http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Francois Bloemhof

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Francois Bloemhof

FranÁois Bloemhof is 'n multi-pryswennende Afrikaanse outeur, kopieskrywer en rolprentresensent wat op die 15de September in die 1960's in die Paarl, Wes Kaap, gebore is. Hy het Tale op die University van Stellenbosch (BA) bestudeer, omrede hy altyd ‘n skrywer wou wees. Hy het in 1991, met sy debuutroman, Die nag het net een oog, op die Suid-Afrikaanse literÍre toneel verskyn en is beloon met die De Kat-prys vir die roman. Sy volgende drie boeke was almal op 'n manier spanningsverhale, soos Storieboek, Hostis en Klipgooi.

Gou was dit duidelik dat die jonger lesers van sy boeke gehou het, en daarom het hy ook spesifiek vir hulle begin skryf. Hy was so sukses met die boeke dat hy 'n ruk lank net op die jeugmark gekonsentreer het. Hy het gou 'n klomp ATKV-Veertjies vereer. (Die ATKV- Veertjies is 'n kompetisie waarin jong lesers self hul wenboeke aanwys). Hy het ook verskeie pryse vir die tienermark ontvang, insluitend vir Slinger-slinger en Nie vir kinders nie in Tafelberg en Sanlam se Jeuglektuurwedstryd). Verder is hy met sy boek - Stad aan die einde van die wÍreld - as die wenner aangewys in die Maskew Miller Longman LiterÍre Kompetisie.
                                         francois bloemhof jeugboeke
Nadat ‘n afwesigheid van vyf jaar, wat hy nie ‘n enkele boek vir die volwasse mark geskryf het nie, maak Francois Bloemhof ‘n teruggekeer na die genre met die boek “Spinnerak”. In die boek maak ons kennis met Alma van der Pool as die heel eerste vrouespeurder in Afrikaanse fiksie. Sy maak weer haar verskyning in Jagseisoen, wat in 2007 uitgereik was.

Francois Bloemhof verklap nie baie van sy persoonlike lewe nie. Hy glo as die publiek te veel van 'n skrywer weet, ontneem dit sy boeke van die geleentheid om op hul eie bene te staan. Hy het begin deur verskeie Engelse kortverhale na tydskrifte te stuur, maar sonder sukses. Vir die grap het hy 'n lighartige Afrikaanse verhaal vir Huisgenoot geskryf en dit onder sy vriende se name ingestuur. Sy talent is raakgesien, dit geslyp tot hy gereed was vir sy eerste roman. Daar was talle tydskrifbydraes ("iets soos driehonderd") vir al wat 'n publikasie is, van Insig en De Kat tot Vrouekeur, en daar het ook al talle van sy verhale in versamelbundels verskyn. Hy was ook twee jaar lank verhaleredakteur by Sarie. En is deeltyds kopieskrywer, vertaler en redigeerder. Hy is woonagtig in Durbanville, ongetroud en woon saam met sy katte - wat ‘n voltydse werk is!

Met verwysing na wat Alfred Hitchcock eenmaal gesÍ het, het Bloemhof al opgemerk: "Party mense skryf slices of life. Ek het nog altyd slices of cake verkies."

Hy skryf ook onder die skuilnaam Leo Bekker

 

Kliek hier vir ‘n lys van sy boeke (Afrikaanse boeke)

 

Lees ook spookstories en bangmaakstories deur Francois Bloemhof

 

 

Bibliografie is saamgestel uit verskeie bronne: Wikipedia en die skrywer se eie webtuiste

.