http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Elmar Steyn boeklys

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Elmar Steyn se boeke sluit onder andere die volgende in:

  1. Aleiman, die Slaaf - Elmar Steyn
  2. Arabella - Kaapse verhaal - Elmar Steyn
  3. As die harte swyg - Elmar Steyn
  4. Au Revoir, Mademoiselle - (ou-Kaapse verhaal) - Elmar Steyn
  5. Die boekanier van Valsbaai - Elmar Steyn
  6. Die Gemaskerde Ridder - Elmar Steyn
  7. Die Giervalk - Elmar Steyn
  8. Die gif van die adder - (ou-Kaapse verhaal) - Elmar Steyn
  9. Die Goue Droom - Elmar Steyn
  10. Die Huis van St Germain - Elmar Steyn
  11. Die Kapenaar - boek geskryf deur Elmar Steyn
  12. Die Kaapse kavalier - Elmar Steyn
  13. Die Kaapse Vlinder - (ou-Kaapse verhaal)- Elmar Steyn
  14. Die Kapenaar - boek geskryf deur Elmar Steyn
  15. Die Kinders van Sengeti
  16. Die Kruis op die klip - Elmar Steyn
  17. Die mense van Bergdal - (ou-Kaapse verhaal) - boek geskryf deur Elmar Steyn
  18. Die Mooiste Kaap - boek geskryf deur Elmar Steyn
  19. Die Rooi Swaard - Elmar Steyn
  20. Die sjarmante verdringer - Elmar Steyn
  21. Die Troebadoer - boek geskryf deur Elmar Steyn
  22. Die Vergetene - Elmar Steyn
  23. Die Vlug van Francois du Buis - Elmar Steyn
  24. Die vreemde besoekers - Elmar Steyn
  25. Die vreemde erflating, - boek geskryf deur Elmar Steyn
  26. Die Vreemde Vrou - boek geskryf deur Elmar Steyn
  27. Die vrou van die see - boek geskryf deur Elmar Steyn
  28. Die wit hings van Sengeti - boek geskryf deur Elmar Steyn
  29. Drentelaar van die Kaai - (ou-Kaapse verhaal) Elmar Steyn
  30. Drie Vroue is Twee Te Veel - Elmar Steyn
  31. Hilgar se Helde
  32. Ilonka - Elmar Steyn
  33. Ilse Fourier- Elmar Steyn
  34. Kaapse Weer - Elmar Steyn
  35. Kaptein Simon Duiwel - boek geskryf deur Elmar Steyn
  36. Kaptein van Troewe - boek geskryf deur Elmar Steyn
  37. Klawerjas vir n vrou - Elmar Steyn
  38. Klein Aristokraat - boek geskryf deur Elmar Steyn
  39. Mijnheer Galant - boek geskryf deur Elmar Steyn
  40. Moord het sy prys- (Spanje) - boek geskryf deur Elmar Steyn
  41. My swaard vir jou liefde - Elmar Steyn
  42. n Vrou soos Madelyn - (ou-Kaapse verhaal) - boek geskryf deur Elmar Steyn
  43. Nag in Tanger - spionasie - Elmar Steyn
  44. Onheilig is die Haat - boek geskryf deur Elmar Steyn
  45. Opdrag Hiang Kiang - Agent X.0.30 - Elmar Steyn
  46. Opdrag Sukiyaki - Elmar Steyn
  47. Rebel uit Swellendam - boek geskryf deur Elmar Steyn
  48. Slavin van die Seestraat - Elmar Steyn
  49. Soen my swaard - (ou-Kaapse verhaal) -Elmar Steyn
  50. Spioen vir sy eksellensie - boek geskryf deur Elmar Steyn
  51. Swerftog van die Banneling - Elmar Steyn
  52. Taverne by die Kaai - Elmar Steyn
  53. Trek jou Swaard, M’sieur - boek geskryf deur Elmar Steyn
  54. Vreemdeling uit Djakarta - Elmar Steyn
  55. Vrug van wraak (ook uitgegee as “Die vrug van die wraak”) - Elmar Steyn

 

 Lees meer oor Elmar Steyn (kort biografie) of van Elmar Steyn se verskeie gewilde Kaapse verhale

ElmarSteyn-omnibus2

Omnibus 2 (Elmar Steyn)

  • Die Vreemde Vrou
  • Kaapse Weer
  • Die Kapenaar

koop 'n boek 4

ElmarSteyn-omnibus4

Omnibus 4 (Elmar Steyn

 

Elmar Steyn omnibus 5

 
Omnibus 5 (Elmar Steyn)

 

Elmar Steyn omnibus 6

Omnibus 6 - (Elmar Steyn

  • My swaard vir jou liefde
  • Die troebadoer
  • As die harte swyg


koop 'n boek 4

Elmar Steyn omnibus 7

Omnibus 7 (Elmar Steyn)

koop 'n boek 4

Bo

 

elmarsteyn-alleimandie slaaf
Aleiman die slaaf - Elmar Steyn

Wie is hy? Is hy Aleiman, die vryman wat toesig hou oor die slawe by die kaai? Is hy die seun van Ali Ben Samat, die Arabier? Is hy Robert de Villon, die seun uit ‘n Franse adelhuis?

Die hooffiguur in hierdie verhaal is Aleiman die slaaf. Voordat hy sy regmatige erfdeel verwerf, voordat hy hom kan wreek op die moordenaar van sy vader, voordat hy die skille voor die oŽ van die hooghartige Lizabet, dogter van die Comte de St. Jean van Perpignan, kan laat val swaai hierdie verhaal uit die skeppende pen van Elmar Steyn van die Kaap na Frankryk, na Spanje, na die noordkus van Afrika.

Die verhaal speel hom af in die skadu van Tafelberg, in die grasie van die Franse edelhuis, in die kajuit van ‘n Spaanse wellusteling, op die roeidek van ‘n Moorse galei waar rasende trom en sweepslag die pas moet aangee....



koop 'n boek 4 

Bo

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

ElmarSteyn-soenmyswaard

Soen my swaard - Elmar Steyn

Toe Antoine la Mont, die seun van die Franssprekende boer van agter die Hottentots-Hollandberge, hom daardie sonnige dag na die Kaap begeef het, het hy beslis nie geweet watter avonture op hom wag nie. Hoe sou hy ooit kon droom dat hy in sy pogings om geld te verdien om sy plaas te bly behou, hom midde-in die Franse Revolusies sou laat beland?

Maar die toemoms kon vir Antoine beswaarlik meer verrassings ingehou het as wat hierdie Elmar Steyn-verhaal vir die leser inhou. Die skrywer verstaan die kuns om sy leser deurentyd te boei.

Soen my swaard is ‘n kombinasie van avontuur, speurvernuf en liefde

 

koop 'n boek 4

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

Elmar Steyn-kaapse weer

Kaapse weer - Elmar Steyn

Skiereiland is vandag nog net so mooi as in die dae toe die skalkse Hollandse nooientjies die Franse matrose se harte in die dae van die Ou Kompanje gesteel het - die ou Skiereiland is nog net so verruklik mooi en die Kaapse Weer in die winter is nog net so guur.

En dit in die gure Kaapse winterweer dat die onbeteuelbare Wyn Wenning sy flikkers by die skalkse Monique Marchand begin gooi het. Maar dit was maklike gesÍ as gedaan; hy moes nog eers vir Niels Westerhuysen uit sy pad kry, asook daardie kwasterige oubaas wat die voorreg gehad het om die vader van die skone Monique te wees.

Weliswaar het Wyn ‘n hele paar keer byna met sy lewe geboet - maar soos die slot van hierdie tipiese Elmar Steyn-verhaal ook toon, was dit alles die moeite werd!

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo

 

elmarsteun-Ilse fourier-1959

Ilse Fourier - Elmar Steyn

Armand du Prť, kom in die Kaap aan om besit te neem van sy ryk erfenis wat hom toegeval het. Maar armand kan hom maar nie by die geblomde krawatte, die satynbaadjies en die geborduurde sysakdoeke van die Kaapse heertjies aanpas nie. En die gevolg is dat hy ‘n bloutjie loop by Ilse Fourier, die dametjie wat sy hart gesteel het.

Daar sou baie water in die see loop voordat sake uiteindelik regkom; daar sou eers ‘n hele paar swaardgevegte plaasvind, waaghalsige skermutselings met Boesmans en spannende intriges van die kant van Coenraad Bierman, wat ook om die hand van die beelskone Ilse Fourier meeding, maar Ilse se hart behoort aan haarself, tot sy die onelegante vryboer uit die Swelendam distrik ontmoet....

Ilse Fourier is ‘n heerlike, tipiese Elmar Steyn verhaal wat in die vroeŽ dae van die Kaap afspeel.

 

koop 'n boek 4

Bo

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

Elmar Steyn-diegifvandie adder

Die gif van die adder - Elmar Steyn

Lizette van Dyk, een van die mooiste meisies aan die Kaap en oogappel van die goeweneur, ontmoet Jacques de Renier op ‘n bal aan ‘n Kaapse woning - en maak tot die groot vermaak van haar vriende ‘n bespotting van Jacques. Sy kan dit bekostig, want is haar pa dan nie die beste vriend van die Goeweneur en waarskynlik die rykste man in die hele Kaap nie?

En dit is die begin van ‘n reeks waaghalsige avonture vir Jacques - ‘n reeks avonture waarin sy moed en durf tot die uiterste beproef word en hy met ‘n gedugte vyand te doen kry.

Die gif van die adder is ‘n spannende ou-Kaapse verhaal uit die pen van Elmar Steyn

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo

Lees meer oor Elmar Steyn (kort biografie) of van Elmar Steyn se verskeie gewilde Kaapse verhale

 

Elmar Steyn-diehuisvan st. germain

Die huis van St. Germain - geskryf deur Elmar Steyn

Soos ‘n smarag lÍ die groen eiland daar, skiet Madagaskar uit die blou see op. Dis ‘n pragtige eiland - maar die hoofkwatier van die seerowers.

In hierdie seerowersnes word ‘n vreemde groepie mense saamgegooi: die rowerskaptein Der Alte, die dwergedelman Etienne, die sluwe Yves Montpatre, die skone vrou Francine en die vreemdeling uit Djakarta wat stry om die eer van St. Germains.

koop 'n boek 4

Bo

 

Elmar Steyn-diegoue droom

Die goue droom - geskryf deur Elmar Steyn

In die tagtigerjare van die 18de eeu het die nuus soos ‘n veldbrand dwarsdeur die wÍreld versprei dat daar ongekende goudrykdomme wag op fortuinsoekers in die “Kaap Vallei” - Barberton vandag.

En in duisendtalle het fortuinsoekers van oor die hele aarbol soos aasvoŽls op hierdie onbekende afgeleŽ kom toegesak. Binne enkele maande het die “Kaap Vallei” gewemel van dobbelaars, moordenaars, rowers, skurke, straatvroue en ... eerlike goudsoekers! ‘n Lewe was in daardie skouspelagtige en stormagtige goudstormloop nie veel werd nie .... en talle van diegene wat nie ‘n geweldadige dood gesterf het nie, is deur die koors afgemaai.

 

Lees ook werke oor Baberton en die goudstormloop deur onder andere Mike Heine

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo

 

Taverne by die kaai- ou Kaapse verhaal deur Elmar Steyn

Taverne by die kaai - geskryf deur Elmar Steyn

In hierdie verhaal....

Hy soen haar hartstogtelik en stoot haar van hom af weg. Hy lag. In sy hand hou hy ‘n pistool wat op my gerig is.

“Kom uit, Martel.”

Die woorde is kalm en spottend en ek besef dat die flenter gordyn my nie bedek nie. Ek tree vorentoe en onthou dat my pistool nie gelaai is nie. Teen sy vuurwapen is my swaard nutteloos.

  • ∑ Snaarstywe, spanning....
  • ∑ Opwindende aksie....
  • ∑ Romantiese liefde....

Die swier van die Franse aristokratiese, die verskrikking van die revolusionÍre oproere lewe weer in hierdie tintelende verhaal van haat en moed en trou....’n verhaal van die ou Kaap en Frankryk soos net Elmar Steyn dit kan vertel

 

koop 'n boek 4

Bo

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

Elmar Steyn-DievlugvanFrancoisdu Buis

Die vlug van Francois du Buis- geskryf deur Elmar Steyn

Francois du Buis en sy kneg, Pepin, keer vreugdevol terug na Frankryk, na ‘n paar jaar op die oop see en in vreemde hawens. Hier bemerk hulle ‘n vreemde spanning. Die geloofstryd tussen Rooms-Katoliek en Protesrant is besig om Frankryk in twee te skeur.

Francois verneem met skok dat die Comtť Du Buis nie sy vader is nie. Hy sweer sy titel af en sluit by ‘n toneelgeselskap aan. Hy ontmoet ook vir Racine, die meisie vir wie hy die gevaarlike lewe van Protestant aanneem. Maar wie is die groenoogmeisie wat amper as heks op die brandstapel sterf? En wat is die oorsaak van die vyandskap tussen die Comtť Du Buis en die Chevalier Du Mornay, Francois-hulle se buurman?

Hierdie tragiese verhaal van ‘n jong man wat sonder identiteit, tot die vlak van ‘n galeislaaf moes daal, om die sin in die lewe, en die ware liefde, te ontdek.

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo

 

Elmar Steyn-vrugvan wraak  Elmar Steyn-dievrugvandie wraak

Vrug van wraak (1980 uitgawe) - geskryf deur Elmar Steyn
(Ook uitgegee as “Die vrug van die wraak-1953)

Wraak is soet, lui die spreekwoord, maar vir Renť du Plessis is die vrug van wraak aanvanklik bitter, want een na die ander sterf sy vyande. Almal behalwe die aanvallige Angelique de Savoye, dogter van die markies de Savoye, wat Renť eers onverdiend laat gesel en toe laat ontvoer het... Vervloek is die aristokrate! skreeu Renť saam met die gepeupel in Parys tydens die eerste dae van die Franse Rewolusie. Na die guilotine met die edelliede! Maar toe hy self vir Angelique na die guilotine moet bring, twyfel hy skielik of haar dood die haat, woede en nyd in sy binneste sal kan stil, want dis slegs wanneer sy by hom is, dat hy weer mens voel....

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo

 

Elmar Steyn-diemensevan Bergdal

Die mense van Bergdal - geskryf deur Elmar Steyn

Ignatius Tyse keer na ses jaar van ‘n swerwersbestaan terug na die Kaap - en wel onder ‘n skuilnaam. Een angsvolle nag, ses jaar tevore, het hy sy vaderland in twyfelagtige omstandighede verlaat. Nou is hy terug, om sy naam, en die van sy boesemvriend Marius van Reyden, in ere te herstel.

Gou vind hy hom te midde van ‘n raaiselagtige komplot, waar dit duidelik gaan om die besit van die spogplaas Bergdal.

Wie is die geheimsinnige nagtelike besoeker op Bergdal en waarheen het Charl du Clas, die eienaar van Bergdal, so skielik verdwyn? Is Anton Vermaak, die gewese voorman, wie hy voorgee om te wees. En waarom word Ignatius Tyse van moord verdink?

Dan is daar ook nog die pragtige Eline du Clas, Anton se verloofde. Sal sy slegs as ‘n herinnering voortbestaan wanneer Ignatius Tyse sy swerwersbestaan hervat? Hierdie is ‘n spanningsverhaal, fyn geweef met liefde, in eg Kaapse styl, soos slegs Elmar Steyn dit kan vertel.

 

koop 'n boek 4

Bo

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

 

Elmar Steyn-Trekjouswaard Mseur

Trek jou swaard M’seur- geskryf deur Elmar Steyn

‘n Verhaal van ‘n jong edelman met ‘n hart vol wraak. Mauritz van der Heiden het geweet, presies geweet, wie die mense is wat sy vader vermoor en hom nou van sy graafskap beroof het. Dieslfde mens wat ook ‘n koelbloedige aanslag op sy lewe gemaak het.

Die soektog na die man op wie hy die dodelike punt van sy swaardlem gerig het, bring hom uiteindelik op ‘n skip - dieselfde skip waarop sy niksvermoedende prooi hom bevind.

Maar ook op dieselfde skip waarop Margarette van Alkmaar is, die beeldskone, wonder-sagte dogter van die man wat Mauritz van der Heiden haat soos hy geen ander mens op aarde haat nie.

Hy vind sy prooi uiteiendelik voor die punt van sy swaard, maar nie voordat hy teenoor homself moet erken dat hy Margarette liefhet nie. En dan neem die lewe sy eie loop. Mauritz se vyand word voor sy swaardpunt weggeraap. Daar breek ‘n dodelike siekte op die skip uit en hulle loop hulle in seerowers en seestorms vas.

Mauritz leer ontberinge ken, waarva hy in sy wildste drome nie geweet het nie. En deur dit alles bly sy liefde vir Margarette brandend. ‘n Liefde waaraan hy nie wil toegee nie, omdat sy die dogter van sy vyand is.

Elmar Steyn kry dit reg om verhale te skryf wat aksiebelaai is, maar tog is daardie heerlike Ou Kaapse romantiek fyn en kunstig deur alles gevleg.

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo

 

Elmar Steyn-DieKaapse vlinder

Die Kaapse vlinder - geskryf deur Elmar Steyn

Vir Estienne Bruwer is die lewe aan die Kaap besig om onuithoubaar te word. Tussen Ouma Belle, sy moeder, en sy lewenslustige, pragtige dogters, glo hy, word die goeie naam van die Bruwers stukkie vir stukkie vernieitg. Veral, besluit hy, lÍ die knoop by Francoise, verreweg die mooiste en gewildste van sy dogters - en verreweg die een oor ie die meeste gepraat en geskinder word tussen die adel van die Kaap.

En nog is dit nie die einde van Estienne se smarte nie. Die dag toe hy aankondig dat Francoise reeds lank gelede aan ‘n man, Rudolf de Hoogh, belowe is as vrou, het hy gemeen dat hy die losbandigheid van sy dogter gaan beperk. Maar helaas, hy is totaal verkeerd.

Dan kom die skip in die hawe aan, te midde van die gebruiklike rumoer en opgewondenheid van die inwoners, en die twee manne wat aan wal stap, en dadelik die meeste aandag trek, is Tinus de Hoogh en Lof Ryke. Lof Ryke wat heel gou net ‘n skuilnaam te wees vir Rudolf de Hoogh, die man met wie Francoise verplig is om te trou.

Francoise is nie bewus daarvan dat Rudolf de Hoogh en Lof Ryke dieslfde mens is nie, eweneens is Lof aanvanklik nie bewus van die onheilige verbintenis tussen Francoise en haar goeie vriend Pieter de Ryp nie. Wat hy wel weet, en waaroor hy gereeld aan die Goeweneur verslag doen, is die feit dat geheime inligting oor die beweging van skepe om die Kaap, uitlek.

En namate Lof die kwessie ondersoek, stuur die verhouding tussen hom en Pieter de Ryp onvermydelik op ‘n konflik af - een wat net deur swaarde of pistole besleg kan word.

‘n Kaapseverhaal soos net Elmar Steyn kan!

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

 

ElmarSteyn-OpdragHiang-Kiang

Opdrag Hiang-Kiang - geskryf deur Elmar Steyn

Pierre Terblanch - geheime agent X-0-30 - is op die spoor van Suid-Afrika se grootste vyande. ‘n Duiwelse plan is bedink om Suid-Afrika aan te val. Pierre kry net die geheimsinnige boodskap..... OPDRAG HIANG-KIANG

Dan is daar natuurlik die listige en beeldskone vroue - Jeanne, Rhoda, Micelle en Dana Chiba (laasgenoemde van Opdrag Suyaki) .... almal verleidelik en gevaarlik. Daar is die spannende motorwedren in Monaco, ‘n episode wat met gevaar en krag belaai is.

Opdrag Hiang-Kiang is vol intrige, avontuur en spanning!

Lees ook spionasieverhale deur Karel Kielblock

Lees ook spionasieverhale deur Eugene Naudť

 

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo

 

Lees meer oor Elmar Steyn (kort biografie) of van Elmar Steyn se verskeie gewilde Kaapse verhale

 

Elmar Steyn-hilgarse helde

Hilgar se helde - geskryf deur Elmar Steyn

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Elmar Steyn-kindersvan die sengeti

Die kinders van Sengeti - geskryf deur Elmar Steyn

Dit is die opvolg op die verhaal van “Die wit hings van Sengeti”. Albei is jeugverhale wat deur seuns en dogters geniet kan word.

 

Elmar Steyn se eerste boek oor die geheimsinnige wit perd wat sy verskyning op Sengeti gemaak het nl. Die Wilde Hings van Sengeti, was van meet af ’n treffer. Van oral het jong lesers gevra: “Wanneer kom die volgende Sengeti-boek?”

Dit het nou wel ’n tydjie geduur, maar Die Kinders van Sengeti gaan beslis net so gewild as sy voorganger wees. Uit die staanspoor is daar ’n krisis en word daar om die geliefde wit hings se lewe geveg.

Die drie kinders van Sengeti: Lati Dyksman, haar broer Siefert en Lennie Rabie vind later dat daar ook ander mense is wat in die spoghings belangstel. Wanneer die perd verdwyn begin die poppe voorwaar op Sengeti dans.
Die Kinders van Sengeti is ’n opwindende jeugverhaal wat deur seuns sowel as dogters geniet en waardeer sal word.

 

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

ELMAR STEYN die kruis op die klip

DIE KRUIS OP DIE KLIP deur Elmar Steyn

“Hardloop! Hardloop, kinders!” skreeu die onderwyseres en help die kleinste dogtertjies en seuntjies om weg te kom.

Vrees is soos waansin. Daar is konsternasie. Dit is Pieter wat nie gou genoeg uit die pad van die vloed kan kom nie. Almal aanskou nou in vrees en angs hoe Pieter deur die malende rooi modderwater meegesleur word. Niemand kan help nie…

So begin die nagmerrie-avontuur vir Pieter Viljoen. En net toe hy dink die einde het vir hom aangebreek, is daardie hand van Slenter Willemse wat hom na veiligheid trek.

Die man en seun is soos twee drenkelinge op ’n eiland aangewese op mekaar om aan die lewe te bly en mekaar te onderskraag. Dit word nie net ’n oorlewingstryd nie, maar elkeen word bewus van ’n groter eie-krag en deursettingsvermoŽ. In die seun sien Slenter nie net ’n weerspieŽling van sy eie kind nie, maar ook iets van homself. Vir Pieter word die worsteling van Slenter ’n simbool van oorwinning wat hom lewenslank sal bybly.

DIE KRUIS OP DIE KLIP is ’n jeugverhaal vir seuns en dogters wat meer as net ’n storie soek.

 

ELMAR STEYN kaapse kavalier

KAAPSE KAVALIER
 deur
Elmar Steyn

Afgesien van die Boesmans en die roofdiere was heersugtige en geldgierige amptenare stellig die grootste probleem waarmee die eerste vryburgers in die vroeŽ dae van die Kaapse volksplanting te doen gekry het. Telkens kon die burgers nie hul produkte aan die skepe verkoop nie, omdat die Goewerneur daardie reg eerste vir homself en sy produkte opgeŽis het.

Dit is teen hierdie agtergrond dat Elmar Steyn weereens met ’n tintelende verhaal in KAAPSE KAVALIER voor die dag gekom het. Hierdie keer is dit die geheimsinnige heer Patriot wat die stryd teen die Goewerneur voer. Hy tree altyd net op die kritieke tyd na vore om die leiding te neem…

En dan is daardie beeldskone Marlissa Veens wat onherroepelik in die komplot ingesleep word en wat magteloos moet toesien hoe sy elke keer die man wat sy liefhet, in groter ongeluk dompel.

As uitbeelder van die vroeŽ dar aan die Kaap het Elmar Steyn vandag gewis nie sy gelyke nie. KAAPSE KAVALIER is beslis een van daardie boeke wat die leser eenvoudig nie kan neersit voordat hy hom deurgelees het nie.

Lees ook Gerrie Radloff se DIE BUITER- reeks

Lees ook ander ou Kaapse verhale

 

 

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

 

Soen my swaard  Die Rooi Swaard  Die Vergetene

Mijnheer Galant  Die Huis van St Germain  Die Vlug van Francois du Buis

koop 'n boek 4

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

Bo

Lees meer oor Elmar Steyn (kort biografie) of van Elmar Steyn se verskeie gewilde Kaapse verhale

Taverne by die kaai- ou Kaapse verhaal deur Elmar Steyn

Soen my swaard  die gemaskerde ridder- Elmar steyn kaapseverhaal Opdrag Sukiyaki

Hilgar se Helde  Mijnheer galant 2- Elmar Steyn Drie Vroue is Twee Te Veel

 

koop 'n boek 4

Bo

Hilgar se Helde Au Revoir, Mademoiselle  Die vreemde erflating

Kaptein van Troewe 

 

 


Lees meer oor Elmar Steyn (kort biografie) of van Elmar Steyn se verskeie gewilde Kaapse verhale

koop 'n boek 4

Bo

Bo

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo

Lees ook Kaapse verhale deur Annelize Morgan

Lees ook verhale deur Naomi Maree

Lees ook Kaapseverhale deur Wille Martin

Lees ook Kaapse verhale deur Karl Kielblock

Bo

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Bo