http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Elsabe Steenberg boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Elsabe Steenberg se lys van boeke sluit in:/ Elsabe Steenberg List of books includes:

  1. Bergpad na Eden - boek deur Elsabe Steenberg
  2. Blou is ‘n bokkie - boek deur Elsabe Steenberg
  3. Boom, bomer, boomste - boek deur Elsabe Steenberg
  4. Eendag die blou vol - boek deur Elsabe Steenberg
  5. Eendoring met lang bene - boek deur Elsabe Steenberg
  6. Hendri uit die water - boek deur Elsabe Steenberg
  7. Klawervyf - boek deur Elsabe Steenberg
  8. Koert se tarentaal - boek deur Elsabe Steenberg
  9. More was dit somer - boek deur Elsabe Steenberg
  10. My kind en sy boek - boek deur Elsabe Steenberg
  11. Pierewiet staan stil - boek deur Elsabe Steenberg
  12. Pik = swart - boek deur Elsabe Steenberg
  13. Plek van die bruin geeste - boek deur Elsabe Steenberg
  14. Rondomtralie - boek deur Elsabe Steenberg
  15. Rooi kanarie hoepelbeen - boek deur Elsabe Steenberg
  16. Simonetta en die spinnekop - boek deur Elsabe Steenberg
  17. Slapende honde miaau nie - boek deur Elsabe Steenberg
  18. Soek-soek op soek - boek deur Elsabe Steenberg
  19. Tjeriktik in die denne - boek deur Elsabe Steenberg
  20. Tree-more, tree-most - boek deur Elsabe Steenberg
  21. Voorlees vir nadink - boek deur Elsabe Steenberg
  22. Waar is Pappa se panfluit? - boek deur Elsabe Steenberg
  23. Wreld in wreld deur - boek deur Elsabe Steenberg
  24. Wolf ja, wolf nee - boek deur Elsabe Steenberg

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

ELSABE STEENBERG boom bomer boomste

Boom, bomer, boomste
boek deur Elsabe Steenberg

En nou is Oupa siek. Oupa wat haar kleindag leer fluit het soos geen ander mens kan fluit nie, wat haar geleer het om lief te wees vir die donker, en wat haar vertel het van die robyne en die kgatas in sy bos. Oupa wat dae lank in sy bos kon rondloop en ges het: “God het bome gemaak as die kroon van alle natuurdinge.” Sy wil na Oupa gaan waar hy op Makierie in die hospitaal l, ver weg van sy houthuisie en bome en vols en boeke. Maar Ouma s sy is al weer eiesinnig. Sy is net so wild en onbeskaaf soos Oupa, en as sy nie oppas nie, word sy ook ‘n leegler. Dis hoog tyd dat sy in ‘n roetine gedwing word.

 Maar Philla weet sy kan nie soos ander mense wees nie; sy is nou eenmaal soos Oupa, net soos Oupa soos s ma was, en sy weer soos haar pa voor haar: elke geslag lewer sy wilde een op, s Oupa.

 Sonder dat Ouma weet, en met Helet en Pa se hulp, kom Philla tog by Oupa uit. Oupa wil opsluit uit die hospitaal, waar hy voel hy word sy waardigheid ontneem. Philla, sy boomste kind, moet hom help. Die paar dae saam met Oupa in die bos gee vir Philla die antwoord op die vraag wat haar so hinder: s ‘n mens soos jy is, of word jy so; wat is dit wat jou anders maak as ander mense?

 Die bekroonde Boom bomer boomste toon Elsabe Steenberg as een van die mees gevoelige en afgeronde jeugskrywers in Afrikaans. Geeneen wat di boek gelees het, sal dit ligtelik vergeet nie.

Bo

ELSABE STEENBERG rooi kanarie hoepelbeen

Rooi Kanarie hoepelbeen
boek deur Elsabe Steenberg

Skielik, vlak voor hom in die riviergras, gewaar Wynand ‘n rooi voltjie — ‘n rooi kanarie, soos hy eers later uitvind. Maar rooi kanaries is skaars voltjies wat nie sommer wild rondvlieg nie — hierdie een moet beslis aan iemand behoort. Wynand is glad nie gretig om uit te vind wie se kanarie dit is nie, want hy woon in die kinderhuis en hierdie kanarie is al wat regtig net aan hom behoort. Sy klere is maar ander se ou klere, hy slaap in die kinderhuis se bed, kry boeke by die skool — alles behoort aan iemand anders, net die voltjie is syne.

Maar ‘n rooi kanarie is so skaars, dat Wynand nie kan help om uit te vind wie die eienaar is nie, en toe begin sy stryd: moet hy die voltjie gaan teruggee, of moet hy stilbly...

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

ELSABE STEENBERG bergpad na eden

Bergpad na Eden
boek deur Elsabe Steenberg

Mozartina het hulle haar genoem, want was sy nie net so begaafd, n so ’n wondermens as wat Mozart was nie? Het sy nie haar eerste klavieruitvoering gegee toe sy vyf jaar oud was, haar eerste konsertreis op sewejarige ouderdom onderneem nie? Was sy dan nie di wonderkind van die eeu nie?

Ja, al hierdie dinge was sy, en nog meer. Vir haar nie die lewe van die gewone kind nie, want hoe kon ’n wondermens dan verwag om ooit gewoon te wees? Nee, nie vir haar die vreugde van maats, van speletjies, van skoolwerk, van alleenwees nie. Aan ’n bewonderende publiek het sy behoort, aan haar ouers wat beroemd geword het omdat s beroemdheid verwerf het. Die slaaf van die klavier waarop sy elke dag moes oefen en oefen en…

Maar sy was nie Mozartina nie – sy was Erika. Sommer net Erika wat dit gehaat het dat mense altyd na haar moes staar, foto’s van haar neem, onderhoude voer. Erika wie se hart vol musiek was, maar wat dit nie kon laat ontsnap nie omdat daar nie tyd was nie. Erika wie se ouers nie ’n kind gehad het wat liefde nodig het nie, maar ’n wonderkind besit het; ’n wonderkind wat moes oefen en nogmaals moes oefen, want aan die wreld – en haar ouers – was sy dit mos verskuldig.

Maar eindelik het Erika die bergpad na Eden gevind en daar vir Wybrand ontmoet. En sy was vyftien…

Bo

 

ELSABE STEENBERG more was dit somer

More was dit somer
boek deur Elsabe Steenberg

Dit word vir die negejarige Stefan makliker om sy ma se dood te verwerk toe ’n drakie sy opwagting in sy kamer maak. Eers was hierdie drakie wel deel van ’n storie wat Mamma geskryf het, maar Stefan kom gou agter dat hy nou baie meer is as net ’n kammading wat nie kn bestaan nie. Hy help planne maak, praat van dinge waarvan Stefan self nie geweet het nie, verlang na sy maats in die berge…

Wie durf beweer dat niemand ’n drakie kan sien nie?

Hoe kan die slimste mens seker wees dat daar nie gawe drakies is wat van die aarde ’n ryker en wonderliker plek maak as wat dit anders sou gewees het nie?

Deur drie seisoene leer Stefan die drakie Gryse goed ken: herfs, winter en lente. Maar sal die somer weer kom?

Net Elsabe Steenberg met haar ryke verbeelding en haar diepe deernis met mense kon hierdie kosbare kinderverhaal geskryf het.

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

ELSABE STEENBERG pik=swart

Pik = swart
boek deur Elsabe Steenberg

In Pik=Swart vertel die bekende skryfster, Elsabe Steenberg, op ’n baie ongewone, maar opwindende wyse die verhaal van Marietjie, wat vir ’n paar maande by haar tante Delia in Pretoria gaan woon om terapeutiese behandeling vir haar geopereerde been te ontvang. Dit is vir haar baie moeilik om so lank weg te wees van haar ouers en kleinboet Kallie, maar miskien, miskin sal sy na die behandeling ook soos ander kinders kan loop en rondbeweeg.

Maar sommer die eerste aand al gebeur daar ’n onverklaarbare ding: Marietjie se horlosie verdwyn van haar bed af! ’n Donker skaduwee verskyn vroeg die volgende oggend op die balkon en op ’n baie geheimsinnige wyse beland Marietjie se horlosie terug op haar bed – met ’n gebreekte bandjie…

Later vind Marietjie uit dat die dief die snaaksste kreatuur denkbaar is: ene wat alleen saam met ’n vereensaamde ou man, Van Dillen, woon, en wat s smoorverlief raak op tante Delia dat hy eintlik in haar hare wil nesmaak – en om alles te kroon, bring hy die meeste van sy tyd hoog in die takke deur!

As ou Van Dillen besluit om hierdie heel kosbaarste besitting van hom te laat “uitsit”, tree Marietjie tot die stryd toe. Uiteindelik is dit haar deursettingsvermo wat weer vir ou Van Dillen die lewe die moeite werd maak.

Elsabe Steenberg toon weereens haar vaardigheid as veelbekroonde skryfster as sy ’n sensitiewe tema vanuit die ervaringswreld van ’n kind hanteer.

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

ELSABE STEENBERG tjeriktik in die denne

Tjeriktik in die denne
boek deur Elsabe Steenberg

Klein Karl-Gerhard het in ’n wreld gelewe waarin hy nooit naby die natuur gekom het nie – nooit werklik naby nie. Dit was ’n beskutte lewe, want as enigste kind van sy ouers het hulle hom so in hulle liefde toegedraai dat hy nooit werklike ’n seun kon wees nie. Maar toe gaan sy ouers oorsee en wou hom aan die sorg van familie oorlaat. Vir die eerste keer in sy lewe sou sy ouers se beskutte liefde nie daar wees nie.

Geskok het hy van sy groot, indrukwekkende ouerhuis af weggehardloop en sy verdriet in ’n parkie gaan sit en uithuil. Daar het hy ’n ou man met ’n silwerwit snor en hare raakgeloop. “Mans en groot seuns huil nie, weet jy,” het die ou man vir hom ges.

Hulle het maats geword, en saam met oom Dwaal het Karl-Gerhard daardie Julievakansie tussen dennebome in ’n ou hut gaan woon – weg van die beskawing af; weg van sy beskutte wreldtjie af.

Daar in die groot dennebos het die ou man hom die lesse van die natuur geleer – die geheim van die lewe.

Daar het hy ’n tjeriktik-voltjie verpleeg en in die dierjite ’n ander liefde ontdek.

N drie weke tussen die denne en saam met die ou man, het hy ’n seun geword wat dieper in lewe kon kyk en begryp.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Bo

Lees ook boeke deur C.S. Badenhorst

ELSABE STEENBERG slapende honde miaau nie

Slapende honde miaau nie
boek deur Elsabe Steenberg

Kotie skrik toe iemand skielik uit die skemer voor haar opdoem. Agter haar en Jaco l die park verlate. Maar dan herken sy die vrou – die een wat dikwels hier buite die park onder die tamarisk sit, altyd met ’n bottel by haar.

“Hierso,” s die vrou. “Vat die kind.” Sy sleep iets agter haar rug uit, stoot dit tot voor Kotie. “Ek wil haar nie meer h nie en ek sien liewer dat jy haarvat as dat die welfare haar kom haal. Dan is daar weer hell to pay.”

“Moet ek jou kind vat?” Verbysterd kyk Kotie af op die klein mensie wat sonder ’n geluid net daar staan, toegeknoop in ’n groot bloes. Sy buk, tel haar op, dra haar tot onder die lamppaal. Die lig wys ’n soet gesiggie onder taai, krullerige haartjies.

Jaco kom pluk aan Kotie se rok. “Wie s die tannie? H, Kotie?” Dan nuuskierig: “Is dit ’n rrige babatjie?”

En dan is die vrou weg. Net die tamarisk staan nog daar in die skemer.

Verslae start Kotie na die wesentjie voor haar. Maar skielik voel sy ’n opwinding wat haar vel laat prik.

“Luister,” s sy vir Jaco. “Hierdie kind is ons twee se geheim. Jy moet vir niemand van haar s nie. Ek moet eers dink wat om te doen… Ek moet eers mooi dink…”

 

ELSABE STEENBERG hendri uit die water

Hendri uit die water
boek deur Elsabe Steenberg

Versigtig skuif Hendrina weer vorentoe en kyk diep in die water. Die lig word minder en dan anders. Dis die maan! Sy skuif nog nader en leun oor tot haar kop die water raak. Met water wat van haarvlegsels drup, is sy nie meer Hendrina nie. Nou is sy daardie kind wat in die water wat om uit te kom. Hendri!

Toe Hendrina se ma sommerso op die vliegtuig klim om in Holland verder te gaan studeer, moet sy by tannie Scheep-hulle gaan bly. Maar al is sy lief vir tannie Scheep – sy ken haar darem van die Kinderklub af – en al is oom Tol en Koen gaaf, kan sy haar bangigheid nie laat staan nie.

Hoe nou gemaak om Hendri – die ander kind met die springerige naam wat in die water wag – te word en te bl?

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

Boeklys volgens jaar van uitgawe:

  1. 1969 - Bergpad na Eden - boek deur Elsabe Steenberg
  2. 1971 - Tjeriktik in die denne - boek deur Elsabe Steenberg
  3. 1973 - Rooi kanarie hoepelbeen - boek deur Elsabe Steenberg
  4. 1975 - Blou is ‘n bokkie - boek deur Elsabe Steenberg
  5. 1975 - Plek van die bruin geeste - boek deur Elsabe Steenberg
  6. 1976 - Klawervyf - boek deur Elsabe Steenberg
  7. 1978 - Wolf ja, wolf nee - boek deur Elsabe Steenberg
  8. 1982 - Boom, bomer, boomste - boek deur Elsabe Steenberg
  9. 1982 - Simonetta en die spinnekop - boek deur Elsabe Steenberg
  10. 1984 - Hendri uit die water- boek deur Elsabe Steenberg
  11. 1985 - Eendag die blou vol - boek deur Elsabe Steenberg
  12. 1985 - Pik = swart - boek deur Elsabe Steenberg
  13. 1986 - Slapende honde miaau nie - boek deur Elsabe Steenberg
  14. 1988 - Wreld in wreld deur - boek deur Elsabe Steenberg
  15. 1989 - More was dit somer - boek deur Elsabe Steenberg
  16. Eendoring met lang bene - boek deur Elsabe Steenberg
  17. Koert se tarentaal - boek deur Elsabe Steenberg
  18. My kind en sy boek - boek deur Elsabe Steenberg
  19. Pierewiet staan stil - boek deur Elsabe Steenberg
  20. Rondomtralie - boek deur Elsabe Steenberg
  21. Soek-soek op soek - boek deur Elsabe Steenberg
  22. Tree-more, tree-most - boek deur Elsabe Steenberg
  23. Voorlees vir nadink - boek deur Elsabe Steenberg
  24. Waar is Pappa se panfluit? - boek deur Elsabe Steenberg

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Lees ook boeke van Hester Heese

Lees ook boeke van WA Hickey

Lees ook jeugverhale van H.S. van Blerk

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

Bo

Bo

 

Elsabe Steenberg List of books includes various childen books written in Afrikaans

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za