http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Die Appelboompouma

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Die Appelboom-Ouma is geskryf deur Mira Lobe

die appelboom ouma
Voorblad van die Appelboom-ouma
Illustrasies deur Susi Weigel
Vertaal deur Lizette Geldenhuys
Uitgegee in Afrikaans in 1983 en 1984 deur Daan Retief Uitgewers

Al die kinders in die straat het oumas gehad. Party het sommer twee gehad. Net Andi het nie een gehad nie—en dit het hom ongelukkig gemaak. Maar daar kom ‘n dag waarop hy nie meer stuurs in die appelboom hoef te sit en dink aan Gerhard met sy mallemeule-ouma en aan Robert met sy ‘Hallo, Bobby’ouma nie — want skielik IS SY DAAR! Sy appelboom-ouma, met haar fabelagtige sportmotor en haar geborduurde sak, haar verehoed en haar ongeloof like waagmoed, waardeur hulle weggevoer word na verre lande: om wildeperde te vang en tiere te jag.
En onwetend sluit sy Andi se jong hart oop vir ‘n ander ouma, wat klere maak en in ‘n rooi-en-witgestreepte kous wil spaar, ‘n rumatiekgeteisterde ouma vir wie Andi blomme kan plant en boodskappe doen. En die beste van alles is dat Andi nie meer skuldig hoef te voel teenoor ander mense oor sy uitgedinkte ouma nie — insgelyks hoef hy nie meer skuldig te voel omdat hy meer tyd aan sy ‘Woensdag-ouma’ bestee as aan sy ‘Sondag-ouma’ nie. Ek is gelukkig! dink hy. Eers het ek glad nie ’n ouma gehad nie—nou het ek twéé — en ek kan die een van die ander vertel .
Hierdie verhaaltjie, meesterlik geskep deur Mira Lobe, het die Oostenrykse Kinder- en Jeugboekprys verower. By die lees daarvan gebeur daar iets magies:
dis soos die afskiet van ‘n fyn, goue pyl wat kinder- en ouergemoedere wil deurboor met die wete dat die begripsgaping tussen geslagte oorbrug kán word.

 

 

Lees ook boeke deur Hester Heese

koop 'n boek 4

 

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181