http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Ena Murray

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Ena Murray is op 27 Desember 1936 op Loxton, ‘n klein Karoodorpie min of meer op dieselfde breedtegraad as Sutherland, gebore, skoolgegaan en vier en veertig jaar lank gebly het. Sy was die middelste van drie dogters. Haar vader was die plaaslike geneesheer, Dr. Mans op Loxton. Sy ontvang haar skoolopleiding op Loxton asook op die buurdorp, Victoria-Wes. Na skoolopleiding het sy gaan verpleeg en is later met Boet Murray van Loxton getroud.

So keer sy terug na haar geboortedorp en haar skryfloopbaan begin in alle erns. Ongelukkig eindig hierdie huwelik na twintig jaar in die egskeidingshof en sy gaan vestig haar op Wildernis in die Suid-Kaap. Twee jaar later trou sy met Jacques Mostert en na tien jaar verhuis hulle na ‘n aftree-oord in Mosselbaai waar sy tans nog woon. Beide huwelike was kinderloos.

Alhoewel daar gedurende die 33 jaar wat sy voltyds geskryf het, 131 titels agter haar naam verskyn het, het Ena Murray altyd eers deeglik navorsing gedoen voordat sy ‘n boek geskryf het. Sy het bekendheid verwerf hoofsaaklik deur haar liefdesverhale. Omrede haar pa ‘n medise dokter was, is dit waarskynlik die rede is vir haar passie en liefde vir soveel van haar liefdes romanse met ‘n mediese tema. Sy het egter ook speur- , spioenasie- en avontuurverhale die lig laat sien en daardeur ‘n wye veld van lesers bereik. Ook ‘n paar geestelike boeke en ‘n digbundel het uit haar pen verskyn.  “Die Glimmende Simitar” is die heel eerste pennevrug van Ena Murray – geskryf toe sy maar veertien was, en tien jaar later gepubliseer!

Ena Murray 4

Sy is al bestempel as "die mees gelese skrywer in Afrikaans". In ‘n opname deur Radio Sonder Grense en Tafelberg-Uitgewers is sy aangewys as die gewildste skrywer in Afrikaans. Haar boeke verskyn ook in grootdruk en is deur die Pioniersskool te Worcester en deur Bandhulp vir Blindes in braille en band opgeneem.

Wat waarskynlik bygedra het tot Ena Murray se sukses is dat baie van haar boeke is op ware gebeurtenisse en mense wat werklik bestaan het en wel nog bestaan gebaseer was. dit was dus maklik vir die lesers om hulle met die karakters te vereenselwig. Daar is ook van haatr boeke verfilm. Die eerste was "Vrou uit die nag" deur die destydse Christelike filmmaatskappy Carfo en die baie bekende “Plekkie in die son” wat afspeel in ‘n Melaatseinrigting.

Sy is baie gesteld op navorsing oor haar onderwerp voordat sy begin skryf. Of dit histories, medies of aardrykskundig van aard is, sy begin nie ‘n verhaal voordat sy nie van al haar feite verseker is nie. Sy het destyds in die melaatse inrigting, Westfort net buite Pretoria, gaan bly om die nodige navorsing oor "Plekkie in die son" te doen.

Ena Murray vertel in haar naskrif in omnibus no14 - uitgegee deur Jasmyn (druknaam van NB- uitgewers (Edms) Bpk) :

Die eerte deel van die omnibus het ‘n hele verhaal daaragter. Ek was veertien jaar oud en op hoërskool in Victoria-Wes. Ek het vandat ek kan onthou stories vir my poppe vertel. Maar op veertien het ek besef ek is by die popstadium verby. Ek besluit toe ek gaan my hand aan ‘n “grootmensstorie” waag. So begin ek toe vakansies en naweke daaraan skryf, met nooit ‘n gedagte dat dit verder as my oë sal gaan nie. Maar ek darem so graag iemand se opinie daaroor kry, en besluit toe om twee koshuismaats en vriendinne, Martie Bam en Marina van der Merwe, is net die regte mense daarvoor. Hierdie twee het my moreel werklk goed gedoen, want hulle kon nie wag om na verder voorlesings te luister nie.

Dit was eers later, toe my eerste boekmanuskrip deur J.P. van der Walt en Seun van Pretoria aanvaar is, dat ek begin wonder het of hierdie eerste pennevrug van my nie ook êrens moet aanbied vir publikasie nie. Skaam vir my voorbarigheid en met groot bedenkinge, stuur ek dit toe aan die eertydse Rooi Rose. Ek was eerlik verbysterd toe Susan de Winter, redaktrise, dit onmiddellik aanvaar het onder die titel Minnaars van die glimmende simitar”. Dit was so gewild by die lesers dat sy vir ‘n onmiddellike opvolg gevra het en deel twee verskyn toe as “Die rowers van El Marko”. hou in gedagte dat dit ‘n volstrekte verbeeldingsverhaal is en afspeel in ‘n tyd wat ek self geskep het.

Met “Maanlig oor die Amasone” het ek die eerste prys gewen in ‘n landwye vervolgverhaalwedstryd uitgeskryf deur Rooi Rose. Maar ek was toe al ‘n bietjie meer ervare as skryfwer en het begin besef hoe belangrik deeglike navorsing is voordat ‘n roman aangepak word. Die waarde daarvan het ek besef toe ‘n aardrykskunde-onderwyser aan ‘n bekende seunskool in die Paarl my bel en gelukwens met die korrekte aardykskundige feite in die verhaal.

Kyk na haar lys van boeke

Koop van Ena Murray se omnibusse of enkel boeke

 

Bo