http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Die buiter

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Die buiter

Die Buiter-reeks boeke deur Gerrie Radlof

  1. Die Buiter - 1953 (Gerrie Radof)
  2. Lank lewe die Buiter - 1954 (Gerrie Radof)
  3. Die Buiter en sy bende (Gerrie Radof)
  4. Lokval vir die Buiter - 1956 (Gerrie Radof)
  5. Die Buiter ry snags (Gerrie Radof)
  6. Die Buiter se geheim (Gerrie Radof)
  7. Boodskap vir die Buiter - 1959 (Gerrie Radof)
  8. Die Buiter hou wag (Gerrie Radof)
  9. Die Buiter sevier (Gerrie Radof)

Ander boeke:

  1. Die vyf ruiters (Gerrie Radof)
  2. Nege waens - 1954 (Gerrie Radof)
  3. Vlugteling uit Frankryk (Gerrie Radof)
  4. Die oorlogsvure brand (Gerrie Radof)
  5. Die spore loop dood (Gerrie Radof)

koop 'n boek 4

Gerrie Radlof het ook boeke onder sy skuilnaam Dirk Lubbegepubliseer. Hier is van die titels

  1. Die profeet
  2. Die saboteurs - 1956
  3. Die tonnel
  4. Die Formule -1960
  5. Die dubbelspel - 1961
  6. Die gekneusde valskerm

koop 'n boek 4

 

gerrieradlof-diebuiter die buiter-reeks kaapse verhale

Die Buiter
(Gerrie Radof was die skrywer van die Buiter-reeks)

Die klap van flitsende swaarde en twee paar onverskrokke o wat vol-uit straal met ‘n haat soos net die aristokrasie kan haat; die galante, buigende here van ou Kaapstad; die gemeenheid en woordelose wreedheid van skurke met sy-pofmoue en fluweel-kniebroeke; die donderende hoewe van talle perde in die nag...

Dit is die materiaal van Die Buiter, ‘n avontuurverhaal wat moontlik nuwe standaarde daarstel in Afrikaans.

Wie is die Buiter, wat so skielik kom, so onfeilbaar slaan, kampvegter van die onderdruktes is; verlosser is van burgers wat ly onder die juk van die Kaapse negrofiliste; wat opgeblase, oorryk, ydele holui van hul beursies skei sodat armes en sukkelaars gehelp kan word? Wie is die man wat helderoordag ‘n onskuldige uit die hof op Stellenbosch ontvoer het?

Dieper en dieper trek die Buiter jou die boek binne. Daar is die mooi Rossouw-susters en die Graaf de Moreaux, Jacques en die staatmaker, Andr. En, soos die verhaal ontplooi, weet jy dat jy nog nie ‘n held soos Die Buiter ontmoet het nie—juis omdat hy nie ‘n onmoontlike held is nie—net ‘n hoflike, adellike, kleurryke nagtelike ruiter wat meisies se harte in hul kele Iaat bly steek en die owerheid aan die Kaap woedend maak.

Mens kon ‘n honderd boeke oor die romantiese ou dae van die Kaap gelees het en dan hierdie een . . . en dit sal voel asof dit die een en enigste is wat jy ooit gelees het—wat ooit nodig was om te lees.

koop 'n boek 4

 

Lank lewe die Buiter Buiterreeks Gerrie Radloff

Lank lewe die Buiter
(Gerrie Radof was die skrywer van die Buiter-reeks)

Weer swiep die swaard van Die Buiter!
Skielik, te midde van nood en verdrukking is hy daar—vreesloos, galant, skrikaanjaend. Verfynde meedonIoosheid, adellike drif en rooi bloed wat spat . . . Dis die bakens wat hy plant. Waar sy rapier blink, syg tiranne neer . . .

Die hulpgeroep van onderdrukte Kaapse boere wat ly onder gruwelike onregverdigheid, het hom laat terugkom. Die sybroek-aristokrate het hom geer . . . en gevrees.

Dit was die dertiger jare van die vorige eeu. Magtelose verset het geheers—en verset het gewoonlik geindig in die klam, stinkende, donker kelders van die Kasteel. Hulle het gebid om ‘n verlosser, om ‘n leier, om ‘n kampvegter. En toe het hy gekom—die Buiter.

Weer eens bring sy swaard verlossing. Weer eens voel jy—die leser—asof jy stewig in die Waai sit en langs die Buiter deur die bosse jaag—dieper en dieper saam met ‘n verhaal wat so enig avontuurlik is soos net die Buiter dit kan maak en Radlof dit kan skryf.

Die eerste avonture van Die Buiter was ‘n romantiese belewing op ‘n nuwe vlak. By hierdie, sy terugkeer, gee jy jou gewilliglik oor aan die nonchalante swier van hierdie adellike, hoflike woestaard wat nie Duiwel of Dood ontsien nie, wat met proestende perd en flitsende swaard veg om die behoud van eer en regverdigheid.
Werda . . . die Buiter!

koop 'n boek 4

 

gerrieradlof-lokvalvirdiebuiter

Lokval vir die Buiter- Gerrie Radof

Half aan die slaap, asof niks ter wreld sy belangstelling gaande maak nie, sit graaf Jean de Moreaux, rykste edelman aan die Kaap, agteroor in sy stoel, sy bene lui-lekker voor hom uitgestrek...

Teen die hange van Leeuberg vleg ‘n perd rats tussen bos en struik deur. Op sy rug sit sy baas - swart gewaad aan en ‘n masker oor sy gesig. Vlymskerp rapier isn die skede, pistole gereed in die lyfband, elke spier gespanne - want die Buiter is op jag!

En hierin l die besondere bekoring vir Gerrie Radlof se Buiter-figuur: ‘n lui, verveelde edelman en onverskrokke, waaghalsige gemaskerde is n!

In hierdie , die vierde pragverhaal in die reeks, word die Buiter se vindingrykheid tot die uiterste getoets; deur die geslepenheid van gewetenlose Arnoldt te Kruyght, deur die behendigheid van Michael Hohenlanz, die beste swaardvergter in die ganse Europa. En boonop is daar die aanvallige prinses Carla wat as lokaas dien...

Die wat reeds met die Buiter kennis gemaak het sal wt wat om te verwag!

 Bo

koop 'n boek 4

gerrieradlof-diebuiterse geheim

Die Buiter se geheim - (Gerrie Radof)

In die swierige goeweneurskwartiere van die Kasteel sit graaf Jean de Moreaux en tee drink. So verveeld lyk hy dat sy gasheer eintlik ongemaklik voel. Maar dan glimlag Sy Ekselensie, so is hy mos maar altyd!

Met ‘n onderdrukte gaap staan die graaf op. Hy wil net gou buitentoe...

Gou ‘n woord in die oor van ‘n getroue dienskneg; vinnig met die trap op; sluip-sluip in die donker gang af... A! hier is die sel. Die sleutel knars in die slot. So ja, nou kan die jong boer bevry word. Versigtig nader, buk oor hom - en ‘n vlymskerp mes sink in die bevryder se borskas weg!

Dit is die einde! En tog nie, want nog voordat iemand onraad bemerk, slenter die graaf die ruim vertrek weer binne, knik hy in sy veloofde se rigting...

Onmoontlik? Uit die duim gesuig? Nie as jy die Buiter ken nie!

Hierdie boek is die sesde in die BUITER reeks, en nog steeds - swaard in die hand, stewig in die saal, voetjie vir voetjie tussen die wagte deur, hoe ook al - gryp hy die verbeelding vas en verskaf hy veel genot aan almal in wie se hart daar ‘n sagte plekkie is vir ‘n man met durf en daad.

 

koop 'n boek 4

Koop die boeke

GERRIE RADLOF die buiter en sy bende

Die Buiter en sy bende
Ou Kaapseverhaal deur Gerrie Radlof

Die Buiter is weer hier! En dit is ook geen wonder nie. Want, soos elke leser van Die Buiter en Lank lewe die Buiter weet, setel daar in die siel van hierdie geheimsinnige, onverskrokke waaghals ‘n onuitblusbare regvergidheidsin. Wie verdruk of veronreg word, mt gehelp word – maak nie saak hoeveel slotte, soldate of klipmure daar in die pad is nie!

 Van die Goewerneur se voorneme om verdrae met die inboorlinge te sluit, mag daar niks kom nie – dit sal die Buiter se taak wees. “Seker die belangrikste taak wat ons ooit aangepak het,” s hy self. Dat die vonke dus gaan spat, weet elke Buiter-liefhebber reeds en sal elke “nuwe” lese heel spoedig ondervind!

 En watter opwindende avonture wag daar nie vir die Buiter – en u – nie? Saam sal u diep in die nag deur donker gangetjies sluip, saam wagte uitoorl, oorrompel of selfs die ewigheid instuur! Tot binne-in die aaklige donker sel van die kasteel; ja, selfs tot bo-op die pynigings-bank sal u met bonsende hart – en tog gewillig! – meegevoer word… Want, elke leser word deel van hierdie verhaal, ere-lid van Die Buiter en sy Bende!

 

Lees ook “Roep van die Naguil” deur Ena Murray

 

 

 

boodskap vir die buiter -gerrie radlof  Boodskap vir die Buiter  Die buiter 2

Wil jy jou eie boek laat publiseer?

Ons by Springbokuitgewers / Springbok Publishers wil jou graag help Klik hier

Lees ook ons opsies vir om boeke self te publiseer.

Bo 

koop 'n boek 4

Lees ook ander boeke deur Gerrie Radlof

 

koop 'n boek 4

 

Lees ook ou Kaapse verhale deur Dan Sleigh

 

Bo 

koop 'n boek 4

Bo 

koop 'n boek 4

Bo 

koop 'n boek 4

 

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738