http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
![]() |
Ela Spence se boekreeks van meer as 300 romans, kleuterverhale en kleutergediggies, kinderboeke en jeugboeke, sluit onder andere die volgende in: Romans
Reisbeskrywing
Vir dogters
Kinderboeke
Omnibusse:
Ela Spence se omnibus : Suster Wanda 2 (handel oor Suster Wanda Snyman), 1971 uitgegee Lees ook : Lees meer oor die Florence Nightingale-reeks Die blinde orrelis -geskryf deur Ela Spence
Uur van betowering - geskryf deur Ela Spence "Van kleins af hunker Cecile Cloete na onbekende wonderdinge – die soeke na die betowering van volmaakte geluk. Die rustelose verlange bly haar by in haar skooldae asook haar universiteitsdae. Die soeke dryf haar later van haar vader se spog-erfplaas, Cloeteshoek, die plaas waarvan sy as enigste kind van welaf Pierre Cloete die erfgenaam is – die plaas waar sy vele ure van betowering deurgebring het.
Net vier dae - deur Ela Spence Vir haar kajuitmaat, Helga Kreitznet, was vier dae egter lank genoeg, want haar besluit was klaar geneem ... Vir Tommie en Trudie sou dit vier goue dae wees ... vier salige dae van hul eerste reis saam as jonggetroudes. Maar ‘n wolkie sou voor die son inskuif, want Dennis Cloete was ook op die boot... en Trudie het hom gevrees. Vir Belle Frazer was dit sommer net die eerste vier dae van weg wees van haar bekende omgewing af ... en ook van haar liefdesteleurstelling af. Van die reis het sy niks verwag nie... niks anders as ‘n begeerte om alleen gelaat te wees nie. Ook Mona Watson, die Engelse edeldame, het niks van die reis verwag nie. Vir haar was dit maar net deel van haar ewigdurende reis opsoek na ... wat? Ela Spence vleg die lewenspatrone van hierdie mense saam tot ‘n hegte, boeiende verhaal wat weer eens getuig van haar ervaring as romanskrywer.
Wanneer die liefde kom - deur Ela Spence Wanneer die Liefde Kom is ‘n diep menslike verhaal wat vertel van haat, jaloesie, lyding en selfsug—maar dit vertel ook van egtheid, byna bomenslike geesteskrag en opofferende liefde. Op ‘n klein dorpie, Dennehoek, groei Victor en Peet op in ‘n huis waar hulle omring word deur die toegewyde, beskermende liefde van hul ouers. Lulu, die buurdogtertjie, is vir hulle soos ‘n sustertjie in die huis. Op meesterlike wyse teken die skryfster vir ons die oorgang van kinderlewe na grootmenslewe, Victor en Peet raak albei verlief op die nou beeldskone Lulu, en vir haar is hulle soos vreemdeIinge in wie sy nie haar eertydse speelmaats kan herken nie. Die ongekunstelde kinderspel verander in ‘n verbete stryd waarin die onskuld plek maak vir ontnugtering en jaloesie. Ela Spence stel weer eens nie teleur met haar karakteruitbeelding nie. Die twee broers word gedurig teen mekaar opgeweeg: Victor, die briljante gevoelsmens wat moet stry om ‘n liggaamlike gebrek te oorkom, en Peet, die aantreklike, oppervlakkige een wat moet stry teen sy swakheid van gees. En tussen hulle deur beweeg Lulu. Lulu wat met haar onskuld en opregtheid weet hoe om in elkeen die beste na vore te bring. Sy het albei lief, want in hul kinderdae was albei vir haar soos broers gewees. Watter een van die broers sal oorwin? Watter een sal sy kies?
Die meisie van Kaapland - deur Ela Spence Hierdie boeiende, menslike verhaal deur Ela Spence is ‘n liefdesverhaal vol intrige en aksie. En ‘n mens kan bepaald romanse en spanning verwag as ‘n klein groepie met ‘n toerbus na ‘n vakansieoord in die Drakensberge reis en daar deur slegte weer in die huis vasgekeer word. In hierdie verhaal maak die leser kennis met verskillende karakters, sommige reguit en vriendelik, ander teruggetrokke van geaardheid en miskien ‘n bietjie geheimsinnig. Die belangrike vraag dwarsdeur die verhaal gaan om die persoon van Lorraine - Lorraine wat heel onverwags by die groep aansluit nadat sy in ‘n ernstige motorongeluk betrokke was. Oënskynlik ly sy aan algehele geheueverlies, alhoewel die dokter in die groep soms twyfel - maar wie kan werklik in die binneste van ‘n mens sien? Daar is ook Hubert en Cilma, wat op hul wittebroodreis is ... of is hulle? Die twyfel word al hoe sterker wanneer Hubert openlik vir die vrolike, lewenslustige Dienkie begin ogies maak. En Cilma lyk darem soveel ouer as haar bruidegom...
Zonnenhof- deur Ela Spence ,,Ek sal jou altyd liefhê, Bertha,” het Pieter Bensman gesê toe hy haar met haar verlowing gelukgewens het, ,,maar ek belowe jou dat my liefde jou noolt sal seermaak nie.” Dit was baie lank gelede en nou is Henk Verhoef dood en Bertha het alleen agtergebly met haar groot droefheid oor haar Iewensmaat en die verantwoordelikheid van Zonnenhof. Zonnenhof is ‘n blok van ses luukse woonstelle wat Henk kort voor sy dood laat bou het. Bertha het gevoel dat Henk dit van haar sou verwag om voort te gaan met hulle oorspronklike planne. Zonnenhof sou haar besig hou. Zonnenhof met sy vreemdsoortige inwoners: Dan was daar Tommie Steyn en Pieter Bensman, die twee vrygeselle, die vrolike De Witt egpaar en die geheimsinnige Anita Morelli wat elke aand as Zingarella in ‘n nagklub dans. Hoe sal hierdie mense se lewens Bertha se lewe beinvloed? Zonnenhof is ‘n roman vol verrassings en opwinding, maar ook ‘n roman met diep menslike emosies en hartseer soos slegs Ela Spence dit kan skryf.
Die smal voetad- deur Ela Spence
Sirene in die nag- geskryf deur Ela Spence In die verhaal / roman maak die leser kennis met verskeie karakters , almal mense verbonde aan ‘n groot plattelandse hospitaal. Op die oog af is al die dokters, die verpleegpersoneel, die hulpwerkers toegewyde, bekwame mense, maar soos die geval maar met enige groep mense is, het elkeen van hulle sy eie drome en begeertes, sy eie vrese - vrese wat verband hou met die geloei in die nag. Die boek is die eerste keer in 1976 deur J.P van der Walt en seun uitgegee
Afspraak om vieruur Hulle was saam op universiteit — vyf meisies met uiteenlopende geaardhede. Daar was Jolanda Stewart; aantrekljk en baie bewus daarvan. Dan was daar die muisvaal Bettie Cloete, maar sy het daaraan geglo dat as jy liefhet dit jou innerlik sowel as uiterlik mooi maak. Mitzi Bornman weer, was ‘n vrolike rooikop. Colleen was die witkop en Louise die stil een. Terwyl hulle een aand saam in Jolanda se kamer gesit en gesels het, het hulle gewonder wat die dag van more vir hul inhou. ,,Kom ons reël om oor tien jaar weer bymekaar te kom — ons vyf,” het een van die meisies aan die hand gedoen. ,,Dit sal interessant wees om na te gaan in watter riging die lewe elkeen van ons gelei het.” En toe word die afspraak gemaak — ‘n afspraak om 4 uur op 5 November; tien jaar van daardie dag af. In Afspraak om Vieruur teken Ela Spence die lewensverhaal van vyf jong meisies — vyf meisies Wat elk ‘n eie rigting ingeslaan — en wat elk ‘n deeltjie van die lief en leed van die lewe ontvang het. Dis ‘n menslike verhaal wat die leser laat besef dat die lewe so baie uitdraaipaadjies het dat almal nie daarin slaag om by geluk uit te kom nie.
Silwerbrokaat - geskryf deur Ela Spence . Uitgegee deur Daan Retiefuitgewers, 1981 Wanneer Margaretha Verschuur op haar 70ste verjaarsdag terugkyk, sien sy haarself waar as Grietjie - die arm witkopdogtertjie van Lena Marais - die ryk Verschuurs se kleremaakster. Haar gedagtes kry koers na haar armoedige jeug en sy kan nie glo dat sy nou in weelde wag op haar drie kinders se verjaarsdagbesoek nie. Haar oudste seun Hans en sy vrou Cecile sal enige iets doen om die Verschuurs-tradisie te laat oorleef. Hulle hou egter nie rekening met hul enigste dogter, Retha, wat dieselfde integriteit as haar ouma het nie .... Bertha en haar man Curt se kinderlose huwelik werp al simpatie. Dis veral Lydia, die jongste spruit, se geheimsinnige optrede wat haar laat besluit dat hierdie verjaarsdagaand anders moet verloop... Hoewel die hele verhaal om hierdie een enkele gebeurtenis geweef is, neem die spanning toe, dat die afloop ‘n verrassende onthulling is.
Anderkant die skaduwees - geskryf deur Ela Spence . 1976 uitgegee
‘n Gloed van vuur - geskryf deur Ela Spence
Die silwer bron - geskryf deur Ela Spence In die Transvaalse Laeveld (deesdae Mpumalanga) het Ernst de Flamingh gekry waarna hy in sy nuwe vaderland gesoek het: Die ideale plasie, met soetgeurende blomme en milde sonskyn, Ja, sy Wia Mara het hy gevind. Hier sou hy saam met sy familie woon en gelukkig wees. Op Wia Mara is vier rondawels en Ernst besluit om dit aan uitgesoekte gaste te verhuur. So kry ons dan vir Dries en Carla Swart, met hul dogtertjie Suzanne, Martie Gouws, Gert en Letta Leukner, en Leon Theart hier bymekaar : elkeen met sy eie geheime, sy eie drome, sy eie begeertes. En ook Marghilda, enigste dogter van die eienaar, wat self ‘n gekneusde hart het wat nie wil genees nie. Hier vind die inwoners die stilte, die rus en die privaatheid waarna hulle almal smag ... en hier hoop hulle om ook genesing vir die gees te vind....
Lucie Labelle - geskryf deur Ela Spence
Ek sal onthou - geskryf deur Ela Spence . 1967 uitgegee deur J.P van der Walt en seuns wat die meeste van haar ongeveer 300 romans uitgegee het. Hierdie is die verhaal van ‘n vader en sy seun .. . en die vroue in hul lewens. Gideon Holme is die idealistiese jong teologiese student, besiel met ‘n innerlike vuur, ‘n drang om sy medemens te dien. Gedurende sy finale jaar aan universiteit neem hy gereeld vir Beppie uit, en alhoewel daar geen sprake is van vaste verhouding nie, is dit vir al hul vriende duidelik dat die twee sielsgenote is en almal verwag stellig dat daar na die finale eksamen ‘n verlowing aangekondig sal word. Maar Gideon kies nie vir Beppie nie; sy keuse val op die beeldskone, oppervlakkige en nie te intelligente Ellen. Deon is Gideon se seun. Die karaktervastheid en geloof wat hy van sy vader geërf het, onderskraag hom, maar tog bly hy soekende .. . soekende na die vastigheid, die sekuriteit vat hy in sy jong lewe nie geken het nie. Teen sy sin raak by verlief op Celia, wat in so vele opsigte aan sy eie moeder herinner. Hy plaas haar op ‘n voetstuk, idealiseer haar, maar moet uiteindelik tot sy ontnugtering vind dat sy voete van klei het. Verbitterd vertrek by op ‘n oorsese reis en land uiteindelik aan in Oberammergau, die dorpie waar die Passiespel opgevoer word. Hierdie verhaal strek oor meer as een geslag. Dit kan nie as ‘n familieverhaal beskryf word nie . . . tog is die familie die deurlopende draad van die verhaal. Dit is ‘n verhaal van teleurstelling, van verhittering, maar ook ‘n verhaal van nuutgewonne geloof en vertroue.
Geskryf deur Ela Spence - Gee my die herinnering Lees ook Madeleine....
Geskryf deur Ela Spence - Haar geleende kroon
Drie mans en Maria - geskryf deur Ela Spence Die een uitstaande kenmerk aan Maria, die weeshuisdogtertjie, was haar groot oë, altyd soekende en hunkerende na iets. Sy het nooit ouerliefde geken nie en daarom het Brenda, ook ‘n weeshuisdogter ‘n paar jaar ouer as Maria, se vriendskap vir haar so baie beteken. Brenda was haar enigste vriendin en het dit deur die jare wat gevolg het, gebly. Na Maria matriek geslaag het, het sy een duidelike doel voor oë gehad—sy sou spaar en die ver lande besoek, want sy het geglo dat sy dáár uiteindelik die geluk en liefde sal vind waarna sy nog altyd soek. Met hierdie doel voor oë aanvaar sy ‘n betrekking by ‘n reisburo en begin ywerig te spaar. Sy stel glad nie belang in die teenoorgestelde geslag nie, want hulle sal net haar doel verydel. Toe verskyn Xander Larsen, die tydelike bestuurder van die reisburo op die toneel en Maria verloor haar hart. Haar geluk ken geen perke nie toe Xander toon hoe by teenoor haar voel en voorstel dat sy saam met hom gaan wanneer hy teruggaan Nederland toe. Sy sal uiteindelik die plekke sien waarvan sy gelees en waaroor sy nog net kon droom het! Maar, Maria moes uitvind dat haar held voete van klei het—’n droom het in die niet verdwyn en ‘n toekorns sonder hoop het voor haar gelê. Om Xander te vergeet gaan Maria na Durban met vakansie. Daar ondervind en geniet sy die vriendskap van ander jongmense en ontmoet ook vir Dewald Coulyn. Haar bewondering vir hierdie man as intelligente wetenskaplike en fyn beskaafde mens neem met die tyd toe en sy beskou dit dan ook as ‘n groot eer wat by haar aandoen toe by haar vra om sy vrou te word. Sy weet haar eerste liefde is by Xander, maar sy sal hierdie man ook kan liefhê en sal probeer om hom gelukkig te maak. As mevrou Coulyn ondervind Maria die weelde van ‘n groot, gerieflike huis, ‘n pragtige tuin en duur klere—dinge waaroor sy as weeshuisdogter net gedroom het— maar die geluk en liefde waarna sy van kleins af soek, ontbreek. Waar sal Maria die geluk uiteindelik vind, of is dit nie vir haar beskore nie? Moet sy eers leer dat geluk nie in die ver en onbekende lê nie, maar in die alledaagse, die bekende. . .?
Die gelukkige ure - geskryf deur Ela Spence
Die weduwee van Izpah - geskryf deur Ela Spence
Eiland van die liefde - geskryf deur Ela Spence
Die bepaalde uur - geskryf deur Ela Spence
Madeleine - geskryf deur Ela Spence Madeleine is die fyn, opregte meisie wie se gees so ‘n knak gekry het toe haar huwelik op die rotse beland en sy nog boonop haar baba verloor het. Maar gelukkig kon dokter Jan Walters haar weer help om op die regte pad te kom, daar in sy kliniek, Monsmare, by Kelpersbaai. Dokter Jan het vir Madeleine baie goed leer ken, en sy vir hom. . . en tussen hulle het ‘n liefde tot stand gekom soos wat daar nooit tussen haar en Casper bestaan het nie. Jan en Madeleine is egter nie die enigste mense op Monsmare nie, Daar is nog Deon, die altyd eensame; liewe Kathy wat haar probleme probeer vergeet deur saam met die karakters in haar boeke te leef; Derrick, die geneesheer wie se gewete hom aankla omdat hy sy plig versuim het; suster Flossie Hoogenhout, Monsmare se pragtige verpleegster wie se oë net so groen is soos die see... Hierdie karakters, en nog meer, se verhale, se lief en Ieed, is die draad waarmee die kleed van hierdie verhaal geweef is. Met sommige het ons reeds kennis gemaak in Gee My die Herinnering, die voorganger van hierdie boek, wat hoofsaaklik die verhaal van Madeleine en Casper vertel het. Ander karakters verskyn nou vir die eerste keer op die toneel, en dra hul deel by om die verhaal in sy geheel af te rond. Maar steeds bly dit hoofsaaklik die verhaal van Madeleine. Madeleine en haar groot liefde vir dokter Ian...
Mooier as ‘n droom - Ela Spence Sy was elfjaar oud,hy ‘n matriek seun, toe Carl Havenga geweet het: hy het Nicola van Coller lief. Maar hy kon toe al nie praat nie, want daar het lang studiejare vir hulle albei voorgelê. Hy het gewag todat sy volwasse was voordat hy gepraat het met die nooientjie wat haar altyd as sy suster beskou het. Maar sy het haar ore toegedruk en gesê : “Nee, Carl, jy is my broer! Ek kan nie met jou trou nie en ek weet nie wat liefde is nie...” Sy het gevlug na Wenen, die stad waarheen haar vader haar wou neem maar deur sy ontydige dood verhoed is. En in wenen het sy vir Rolf Gessner ontmoet; Rolf, wat haar geleer het wat liefde is en hoe volmaakte geluk smaak. Maar kan volmaakte geluk ooit blywend wees? het sy later gewonder. Is die nie maar net ‘n mooi droom nie? Jare later op lange laas het die waarheid gekom: die werklikheid kan selfs mooier wees as ‘n droom....
Drie maal het die uil geroep - geskryf deur Ela Spence Hy neem haar smal gesig tussen sy hande en kyk lank in haar donker oë.... Hy aanvaar dat sy hom liefhet omdat haar omhelsing so vurig is, haar soene so wild en onbeheers.... Sy weet hy sal haar nooit verlaat nie. Sy sal so diep onder sy vel inkruip dat dit vir hom soos ‘n verdowingsmiddel sal word waarsonder hy nie meer sal kan klaarkom nie. Sy sal hom lok, maar die belofte wat uit haar gloeiende oë straal, sal ‘n voorwaarde hê: die voorwaarde van ‘n huwelik wat eers gesluit sal moet word voordat sy haar sonder voorbehoud aan hom sal oorgee... Johanna van Claerte het Frazer de Melior nie liefgehad nie, maar sy wou die meesteres word van die herehuis, Drie Palms. Sy was ‘n harde, selfsugtige vrou, maar Frazer kon haar nie weerstaan nie, al het haar suster, Salomé, hom liefgehad - Salomé wat dierbare meisie was, so anders as Johanna. ‘n Fortuinvertelster het vir Salomé het voorspel dat die man wat sy liefgehad het haar sou seermaak en dat daar baie storms sou wees voordat die son van geluk weer vir haar sou skyn. Die storms het nie net haar lewe nie, maar ook in Drie Palms gewoed. Nogtans het die son van geluk weer, soos altyd, geskyn, maar eers nadat die uil drie maal geroep- en drie mense onnatuurlik gesterf het ... Hierdie aangrypende menslike verhaal van die gewilde skryfster, Ela Spence is iets besonders - nie net omdat dit ‘n besonderse liefdesverhaal is nie, maar ook omdat die terselfdertyd ‘n meevoerende spanningsverhaal is.
Die dogter van Jan Verdoren - geskryf deur Ela Spence
Cristina - geskryf deur Ela Spence , 1964 uitgegee
Onbekende lied - geskryf deur Ela Spence Die dorpie lê soos ‘n juweel in die goue glorie van die son en skitter. Die songlans sprei ook oor ‘n manjifieke toneel van sneeubedekte berge en bosse, ‘n Negetal Afrikaners wat nou die hoogtepunt van hul Switserlandavontuur nader, voel asof hulle ‘n wonderdroom inry. ‘n Paar weke lank loop hierdie nege mense se paaie saam, en dog bly elke hart die middelpunt van sy eie wêreldjie - aparte wêrelde van ekstase en verdriet, liefde en afguns, pret en hartseer. Toe hulle Arosa nader, is hulle egter ‘n paar oomblikke lank eén, verruk deur die oorweldigende natuurskoon. Tantie druk die ander se ontroering uit: ,, Hoe kan ‘n mens hierdie magtige, blinkwit skoonheid in woorde omskep? Waar vind ‘n mens ooit die woorde om die reinheid van ongeskonde sneeu weer te gee?” Die bekoring van die aangrypende natuurskoon het ‘n merkwaardige uitwerking op party lede van die klein reisgeseiskappie. Gevoelens ongevraagd en onweerstaanbaar. Cora Brink vind daar die antwoord op die vrae wat haar gees en haar lewensuitkyk nou al maande lank verdof. In die dartelende Bienkie ontwaak daar ‘n groot liefde en ‘n groot smart. Gert is nie meer baas van sy hart nie. ‘ En Rudolf? Hy het nie kon droom dat sy kalmbesadigde gees so ‘n gevoelensopwelling kon beleef deur ‘n ‘vrou met ‘n kersierooi rok wat ‘n vlek maak teen die sneeu. Die skryfster neem ons met haar bedrewe pen, saam met hierdie klompie mense op reis. Sy laat ons die vervoering van die natuurskoon en die wonder van ou en nuwe kulture met hul, sintuie belewe. Maar veral gee sy ons ‘n fyn-sielkundige insig in die dieptes van elke gemoed. Die spanning van die aangrypende liefdesverhaal tussen twee volwasse mense word skerper geëts teen die agtergrond van die Europa-panorama ... deur die magiese atmosfeer van avontuur en vreemdheid wat soos ‘n onbekende lied in ons ore aanwaai.
Florence Nightingale-reeks (nommer 2) ‘n Verhaal van Wanda Snyman (verpleegster)
Florence Nightingale-reeks Sonskyn en skaduwee (Florence Nightingale-reeks no 4) Inoud:
Drama in die nag (Florence Nightingale-reeks no 5) Inhoud:
Vrou uit die vreemde - Ela Spence Klein kring van die liefde - Ela Spence
Die uitdraaipad - Ela Spence “Hierdie ou boom is my getuie,” het Lulu Marais lughartig daardie oujaarsaand gesê toe Ernst Spranklend haar van sy liefde vertel het. “Daar is geen getuie nodig nie,” was Ernst se versekering. “Die groot liefde wat ek vir jou in my hart koester, sal genoeg daarvan getuig en dit sal jou altyd omring.” Hoe vreemd het daardie een woord vir haar geklink en, sonder dat sy eintlik bewus was daarvan, het sy dit hardop herhaal: “.... altyd...?” En toe hie die verskriklike ongeluk plaasgevind, waarvoor Ernst verantwoordelik was, en wat Lulu blind gelaat het. Hoe gaan dit hulle lewe affekteer? Gaan Ernst sterk genoeg wees om rigting te hou? Gaan sy liefde groot genoeg wees om al die leemtes wat nou in haar lewe gaan kom, aan te vul?
Goue sleutels - Ela Spence Zanti en Karen Kelishoff was tweelingsusters. Hulle moeder het hulle vroeg reeds ontval, en saam met hul vader, Dawid Kelishoff, het hulle daarna die lief en die leed van die lewe gedeel. Toe die tweeling 21 jaar oud word, is daar op ‘n verjaardagpartytjie ‘n goue sleuteltjie aan elkeen gegee . . . om die deur na geluk vir hulle oop te sluit! Maar op dieselfde partytjie het Karen en Zanti vir Ferdie Bouwer, ‘n jong Vrystaatse geneesheer, ontmoet. In die twee se lewe sou Ferdie later nog baie ongeluk en ook baie geluk bring. Sowel Zanti as Karen het dadelik tot Ferdie aangetrokke gevoel, en dit was vir die eerste vervreemling tussen die twee verantwoordelik; tussen Zanti, die stil en stemmige dogter, en Karen, die vurige impulsiewe suster. Toe Ferdie se keuse op Zanti val, was die ontnugtering vir die vurige Karen so groot dat dit haar losgeruk het van die ankers wat haar dusver op die regte pad gehou bet. Om uit die geselskap van Ferdie en Zanti te vlug, het sy heel gou in ‘n vriendekring beland wat haar nog verder die spoor sou laat byster raak. Diep in haar hart het Karen die wete gebêre dat sy haar goue sleuteltjie wat sy ontvang het toe sy 21 jaar oud geword het, verloor het In drank het sy begin uitvlug soek en daarop het die agteruitgang vinnig gevolg, so vinnig dat sy vrywel reeds verlore was toe die gety gekeer het! GOUE SLEUTELS is ‘n roman uit die lewe. Dit het ‘n sterk godsdienstige strekking en veral die laaste paar hoofstukke sal vir menige leser wie se lewenspad miskien skeef begin loop, help om die korrels van die kaf te skei.
Suster Suzanne - Ela Spence “Ons moet leer om sterk genoeg van gees te wees om ons nie net blind te staar op die son nie, maar ook te kan dankie sê vir die koelte wat die skaduwees bied, al gaan daardie koelte gepaard met teleurstelling en ontnugtering!” het dokter Gawie Fourie vir suster Suzanne Steenkamp gesê, en toe het sy ontdek dat die kortaf, stug dokter die warm hart van ‘n gevoelsmens het. Maar sy kan nie toelaat dat ‘n man toegang kry tot die skuilplekke van haar hart wat sy reeds lank toegegrendel het nie. Gawie het gebuk gegaan Onder die pyn van ‘n gebroke huwelik en hy het weggevlug van Pretoria af hier na die Kaap toe, waar by vir suster Suzanne ontmoet het— en ook vir Bertus Roets, die verlamde pasiënt wat haar liefgekry het. Maar daar het baie jare gelede iets in Suzanne geknak, sodat sy nog nooit aan die liefde geglo het nie. Sou Bertus uiteindelik daarin slaag om haar hart te verower, of sou dit Gawie wees wat haar weer geloof in die liefde sou gee? Suster Suzanne deur Ela Spence is ‘n aangrypende hospitaalroman wat die leser nog lank sal bybly Lees ook die Florence Nightingale-reeks Lees ook boeke van Ena Murray Lees nog hospitaal romans deur Wille Martin
Klank van kastanjette Terwyl Seville nog in ‘n feestelike gewaad geklee is vir die Corpus Christi-fiësta, trek Madeleina en haar groep sigeuners uit hul vaderland, Spanje, weg. Toe hulle in Suid-Afrika is, word dit tyd dat Juanita, Madeleina se oogappel en enigste kind, se eersteling gebore word, Hulle kampeer naby Nelspruit om vir die wonder oomblik van geboorte voor te berei. Madeleina stap dorp toe om vir Juanita vars melk te gaan koop. Om ‘n onverklaarbare rede stap Madeleina by ‘n vreemde, imposante woning langs die hoofweg in, waar sy verneem dat daar die nag ‘n dogtertjie in die huis gebore is. Terug by die kamp word daar onverwyld voorbereidings getref vir die geboorte van die nuweling. Madeleina dring daarop aan om Juanita alleen by te staan, daarom is dit ook net Madeleina wat weet dat Juanita se dogtertjie doodgebore word ... Met ‘n beklemmende angsgevoel besef sy dat die nuus Juanita se dood kan beteken. Oombliklik weet Madeleina wat haar te doen staan. In Klank van die kastanjette word die leser deel van die vreemde, rustelose, polsende wêreld van die vurige, swerwende sigeuners. Lees ook Wille Martin se boek “Prinses van harte”
Die blinde orrelis Dit is my besondere voorreg om baie van ons jongere en ouere Afrikaanse skrywers en skryfsters persoonlik te ken. Die paar wat ek nog nie persoonlike ontmoet het nie, sal ek ken wanneer ons mekaar eendag raakloop, want uit die aard van my werk ken ek reeds hulle werk. In die geval van Ela Spence is dit vir my ’n dubbele voorreg, nie soseer omdat sy vandag een van die gewildste skryfsters in die land is nie, maar omdat ek haar ook as mens leer ken het. Daardie voorreg ondervind elkeen wat Ela Spence se groot aantal romans en ander boeke lees, want soos haar wek is, so ook is sy.
Sybil Steyn Stefan Fichardt se innige en intense liefde vir die sprankelende Sybil Steyn het van meet af ‘n ondertoon van leed en onrus ingehou. Veral toe dit skyn of hy sal moet terugstaan vir sy boesemvriend Dennis, toe dié Sybil om haar hand vra. Tot Stefan se diepe vreugde is dit egter tog hý wat haar hart wen. ‘n Blitsromanse volg en in die eerste idilliese ruk van hul haastige huwelik lyk dit of die lewe hulle slegs toelag. Maar nie Stefan óf Sybil was bedag op ‘n beproewing waarin elke greintjie innerlike krag gelouter sou word nie. Ook nie op hoe dit die lewens van almal om hulle sou raak nie. Lees ook verhale deur Dricky Beukes Lees ook verhale deul Ena Murray Lees ook verhale deur Toek Blignaut
|