http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Etienne van Heerden boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Etienne van Heerden se lys van boeke sluit in:

  1. Asbesmiddag - boek deur Etienne van Heerden
  2. Casspirs en die Campari’s - boek deur Etienne van Heerden
  3. Die laaste kreef - boek deur Etienne van Heerden
  4. Die stoetmeester - boek deur Etienne van Heerden
  5. Die swye van Mario Salvati - boek deur Etienne van Heerden
  6. In stede van die liefde - roman / boek deur Etienne van Heerden
  7. Kikoejoe - boek deur Etienne van Heerden
  8. Liegfabriek - boek deur Etienne van Heerden
  9. My kubaan - kortverhale deur Etienne van Heerden
  10. Matoli - boek deur Etienne van Heerden
  11. Om te awol - boek deur Etienne van Heerden
  12. Toorberg - boek deur Etienne van Heerden

 

ETIENNE VAN HEERDEN toorberg

Toorberg
boek deur Etienne van Heerden

In die wilde nagte of bedags as die son bloed uit ’n klip wil trek en ’n mens se gedagtes koorsig maal – dan loop waarheid en verdigsel, geskiedenis en toekoms, lewe en dood deurmekaar op Toorberg, erfgrond van die Moolmans.

Hiermee moet die magistraat rekening hou wanneer hy did dood kom ondersoek van klein Noag, ’n kind van die weemoed, wat nie heeltemal van di aarde was nie. En daagliks kring die saak uit, verdiep dit totdat dit selfs die wese van die regspraak uitdaag. Daar word van die magistraat verwag om oor ’n hele stam te oordeel, oor die lewendes n die dodes. Hy moet elkeen se skuld bepaal en daarom almal se “sondes oopkrap”.

Maar die Moolmans is ’n familie wat “van die oerdae vir hul eie sondes leer sorg het.” Ouers sny kinders uit hul lewens, stoot hulle opsy as Stief-Moolmans-“weggoivelle” in die Stiefveld, of stedelinge wie se name nie meer oor hulle lippe kom nie. Die Moolmans vergewe nie. Nie as hul stambloed verraai word nie.

Toorberg is ’n bewys van die reikwydte van Etienne van Heerden se talent. Hy het reeds bekroonde werk gelewer met ’n jeugroman en ’n versameling kortverhale, My Kubaan. Hy is ook bekend as digter en kabaretskrywer en vir die aktuele roman Om te awol. Nou dra hy by tot die vernuwing van die Afrikaanse romankuns met een van die mees ongewone prosawerke van die laaste jare. Di roman kon slegs hir en n ontstaan het.

’n Boek met ’n onweerstaanbare bekoring.
-     Audrey Blignault, SAUK

Toorberg is ’n indrukwekkende roman.
-     Gunther Pakendorf, Die Burger

Met di werk het ons jonger prosa inderdaad weer ’n beduidende tree vooruit gevorder.
-     Andr P. Brink, Rapport

 
Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

ETIENNE VAN HEERDEN om te awol

Om te awol
boek / roman deur Etienne van Heerden

In hierdie boek is daar oorlog, maar geen held nie – net ’n soldaat wat weggeloop het, ’n man op awol. Hy het nie meer ’n naam nie, net ’n Weermagsnommer en dit sou hy in sy slaap ook kon ops as hy moes.

Ek skree nie (s hy in sy dagboek), ek sing nie, ek marsjeer net, tot in aller-Afrikaner-ewigheid marsjeer ek, sonder geweer, sonder uniform. Ek is alleen in hierdie stad. Niemand is ek, as ek deur die strate stap met my pruik op.

Van die oomblik dat hy uitbreek by die barakke in Pretoria en die pad suidwaarts van tot by sy skuilplek in die kamertjie langs die Tuine in Kaapstad, leer hy homself vergeet. Hy dobber tussen ander niemandsmense deur: Mack die mal oorlewende, Bets die wellustige, Kees die skisofreniese digter, Mentoor die ontwykende dramaturg wat menselewens instudeer… Namate hy vorentoe vlug, haal die tydsame verlede hom in. Daar is iemand wat sy voetstappe volg. Hy sal nie lank meer niemand kan bly nie. Hy ontdek dat niks is soos dit lyk nie. Met sy deurbreek na homself kom daar perspektief op al die voortvlugtendes om hom.

Etienne van Heerden het met sy vorige boek, die kortverhaalbundel My Kubaan, die Eugne Marais-prys verower. Om te awol is sy eerste volwaardige roman.

Bo

Lees ook Bertrand Retief se boek

Lees ook Pieter Pieterse se boek

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

ETIENNE VAN HEERDEN asbesmiddag

Asbesmiddag
boek deur Etienne van Heerden

Hy leun terug en dink:

Hoe totaal onverras is ek om ’n man met internasionale sakebelange hier aan te tref, een van die rykstes in ons land, tewens, in die wreld.

’n Man wat die eienaar is van handelsmerke wat daagliks op die lippe, aan die oorlobbe en om die liggame sit van mense van Tokyo tot New York tot Parys. Natuurlik sal die ou man hierheen kom. ’n Man wat saam met konings kuier, smag na die vertroostende aanraking van die gewone.

’n Romanskrywer en Professor in Skeppende Skryfwerk aan ’n Kaapse universiteit verkeer tussen boeke en is op sy weerloosste en hongerste. In ’n minder goeie deel van Stellenbosch, in die verslete haarsalon van ene Giuseppe Guiliani, ontmoet die skrywer ’n bejaarde en beroemde biljoenr. ’n Asbesmagnaat.

Die haarsalon voorsien bekendes, op soen na privaatheid en rus, van uur lange kopmasserings, begelei deur Italiaanse tenore en pierings olywe. Die skrywer se vader – eens ’n vuurspuwer en later ringmeester in ’n Karoosirkus – deel ’n ongelukkige geskiedenis met die asbesmagnaat. Die skrywer is by wyse van sy vertelling voyeuristies daarop uit om wraak te neem – of so dink hy. Want skrywer en biljoenr se lewens verknoop, so ook werklikheid en fantasie en lei tot ’n skokkende einde.

Dit is ’n verhaal oor bloedeed, sensualiteit en ’n veranderende Suid-Afrika, ’n post-apartheid-blik op die rol wat Afrikanerkapitalisme in di land se geskiedenis gespeel het. Maar Asbesmiddag is terselfdertyd ’n fassinerende handleiding oor kunstenaarskap, ’n wrede verkenning van die etiese problematiek van die skrywer.

En wie, ten slotte, is die werklike hand agter die verhaal…?

Asbesmiddag is ’n kragtoer van ’n roman.

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

ETIENNE VAN HEERDEN casspirs en camparis

Casspirs en Camparis
boek deur Etienne van Heerden

Die geweld en inhaligheid van die dekade Tagtig word gekenmerk deur die Casspirs en die Campari’s in Etienne van Heerden se speelse roman oor hierdie periode.

Daar is Ernie, die hart-en-siel-M.D. van Melvk-Malan Reklame en ’n man wat oral in Kaapstad vliegtuigies van vyftigrandnote lanseer:

Ons is die nuwe digters! Die nuwe miteskeppers! Ons het die hele volk aan ons voete! Hulle dra op ns aanstigting gekultiveerd dronk op landgoedwyn.

En hulle rk dronk. ’n Hele geslag, rigtingloos dronk. Soos Erwin, skrywer en aarts-yuppie met die sluimerende en later rampspoedige gewete, maar te goed besef:

Die inersie wat die yuppie-generasie van die tagtigerjare beetgeneem het…. die gevoel dat die geskiedenis die inisiatief klaar uit ons hande geneem het. Diep binne ons almal was daar ’n le kern en ’n onvermo om in iets te glo.

Sarel, die postmodernistiese discourse junkie, l sy vinger op die wond:

Selfs wit verset is ’n geskop teen die naelstring, Erwin. Jy sal nog steeds met jou BMW ry en gedagtes dink wat in jou gekweek is deur jare se bevoorregte lewe in die paradys van witwees in Suid-Afrika.

Lae hou! Maar dalk kry Erwin dit tg reg om saam met sy dapper kabaretvrou, Hari, uit te tonnel uit di vasgevalle toestand, om rigting te kry soos Seun van die Visrivier – al eis verset ’n ho tol:

Ons sal eendag met pride s: “By daardie rally was ons voor. By daardie begrafnis, die liedere op ons lippe, die plakkate hoog bo ons skouers.” Maar dae kom en jy ruik jy stink na tear-gas en sweet en petrol en jy weet; jy’s nie meer mens nie, jy’s Struggle, jy’s Struggle, jy’s Struggle.

S sien die karakters in die boek hul aparte wrelde, terwyl hulle saam deel vorm van ’n verhaal wat Van Heerden hier vernuftig vertel: Di van Erwin wat aan die hoof staan van ’n reklameveldtog om ’n staatspresident se beeld te verbeter terwyl hy self uit verset teen die heersende order diensplig wil weier. En van Seun wat treinspring Kaap toe om die Struggle te join, tn sy arbeiderouers se wil.

Daar is fatale en fantastiese vrou: die eetbaar sexy argitek – ’n designer godin wat net weet waar om met haar pienk tongetjie te lek; ’n kabaretarties wat self heelwat van die liefde weet; ’n hopelose junkie met bok-ogies.

En mans: ’n vet tycoon, ’n woedende regisseur, ’n AWB-aap en nog baie ander…

Die intrige is spannend, soms uitasem, met gemene spel, moord en poging tot moord, seks, wegkruip vir die Boere, aksie, baie liefde en ’n bietjie haat ook, reklame en geld, retoriek en armoede.

Casspirs en Campari’s tas soos ’n tergende soeklig met die jare/in die loop van die jare tagtig. Soos ’n kollig, eintlik, want dis soos aan die begin inderdaad ges word: ’n historiese entertainment.

Bo

Bo

ETIENNE VAN HEERDEN die stoetmeester

Die stoetmeester
boek / roman deur Etienne van Heerden

“Ek so nooit s ’n spesie bedink nie,” s Seamus Butler van sy kantelbokke, die genetiese frats wat sy vader toevallig geteel het op die Setlaar-familieplaas. Die bokke het ’n aangebore defek wat goud werd is: hulle slaan flou neer as hulle skrik. ’n Enkele kantelbok wei saam met ’n trop kleinvee en as ’n ongedierte toeslaan, word die bok prooi en die kudde ontkom.

Hlle, die weemoedige bokke met die spottende geel o, gee die Butlers rykdom en invloed in die Oos-Kaap – en dis belangrik in die tyd van die groot politieke ommekeer. Want die oopbars van ’n oliebron reg in die middel van die hawestad Port Cecil dryf die swart civic-organisasie se aandrang op ’n verenigde stadsraad op die spits.

Aan die voorpunt van die swart aspirasies staan MaNdlovu Thandani, onvernietigbaar en groter as lewensgroot. Teenoor haar: Seamus Butler met sy donker, depressiewe buie wat in hom sleur soos die rivier wat in sewe deltabene deur die stad in die see uitmond.

En rondom hulle, in twee wrelde wat deur die geskiedenis op mekaar afgestuur word, is elkeen se familiekring wat dreig om mee te gee onder die druk van die tyd. Die hir waar die verhaal van Die stoetmeester meesleurend deurloop, dr die lewens van mense, elkeen betrokke by, elkeen uitgelewe aan die boeiende oerwreld van die Oos-Kaap in ’n tyd waarin skoonheid en wreedheid, gewelddadigheid en hoop verstrengel raak.

Die stoetmeester is, n die satiriese roman Casspirs en Campari’s, veel meer verwant aan die sfeer van Toorberg, Etienne van Heerden se hoogs suksesvolle tweede roman. ’n Storie soos min, wat opstaan uit die weege maar grootste landskap van die Kei.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

ETIENNE VAN HEERDEN die laaste kreef

Die laaste kreef
boek met gedigte en verse deur Etienne van Heerden

motief

TUISTES

suburban hum
elemente van ’n someraand, Zoeloeland
kolonialis
kreupelsentrum, Noord-Natal
St Lucia
kliniek
Cape Vidal, mensplek
aandwandeling met hond, Empangeni-gholfbaan
die sagsinnige stad
Natalse landskap
verliese
ander land
ritmes
rym ek?
lyfpoging
argeoloog
na die geliefde land
inburgering
slotsom

MINNE

sepiatjie
oor die minneliriek
twee hoeke van die matrooskroeg
talige orgie
kroeggesprek
afperser
vader ons
ouers
kind voor my
dit
in die park
getalsgewys
beminde
proses
imperialis
reeds naak
minnaars van Pompeii
minnaars
naak en nie-naak
binnelyf

GODE

afspraak in Eden
en dit was aand
god edms bpk
kripties
tuig
Pinkster
 
LOKUSIES

ikoon
fortuine
heilige land
Quasimodo
tong
digter
vanaand gaan die volkies
glasblaser
digters
 

REPUBLIEKE

sonsondergan op boulevard
rame
psigoses
professies
sprokie
laaste
loopgraaf
Jan Tuisbly se spannetjie
bars
die stryd duur voort
opmars
Sondagmiddag
hoogwaardigheidsbekler
vrees
kyk na die mier
the day after
tekens van die tye
 

STAMME

I Agt geslagte terug
II My neef Roch
III Ons stap tussen ramme
IV Ons gaan in by die ou opstal
V Ek loop in die kamers
VI Daarna, na die klipperige murasies
VII Grootouma Magtilt baar kinders sewentien
VIII Elkeen uit di stamboek
IX Ouma Olivier se broer, Cousin Japie
X En ek?
XI Ek groet my neef Roch

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

ETIENNE VAN HEERDEN in stede van die liefde

In stede van die liefde
roman / boek deur Etienne van Heerden

In hierdie land is ons gedoem om soos toeriste te lewe. Ons toer deur mekaar se ruimtes met behoedsame kamera-o as verweer.
N die hartomleidings moet Christian Lemmer deurentyd sy oog op die “varksnoet” hou; op die ongehoorsame hart, die benoude vuis in sy linkerbors.
 Op Stellenbosch is sy naweekgesin: Christine met die vreemde verlange in haar, Siebert wat sorg vir opskuddings. In die Goudstad is sy besigheid, africart.com, wat horn neem na stede van die liefde: New York, Berlyn... Maar daar is ook die geheime woonstel in Seepunt en die gruwel van Harare, waar hy op die spoor van mr as artefakte loop.
 In die middelpunt is Lewis Stores se jaarlikse Suiderkruisderby op Matjiesfontein met sy amper magiese wedvlugduifkultuur en eksentrieke karakters: Miss Edelweiss,
 musiekonderwyseres, wat die vlaktes met haar metaalverklikker bewandel. En Snaartjie, dogter van Piet Windvogel, draadspanner en lekeprediker, sy wat selfs die duiwe met haar vioolspel betower.
 Tussen die verskyning van die “rotmotor” op die N2 na Stellenbosch en Die Pister op Matjiesfontein, verdwyn Snaartjie en ontvou ‘n intrige wat hede en verlede bind tot ‘n fassinerende eenheid.

Lees ook boeke deur Deon Meyer

ETIENNE VAN HEERDEN kikoejoe

Kikoejoe
Roman deur Etienne Van Heerden

Fabian Latsky, wreldreisiger, dink terug aan sy kindertyd op die vakansieplaas Soebatsfontein in die Karoo. Veral die somer van 1960, waarin baie somers saamvloei en dinge gebeur wat sy lewensuitkyk onherroeplik verander.

 Sy ma, wat terughunker na haar toneeldae, lf vir die nuwe Seisoen, wanneer die rondawels op die kikoejoegrasperk uit hul nate sal bars van besoekers. Dit sal ontvlugting bied; weg van die hallusinasies van haar man wat deur dokter Clark — in pas met die opkomende Beat Generation in New York — met LSD behandel word. Weg van ‘n saai bestaan wat slegs opgehelder word deur haar geheime ontmoetings met majoor Heathcote MacKenzie, ‘n oorlogsveteraan wat reeds twee jaar lank ‘n gas op die plaas is.

Onder die vakansiegaste wat opdaag, is Fabian se tant Geert, butch en bereis, wat hom, haar “pupiltjie”, leer dat die wreld veel groter is as die Karoo. Vir die somer het Geert ‘n nuwe lover, juffrou Marge van die dorpsbiblioteek, en ‘n Harley Davidson met ‘n syspan om Karoostof mee op te jaag.

 ‘n Opskudding word veroorsaak deur die aankoms van Charles Jacoby, die Afrikaanse cowboy-sanger met die wit stetson en manjifieke wit hings, Valour. Daar word gereel dat die Entertainer in rondawel Zane Grey sal oorbly voor sy konsert op Cradock en Fabian se ma gryp die kans aan om grt te organiseer.

 Terwyl Fabian verwikkelinge met ‘n arendsoog dophou en dikwels stilletjies luister en loer, sien hy onnoembare dinge onder die oppervlak roer. Daar is meer wat smeul as die lyk wat weke lank in die gloeiende hooimied l en verteer.
 Hy bly ook bewus van die Ding – die wekers noem hom Kikoejoe – wat in die donker rondsluip en sy kans afwag.
 Maar is dit die Dier wat die pragtige Sjonameisie Tsitsi een nag met geweld gryp? Of is dit Reuben, die swart kelner war soos ‘n skim tussen die gaste deur beweeg en haar heimlik begeer; die Broederbond-oom war haar as hulp saamgebring het; die Pastoor wat siele in die Moordenaarskaroo kom werf het of selfs die kraaimaer Veteraan met sy medaljes en die silwer koel wat hy gereed hou vir die Ding?

Kikoejoe is ‘’n fassinerende oproep van ‘’n Karoojeug waardeur “winde van verandering” waai. Dit boei op verskeie vlakke en bevestig opnuut dat Etienne van Heerden ‘n skrywe van internasionale formaat is.

 

ETIENNE VAN HEERDEN matoli

Matoli
verhaal deur Etienne van Heerden

“Hoekom het jy nie vir jou pa ges van my geweer nie, Witman?”
 Kobus antwoord nie; hy kan geen antwoord in sy gedagtes kry nie.
 “Witman?”
 “Jou naam is Matoli, myne is Umzingeli,” se Kobus wanhopig. “Moenie my Witman noem nie.”
 “Umzingeli? Wie het daardie naam, Umzingeli, aan jou gegee?”
Kobus swyg. “Matoli het jou eerste so geroep — die dag in die berg. Onthou jy, Witman?”
 “Ja,” antwoord hy sag. 
“Dan kan ek hom mos wegvat ook.” Matoli se o blink.
 “Wat het ek van jou weggevat, Matoli,” vra Kobus moeg, “dat jy iets van my wil wegvat?”
 “Wat? Jy vra wat, Witman! Jy wil vir Matoli vat: Jou pa het m pa gevat. En jou oupa m oupa… en j, Witman…?”
 Kobus is bewus van ‘n paar dinge tegelyk - die kraaie bokant hulle; die lugspieling wat die berg skei van die vlaktes; die skril sonbesies. Die spieling sluit hulle af in ‘n aparte wreld. Die vlakte krimp tot hierdie oomblik waarin net hy en Matoli bestaan. “En wie moet my vat, Witman? Wie moet vir Matoli vat?” Kobus krimp terug. “J, Witman, jy moet vir Matoli vat…”
 In hierdie debuutverhaal oor ‘n Witplaasseun en sy Swartmaats wat saam met hom grootgeword het, slaag die skrywer daarin om op subtiele en suggestieryke wyse ‘n benouende beeld van ons aktuele situasie te teken.

 

Lees ook W.A. Hickey se boeke

Lees ook F.A. Venter se Die swart pelgrim

Bo

Bo

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

Bo