http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php F.A. Venter se boekelys

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Boeklys van F.A. Venter. Vir ‘n kort biografie van F A Venter - klik hier.

 

 

Boeke oor die Vryheid van Afrikaners:

  geknelde land 2de druk- f a venter -groot  geknelde land 2de druk 2- f a venter -groot 

Foto: Geknelde land - F A Venter (Bekroon met die Hertzoprys in 1961)

offerland -F. a Venter groot  bedoeldeland- f a venter- groot

Offerland en Bedoelde land van F. A. Venter

Lees meer oor die Voortrekkers se Groot Trek en al die intriges en vedriet in die vier boeke wat FA Venter in die 1960’s geskryf het Geknelde land (1960), Offerland (1963), Gelofte land (1966), Bedoelde land (1968).
Kliek hier

 

 

koop 'n boek 4

Bo

Die ou man en die duif- F A Venter skrywer

Die ou man en die duif- geskryf deur F A Venter

Die duif se koms was onverklaarbaar. En sy was so fraai, so adellik, so anders. Sy het haar onmiddellik tuisgemaak - byna asof dit voortbestem was dat sy daar moes wees.

Die ou man het gevoel hoe die hartseer, die eensaamheid van die eindelose dae en nagte na sy vrou se dood in hom begin losskiet. Hy was nie meer so verlore alleen nie.

So het daar tussen hom en die ligblou duif ‘n besonderse verhouding ontstaan - ‘n verbondenheid wat hy self nie kon verklaar nie.

Die mense het begin praat, soetjies eers, versigtig. Toe al hoe uitdagender, met al hoe groter venyn. Die predikant het op Kroonplaas gaan pleit: Moenie van ons weggaan nie. Bly by wat ons nog altyd geglo het. Maar dinge moes hul onvermydelike loop neem. En bo die rant anderkant die huis het die valk begin draai en swewe...

Audrey Blignault (kliek hier vir ‘n lys vanhaar boeke)skryf die volgende oor die boek: Dis ‘n religieuse novelle met die tema: die stryd in ‘n mens se diepste gemoedslewe wanneer hy die dood van ‘n geliefde moet aanvaar en in sy wanhoop en eensaamheid verlei word om ‘n soort vertroosting aan te gryp wat hom geen durende rus kan bring nie. Met die diep roerende verhaal van Die ou man en die duif wil die F A Venter s dat die mens nie ‘n draai om die dood kan loop nie.

koop 'n boek 4

Bo

faventer-vanBotterkraalna Altena

van Botterkraal na Altena- geskryf deur F A Venter

Die reis van Botterkraal na Altena oorspan agt dekades in die lewe van FA Venter

Botterkraal is sy geboorteplaas in die Karoo, sy “oerhegtheid”. Van hier af loop sy pad deur talle plase en plekke en ervarings tot by Altena in die strand, die krimpende ruimte van sy ouderdom.

Met hoogtepunte uit vier outobiografiese romans word hier ‘n beeld van di lewensreis gegee.
Uit Kambro-kind kom die vertellings oor FA Venter se kinderjare in die harde leerskool van die veld: droogtes en depressie, die rondtrek met die skaap, blou onwere, die oorsteek van die Grootrivier in vloed, die afskeid van sy jeugwreld wanneer hy verder gaan leer.

Werfjoernaal verskuif die fokus na ‘n plaas tussen Kenhardt en Carnavon, waar hy hom, na jare in die joernalistiek, in 1960 gaan vestig. Die beskrywing van die streek met sy harde skoonheid en sy fassinerende mense en diere is ‘n loflied op aardse vreugde.

Die middag voel na warm as vertel van die skrywer se druiweboerdery tien jaar later op Cirene, ‘n plaas net buite Vredendal in die Olifantsvallei. Sy verhouding met die bruin werkers, wie se heimat die vallei en omgewing deur baie eeue heen was, en sy insig in hul onskynlik traak-my-nie-agtige lewenshouding, word onvervals en onroerend weergegee. Kliek hier om meer te lees

Die keer toe ek my naam vergeet het is die sluitstuk. Dit getuig van die onuitroeibare moed en selfondersoek van ‘n man wat uit die doodskadu teruggekeer het. In sy aftreewoonstel in die Strand het ‘n ernstige beroerte hom getref. Sy vasbeslotenheid om sy skryfvermo te herwin, die aanpassing by ‘n aftree-oord vir bejaardes, die geleidelike verswakking en dood van sy vrou, en sy uiteindelike berusting, vorm die kern van hierdie inspirerende boek.

 

koop 'n boek 4

Bo

Lees meer van F A Venter
F A  venter foto 3

 

koop 'n boek 4

Bo

 

fa Venter- diemiddagvoelnawarm as

Die middag voel na warm as - deur F A Venter

Toe F A Venter se Swart Pelgrim in 1952 verskyn, is dit allerwe verwelkom as ‘n waardevolle bydrae tot die Afrikaanse roman en ‘n waardevolle bydrae op die gebied van die kleurverhoudinge in Suid-Afrika. In 1961 word dit dan ook bekroon met die Hertzogprys. “Dis ‘n eerlike menslike boek, wat nie veroordeel nie;” skryf prof. G. Dekker, “dit wil begryp, en dit is diep deurdronge van die leed en onreg wat gely word as die naturel op so ‘n brute manier in aanraking kom met ‘n lewenswyse, ‘n beskawing, ‘n ekonomiese stelsel waarvan hy niks begryp nie.”

Hierna begeef Venter hom op die terrein van die historiese roman. Daar is byvoorbeeld “Man van Cirne” waarin hy, “met lewendige verbeeldingskrag en bre historiese kennis die beeld oproep van die Romeinse ryk om die Middelandse see... Venter het hier op lewensvolle beeld van die verlede geskep waartoe ons historiese roman tot dusver nie by magte was nie (lees ook “’n Werktuig vir Adonai” asook “’n Koning vir die volk” van P.G. Hendriks asook T.C. Pienaar se “Die goue septer)

 

Hierdie historiese perspektief bring hy ook te pas op ons eielandse geskiedenis in sy tretralogie oor die Groot Trek wat tussen 1960 en 1968 verskyn het.

  geknelde land 2de druk- f a venter -groot  geknelde land 2de druk 2- f a venter -groot  offerland -F. a Venter groot  bedoeldeland- f a venter- groot

Maar deur al die jare sedert Swart Pelgrim af, bly spook die gedagte tog by Venter : Hy wil nog oor die Bruinmense skryf. want vir hom gaan dit altyd om ‘n besondere betrokkenheid by die wreld waarin hy leef, die geskeidenis waaruit ons ontstaan - ‘n betrokkenheid wat selfs uit sy plaassketse van Werfjoernaal blyk, al is dit daar met ander aksente.

In 1970 word hy boer op Cirne, net buite Vredendal in die Olifantsvallei - daardie vallei wat eens die geil, ongerepte paradys van buines was, maar mak gemaak is, georden deur blanke intrekkers wat geweet het hoe om hierdie streek te benut en te ontwikkel.

En hier leer Venter hulle ken in ‘n situasie wat eie is aan ons land en sy samelewing. Hy moet met hulle saam lf, saam werk, baas wees oor hulle - maar ook mens wees saam met hulle.

So ontstaan Die middag voel na warm as. Dit is gebore uit skerp waarneming en uit onverbiddelike selfondersoek. Dit is geskryf met ‘n byna ontstellende eerlikheid en met drif. Maar ook met liefde en humor. Want hierdie problematiek het die skrywer aan eie lyf ervaar. En soos hy dit ervaar het, so gee hy dit : direk en onmiddelik.

koop 'n boek 4

Bo

FAVenter-wit oemfaan

Wit Oemfaan - deur F A Venter

Kliek hier om meer te lees van die avonture van Paulus van Gass - Wit Oemfaan

 

faVenter- swart pelgrim

Swart pelgrim - deur F A Venter

Kolsile, ‘n eenvoudige Transkeise swartman, word deur die agteruitgang van die bodem waarop hy opgegroei het, gedwing om na die goudstad van die witman te gaan. Hy, die seun wat die naaste aan sy ou vader, Mbanjwa, se hart staan, moet hom wegskeur.

Onseker en met huiwering vertrek hy. In die ingewikkelde stad loop hy hom vas in die nuwe en onbegrepe omstandighede. Hy word ‘n struikelende en verwarde pelgrim.

 

geknelde land 2de druk- f a venter -groot

Geknelde land - deur F A Venter

Hoe gebeur dit dat ‘n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek?

In Geknelde land gee Venter ‘n diepmenslike antwoord op die en ook op baie ander vrae. Die uiterlike verloop van die Groot Trek is aan elke skoolkind in Suid-Afrika bekend. Maar die menslike aspek van hierdie onvergeetlike volksverhuising is haas ‘n geslote boek. Nou het Venter die volle verhaal van die Trek aangedurf. Dis ‘n verhaal wat begin met lyding en onderdrukking, ‘n verhaal wat oor die Grootrivier en deur Natal loop tot dit op die hooglande van Transvaal eindig. Dit begin met die eerste groot oplaaiing van ‘n vryheidsin en dit groei uit tot ‘n gevestigde volksbewussyn.

Geknelde land is egter baie meer as ‘n verhaal van magtige gebeurtenisse. Dit is tegelyk ‘n verhaal van die menslike hart, van innerlike wroeging, botsing en stryd; dis ‘n verhaal van durf en swakheid, van lyding en geluk, van teenspoed en oorwinning,

Die menslike verhaal is die van die Dreyergesin van Grensplaas - gele in die streek waar wit en swart hulle aan die Oosgrens, soos dit in 1834 bestaan het, gedurig teen mekaar vasgeloop het. Groots van omvang en ryk aan interessante detail is die sage van die ontberings en terugslae wat die boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek. Die hooffiguur, Rudolf Dreyer, weier aanvanklik om sy plaas te verlaat, selfs nadat dit deur die Xhosas verwoes is. Geknelde land is in hoofsaak ‘n uitbeelding van die konflik in Rudolf se gemoed en die stryd wat hy met sy medemens en met homself voer voordat by tot ‘n besluit gedwing word. Aangrypend beeld F A Venter die gang van ‘n onkeerbare noodlot wat gaandeweg oplaai tot tragiese hoogtes.

 

Lees ook Mikro se boek oor die Vryheidsoorlog

Lees ook boeke van Wille Martin

Lees ook boek van Adriaan Snyman - Siener van Rensburg

faVenter- Gelofteland gelofte land- Voortrekkers Boere

Gelofteland - deur F A Venter

Met (Gelofteland, sy derde roman oor die Groot Trek), bereik Venter die hoogtepunt, nie net in die historiese lyn nie, maar ook in sy siening en beelding. Strak, onmiddellik, dramaties ontvou die gebeurtenisse wat so ‘n ingrypende uitwerking op die geskiedenis van die Afrikaanse volk gehad het. Na die moord op Pieter Retief en die verskrikking van die Bloukransmoorde heers daar onder die Trekkers verslaenheid en vertwyfeling. By Italeni word ‘n Trekkerkommando die eerste keer verslaan. Hongersnood, siekte, dood, elke oomblik die vrees dat die Zoeloes sal kom, want elke dag sak die waters van die Tugela laer en laer. Selfs die natuur word blykbaar ‘n vyand wat hulle wil vernietig, En daar bly geen leier oor nie. Retief is dood. Uys is dood. Maritz is dood. Hendrik Potgieter het teruggetrek oor die Berg en baie het hom gevolg. Het dit dan nog enige sin om te bly hoop en glo dat hierdie land tog hul erfdeel is, hul bedoelde land? Dit is die vraag wat in die hart van menige Trekker gespook het om ‘n antwoord. Dit is die vraag wat Rudolf Dreyer tot op die rand van algehele wanhoop bring. Maar toe die nuus: Andries Pretorius, die man van die Sneeuberg, kom. ‘n Fyn militaris wat die aanval tot in die kleinste besonderheid kan beplan, maar’ook ‘n man wat wt dat menslike venuf alleen niks sal vermag teen die oorweldigende oormag nie.

9 Desember. In die skroeiende somerson staan ‘n groepie mans met ontblote hoofde om die hulp van die Allerhoogste af te smeek en om gelofte aan Hom te doen. As Hy hulle die oorwinning gee, sal hulle die dag aan Hom wy en ‘n tempel tot Sy eer bou. En die wonder gebeur. Die slag van Bloedrivier. Die slag van die Wit-Umfoloos. Tussen die verbleikte beendere op Moordkoppie die traktaat met Dingaan. Die land Natalia behoort aan hulle, die Emigrante-Boere.

Gelofteland is die onvergeetlike verhaal van een van die grootste momente uit die Afrikaanse geskiedenis. deur die o en beleefnisse van hulle wat dit meegemaak het. Dit is bowenal die verhaal van menslike angs, twyfel en loutering en uiteindelike vreugdevolle begrip.

 

bedoeldeland- f a venter- groot

Bedoelde land - deur F A Venter

Die nuwe, maagdelike aarde is ryk en vrugbaar. Noudat dit vars deur die ploeg omgekeer word, ontvang dit byna hongerig die saad van koring en van mielies — wat groei met drif en weelde. Vir Rudolf Dreyer is dit inderwaarheid sy bedoelde land. Agter hom l die smart van die dood van soveel dierbares — sy vader Helgaardt wat saam met Pieter Retief moes sterf, sy seun Fanus aan die Oosgrens, Buks by Bloukrans en die klein Nella tydens die rnartelende weke by Modderlaer.

Die jare van ontbering op die trek, die verskrikking van Bloukrans, die skok van Italeni . . . dit sal altyd deel van sy lewe bly. Maar hier in Natalia gaan hy ‘n nuwe begin maak. Hier in hierdie ryk aarde gaan hy vir hom ‘n tweede Grensplaas opbou — groter, mooier as die ou Grensplaas wat hy met soveel wroeging in die Kolonie moes agterlaat. Hier kan hy niteindelik wees wat hy wil wees — ‘n boer, vry van enige verknegting of bedreiging. Hier kan hy van Thomas, die enigste seun wat vir hom oorgebly het, maak wat hy van hom wou maak: ‘n voortsetting van homself, ‘n vrye man van die grond.

Vir hierdie ideaal het hy gewerk, dag en nag, totdat sy hande hard was van die eelte, sy bene gebewe het van moegheid. Halsstarrig wou hy sy o sluit vir die bedreiging wat oor die jong republiek l: die subtiele insypeling van Zoeloes, hul onverskrokke ideaal om te herwin wat hulle by Bloedrivier verloor het, die koms van die Engelse en die bedreiging van hul onafhanklikheid. Maar die geskiedenis moet sy onverbiddelike loop neem: daar is die vernederende slag van Congella, die mislukking van Boomplaats. Die martelgang van die Emigrante-Boere is nog nie verby nie, die vryheid ‘n ideaal wat skynbaar onbereikbaar is, die bedoelde land ‘n hersenskim.

En tog: juis deur die verlies van die pasgevonde vryheid het manne soos Rudolf Dreyer eers die ware betekenis van vryheid leer ken. Toe hulle weer uit hierdie bedoelde land moes trek, het die ware land van hul bestemming eers voor hulle gel.

Dit is die sterk, haas profetiese slot waarmee F.A. Venter in Bedoelde Land sy grootse werk oor die Groot Trek afsluit. In Bedoelde Land word daar ‘n nuwe, helder perspektief gewerp op alles wat vooraf gegaan het: Geknelde Land, Offerland, Gelofteland. Maar eintlik is dit nie ‘n slot nie; die einde van hierdie roman dui eintlik op ‘n nuwe begin wat hierdie hele stuk geskiedenis sinvol en aktueel maak vir ons eie tyd.

koop 'n boek 4

Bo

fa Venter- gebondenes

Gebondenes
Kortverhale deur F.A. Venter
 

Die boek wat in 1949 uitgegee was, sluit die volgende kortverhale in:

  • Nuwe inkeer
  • Alpheus
  • Uitvaart van Arie
  • Gysie
  • Twee vyande
  • Kentering van mnr. Buyskes
  • ‘n Kis oudhede
  • Tien pond
  • Offerande
  • Kerktyd
  • Offer van die weduwee Buys

 

renestegman- die vrou van schoonegevel - fa venter

Die vrou van Schoongevel
geskryf deur Ren Stegman
Skuilnaam van F.A. Venter

,,Die blomriet is al dofrooi in die dieper skemer toe Erna eindelik haar hand uitsteek en met die klopper drie maal hard op die koperplaat timmer. Sy het haar met inspanning uit die vrees en vertwyfeling losgemaak, ‘n oomblik het al die verwarring weggesterf en toe weet sy helder en seker dat sy hier moet ingaan.”

Hierdie oomblik is ‘n keerpunt in die lewe van Erna Lochner. Tog sou dit nog lank duur voor sy kon weet of sy daardie dag die regte besluit geneem het of nie.

Intussen bly daar nog baie tergende vrae oor. Wat is die skaduwee van ongeluk wat l oor die praglandgoed Schoonegevel en oor sy mense — die beroemdejong chirurg Hem Wicht en sy vrou, die beeldskone Linda-Jeanne? Hoekom offer Erna haar loopbaan as welsynswerkster op om gesellin te word vir Linda-Jeanne? En hoekom hou sy die ander helfte van haar lewe so sorgvuldig verborge, hoekom weier sy om haar moeilikhede met enigiemand te deel?

koop 'n boek 4

Bo

die tollenaar

Die tollenaar
- deur F A Venter

“Ek hou van die eenvoudiges wat by die poorte van die lewe staan — Die boetvaardige tollenaars… Ek wil soos hierdie tollenaar wees...”

So s Leon Verhage, die vooraanstaande en beroemde snydokter wat deur die leed in sy eie lewe tot ‘n suiwer mens gelouter word.

Dan is daar Janie, met haar groot verdriet — en groot liefde; Jakob Bjrson, die man met die see binne-in sy siel; Salie, die agterlike seun met die ghitaar onder sy arm.

Hulle is eenvoudige mense met ‘n innige goedheid — tollenaars wat by die poorte staan… en dwarsdeur hierdie aangrypende verhaal loop daar n refrein, is daar die n groot donkerte om almal se harte… Hulle lewe, ja, en lag en is vrolik en sing maar in hul binneste dra hulle die skaduwee van die dood om!

‘n Nuwe uitgawe deur F. A. Venter het al ‘n gebeurtenis geword in Afrikaans. Om die skrynende pathos van sy tema en die waarheid daarvan, aangebied in Venter se forse prosa wat by tye werklik van ons taal musiek maak, glo ons dat Die Tollenaar waarskynlik ‘n besondere groot leserskring sal vind.

koop 'n boek 4

Bo

Bo

Bo

 

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738