http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Eugene Naude boek

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Boeke deur Eugene Naudé sluit in:

  1. Die donker land - deur Eugene Naudé
  2. Die geheim van Leonard Hildebrand – deur Eugene Naudé
  3. Die lewende dooie – deur Eugene Naudé
  4. Die nag fluister verraad – deur Eugene Naudé
  5. Die wolf uit die see - deur Eugene Naudé
  6. Dolk van die noodlot - deur Eugene Naudé
  7. Legioen van die dood - deur Eugene Naudé
  8. Poort na Praal - deur Eugene Naudé
  9. Sahara-saga - deur Eugene Naudé (Klub 707)
  10. Sewe dae in Oktober - deur Eugene Naudé (Klub 707)
  11. Twaalf aan boord / 12 aan boord - deur Eugene Naudé
  12. Uit die Stilte - deur Eugene Naudé
  13. Vlug na die noodlot - deur Eugene Naudé

 

vlug na die noodlot Eugene Naude - Vlug na die noodlot saharareeks

Vlug na die noodlot
Eugene Naudé
spionasieverhaal deur Eugene Naudé

‘n Enkele telefoonoproep minute voor hy op ‘n sakebesoek na Londen moet vertrek, het ‘n verreikende uitwerking op Wessel Theron se toekoms. Skielik bevind by hom midde-in ‘n netwerk van internasionale spioenasie.

Sy Vliegtuig word na Kairo gedwing en hy word deur die Egiptiese polisie — of so dink by — gevange geneem. Maar toe hy hom weer kon kry, word hy ‘n gevangene in ‘n sjeik se keider iewers in Irak.

Die beeldskone Tania, wat hom in die eerste plek in die penarie Iaat beland het, ontset hom en ‘n wilde vlugtog na Iran vind plaas met die wreedaardige woestynbewoners kort op hul hakke.

Vlug na die noodlot is ‘n avontuurlike woestynverhaal vol aksie, intrige . . . en natuurlik liefde.

Klik hier om ander woestynverhale te lees

Volgens die eerste druk handel die boek oor:

Wessel Theron, die knap Johannesburgse sakeman, is besig om hom klaar te maak vir sy soveelste sakebesoek aan Europa wanneer sy telefoon lui, en die volgende oomblik is hy vasgevang in die greep van internasionale spioene. Omdat hy gereeld na Europa vlieg, is hy goed aan die doeanebeamptes bekend. Hulle deursoek dus nie meer sy bagasie so sorgvuldig nie.

Hierdie feit was aan die spioene bekend en daarom het hulle besluit dat hy die dokumente moet vervoer. As hy weier...!

Wessel kon uit die penarie uitgekom het, maar ‘n paar faktore het teen hom getel: daar was nie bra tyd om hom uit te wikkel nie, die avontuur aan die saak verbonde en die groen oë van die blonde mej. Tania Rudenko, die aantreklike Russiese spioene.

Toe Wessel hom kom kry was hy met die portefeulje met dokumente op sy skoot op pad na Kairo, en met die blonde Tania aan sy sy. Maar die verterende nuuskierigheid oor die inhoud van die dokumente het hom beetgepak, en dít is waar Wessel sy groot fout gemaak het!

VLUG NA DIE NOODLOT is ‘n verhaal van tintelende avontuur. Van die begin tot die einde is die leser net soos Wessel Theron vasgevang in koelbloedige internasionale spioenasie en intrige en in die minsame doelgerigtheid van die skone Tania. Dit is ‘n spanningsverhaal wat jonk en oud ten volle sal geniet.
 

Lees ook Karel Kielblock se spionasie verhale

Lees ook spionasie verhale deur Elmar Steyn
 

Bo

Eugene Naude -Saharasaga Saharareeks

Sahara-saga
boek geskryf deur Eugene Naudé
1953 uitgegee

HOOFSTUK I

R0EDOLF SE LANG en gespierde vingers klem stadig oor die reëling van die trappies. Sy sluimerende donker oë beskou die malende gaste aandagtig. Hy sien die juwele in die vroue se hare glinster in die lig van die goue kandelaar wat soos ‘n groot spinnekop oor die voorportaal hang; hy sien hoe die mans soos militęre kadette in hul opgestopte aandpakke rondloop terwyl hulle spierwit borshemde sterk afsteek teen die donker materiaal van hulle baadjies; hy sien hoe hulle met mekaar gesels. hoe hulle rustig rook, mans sowel as vrouens. Almal lag en is opgewonde oor die aand se vooruutsigte. Vrolikheid is oral op te merk. Vrolikheid ...

Hier waar by op die tweede verdieping staan en afkyk op die geselsende mense onderkant hom, voel hy hoe hy skielik ‘n steek van eensaamheid in sy bors kry. Onwillekeurig gryp sy singers die reling vaster, asof hy skuiling soek teen die gevoel. Die posisie wat hy op die trappe inneem, is net soos dit in werklikheid is. Hy is ‘n vreemdeling op die rand van die gedrang. Hy bly altyd op die buitebaan van die sirkel. Nooit waag hy dit dieper in nie.

Sy vader en moeder wag die gaste by die dubbele glasdeure in. Elkeen word vriendelik gegroet en na binne genooi.

Bo

eugene naude -Die geheim van Leonard Hildebrand

Die geheim van Leonard Hildebrand
boek geskryf deur Eugene Naudé

Die rykmans lewe in Johannesburg van daardie tydperk word treffend in hierdie boek uitgebeeld.

 

EUGENE NAUDE 12 aan boord

12 aan boord
boek deur Eugene Naudé

In TWAALF AAN BOORD beland ‘n ou vliegtuig van ‘n Suid-Amerikaanse redery in ‘n tropiese storm en die loods doen ‘n noodlanding op ‘n rivier in die onherbergsame oerbos. Die twaalf insittendes kom ternouernood uit die sinkende wrak. Hulle is skynbaar in ‘n uiters afgeleë deel van die oerwoud; daar is weinig hoop dat hulle gesien sal word en hulle is verplig om die beste van hulle benarde posisie te maak deur ‘n kampplek in die bosse oop te kap.

Dis ‘n interessante, bonte groepie wesens wat deur die noodlot hier saamgegooi is: Phil Baker, die alkoholiese loods; Manuel Santos, seun van die eienaar; Conchita Valdez, die lugwaardin; Ryk Wasserman, ‘n Suid-Afrikaanse onderwyser en toeris; John Smith, ‘n ouerige Britse sakeman en sy mooi dogter, Estelle; Hank Wilson, ‘n Amerikaanse agent op die spoor van ‘n Kommunistiese agitator (agent X-1, wat vermoedelik een van die ander elf is); Sandra Palmer, ‘n Amerikaanse nooi op pad om ‘n betrekking in Suid-Amerika te aanvaar; Korlov, ‘n geheimsinnige vent wat iets onder sy baadjie bewaar; eerwaarde Dixon; Paka, ‘n rou lndiaan, en Luiz Fontasio, ‘n Kubaanse Kommunis.

En skielik is die dood ook tussen hulle en vind die eerste moord plaas… sterf die tweede en die derde lid van die groepie.

Wie is die onbekende, koelbloedige moordenaar? Wie is agent X-1? Wie is die volgende slagoffer? Wie sal betyds gered word?

dolk van die noodlot 

DOLK VAN DIE NOODLOT
spionasieverhaal deur Eugene Naudé

Twintig jaar ná die inferno n die woestyn wat die slag om El Alamein was, is die toneel vir ons verhaal in Napels gestel…skone, bekoorlike Napels, op die oog so beskaafd, so romanties, maar onder die oppervlakte, in die onrustige spoelsel van die agterbuurte so venynig en brutaal.

‘n Jong Suid-Afrikaner se ewe word koelbloedig uitgewis. Duisende myle daarvandaan Iaat die nuus iemand wonder. Hy begin nadink…Uit rustige, sonnige Suid-Afrika begeef Don de Villiers hom na die stad onder die Vulkaan.

“Besoek Napels en Sterf,” skerts Don…sjarmante rakker wat hornm nie tweemaal laat nooi nie…gevaarlike, koel-berekenende agent van die Suid-Afrikaanse Geheime Diens.

Don bevind hom in gemengde geselskap. Daar is skone dames — op een dag loop hy ‘n blondine, ‘n swartkop en ‘n roolkop raak; daar is raaiselagtige intrige; daar is brute geweld. Wat uit Don se ontmoeting met die drie vroue voortspruit, is ‘n verhaal van internasionale intrige en grootskaalse rampokkery.

Don moet jag en weet nie wie sy prooi is nie; hy moet vlug en weet nie wie hom agtervolg nie.

Eugene Naudé, bobaas-skrywer van spioenasieverhale, vertel in DOLK VAN DIE NOODLOT een van sy spannendste stories. Niemand verstaan die kuns soos hy om fantasie aan die werklikheld te knoop, verbeelding aan geskiedenis nie.

 

uit die stilte

Uit die Stilte - deur Eugene Naudé
spionasieverhaal deur Eugene Naudé

Eugene Naudé tree in die afgelope jare steeds meer op die voorgrond as skrywer van spioenasieverhale. Met UIT DIE STILTE verkeer die leser onmiddellik midde in die hedendaagse internasionale intrige.

Leon Lambert is senior Iid van die Republiek van Suid-Afrika se Geheime Diens. Hy kry opdrag om ondersoek te gaan instel na die geheimsinnige verdwyning van Hannes Vermaak, ‘n ander lid van ons Geheime Diens in Lourenco Marques (hedendaagse Maputo). Vermaak het op sy eentjie opgetree en Leon het geen benul van waarna Vermaak ondersoek ingestel het nie.

Dit blyk heel gou dat Vermaak die gevangene is van ‘n internasionale kommunistiese bende wat “politieke dinamiet” na die Republiek smokkel. Leon het dus nou ‘n dubbele taak: om Vermaak te vind en om die smokkelroete vas te stel sodat die kommuniste betrap kan word.

Leon pak sy taak met groot vasberadenheid aan, maar telkens blyk dit dat die kommuniste nie net flitgeslape en goed georganiseer is nie, maar ook meedoënloos en desperaat. Telkens verkeer Leon in lewensgevaar, maar danksy sy onverskrokkenheid en die bystand van die skone mej. Lorna Mason, slaag hy tog daarin om die knoop deur te haak . . . en homself ‘n “huwelikstrop” om die nek te sit!

UIT DIE STILTE is ‘n spannende een-asemverhaal!

sewe dae in oktober

Sewe dae in Oktober
spanningsverhaal / boek deur Eugene Naudé (Klub 707)

Drie ontsnapte gevangenes vlug na Noord-Transvaal (hedendaagse Limpopo-provinsie). Krause was in die tronk vir gewapende roof, Willem vir bedrog en Jack vir verkragting.

Hulle beland op ‘n plaas waar Elsa stokalleen is. Haar man werk op ‘n anderplek en kom net eenmaal in ‘n maand huis toe. Dit klink vir hulle soos die ideale plek om weg te kruip totdat die ergste stofgaan lę het. ‘n Vrou alleen. Bure wat ver is en met wie sy nie veel te doen het nie en genoeg wapens in die huis om hulleself te verdedig.

George, die Griek het egter maniere om mense op te spoor want die ontsnapte Krause se gesteelde geld is by hom en hy is nie van plan om dit terug te gee nie. Krause moet uitgewis word.

Toe Elsa se mooi jong niggie bel om te se dat sy kom kuier, neem die hele storie ‘n wending en vir die drie boewe word sake warm. Veral toe ‘n jongman besluit om vir die mooi Rina te kom kuier.

In Sewe dae in Oktober her skrywer Eugene Naudé al die bestanddele vir n naelbyt spaninngsroman en hy kwyt hom meesterlik aan sy taak. Die verhaal beweeg vinnig en op haas elke bladsy is daar aksie en spanning en die slot sal die léser na sy asem laat snak.

 

 

Lees ook verhale deur Derick Jacobs

Lees ook stories deur Jasper M. Cloete

Lees ook Rein Pretorius se verhale

Lees ook ID Lamprecht se verhale

 

Bo

Bo

Bo


 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738