruimteskepe teen ‘n snelheid van duisende kilometer per uur deur die ruimte, al verder die onbekende in. Binne die staalvertrek van een van die skepe sit drie manne strak en gespanne. Hulle is die eerste in die wreld om ‘n reis deur die lugruim te onderneem na ‘n angswekkende bestemming - Mars, die geheimsinnige rooi planeet - die vierde planeet van die son en duisende kilimeter van die blou planeet, Aarde.

      Luitenant Fritz Deelman van die Internasionale Veiligheidspolisie, prof. Max Bode, die Duitse sterrekundige, en die Amerikaanse dr, Fred Cagney, die wreld se grootste militre deskundige - en van die optrede van hierdie drie hang die voortbestaan van alle volkere van die aarde af. Want daar bestaan intelligente lewe op Mars, lewende wesens wat reeds honderde jare die aardmanne dophou, en wat ‘n ekspedisie van agtien ruimteskepe so groot soos tienverdiepinggeboue aarde toe gestuur het en met die doel om in die toekoms die algehele uitwissing van die aardbol beplan. Hierdie titaniese stryd tussen kosmiese liggame sou wreldoorlo na burgeroorlo laat lyk...

      Uit die vaartbelynde wreld van die toekoms, moet die bekende luitenant Fritz Deelman hierdie keer die stryd voer teen waansinnige magte van die ruimte.
                                               

      Wat hierdie so merkwaardig maak is die feit dat Leon Rousseau hierdie toekomsverhaal geskryf het lank voor die lansering van die eerste mensgemaakte satelliete in 1957 en nog langer voor die Rus, Joeri Gagarin se geskiedkundige baanvlug om die aarde in April 1961. Eers later het die Amerikaners in Julie 1966 gevolg met Neil Armstrong en Edwin Aldrin se maanlanding. Daarna het ons die verskyning van die vorige uitgawe in 1974 het onbemande Amerikaanse ruimtetuie n reeks fotos van die planeet Mars na die aarde teruggesein waarop reusagtige vore - moontlik millennia oue rivierlope - baie duidelik sigbaar was. Betroubare inligting oor die moontlike aanwesigheid van lewensvorme op die sogenaamde 'rooi planeet' was daar selfs in di stadium egter nie. Vandag vermoed wetenskaplikes dat daar moontlik water op Mars was / is en die soektog na water, ander lewensvorme verdiep steeds.

       

      Tuis 2

      koop 'n boek 4

       

      Fritz deelman en die swart eiland 

Fritz Deelman en die Swart Eiland geskryf deur Leon Rousseau

      Fritz Deelman en sy Franse makker maak n ontdekking wat die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie in rep en roer het...
                                     
      Geruisloos verdwyn die twee manne onder die oppervlak van die swart water. Stadig, soos in n droom, sak hulle deur die pers duisternis: dertig, sestig, negentig meter. Die donkerte onder hulle begin lewe. Op die bodem brand die verblindende skynwerpers van n televisiekamera. Die swart vorm van die wrak word sigbaar... In die ingewande van die skip vind luitenant Fritz Deelman en sy Franse makker geen teken van die uraan waarna hulle soek nie. Maar wat hulle wel daar ontdek, bring die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie in rep en roer. En Fritz Deelman moet kragte meet met die geheimsinnige inwoners van die Swart Eiland.

     

      FritzDeelmanendiewoestynrowers- LeonRousseau2

Fritz Deelman en die Woestynrowers geskryf deur Leon Rousseau

      In die Arrakbrosse, ‘n ongetemde streek in die Sahara-woestyn, veg ‘n handjievol Franse teen ‘n gehemsinnige vyand. Hier staan die Moho-toring, toegangspoort tot ‘n fantastiese skag wat ses kilometer onder die aarde ongekende skatte ontbloot. Hier wag asemberowende ontdekkings op luitenant Fritz Deelman van die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie.

      Fritz deelman en die woestynrowers

      Maar watter verband hou die verskyning van die gevreesde Rooi Sjeik, ‘n roekelose woestynvegter wat sy slagoffers, nie net onder die Franse nie, maar ook onder die Arabiere van die Arrakbrosse eis? Dit kos al Fritz Deelman se moed en speurvernuf om vas te stel waar die Rooi Sjeik skuil en om hom uiteindelik te ontmasker.

       

koop 'n boek 4

 

 

FritzDeelmanendiediepsee duikbol- LeonRousseau

    Fritz Deelman en die Diepsee-duikbol geskryf deur Leon Rousseau

Professor Niemeyer , ‘n argeoloog, maak ‘n wonderlike ontdekking op Madagaskar : ‘n kaart wat op edel metaal gegraveer is en die ligging aandui van die land Lemuria wat tienduisend jaar gelede met ongelooflike skatte in die Indiese oseaan weggesak het.

Luitenant Fritz Deelman na Madagaskar gestuur om uit te vind wat van Professor Niemeyer geword het. Verder sit hierdie vonds ‘n wedloop van verbysterende vaart aan die gang tussen die militre speurder luitenant Fritz Deelman en die gewetenlose skurk Archimedes Levitopek wat vir Professor Niemeyer gevange geneem het. Die rampokker kry ook vir Fritz Deelman in sy mag en dwing hom om duisende meter onder die see in ‘n duikbol na die skatte te soek. Die gevare wat hy in die diepte tekom, moet met die grootste vernuftigheid afgeweer word. Op die oppervlak, in die atoomskip,Marie Antionette waarin Fritz en sy vriende gevange gehou word, is dit uiteindelik die speurder se blitsvinnige optrede en vindingrykheid wat ‘n geleentheid vir vergelding skep.

 

koop 'n boek 4

 

FritzDeelmanendiegori lama- LeonRousseau2

Fritz Deelman en die Gori Lama geskryf deur Leon Rousseau

      Uit die bloute ontvang Luitenant Fritz Deelman - deel van die internasionale veiligheidspolisie - ‘n brief van sy vriendin, Loeki (ook Loekie) de Klerk, wat op besoek is in die Ooste. In die skynbaar doodgewone brief vind Fritz leidrade wat hom oortuig dat Loeki hulp nodig. Volgens die boodskap lei hy af dat ‘n vooraanstaande Suid-Afrikaanse geleerde in gevaar verkeer.

      n Westerling kan slegs met lewensgevaar die geheimsinnige bergland Tibet binnedring. En Fritz Deelman moet daarheen gaan om n vooraanstaande Suid-Afrikaanse geleerde te red. ‘n Geheimsinnige ontploffing- vermoedelik n aanslag op sy lewe, versterk sy vermoede. Hy besluit om na die Ooste te vetrek om die raaisels te probeer oplos.

      ‘n Land noor van Indi, die republiek Sikkim, lei die spoor hom na die Himalajas en daarvandaan na die geheimsinnige bergland van Tibet, wat sedert 1959 onder kommunistiese bewind is. n Westerling kan slegs met lewensgevaar Tibet binnedring. Hier ontvou eeueoue geheime wat selfs die ervare Fritz Deelman staan verstom.

       Fritz deelman en die Gori lama

       

      Tuis 2  Bo

     

Fritz Deelman en die Ondersese Myn geskryf deur Leon Rousseau

      In die Stille Oseaan l die ondersese myn wat die middelpunt vorm van nog n avontuur in die opwindende lewe van luitenant Fritz Deelman.

      "n Onverwagte telefoonoproep lei luitenant Fritz Deelman na n stegie in die hawebuurt van Kaapstad. Hier sien Fritz n geheimsinnige skraal man in n vinnige motor wegjaag. n Wilde nagtelike jaagtog volg en eindig eers toe die skraal man se motor met skreeuende bande oor een van die kaaie stort. Fritz duik agterna om die man te probeer red, maar tervergeefs probeer hy in die donker water ‘n teken van die “drenkeling” te vind.Fritz deelman en die ondersese myn Die daaropvolgende gebeure dwing Fritz om die antwoord op die raaisel in n ander wrelddeel te gaan soek, naamlik in die Stille Oseaan. Hier l die ondersese myn wat die middelpunt vorm van nog n avontuur in die opwindende lewe van luitenant Fritz Deelman.

koop 'n boek 4

 

Fritz deelman en die groen dood

Fritz Deelman en die Groen Dood geskryf deur Leon Rousseau

      Fritz Deelman bevind hom in die dieptes van die "groen hel" van die Amasonewoude; waar die dood elke oomblik kan tref.

      "Geheimsinnige gebeure in die uitgestrekte Amasonegebied van Suid-Amerika bring luitenant Fritz Deelman van die Internasionale veiligheidspolisie op die toneel, en daarna begin die poppe dans. Wat is die antwoord op die raaisel van die verlore ras wat volgens gerugte na hul antieke tempel teruggekeer het. Verder nog, wat van die reusagtige spoor wat lyk soos die van n pre-historiese monster en dan wat van die onbekende pylgif? - Dit het die lewe van n hele ekspedisie gekos!

      Om die antwoorde te vind, moet Fritz Deelman op n waaghalsige tog na streke waarheen min mense nog te voet gereis het, vertrek. Hy word deur n barbaarse stam oorweldig, word hy aan n grusame proef onderwerp, maar dit is gou vir Fritz duidelik dat dit nie hierdie Indiane was wat die vrede in die gebied verstoor het nie. 

      Om die werklike vyand te vind, dring Fritz Deelman die Amasone dieper binne opsoek na die berugte "groen hel". Dit is n gevaarlike gebied waar giftige moerasse in die hitte l en broei, maar verder l daar ook duisende gevare en wag. Maar wat Fritz Deelman uiteindelik in die dieptes van die oerwoud ondervind, laat al di ontberings na kinderspeletjies lyk."

      koop 'n boek 4

       

      Tuis 2  Bo

      Fritz Deelman en die Suidpoolbende-leon

Fritz Deelman en die Suidpoolbende geskryf deur Leon Rousseau

      In Amerika kom luitenant Fritz Deelman te staan teenoor n organisasie wat die hele wreld probeer uitwis.

      Wanneer luitenant Fritz Deelman in ‘n oogwink verplaas word van die warm, sonnige Bultvlei na die vreemde, duistere binnekring van die sewentigste breedtegraad, volg die een verbysterende insident blitssnel op die ander. Die een dag het niemand nog daarvan gehoor nie, en skaars n maand later is ‘n rasende menigte in ‘n ses lande onherroeplik verslaaf aan die dodelike dwelmmiddel - Satania. Die wreldbeskawing word bedreig.

      Vir tien dae volg Fritz Deelman en Loekie de Klerk op die spoor van die onwettige jagters van spermwalvisse - wat die enigste bron is van ambergrys. Ambergrys is noodsaaklik vir die vervaardiging van Satania. Fritz deelman en die suidpoolbende So volg Fritz die spoor en in die fabelagtige, glansende wit wreld van Antartika waar geen skaduwees, bergpieke of gesigseinder bestaan nie, kom Fritz Deelman en Loekie teen n oormag te staan. Die vraag is : Wie is die leier van die magtige bende wat vanuit n verborge basis honderde meter onder die sneeu en ys van die Palmer-skiereiland sy bose werk verrig?

        Bo

      koop 'n boek 4

       

      Lees ook die ATO- Reeks

 

Lees ook Kies jou eie avontuur-reeks

 

FritzDeelmanendieondersese myn- LeonRousseau1  FritzDeelmanendieondersese myn- LeonRousseau1973   FritzDeelmanendieondersese myn- LeonRousseau2

Fritz Deelman en die ondersese myn
Voorblaaie van die 1963, 1974 Sagteband, 2006 uitgawes
Geskryf deur Leon Rousseau

    Tuis 2  Bo

    koop 'n boek 4

    koop 'n boek 4