http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php dr Jan van Elfen

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Dr Johannes Jacobus (Jan) van Heerden (29.12.1926 – 23.9.2007)

Dr Jan van Heerden, alom bekend en bemind as die die skrywer Jan van Elfen, is op 23 September 2007 in die ouderdom van 80 jaar in sy huis in Prince Albert oorlede.

Johannes Jacobus van Heerden is op 29 Desember 1926 gebore op die plaas “Geluk” in die distrik Middelburg, Kaapprovinsie. Sy gesin het dit nie breed nie, maar hy slaag matriek in Mosselbaai en betaal daarna vir sy eie mediese studies aan die Universiteit van Kaapstad. In 1950 behaal hy sy M.B.ChB en doen daarna wyd locums. Later open hy sy eerste praktyk in Harrismith. Hier op Harrismith trou hy in 1955 met Elfabie Schwim. Hulle maak saam vier kinders groot: Rouan, Heidi, Carel en Ilse.

Dr. Jan was ‘n kort rukkie assistant-redakteur van die S.A. Mediese Tydskrif, maar kantoorwerk het hom nie gepas nie! As gewilde algemene praktisyn het hy in ‘n hele aantal praktyke gestaan totdat hy hom vestig as stigter en eerste dokter van die Gesondheidsdienssentrum van die Universitiet van Stellenbosch (vanaf 1974-1987). Hier gee hy dan ook spesiale aandag aan sportbeserings.

Dr Jan van Elfen boeke
Benewens dat dr Jan ‘n goeie dokter en skrywer was - ondermeer van 17 boeke en meer as 4000 artikels en rubrieke - was hy ook ‘n natuurmens, kunstenaar, sportkenner, wynliefhebber en het die lewe tot sy volle geniet. Tot nog kort voor sy dood het hy ‘n weeklikse mediese artikel in die Volksblad, geskryf. As student het hy elktra inkomste verdien deur sport-spotprente onder die skuilnaam Janus, vir koerante te teken. Hierdie talent herleef weer na sy her-aftrede op Prince Albert. Hier op Prince Albert maak hy karaktersketse van dorpenaars vir die plaaslike koerant, “Vriend” en stig saam met Helena Marincowitz die Prince Albert Skrywersgilde. Verder dra by tot die gilde se boek Prince Albert, Kweekvallei en teken saam met Hendrik Mostert “Die hel se rate” op. Hy skilder graag en bly op die hoogte van wat in die mediese veld gebeur deur wyd te lees asook om die internet te fynkam.

Die Van Heerdens gaan tree af op Onrus, maar na twee jaar verwesenlik dr Jan ‘n lewensdroom toe hulle in 1995 uitwyk na die wye klein-Karoo. Hulle vestig hulle op Prince Albert en weer rig Elf ‘n egte kuierhuis in met ‘n ruim braaiplek. Dokter Jan se bydrae was die aanplant van ‘n veldtuin om sy nuwe spreekkamer.

Prince Albert en sy mense was besonder bevoorreg dat Jan en Elf hier kom aftree het en verder dat hy bly praktiseer het. Hy het graag gesÍ: “Siek mense is my stokperdjjie”. Sy insig en kennis in die mediese veld was indrukwekkend en hy het dit uitstekend saamgevat in tallose rubrieke in tydskrifte en veral in sy boek ”Dokter in die huis” – wat ‘n kroonboek was by Leserskring en vandag nog baie gesog en in aanvraag is.

Twee en vyftig jaar lank het Elf hom onbaartsugtig gesteun en ondersteun. Sy het manuskripte getik en help versorg, sy het pasiŽnte bemoedig, sy het in die spreekkamer gewerk en geadministreer, sy het sy lewe en sy werk met groot deernis gedeel.

Lees meer van dr Jan van Elfen se lys van boeke.

Lees ook Sue van Waart se boeke oor die gebied

dr Jan van Elfen-Wat meisies wil weet ouerskap

Wat meisies wil weet - dr. Jan van Elfen

dr Jan van Elfen-Babasorg1982

Babasorg - dr. Jan van Elfen

Lees meer van dr Jan van Elfen se lys van boeke.