http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Elmar Steyn

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Elmar Steyn
.

Klik hier vir ‘n lys van Elmar Steyn se boeke

ElmarSteyn-soenmyswaard

Soen my swaard - Elmar Steyn

Toe Antoine la Mont, die seun van die Franssprekende boer van agter die Hottentots-hollandberge, hom daardie sonnige dag na die ou Kaap begewe, het hy beslis nie geweet watter avonture op hom wag nie. Hoe sou hy ooit kon droom dat hy in sy pogings om geld te verdien om sy plaas te bly behou, midde in die Franse revolusie sou beland?

Maar die toekoms kon vir Antoine beswaarlik meer verrassings ingehou het as wat hierdie verhaal vol avontuur, speurvernuf en liefde. Weer eens vind ons die kranige jong Kapenaar wat teen die onmoontlikste weerstand in met volharding, en swaardvernuf sy meisie “oorkant die waters” gaan haal.

Tuis 2

Klik hier vir ‘n lys van Elmar Steyn se Kaapseverhale

koop 'n boek 4

 

ElmarSteyn-Diekruisopdie klip

Die kruis op die klip - Elmar Steyn

“Hardloop! Hardloop, kinders!” skreeu die onderwyseres en help die kleinste dogtertjies om weg te kom.

Vrees is soos waansin. Daar is konsternasie. Dit is Pieter wat nie gou genoeg uit die pad van die vloed kan kom nie. Amal aanskou nou in vrees en angs hoe Pieter deur die malende rooi modderwater meegesleur word. Niemand kan help nie...

So begin die nagmerrie-avontuur vir Pieter Viljoen. En net toe hy dink die einde het vir hom aangebreek, is daar die hand van Slenter Willemse wat hom na veiligheid trek.

Die man en seun is sooos twee drenkelinge op ‘n eiland aangewese op mekaar om aan die lewe te bly en mekaar te onderskraag. dit word nie net ‘n oorlewingstryd nie, maar elkeen word bewus van ‘n groter eie-krag en deursettingsvermoŽ. In die seun sien slenter nie net ‘n weerspieŽling van sy eie kind nie, maar ook iets van homself. Vir Pieter word die worsteling van Slenter ‘n simbool van oorlewing wat hom lewenslank sal bybly.

Hierdie boek (Die kruis op die klip) is ‘n jeugverhaal vir seun en dogters wat meer as net ‘n storie soek.

 

Klik hier vir ‘n lys van Elmar Steyn se boeke

 

koop 'n boek 4

 

Die giervalk - Elmar Steyn

Op ‘n koue Kaapse nag roei ‘n jong man, bekend as Egmond Verwey, uit na die seilskip wat pas anker gegooi het. Dis Die Giervalk, ‘n Hollandse skip wat vir hom baie bekend voorkom. Skaars het hy die skip bereik, of hy hoor ‘n gil deur die naglug klief. En toe ‘n plons in die donker water. Haastig roei hy in die rigting van die geluid en slaag daarin om die drenkeling aan die klere beet te kry voor die see nog ‘n slagoffer eis. Dis eers toe hy met sy sopnat en bewustelose vonds by die groot herehuis aan die voet van Tafelberg instrompel, dat hy ontdek dis ‘n vrou wat hy soos ‘n sak patats oor sy skouer gedra het. ‘n Beeldskone jong vrou in mansklere....

 

Die sjarmante verdringer - Elmar Steyn

In die jaar 1788 daag die jong vicomte Maurice de St. Croix na ‘n lang afwesigheidsjaar weer aan die Franse Hof van Haar Majesteit Marie Antoinette op. Uit die staanspoor jaag hy die ander edelmanne die harnas in, maar betower hy die jong dames. Want hy is skielik so anders as wat hulle hom onthou. Sy kleredrag, wat altyd somber en konserwatief was, is nou flambojant, en waar hy voorheen so stug en stemmig was, lag hy nou hardop, skerts met die manne en flankeer openlik met die jong vroue. Selfs sy verloofde, mademoiselle Gabrielle du Val, is verstom oor sy radikale verandering. Toe hulle, voor sy lang afwesigheid, in opdrag van koninging Marie Antoinette verloof geraak het, het sy geen erg aan die stugge, ongemaklike vicomte Maurice de St. Croix gehad nie. Maar noudat sy hom vir die eerste keer werklik leer ken, raak sy al hoe meer geinteresseerd in hom...

Tuis 2

Klik hier vir ‘n lys van Elmar Steyn se boeke

 

koop 'n boek 4

 

 

Drentelaar van die Kaapse kaai - Elmar Steyn

Elke skip wat in die Kaapse hawe invaar, word stip dopgehou deur ‘n man wat so onopvallend lyk dat niemand hom raaksien nie. Met sy verbleikte rooi trui en nousluitende swart broek, sy onversorgde hare wat met ‘n toutjie in die nek vasgebind is en ou, uitgetrapte pantoffels aan sy voete, lyk hy soos al die ander boemelaars wat op die kaai bedel wanneer ‘n nuwe skip kom anker gooi. Dis eers wanneer mens na sy oŽ kyk, dat jy sien hulle is blink en helder - intelligente oŽ. En dat daar, ongeag sy verslonsde klere, iets adelliks in sy houding is. Wie is hy, en wat voer hy in die mou?

 

Elmar Steyn-hilgarse helde

Hilgar se helde - Elmar Steyn

Wat gebeur wanneer twee vlieŽniers uit die twintigste eeu in die vreemde wÍreld van Scyttare en Scyttjorge beland? ‘n Land omring deur onbegaanbare berge waar die tyd stilgestaan het en die Afrikaner Harm Francen en sy Amerikaanse makker, Don Dempsey, hulle terug in die elfde eeu bevind.

Teen ‘n agtergrond van edelmanne, landhere, kastele, kryslustige soldate, skone dames, hoŽpriesters en gode, speel hierdie spanningsverhaal af.

Harm en Don word betrek in een geveg na die ander, hulle word die spilpunt van die verbitterde Lokar se haat en hoŽptriester , Krotan eis hul lewens vir die afgod Odon.

Burgeroorlog dreig, maar die beeldskone Hilgar, koninging van Scyttare, sien nie haar weg oop om die forse Harm en Don aan hul vyand uit te lewer nie.

 

Elmar Steyn-arabella

Arabella (Kaapseverhaal ) - Elmar Steyn

Hoe maak ‘n man wanneer hy sy kleinneef -wat maklik sy identiese tweelingbroer kon gewees het- dodelik verwond is in ‘n tweegeveg met pistole?

“Durand is ‘n opperste skurk,” se die sterwende edelman, Marcel de Cluny, aan Philippe Dupont. “As ek sterf, erf Durand my landgoed, my besittings en my titel. Dan sal hy Arabella, my peetkind, dwing om met hom te trou... Jy moet hom uit die weg ruim Philippe! Niemand ken jou nie. Almal sal dink dis ek wat teruggekeer het... Jy moet Parys toe gaan as .... Marcel de Cluney!”

Philippe is voŽlvry omdat tweegevegte aan die Kaap onwettig is - en hy voldoen aan die sterwende man se versoek...

 

koop 'n boek 4

 

 

Elmar Steyn-klawerjarvirn vrou

Klawerjas vir ‘n vrou - geskryf deur Elmar Steyn

Die fransman Arno de la Batte steur hom min aan die Kaap se skindertonge. Solank hy homself af en toe kan vermaak in ‘n tweedegeveg of met ‘n goeie bottel wyn, is hy ‘n gelukkige man.

Dat De la Batte oornag in lewensgevaar sou verkeer, en dit oor hy sy teenstander in ‘n potjie klewarjas geklop het, sou hy nooit kon raai nie. Hoe moes hy weet die beloning vir die aand se kaartspel is sy teenstander se wettige vrou?

Tuis 2

koop 'n boek 4

 

ElmarSteyn-DieRooi Swaard  ElmarSteyn-DieRooi Swaard2

Die Rooi Swaard - geskryf deur Elmar Steyn

Die eerste les wat Pieter le Riche in die tronk in die Kasteel leer, is om nooit ooit die adel te vervloek nie. Dit is die motto van sy nuwe vriend,Robert de Brecky.

Kort na hul vrylating vier jaar later, vertrek die twee vriende na Frankryk. Ek dit is hier waar Pieter se paaie kruis met die beroemde skermafrigter, Jacques Orminde. Gou word hy ‘n gedugte swaardvegter, en is hy gereed om hom op sy aartsvyand te wreek.

 

Klik hier vir ‘n lys van Elmar Steyn se boeke

 

koop 'n boek 4

 

Elmar Steyn-diemensevan Bergdal

Mense van bergdal - geskryf deur Elmar Steyn

Wanneer Ignatius Tyse na ses jaar se omswerwinge terugkeer na die Kaap, besef hy dis beter om ‘n skuilnaam te gebruik. Want die moord op die eienaar van die plaas Bergdal is steeds nie opgelos nie, en hy, Tyse word van die daad verdink... lees meer, kliek hier

 

Klik hier vir ‘n lys van Elmar Steyn se boeke

koop 'n boek 4

 

Tuis 2

Elmar Steyn-diehuisvan st. germain2

Die huis van St. Germain - geskryf deur Elmar Steyn

 

 

Elmar Steyn-opdragsukiyaki

Opdrag Sukiyaki - geskryf deur Elmar Steyn

 

 

Elmar Steyn-kaapse weer2

Kaapse weer - geskryf deur Elmar Steyn

 

Klik hier vir ‘n lys van Elmar Steyn se boeke

koop 'n boek 4