http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Ena Murray omnibus

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

 Ena Murray Omnibusse:

 

 

Omnibus 1 (April 2004) Ena Murray

Ena Murray -Omnibus 2 Jasmyn groot

Omnibus 2 (Junie 2004) - Ena Murray

  • Vrou uit die nag
  • Skynglans van die maan
  • Ontsluit die grendels
  • Wraak smaak nie altyd soet nie. Liefde laat selfs die bitterste wrok in ‘n vrou se hart boemerang.

    Vrou uit die nag - Saailaagte, ‘n stille stofdorpie op die vlaktes van die Vrystaat... todat die aankoms van ‘n vrou uit die nag na die dorp, die dorp se skindertonge laat gons. Naomi Louw glo in niks, voel niks... wil net vlug en vergeet. Maar geen mens in ‘n eiland nie. En die warrelwind in haar siel kry die spore van die predikant en sy parmantige dogter, Betsie, nie uitgewis nie.

    Ena Murray vertel waar dit begin het.... In die tyd dat die verhaal geskryf is, was die dwelmprobleem nog in sy “beginstadium”. Dit was iets wat in die stede gebeur het. Op die platteland? Nooit!

     

    As ‘n kind was die woord “dwelm” glad nie deel van ons woordeskat nie. Jy het maar eers heelwat later hierdie woord en die betekenis daarvan bygeleer. Tog het ek in hierdie stadium besef dat hierdie euwel van dwelms gaan nie net tot die stede beperk bly nie, maar sy tentakels ook na die platteland en so dwarsdeur die land versprei.

    Die verhaal is ook destyds verfilm deur KARFO, die filmmaatskappy van die NG Kerk. Ds Willie Alheit het aan die hoof gestaan. Wilna Snyman (Madel van die TV-sepie 7de laan) en Louis van Niekerk het die hoofrolle vertolk en die film is op Vrede in die Vrystaat geskiet.

Omnibus 3 (September 2004) - Ena Murray

Bo

Tuis 2

koop 'n boek 4

enamurray- omnibus 4  blomme afrikaanse liefdesverhale

 
Omnibus 4 (November 2004) -
Ena Murray

Volgens Ena Murray het die stories so begin...

Die kluisenaar van Abendruhe
Loxton was vier en veertig jaar lank my geboorte- en tuisdorp. Dis in die Groot-Karoo en lÍ mm of meer op dieselfde breedtegraad as Sutherland. ‘n Winter het selde verbygegaan sonder dat Loxton ook swaar sneeuneerslae gekry het. Op so ‘n wintersnamiddag het ek agter my lessenaar gesit en duidelik die tekens van komende kapok aan die hemel gesien. En meteens het ek ‘n groot wit gebou tussen die miswolke sien verskyn. ‘n Hotel? Nee, ‘n hospitaal. En die dreigende, wit, malende kapokswanger wolke was skielik berge, hoe berge met sneeu bedek. Abendruhe (Avondrus) was nog altyd vir my so ‘n rustige naam, veral die Duitse uitspraak daarvan. En ek het geweet die plek wat ek in die wolke sien, moet ‘n plek wees van rus en heling. En daar moet ‘n man wees wat sy lewe daaraan wy om dit, hierdie rus en heling, aan ander te skenk. Maar dis baie afgesonder daar. Hy is amper ‘n soort hermiet. . . en soos alle hermiete duld hy geen speletjies van die wat sy koninkryk betree nie!

Tweestryd op Blye Vooruitsig
Eens op ‘n tyd is daar ook in Loxton se distrik vir diamante gedelf. Baie gissings het ontstaan. Een was dat daar niks gekry is nie. ‘n Ander dat daar wel gekry is, maar dit het nie eintlik iets beteken nie. ‘n Derde storie was dat ‘n ryk diamantpyp gekry is, maar De Beers het dit dadelik kom verseŽl, want anders sou dit hul mark bedreig. Dit sou ontgin word wanneer ander bronne uitgeput geraak het. Tot vandag toe is daar nie ‘n enkele diamant uit Loxton se aarde uitgehaal nie. Maar dit het die mense tog ‘n tydjie besig gehou. . . en vir my ‘n storie gegee om te skryf!

As die wiel draai
Dit gebeur, sekerlik nie net een keer nie maar meermale, dat ‘n man eers baas is en dan Klaas raak. Ek het al gesien hoe ‘n man wat Klaas op ‘n plaas was, later baas daarvan word. Wat ek ongelukkig ook gesien het, is die snobisme van baie sogenaamde ryk mense wat so neerhalend neersien op hulle wat nie so goed met aardse besittings bedeel is nie. Wat ek beslis dikwels gesien het — ook vandag nog — is hoe die wiel draai.

Bring dan jou offer
Ek moet hier begin met “Eendag, lank, lank gelede!” In die tyd dat hierdie verhaal die eerste keer die lig gesien het, was om “in ‘n kafee te werk” seker een van die swakste soorte werk wat ‘n meisie kon doen. In daardie tyd het jy dikwels meisies met baie min skoolopleiding, en soms ook met min karakter, in daardie beroep aangetref. Hoe het die tye nie verander nie, of . . . hoe het die wiel nie gedraai nie! Vandag werk gegradueerdes in restaurante as kelners en kelnerinne omdat daar nie vir hulle werk is in die beroepe waarvoor hulle opgelei is nie!

Nietemin, eendag, lank, lank gelede, het ek in ‘n restaurant van ‘n groot sakeonderneming in ‘n stad gesit. Die kelnerin wat ons kom bedien het, het so uitgestaan bo die ander, jy kon dit nie miskyk nie. Afgesien daarvan dat sy regtig ‘n mooi meisietjie was — fyn gesigie, fyn lyfie — het ek nŠ ‘n kort, onnodige gesprekkie met haar gou besef hoe intelligent en fyn opgevoed sy is. Sy het nie ‘n hoerskoolopleiding gehad nie. Alles aan haar en wat ek in haar kon sien, het getuig van gehalte — as sy maar net die kans gegun word.

En toe het ek begin dink . . . As hier nou eendag ‘n man instap en haar raaksien. Nee, dit was nie goed genoeg nie. Laat die grootbaas van hierdie kolossale onderneming haar raaksien . . . en dan . . . In my verbeelding het die grootbaas met die meisietjie getrou. Ek hoop in die werklike lewe het hy ook!

 

enamurray- omnibus 5  blomme

Omnibus 5 (April 2005) - Ena Murray

Volgens Ena Murray het die stories so begin...

        In hierdie drie eilandverhale het die aardbolletjie op die hoek van my lessenaar destyds ‘n sleutelrol gespeel. Ek was op soek na agtergronde waarteen ‘n paar nuwe idees hulle kon afspeel. Dit het gou ‘n soort speletjie geword. Ek maak my oŽ toe, draai die aardbol in die rondte en druk dan daarop met my vinger. Druk ek in die middel van die see, soek ek die naaste land of eiland daaraan!

        Sodoende speel baie van my verhale hulle op eksotiese eilande of soms onwaarskynlike plekke op die aardbol af. Ek lees dan soveel moontlik na oor daardie deel en dikwels beinvloed juis die agtergrond die gang van die verhaal. Dis verbasend hoeveel navorsing in sulke sogenaamde “ligte ontspanningsverhale” gaan. ‘n Skrywer se feite můťt absoluut korrek wees. Dit was nog altyd my trots dat niemand ooit die feite in my verhale sal bevraagteken nie.

        Een van my lesers was miskien op die Seychelle, Tahiti of Hawaii. lemand wat daardie eilande ken, sal gou agterkom as ek beskrywings gee of plekname noem wat nie bestaan nie. So sal hulle dan respek vir my as skrywer verloor. Soms duur die navorsing oor ‘n tema baie langer as die skryf daarvan. Vir my was dit altyd asof ek al klaar oor die hond se stert is wanneer ek al die nodige inligting en feite oor my tema versamel het.

        En, nee, ek was nooit op een van hierdie drie idilliese eilande nie.

        So skryf Ena Murray in die agterblad van die nuutste uitgawe van haar omnibus 5 (2005 uitgawe)

 

 

        Soms gaan die liefde hand aan hand met verraad…

        Vreemdeling in Eden - Sy moet trou, binne ‘n week ‘n man kry – dis al uitweg om klein Essie te behou. Want Karlien Steenkamp, amper negentien, huiwer self maar net op die rand van vrou-wees. Na haar suster en swear se ongeluk, is Essie al bloedverwant wat sy nog oorhet.

        Julius Schreider, skatryk Seychellese sakeman, kon haar pa gewees het, maar ook hy soek dringend ‘n vrou – vir net ses maande. Sy rede is so duister soos sy agtergrond. Min wetend van die prys wat sy op die idilliese Seychelle sal moet betaal, gryp Karlien na hierdie enigste strooihalm…

        Maar in die trope lÍ alles nader aan die oppervlak. Die skilletjie vernis dop maar vinnig af in die gloed van die ewenaarson. Die mens se primitiewe emosies en dierlike drange beur hier gouer na bo as in die res van die wÍreld. Karlien kom gou agter dat hierdie tropiese paradys nie ‘n egte Eden is nie. Want die bewoners maak dit vals, vol dierlike harstog – ‘n plek om te vrees.

        Tahiti, verre land - Is dit blote toeval of die vangnet van die liefde wat Weda Henkel as privaat verpleegster vir die bedorwe Eugenie Levaux op die luukse Franse boot onderweg na Tahiti laat beland? Die Franse meisie het haar visier op comte Louis de Bougainville, maar haar hart hunker na dokter Franz Laucas.

        Tahiti: le pays de l’amour – eiland van en vir die liefde, met rooi as dominante kleur…die bloedrooi van die hibiskusblom, van polsende bloed en passie. Maar ook eiland van kontraste sonder ‘n goue middeweg tussen liefde en haat, beskawing en rou primitiewe instinkte.

        “Ek gaan van jou ‘n vrou maak, Weda, voordat jy van Tahiti padgee. Dis ‘n belofte – en Louis de Bougainville hou altyd ‘n belofte. En ons kan sommer nou begin” Oor en oor skroei die diep stem Weda se verwarde hart.

        Dan weer waarsku Janine dat mam’selle Eugenie nie die vuur in m’sieur sal brandsteek nie. Daar is ‘n varua ino, ‘n slegte gees, in die huis. En atua, hul god, is kwaad…

        Hartklop na Hawaii - Vandat die vliegtuig op die lughawe van Honolulu land, voel Kara Malherbe asof sy ‘n rol in ‘n onbekende drama speel – die draaiboek ken sy nie, nog minder haar mede–akteurs of haar eie rol.

        Waar pas die Hawaiise magnaat Rupert Sinclair – Kamehameha oftewel “koning” vir die PolinesiŽrs – en die FBI-speurder Peter Conway in hierdie drama? Vrilette Karl, Amerikaanse miljoenÍrsdogter, het spoorloos van Rupert se landgoed af verdwyn. En nou bevind Kara en haar medewenners van die skoonheidswedstryd hulle teen wil en dank op dieselfde plek van onheil.
        Waters van Siloa (1980) Ena MurrayWanneer Molly en Daphne ontvoer word, beland Kara in ‘n doolhof van vertwyfeling en wanhoop waarin sy net dieper verdwaal raak. Enersyds roep haar hart na Kamehameha; andersyds vorm alle leidrade ‘n reguit pyl na Rupert Sinclair.

         

        Bo

        Tuis 2

        koop 'n boek 4

        enamurray- omnibus 6  blomme afrikaanse liefdesverhale

Omnibus 6 (Mei 2005) - Ena Murray

  • Tonge Van Vuur - Ena Murray
  • Die Geheim van Hercule Cordier - Ena Murray
  • Waar die Wilde Besembos Bloei - Ena Murray

Ena Murray vertel self....

Tonge van vuur
flit het ek a! meermale gesien.
. . Die mense in die pastorie kan ook struikel, selfs val blootgestel aan dieselfde drifte en drange en sondige neigings waarmee ons daarbuite elke dag worstel. Maar ons is so hard in ons veroordeling. Want, ja, hulle is mos nie veronderstel om ook mense soos ons te wees nie. Of so voel ons . . . Daar loop geen sondelose heilige op hierdie aardbol rond nie, het nog nooit en sal nooit nie, Dit verseker ek jou: ek het dit gesien.
Die geheim van Hercule Cordier
Ek was nog baie jonk, Írens in die laerskool, toe Parkers Touring Talkies my tuisdorp so een, twee keer ‘n jaar besoek het. Die firma, sal ek dit maar noem, het net soos die sirkusse daardie arc deur die platteland van die een dorp na die ander getoer met ‘n film sodat ons, so ver agter by die stede, darem ook ‘n rolprent kon sien. En nooit, ooit sal ek vergeet van daardie keer toe hy The Spanish Main kom wys het nie. Ek onthou selfs wie die hoofrolle gespeel het: Paul Henreid en Maureen 0 ‘Hara die mooiste man en die mooistc vrou wat ek nog ooit gesien het. Boonop was hy ‘n volbloedseerower . . . en hy het daardie pragtige rooikop so in sy arms opgetel.. . en.. . enne...
Wel, net dŠŠr het ek besluit: eendag
. . * in die verre toekoms. . . gaan ek ook ‘n seerowerverhaal skryf!

 

 

Omnibus  - Lied van die Campinos

Omnibus 7 (1986 & September 2005) - Ena Murray

  • Paspoort na gevaar - Ena Murray
  • 'n Bruidegom vir Lille - Ena Murray
  • Martelmars van die noodlot - Ena Murray

ENA MURRAY omnibus 8

Omnibus 8 (November 2005) - Ena Murray

omnibus 9- ena murr hardeband      enamurray- omnibus 9  blomme afrikaanse liefdesverhale 

Omnibus 9 (April 2006) - Die 3 boeke vorm Die Hammanshof-sage - Ena Murray

  • Luidende simbale - Ena Murray
  • Dieplood - Ena Murray
  • Groter liefde as dit - Ena Murray

      • Die drie boeke in hierdie omnibus vorm saam die Hammanshof-sage. Dit skerp die wete in dat die mens nie net vir homself kan lewe nie; dat hy sonder liefde erbarmlik arm is, al besit hy die wÍreld.


        Op Hammanshof word die skinderstories met smaak oorvertel. San Wolfaard en tant Stienie wedywer om die sappige brokkies eerste die strate in te stuur.

        Veral Wouter Woudberg loop deur. Stel jou voor: ‘n man met sewe plase wat skoene vir R80 op die dorp koop en dit dan vir R120 aan sy plaaswerkers verkwansel!

        Hoe hy aan sy aardse besitting gekom het, is ‘n ander storie. Prokureur Dirk Opperman weet mos net hoe om ‘n transaksie vir sy beste vriend te beklink…Maar boontjie kry sy loontjie. Wouter het verniet derduisende rande aan die huis op Nooitgedacht vir sy bruid bestee: die mooie Stella verkies ‘n brandarm man bo die Woudberg-skatte.

        So bespiegel en praat die Hammanshoffers. En San Wolfaard glo dat niks haar oŽ en ore ontglip nie. As sy maar kon weet van die donker geheime, die sielestryd van die mense oor wie sy so maklik oordeel..Van Stella se liefdelose lewe en dokter Vermaak se onetiese optrede; van die hartseer wat Melanie Woudberg in haar herehuis verteer; van Wouter se belofte om wraak te neem – al is dit oor twintig jaar.

        Almal leef in stryd met hul gewetes. Luidende simbale…mense wat die liefde nie ken nie. Maar soos die jare verbygaan, bly die oordeel nie uit nie, maal die meule stadig maar seker.. Ja, uiteindelik haal die lewe almal in.

        enamurray- omnibus10 blomme jasmyn reeks liefdesverhale

Omnibus 10 (Junie 2006) - Ena Murray

Volgens Ena Murray het die stories so begin...

Ek het ‘n artikel gelees oor opgrawings wat gedoen word in Mexiko en hoe van die ou Asteekse geskiedenis so blootgelÍ word. Verdere navorsing het aan my ‘n baie interessante en eksotiese agtergrond vir Die reŽngod Tialoc verskaf.

Koning van die Kanaku het, soos in ‘n vorige geval reeds gemeld, ontplof deur ‘n enkele woord. Die radio was aan, maar ek het net met ‘n halwť oor geluister. En toe skielik was die woord daar: Kanaku (uitspraak Ki-nŠ-koe). Ek kon nie rus nie. Ek moes meer van hierdie woord weet. Dit het my gebring by Guiana in Suid-Amerika. Daar is werklik so ‘n streek wat hierdie pragtige naam dra. En natuurlik moes ek dit gebruik!

Vlug van die albatros het nie so spontaan ontstaan soos die vorige twee nie. My eilandvoorraad van die aardbol het begin opraak. Dit was my gewoonte om, wanneer ek ‘n eiland as agtergrond gebruik, ook reisbrosjures daaroor aan te vra. Ek doen toe navraag om te hoor of daar nie Írens op die aardbol ‘n eiland is wat nie so bekend is aan toeriste nie. Toe ontvang ek brosjures oor die Maledive-eilande, daardie tyd pas maar in hul kinderskoene vir toerisme - vandag baie bekend.

Maar ek het ‘n probleem gehad. Die Maledives is so plat soos ‘n pannekoek - en ek moet ‘n eiland hÍ wat berge of ‘n krater het, want daar moet ‘n meer gebou word. Ek het reeds my tema gehad, en sonder ‘n meerbouery weet ek nie hoe ek my karakters daar moet kry en wat hulle daar moet gaan maak nie.

Daarom moet ek bieg: Ek sit toe ‘n karakter op die eiland. As julle die verhaal lees, sal julle met my saamstem: daar moťt ‘n karakter wees!

Dis nie regtig bedrog nie. Ons noem dit skrywersvryheid!

 

enamurray- omnibus11 blomme jasmyn reeks liefdesverhale

Omnibus 11 (Oktober 2006) - Ena Murray

Volgens Ena Murray het die stories so begin...

Ek het begin moeg raak van my heldinne wat altyd net pragtig is, maar gereeld totaal oorskadu word deur my helde wat altyd so dominerend en befoeterd is. Maggies, ons vroumense het mos ook durf en murg in ons pype! Skryf ‘n slag ‘n verhaal waar die heldin die oorhand het en die held lelik op sy neus laat kyk, het ek besluit. Ek gaan my toe te buite en doen iets veel erger: Ek laat toe dat s hům uittrek en net in sy onderbroek wegstuur. Miskien was dit ‘n bietjie erg, maar . . . Ai, ek moes in die tyd van Die Spookvrou van Santa Catalina gelewe het!

Ek onthou as kind, as jongmens, hoe ek Robin Hood bewonder het, die gemaskerde man wat die rykes so besteel het om vir die armes te gee. Dit het aanleiding gegee tot Roep van die Naguil. Julle gaan verniet vir plagiaat soek. Al wat ek van Robin Hood “geleen” het, was die masker!

Jy kry mos daardie soort man - of tipe man - wat hier flirt en daar vry, maar na geen kant kry jy hom naby ‘n trouring nie. Op ‘n dag besluit ek ek gaan een van hulle vastrek. Of hy wil of nie, ek gaan hom mŠŠk trou. Gelukkig het ek sy pa se volle samewerking gekry.

Hy můťt toe trou, maar dit was nie genoeg vir my nie. Hy moet swŠŠrkry. Hierdie pierewaaier moet ‘n slag met die harde werklikheid van die gewone man se lewe te doen kry. En om sout in die wonde te vryf, laat ek hom toe teen sy sin malverlief raak en in die proses word dit ‘n bloedige en bloederige vete. (Ja toemaar. My man het my al gesÍ ek het sadistiese neigings!) Maar liefde oorwin altyd. Teen die end is die graaf Debussy egter tog maar baas van die plaas.

 

 

Bo

Tuis 2

koop 'n boek 4

Ena Murray Gunstelinge (November 2006) - Ena Murray

  • Verwonde Jare Ena Murray
  • SÍ Groete Vir Pappa Ena Murray
  • Op Pad Na Kanašn Ena Murray
  • Die Wit Koningin Ena Murray

Omnibus 12 (1979 & Desember 2006) - Ena Murray

  • Lied van die Campino's - deur Ena Murray
  • Altaarvure op Kandavu - deur Ena Murray
  • Koninkryk van Ricardo - deur Ena Murray

ENA MURRAY omnibus 13

Omnibus 13 (April 2007) - Ena Murray

  • Die Droster van Doringbaai - deur Ena Murray
  • Die despoot van Duiwelskloof - deur Ena Murray
  • Waters van Siloa - deur Ena Murray
  • Vyf vir vreugde - deur Ena Murray

 

enamurray- omnibus14 eerste  Ena Murray -Omnibus 14 Jasmyn groot

Omnibus 14 (Junie 2007) - Ena Murray

  • Die glimmende simitar - deur Ena Murray
  • Maanlig oor die Amasone - deur Ena Murray
  • ’n Eiland in die son - deur Ena Murray

      • Elkeen van die drie heldinne in
        Ena Murray -Omnibus 14 bevind haar in die eksotiese vreemde en moet stry teen iets in haarself waarvan sy vroeŽr nie bewus was nie.

        Die glimmende simitar is die heel eerste pennevrug van Ena Murray – geskryf toe sy maar veertien was, en tien jaar later gepubliseer!

        In hierdie verhaal maak Rianne ‘n sterfbedbelofte aan haar moeder dat sy haar verlore broer sal gaan soek – agter die golwende wit sandduine van ArabiŽ. Onder die brandende woestynson kry sy egter mŤŤr as waarvoor sy gesoek het: sy vind die liefde van haar lewe. Maar hoe kan sy ‘n Arabier bemin? ‘n Geheimsinnige sjiek wat aan brutale stamgevegte deelneem en bereid is om tot die dood toe te veg?

        Die magtige sjiek Ahmed el Hadab beloof Rianne sy sal die enigste vrou in sy harem wees – maar durf sy hom vertrou? Moet sy nie liewer aan haar gesonde verstand luister en wegkom uit sy tent, uit sy heerlike, hartstogtelike omhelsings nie?

        In Maanlig oor die Amasone kruis ‘n gemaskerde oerwoudman Annalie se pad wanneer sy na haar pa en verloofde in die Amasone gaan soek.

        Sy sal hom nooit sonder sy masker sien nie, sÍ Rex vir haar. En daar is geen valsheid in die oerwoud nie: hier leer ‘n mens jouself werklik ken. Maar die Annalie wat sy in Rex se vurige omhelsings leer ken, is vir haar totaal onaanvaarbaar.

        Intussen moet sy die soektog voortsit. Sy bereik die oerland wat haar pa destyds gaan soek het – maar ‘n verlore paradys is dit nie… Sy besef sy moet wegkom uit die oerwoud, weg van Rex wat al hoe vreemder en ongenaakbaarder optree.

        Dis net dat die beskawing baie weke ver lÍ. En sonder Rex is sy vrou-alleen teen mensvretende plantgedrogte, barbaarse oerwoudwette en die gevreesde vroue van die Amasone…

        n Eiland in die son – so lyk dit vir die toeriste wat Fernando Poo aandoen. Maar toe die negentienjarige Willemien in ‘n ligte vliegtuig hier in die tropiese oerwoud neerstort – saam met ‘n geheimsinnige vreemdelin en ‘nnjaloerse miljoenÍrsvrou, nadat hulle as gyselaars uit hul gekaapte Boeing op pad terug na Suid-Afrika ontvoer is – is dit allesbehalwe ‘n toeristeparadys.

        Die stryd om oorlewing in die vyandige, bedompige trope begin. En ook Willemien se stryd teen haar verradelike hart. Hoe kan sy haarself so total vergeet in die arms van ‘n gehiemsinnige vreemdeling, ‘n man wie se van sy nie eens ken nie? Dit terwyl sy op trou staan met Ian, wat ook in die ongeluk was, maar nou nÍrens te vinde is nie.

        Ian is die man van haar hart – nie hierdie wrede skurk met die gloeiende oŽ nie. Maar as die sterk arms haar weer nader trek en sy lippe eisend op hare neerkom, antwoord sy met ‘n oorgawe en ekstase wat sy nog nooit by haar verloofde ervaar het nie.
        Omnibus 14 is vol tergende geheime. Dit is ‘n boek wat jou nie los voor jy hom van begin tot einde verslind het nie.



        ENA MURRAY omnibus 15

Omnibus 15 (September 2007) - Ena Murray

  • Sluiers van die nag - deur Ena Murray
  • Wewenaar van Groene Weide - deur Ena Murray
  • Boeie van goud - deur Ena Murray

 

Omnibus 16 (1975 & November 2007) - Ena Murray

  • Onrus op Oshakati - deur Ena Murray
  • Regters oor gister - deur Ena Murray
  • Weerklank van die liefde - deur Ena Murray

Omnibus 17 -ou uitgawe  

Omnibus 17 (April 2008) - Ena Murray

  • Rabbedoe van Rietkuil - deur Ena Murray
  • Waar die nagtegaal sing - deur Ena Murray
  • My afgemete deel - deur Ena Murray

      • Rabbedoe van Rietkuil- Toe Wynand Hechter, baas van die spogplaas Rietkuil, ‘n advertensie plaas vir ‘n plaasvoorman, sou hy nooit kon droom wat hy himself op die hals gaal nie. Want toe die nuwe voorman opdaag – agterop ‘n donkiekar – is dit g’n “voorman” nie maar ‘n “voorvrou” wat voor hom stelling inneem – tot sy verbystering en toe algehele verontwaardiging. Maar Nicolette Bezuidenhout ken van haar man staan, en sy kry vanuit die staanspoor volle ondersteuning van oom Fasie wat ook op die plaas bly. Om dinge nog meer gekompliseerd te maak, is daar ‘n baie belangstellende buurman en les bes ‘n broer wat opdaag. Toe ontpop die bokstert, langbroek rabbedoe-“voorman” tot sy misnoeŽ skielik in ‘n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere. Geen wonder Wynand Hecher is later toetaal die harnas in gejaag nie, maar gelukkig vir hom het oom Fasie altyd ‘n plan. ‘n Plesierige boek wat beslis geniet sal word.

        Waar die nagtegaal sing is ‘n veel soberder verhaal: die van ‘n jong meisie wat haar wil ontferm oor haar oorlede suster se twee kinders – en selfs bereid is om daarvoor na Spanje te gaan. Helmien NaudŤ is egter heeltemal onvoorbereid op haar ontvangs by die Middeleeuse kasteel met sy eksentrieke inwoners. Ramiro y Dominguez se dominerende houding, sy minnares se gekonkel en sy suster se haatdraendheid maak haar lewe uiters onaangenaam. En tog, toe Ramiro skielik besluit dat haar doen en late hom nie meer skeel nie en dat sy kan kom en gaan soos dit haar pas. Skielik begeer sy dat hy soos altyd moet wys hy is baas, ook haar baas. Dat hy haar “pequena” (kleintjie) moet noem…

        In My afgemete deel beland die pragtige maar onkundige Hydre Koch in die strike van ‘n getroude man. Toe sy haar kom kry, is sy betrokke by die ongure hofsaak. Advokaat Arend Ritter “red” haar, maar op ‘n voorwaarde: sy moet bereid wees om vir die duur van die hofsaak as sy verloofde te poseer. Die avokaat vir die verdediging is egter nie verniet ‘n gedugte rooikop nie: Mercie Koornhof kom Hydre se geheim agter en sy stel haar eie voorwaardes toe Hydre nie wil hÍ dat die hele bedrogspul op die lappe moet kom nie. En Hydre besef dat nie net Arend Ritter se goeie naam en reputasie op die spel is nie, maar sy hele toekoms. Sy hele lewe. En dit is vir haar duidelik dat sy sal moet vlug.

        Ena Murray Omnibus 17 bied drie verhale wat jou ver wegvoer: na die onbesoedelde plaaslewe, na die spannende hofsale van ‘n groot stad, selfs na veraf, romantiese Spanje.

        keerkring van die hart - Ena Murray   soekers na die son - Ena Murray 

         

ENA MURRAY omnibus 18

Omnibus 18 (Junie 2008) - Ena Murray

  • Diena van Die Eike - deur Ena Murray
  • Soveel blye dae - deur Ena Murray
  • Helder is die nag - deur Ena Murray

ENA MURRAY omnibus 19

Omnibus 19 (Junie 2008) - Ena Murray

  • Terug na Kolkbaai - deur Ena Murray
  • Anderkant die horison - deur Ena Murray
  • ‘n Tyd om te ween - deur Ena Murray

ENA MURRAY omnibus 20

Omnibus 20 - Ena Murray

ENA MURRAY omnibus 21

Omnibus 21 - Ena Murray

  • Senor die Seerower, - deur Ena Murray
  • Junior In Saal 7, - deur Ena Murray
  • Kaalvoet Katryntjie - deur Ena Murray

Bo

Tuis 2

koop 'n boek 4

ENA MURRAY omnibus 22

Omnibus 22 - Ena Murray

ENA MURRAY omnibus 23

Omnibus 23 - Ena Murray

  • Die ryper jare - deur Ena Murray
  • En die verlange bly - deur Ena Murray
  • Die man met die geel oŽ - deur Ena Murray

ENA MURRAY omnibus 24

Omnibus 24 - Ena Murray

ENA MURRAY omnibus 25

Omnibus 25 - Ena Murray

Appelbloeisels en Jasmyn      die despoot van duiwelsk   

ENA MURRAY omnibus 26

Omnibus 26 (2010) - Ena Murray

ENA MURRAY omnibus 27

Omnibus 27 (2010) - Ena Murray

  • So leeg die moederhart - deur Ena Murray
  • Op pad na Kanaan - deur Ena Murray
  • Bergwind oor Karma - deur Ena Murray
  • Net na middernag - deur Ena Murray

Omnibus 30 (1990) - Ena Murray

  • As die wind daaroor gaan - deur Ena Murray
  • En die wind het gaan lÍ - deur Ena Murray

murray ena-omnibus 27

        As die wind daaroor gaan spaal af in die tyd van verpligte militÍre diens in Suid-Afrika. Kort na haar skoolkys, Terence, se vertrek grens toe, ontdek die agtienjarige Nickey Buys dat sy swanger is. Ramp volg op ramp toe haar weduweemoeder kort daarna sterf, en Nickey boonop die skoknuus verneem dat Terence vermis word na ‘n landmynontploffing. Toe die verskriklike tyding kom dat Ternece gesterf het, verloor Nickey die baba – en willig sy in om met Terence se pa, die nuutverkose politikus Christian Basson, te trou ...
        In En die wind het gaan lÍ volg die leser die onstuimige verloop van Nickey en Christian Basson se huwelikslewe in die dae na hulle verneem dat Terence nie in die landmynontploffing gesterf het nie, maar op pad terug is huis toe ..

Omnibus 32 (November 1999)

  • Kinders van Kis - deur Ena Murray
  • Ter will van ons drome - deur Ena Murray

Omnibus 33 - Ena Murray

  • Die dieper droom, - deur Ena Murray
  • Huise van klei, - deur Ena Murray
  • Soekers na die son - deur Ena Murray

Omnibus 34 - Ena Murray

enamurray- omnibus 34 liefdesverhale

Omnibus 35 (Augustus 2001) - Ena Murray
Omnibus 36 (April 2002) -
Ena Murray


Omnibus 37 (September 2002) - Die 3 boeke vorm Die Meissner-sage

Omnibus 37- ena murray mesner sage

  • Die Meissner-kliniek - deur Ena Murray
  • Dokter Julene - deur Ena Murray
  • Die Ongebore Uur - deur Ena Murray

 

        Met die oopspronklike publikasie van hierdie drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners, het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen.

        In Die Meissner-kliniek ontmoet die leser die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek, dokter Abert Meissner – ook bekend as Godfather – en die gedugte span dokters wat vir hom werk. So lojaal is hulle teenoor hom, en so toegewyd tot hul taak, dat hulle onder die res van die medici in die land bekend staan as die Mafia! Maar op ‘n dag word die vrede en kliniese orde in die kliniek omvergewerp wanneer ‘n nuwe trolliejoggie daar begin werk, ‘n meisiekind wat lyk asof sy nog op skool hoort met haar jeans en tekkies en twee boksterte. Min weet die ander dokters dat sy eintlik ‘n gekwalifiseerde pediater is, en die ware kleindogter van die Albert Meissner!

        Dokter Julene - Julene Meissner verlaat die veilige hawe van die Meissner-kliniek om haar by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit. Nog hy nog sy vrou van veertig jaar het egter van die dogter se bestaan geweet .. Julene besef gou dat sy nie Switserland haar nuwe tuiste wil maak nie, en aanvaar oorhaastig ‘n tydelike pos as persoonlike geneesheer van ‘n verwende Turkse meisie wat haar rug in ‘n ski-ongeluk beseer het. Julene het gehoop om sodoende nie net ‘n inkomste te verdien nie, maar ook vir die eerste keer in haar lewe die wÍreld buite Suid-Afrika te verken. Maar sy is min voorbereid op die eksotiese sjarme en oorrompelende magnetisme van Istanboel – en veral een inwoner van die Turkse stad ..
        Die ongebore uur – Inge Buchner, agterkleindogter van dr Albert Meissner, het een doel voor oŽ: om te sorg dat daar eendag weer ‘n dokter met die van Meissner aan die hoof van die kliniek staan. Dis die dat sy in haar tweede jaar medies besluit om Suid-Afrika te verlaat en haar studie in Duitsland voort te sit – aan die Universiteit van Hamburg, daar waar die oorspronlike Meissners vandaan kom...

        Bo

        Tuis 2

        koop 'n boek 4

Omnibus 38 (April 2003) - Ena Murray

  • Die tonnel - deur Ena Murray
  • Keerkring van die hart - deur Ena Murray
  • Die klippe sal uitroep - deur Ena Murray

Omnibus 39 (April 2003)

Omnibus 6 - ena sagteban       Omnibus 10 - ena Murray sagteba

Omnibus - Ena Murray

  • Bloeisels in die ryp, - deur Ena Murray
  • So leeg die moederhart, - deur Ena Murray
  • Die geleende bruid - deur Ena Murray

Omnibus (1975) - Ena Murray

  • Bruid uit die vreemde; - deur Ena Murray
  • Zuleka Bordeaux; - deur Ena Murray
  • Bruid van Heerengracht - deur Ena Murray

Omnibus(1988) - Ena Murray

  • Keerkring van die Hart, - deur Ena Murray
  • More lÍ Ver, - deur Ena Murray
  • Eensaam op Wegdraai - deur Ena Murray
      •  

        Op die pad na Kanašn - Ena Murray
        Toe Pauli van der Merwe, vrou van die ambisieuse, vooruitstrewende jong regsman Jan van der Mere, die dag moet hoor dat haar man ‘n ander vrou liefgekry het, voel dit vir haar asof haar hele wÍreld ineentuimel. Dit waarvoor sy en Jan so hard gewerk het – hul mooi, imposante huis, hul duur nuwe meubels, die luuksemotor, al die dinge waarna hulle saam gestreef het – was dit dan alles verniet? Verpletterd vlug sy, sonder om Jan te laat weet waarheen sy gaan. Sy het self geen benul waarheen sy haar moet begeef nie.
        Maar die noodlot is goed vir Pauli, want sy kom uit by ‘n plek wat enig in sy soort is: MŰrestond, waar mense wat deur die lewe geknou is die kans kry om ‘n nuwe toekoms te vind, om die foute wat hulle gemaak het, uit te stryk en die lewe van voor af aan te pak. Dis egter nie as pastiŽnt, as Pauli van der Merwe, dat sy haar daar bevind nie. Dis as verpleegster Pauline Grobbelaar, een van de span wat die terneergeslane, rigtinglose mense om haar moet help om weer hul voet te vind. Sal sy haar eie probleme te bowe kan kom en haar aan die welsyn van die mense om haar kan wy? Of sal sy in die aangesig van soveel ongeluk weer op die vlug slaan? En wie is Wilbur Vlok eintlik – die man met die grys aan sy slape en die skaduwee in sy oŽ? Wat het in sy verlede gebeur dat hy nog steed alleen deur die lewe gaan? Met al hierdie vrae worstel Pauli, tot sy op ‘n dag met ‘n skik besef dat daar ‘n ingrypende verandering gekom het in haar lewe.

         

        Die Oujongnooi Van Polkadraai - Ena Murray
        Op die plaas Polkadraai is alles nie pluis nie. Anker Aggenbag verhoed sy dogter Chantel om haar uitsonderlike sangtalent te ontwikkel. Sy vrou Rosa se liefde vir sang was die oorsaak van groot huwelikswrywing – en van haar uitendelike dood met die vroeŽ gebroorte van hul jongste kind, Dries.

        As briljante universiteitsdosent moes ‘n verbitterde Anker Aggenbag terug plaas toe sodat sy pa, oom Dries, kon help met die grootmaak van die kinders, en veral met die verlamde klein Dries. Hy het hom voorgeneem om alles in sy vermoŽ te doen om sy dogter nie dieselfde paadjie as haar moeder te laat loop nie.

        Dan daag Silpa Stander op – ‘n pragtige jong grimeerdeskundige, vermom as ‘n oujongnooi. Sy kom Polkadraai toe op aanbeveling van Anker se tant Fien, en wanneer die geharde wewenaar haar tydelik as huishoudster aanstel, begin die poppe dans. Want Silpa laat nie met haar soos met ‘n vloerlap werk nie. En sy kan dit nie verduur dat die kinders so ingeperk moet lewe nie. En sy is ook glad nie middeljarig nie …
         

      • Erf dan my drome - Ena Murray
      • Vir die jong Erika was die eerste ses maand van haar huwelik met Phillippe de la Buscagne ‘n sielgelukkige tyd. Haar man, direkteur van ‘n groot hotelgroep op die Comoro-eilande, moet nou wel oordag dikwels van die huis af wees, maar wanneer sy ligte vliegtuig saans naby hul paleisagtige huis op Mayotte land, is sy altyd daar om hom te verwelkom. Tot daar die dag ‘n noodoproep van sy neef kom: Daar is ‘n krisis by die hotel Coelacanth en sy moet asseblief kom help. Hy kan dit nie alleen hanteer nie. Al weet Erika goed dat haar man ontevrede is oor Jean-Paul se afhanklikheid van haar, kan sy dit nie oor haar hart kry om te weier nie. Vandat Jean-Paul meer as ‘n jaar gelede in ‘n vliegongeluk was, is hy verlam en moet hy sy dae in ‘n rolstoel slyt. Buitendien is dit op haar aandrang dat Phullippe hom, baie teŽsinnig, as bestuurder van een van sy hotelle aangestel het. En hy moet die kans gegun word om te wys wat daar in hom steek Sy durf hom nie nou faal nie. Toe Phillippe daardie aand tuis kom en net ‘n briefie vind, ontstaan daar ‘n verwydering tussen hom en sy vrou- ‘n vervreemding wat nog groter word toe Phillippe se eertydse verloofde, Jacqueline, oŽnskynlik onverwags op die toneel verskyn. Dis ook nie net Jacqueline nie. By die hotel is daar nog die geheimsinnige, blonde Louise wat nie met die ander gaste meng nie, maar tog dikwels in Phillipe se geselskap is. En hy weier botweg om enige verduideliking van hierdie nuwe vriendskap te gee. ‘n Vreemde sameloop van omstandighede by die hotel dwing die drie vroue om daagliks saam te werk. En vir Erika word dit al hoe duideliker dat hierdie baie meer op die spel is as ‘n wedywering om Phillippe se guns.
        In Erf dan my drome verdiep die liefdesverhaal wat so romanties, byna speels in Appelbloesels en Jasmyn begin het, tot ‘n boeiende drama van verstrengelde menslik verhoudings. Die ontknoping kom eers nadat elkeen van die vyf hoofkarakters ‘n lang pad van hartseer, verydeling en misverstand afgelŽ het.
         

        Bo 

        Tuis 2

        koop 'n boek 4

Die drie vroue-trilogie : - deur Ena Murray

  • ‘n Vrou soos Salome - deur Ena Murray
  • Die ryper jare - deur Ena Murray
  • Agter die masker - deur Ena Murray

Hospitaal-omnibus - deur Ena Murray

  • Haar grootste offer - deur Ena Murray
  • Nuwe horison - deur Ena Murray
  • skaduwees van gister - deur Ena Murray

Vier vir plesier - deur Ena Murray

  • Drosters van doringbaai, - deur Ena Murray
  • Despoot van Duiwelskloof, - deur Ena Murray
  • Waters van Siloa, - deur Ena Murray
  • Vyf vir vreugde. - deur Ena Murray

      drie vroue-trilogie -Ena Murray omnibus

 

Omnibusse van Ena Murray:

Omnibus 1 (April 2004) Ena Murray

Omnibus 2 (Junie 2004) - Ena Murray

  • Vrou uit die nag - deur Ena Murray
  • Skynglans van die maan - deur Ena Murray
  • Ontsluit die grendels - deur Ena Murray

Omnibus 3 (September 2004) - Ena Murray

Omnibus 4 (November 2004) - Ena Murray

Omnibus 5 (April 2005) - Ena Murray

Omnibus 6 (Mei 2005) - Ena Murray

  • Tonge Van Vuur - Ena Murray
  • Die Geheim van Hercule Cordier - Ena Murray
  • Waar die Wilde Besembos Bloei - Ena Murray

Omnibus 7 (1986 & September 2005) - Ena Murray

  • Paspoort na gevaar - Ena Murray
  • 'n Bruidegom vir Lille - Ena Murray
  • Martelmars van die noodlot - Ena Murray

Omnibus 8 (November 2005) - Ena Murray

Omnibus 9 (April 2006) - Die 3 boeke vorm Die Hammanshof-sage - Ena Murray

Omnibus 10 (Junie 2006) - Ena Murray

Omnibus 11 (Oktober 2006) - Ena Murray

Omnibus 11- Ena M sagteband    Omnibus 15 - ena murr sagteb

Omnibus 12 (1979 & Desember 2006) - Ena Murray

  • Lied van die Campino's
  • Altaarvure op Kandavu
  • Koninkryk van Ricardo

Omnibus 13 (April 2007) - Ena Murray

  • Die Droster van Doringbaai
  • Die despoot van Duiwelskloof
  • Waters van Siloa

Omnibus 14 (Junie 2007) - Ena Murray

Omnibus 15 (September 2007) - Ena Murray

  • Sluiers van die nag
  • Wewenaar van groene Weide
  • Boeie van goud

Omnibus 16 (1975 & November 2007) - Ena Murray

  • Onrus op Oshakati
  • Regters oor gister
  • Weerklank van die liefde

Omnibus 17 (April 2008) - Ena Murray

  • Rabbedoe van Rietkuil
  • Waar die nagtegaal sing
  • My afgemete deel
      •  

Omnibus 18 (Junie 2008) - Ena Murray

  • Diena van Die Eike
  • Soveel blye dae
  • Helder is die nag

Omnibus 19

Omnibus 20 - Ena Murray

Omnibus 21 - Ena Murray

  • Senor die Seerower,
  • Junior In Saal 7,
  • Kaalvoet Katryntjie

Omnibus 22 - Ena Murray

  • ‘n vrou soos Salome,
  • Twee paaie na Khuana
  • Verwonde jare

Omnibus 23 - Ena Murray

  • Die ryper jare.
  • En die verlange bly.
  • Die man met die geel oŽ.

Omnibus 24 - Ena Murray

  • Agter die masker,
  • Bruid uit die vreemde,
  • Haar grootste offer

Omnibus 25 - Ena Murray

Omnibus 26 - Ena Murray

  • Skaduwees van gister,
  • Die geleende bruid
  • Bruid van die Heerengracht

 Omnibus 27 (1997) - Ena Murray

Omnibus 28 - Ena Murray

Omnibus 29 - Ena Murray

Omnibus 30 (1990) - Ena Murray

  • As die wind daaroor gaan
  • En die wind het gaan lÍ

Omnibus 31 - Ena Murray

  • ‘n Malva in Vinkelstraat,
  • Lise,
  • SÍ groete vir Pappa

Omnibus 32 (November 1999)

  • Kinders van Kis
  • Ter will van ons drome

Omnibus 33 - Ena Murray

  • Die dieper droom,
  • Huise van klei,
  • Soekers na die son

Omnibus 34 - Ena Murray

Omnibus 35 (Augustus 2001) - Ena Murray

  • Vrou in die spieŽl
  • Oujongnooi van Polkadraai
  • Kleine

Omnibus 36 (April 2002) - Ena Murray

Omnibus 37 (September 2002) - Die 3 boeke vorm Die Meissner-sage

Omnibus 38 (April 2003) - Ena Murray

Omnibus 39 (April 2003)

  • Eensaam op Wegdraai
  • Verworpe silwer
  • Wag-’n-bietjiebos van die liefde

Omnibus - Ena Murray

  • Bloeisels in die ryp,
  • So leeg die moederhart,
  • Die geleende bruid

Omnibus (1975) - Ena Murray

  • Bruid uit die vreemde;
  • Zuleka Bordeaux;
  • Bruid van Heerengracht

Omnibus(1988) - Ena Murray

  • Keerkring van die Hart,
  • More lÍ Ver,
  • Eensaam op Wegdraai
      • Bo 

        Tuis 2

        koop 'n boek 4

Die drie vroue-trilogie :

  • ‘n Vrou soos Salome
  • Die ryper jare
  • Agter die masker

Hospitaal-omnibus

  • Haar grootste offer
  • Nuwe horison
  • skaduwees van gister

Vier vir plesier

  • Drosters van Doringbaai,
  • Despoot van Duiwelskloof,
  • Waters van Siloa,
  • Vyf vir vreugde.

Ena Murray Gunstelinge (November 2006) - Ena Murray

ay

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738