http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Douwlina Grobler boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Douwlina Grobler se lys van boeke sluit in:

  • Liewe Boet - boek deur Douwlina Grobler
  • Met liefde van Anita, 1972 - boek deur Douwlina Grobler
  • Haar naam is Mandie (‘n ware verhaal), 1980 - boek deur Douwlina Grobler
  • O, Om Ma Te Wees - boek deur Douwlina Grobler
  • Vereffening - boek deur Douwlina Grobler

 

DouwlinaGrobler-Haarnaamis Mandie

Haar naam is Mandie (‘n ware verhaal) - deur Douwlina Grobler

Die verhaal van Mandie is waar. Die skryfster het fiktiewe name gebruik, maar die aangrypende verhaal van ‘n klein pleegdogtertjie en die gesin wat haar in hulle huis en harte geneem het, is waar.

Dit is die verhaal wat van die eerste bladsy af boeie en roer. Klein Mandie met die sielvolle bruin oŽ van die leser vas net soos sy haar pleegmoeder met daardie eerste onvergeetlike ontmoeting oorrompel het.

Doulina Grobler slaag daarin om die siel van hierdie merkwaardige kind weer te gee. Ook die ander huismense en veral die pleegmoeder kry gestalte, maar dis Mandie en haar lotgevalle wat die leser bybly selfs lank nadat die laaste bladsy gelees is.

Niemand wat hierdie boek gelees het, sal ooit wwer onverskillig staan teenoor weerlose kinders wat ouerliefde en liefdeloos die lewe moet begin nie. En niemand sal onbewus kan bly van die groot liefde van diegene wat hulle oor hierdie kinders ontferm nie.

 

DouwlinaGrobler-metliefdevan anita

Met liefde van Anita - deur Douwlina Grobler

‘n Huwelik stuur op ‘n ramp af - verstik in die dinge wat materiŽle welvaart bring. Bennie, die knap ingenieur, die slim sakeman, die steunpilaar in die gemeenskap, dryf al verder wag van sy gesin. Hy is nie meer die romantiese held van weleer wat op sy bromponie letterlik Anita se voete onder haar uitgeslaan het nie. En Anita? Wat is haar aandeel aan die mislukkig van hulle huwelik?

Na agtien jaar se getroude lewe voel Anita sy kan nie meer nie. Haar gees is afgestomp. Hulle huisdokter raai haar aan om ‘n paar maande in ‘n nuwe omgewing te gaan sielerus vind. Twee of drie maande sal sy en Bennie van mekaar af wees - met alle bande verbreek. Miskien vir altyd.

Op ‘n eensame Karooplaas probeer Anita haarself weer vind. Haar gedagte is in ‘n warboel. Om hulle te orden, skryf sy briewe aan Bennie - Briewe wat nie bedoel is om gepos te word nie.

In hierdie nege stuks briewe word die verhaal vertel van ‘n verskynsel van ons tyd ... ‘n siekte van die moderne lewe vol sukses, vol materiŽle welvaart, maar wat die blywende lewenswaardes nie meer het nie.

Anita kerf haar huwelikslewe oop tot op die been en ons kry ‘n intieme kykie in haar hart van ‘n fynbesnaarde vrou wat smag na die spontane en gelukkige eerste jare van haar huwelik, maar wat tog ook realisties genoeg is om te besef dat die mens saam met sy lewe moet groei.

 

koop 'n boek 4

 

 

 

Die volgende artikel het by www.liznet.co.za verskyn

Op die kop twaalfuur klop ek aan Fanus Rautenbach se deur in die Arkadia-oudehof, soos hy dit noem. Ek is nie seker op wie se gesig die verbasing die grootste is toe Fanus die deur oopmaak nie. Ons het afgespreek om sy legendeskap te gaan vier by The River Club … die T-hemp en boksbroekie gaan nie werk nie. Ons lag lekker. Fanus vertel hy het tot in die vroeŽ oggendure gesit en werk voor die rekenaar. Die afgelope paar dae was oorvol onderhoude en oproepe sedert bekend gemaak is dat hy met 27 000 stemme aangewys is as die radiolegende van die afgelope 70 jaar. Na sy vroegoggend-onderhoud met ’n radiostasie in Nieu-Seeland wou hy nog bietjie rus.

’n Uur of wat later sit ons elkeen met ’n Windhoek en kyk deur die spyskaart. "Tongvis," besluit Fanus, "’n omroeper moet tongvis eet." En toe begin ons oor sy lewe gesels.

Laat ons by die begin begin. Jy is 23 September 1928 op Lichtenburg gebore. Wat is jou heel eerste herinnering aan die tyd op Lichtenburg?

Daar's baie herinneringe, maar my heel eerste … Ek het op ’n donkie gery, ek was vier jaar oud. Ek moes die donkies gaan haal in die veld, want my pa wou hulle inspan. Ek het agterstevoor om gery en aan sy stert vasgehou. Toe jaag die foksterriŽrs ons en ek gly af en daar hang ek onder die donkie se pens. Die honde het geblaf-blaf en ek moes maar laat los. Die ander donkies het gemaal om my, maar gelukkig het hulle my nie raakgetrap nie. Van toe af is ek bang vir honde, ’n verskriklike vrees … Dit het ’n groot indruk op my gemaak.

Fanus is ’n legendariese storieverteller; die een storie rol uit op die ander …

Daar’s nog ’n donkiestorie. Langs ons het oom Wouter du Preez gebly. My pa koop toe ’n donkie by oom Wouter en hy sÍ vir my pa: “Jy moet mooi praat met die donkie, moenie aan hom slaan nie.” Ons span hom toe in voor die eenskaarploeg en die donkie steek vas – hy's letterlik so steeks soos ’n donkie. Gaan roep toe maar vir oom Wouter en sÍ die donkie wil nie loop nie. Hy sÍ: "Man, julle verstaan nie donkies nie." Hy pluk sommer daar@ĢŅū8rsketak af, loop na die donkie toe, kyk hom so in die oŽ en slaat hom oor sy neus. En daar trek hy. My pa sÍ: "Maar jy het dan gesÍ ek mag nie die donkie slaan nie!" "Nee, nee," sÍ oom Wouter, "ek het hom nie geslaan nie, ek het net sy aandag getrek." En ek het dit onthou toe ek later jare onderwyser was. Ek het nie die kinders geslaan nie, ek het net hulle aandag gekry.

Jy het nŠ Normaalkollege op Groblersdal gaan skoolhou as Afrikaans-onderwyser. Het jy dit as ’n roeping gesien?

Ja, ek wou niks anders doen nie. Die hoof van Keurboslaan – dit was ’n boek soos my Bybel. Daardie man was ’n held vir die skoolkinders en hy was my held. Ek wou nie ’n hoof wees nie, ek wou net ’n onderwyser wees en in die koshuis bly. Maar toe land ek op Groblersdal en dit was net te warm. En dis hoe ek by die radio uitgekom het.

Eendag het ek in die gang gelÍ – dit was die enigste plek wat koel genoeg was – en blaai deur die koerant. Toe sien ek die advertensie: "Draaiboekskrywer gesoek". Ek het begin stories skryf vir Huisgenoot, Sarie en Rooi Rose in my tweede jaar op Groblersdal onder die skuilnaam Fanus Bach, so ek was toe al ’n gesoute skrywer. Daardie week het ek Huisgenoot se prys gewen vir die beste kortverhaal. Ek doen toe aansoek, want ek kan mos nou skryf. En ek kry die pos.

Fanus het Pretoria toe getrek en as draaiboekskrywer by KARFO begin werk.

My eerste opdrag was ’n dokumentÍr oor Pretoria en ek gee dit toe die geweldig verbeeldingryke titel Lente in Pretoria. Toe dit klaar geskryf is, het ons nog net ’n stem nodig gehad om dit voor te lees. Ek sÍ toe ek sal dit doen, maar hulle sÍ nee, hulle wil iemand professioneel hÍ. Ek trek toe moer, heeltemal, en ek bel die SAUK net daar. Jan Pohl antwoord en toe ek sÍ wie ek is, gaan hy amper mal. Hy lees al my stories. Hy sÍ: "Moenie vir my sÍ jy wil ’n omroeper word nie." Ek sÍ "Ja". Hy sÍ "Kom dadelik, ek stel jou aan."

Die SAUK wou hÍ hy moet hul verteenwoordiger in Nederland word. In daar die jare het hy vir sy ma-hulle gesorg en die begroting wou nie klop met die salaris wat hulle aangebied het nie. Fanus het besluit om in Suid-Afrika te bly en hulle het vir hom ’n pos geskep by die SAUK.

Die eerste program wat ek gedoen het, was In almal se kraal. Dit is toe aangebied deur ’n baie mooi nooi met die naam van Douwlina Grobler my Vroutjie Douwtjie. Sy het vreeslik mooi aangetrek. Haar uniform was ’n romp, ’n langmou-bloes, ’n beret, sykouse en swart skoene. Sjoe, maar ek het haar dopgehou. Sy het altyd gewaai as ek verby kom. Toe, eendag, gryp ek haar pinkie, en sy gee my haar hele hand.

lees verder aan die hele onderhoud by:

http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=10260

 

 

koop 'n boek 4

 

koop 'n boek 4

 

Lees ook van boeke deur Fanus Rautenbach

Lees ook boeke deur Janita Joubert

 

koop 'n boek 4

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738