http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Derick Jacobs boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Derick Jacobs is ook een van ons begaafde skrywers wat in verskeie genres sy stem dikgemaak het. Hy het onder verskeie skuilname boeke gepubliseer. Boeke wat onder sy eie naam, Derick Jacobs.gepubliseer was sluit in:

  1. Aan jou my beminde (lewensverhaal van Beethoven) - deur Derick Jacobs.
  2. Die geur van vryheid - speurverhaal deur Derick Jacobs. (‘n Hannes Marais speurverhaal)
  3. Die klank van geld - verhaal deur Derick Jacobs.
  4. Jy ook, Lize? - speurverhaal deur Derick Jacobs. (Klub 707 boeke) (‘n Hannes Marais speurverhaal)
  5. ‘n Gas om middernag - speurverhaal deur Derick Jacobs. (Klub 707 boeke) (‘n Hannes Marais speurverhaal)
  6. ‘n Laksman op loer - verhaal deur Derick Jacobs.(Klub 707 boeke)
  7. Nag van vergelding - speurverhaal deur Derick Jacobs. (Klub 707 boeke) (‘n Hannes Marais speurverhaal)
  8. Onrus oor Casa Cuna - speurverhaal deur Derick Jacobs. (‘n Hannes Marais speurverhaal)
  9. Onrus oor Casa Mia - speurverhaal deur Derick Jacobs.
  10. Onrus oor La Boheme - speurverhaal deur Derick Jacobs. (‘n Hannes Marais speurverhaal)
  11. So skryf jy ‘n storie - deur Derick Jacobs.
  12. Uur van vergelding - speurverhaal deur Derick Jacobs.
  13. Wyn, nektar van die gode - samesteller was Derick Jacobs.

DERICK JACOBS die geur van vryheid

Die geur van vryheid
spanningsverhaal deur Derick Jacobs.
‘n speurverhaal opgelos deur Hannes Marais

Dit was halftien, Donderdagaand, twaalf Februarie, toe luitenant-kolonel Hannes Marais, Suidwes-Afrika se speurhoof na die mense oorkant sy lessenaar gekyk en sy hand in die lug gehou het. “Hier in my hand,” het hy gesÍ, “hou ek die oplossing van die moord-drama wat almal van julle raak.”

Waar het alles begin wat gelei het tot die moord wat halftien daardie Sondagaand, agt Februarie, in ‘n plaashuis net buite Mariental, in die suide van Suidwes gepleeg is? Was dit die gevolg van Kobus Deysel se jaloeisie op sy pragtige vrou, Irene, of was dit omdat iemand se gretige oŽ die geld gesien het wat die hotel-eienaar, Herr Bloem, uit sy kluis gehaal het?

Was dit straks die haat van ‘n vrou wie se liefde en toewyding aan ‘n man na twee jaar in haar gesig teruggegooi is, twee jaar waarin sy uitgesuig is, soos ‘n parasiete sy gasheer uitsuig.

Of het die eerste gedagte aan moord op die Kalahariplaas, Jungfrau, ontkiem, daar waar Johannes Snyman alleen met sy gedagtes en die verlange in sy eensame hart agtergebly het? Johannes Snyman wie se gestalte deur baie jare gebuig is, deur wie se yl, grys hare die skoon Kalahariwind speel, terwyl hy verlang na sy kinders en so intens begeer om hulle weer aan sy tafel te hÍ.

Toe kolonel Hannes Marais sien in watter rigting die bewyse begin neig, kon hy voel hoe sy hart klein trek in hom want hy’t nie geweet of hy hierdie keer weer die durf sou hÍ om die moordaak op te los nie. Moes hy nie maar van alles vergeet, uit die polisiediens bedank en op ‘n plasie in die Bosveld gaan woon nie? Daar waar vrede en Vryheid is, dieselfde vrede en Vryheid wat Johannes Snyman nog al die jare op sy plaas Jungfrau ondervind het – totdat dit bedreig is deur die persoon wat op Sondagaand, agt Februarie vermoor is…

DIE GEUR VAN VRYHEID is ‘n spannende, fynbeplande speurroman spesiaal vir PRONK-BOEKKLUB geskryf deur Derick Jacobs.

koop 'n boek 4

Bo

DERICK JACOBS jy ook lize 

Jy ook, Lize?
spanningsverhaal deur Derick Jacobs.
‘n speurverhaal opgelos deur Hannes Marais

JY OOK, LIZE? – Dit was die siniese woorde wat deur iemand se gedagtes geflits het, oomblike voordat, of nadat, hy sy vuurwapen op ‘n meisie gerig en die sneller getrek het.

In ‘n droŽ rivierloop, suid van Windhoek, is haar lyk gevind, dieselfde oggend toe Windhoek himself geklee het in die feesgewaad van sy jaarlikse, jolige karnaval. Maar wie het daardie sneller getrek? Presies dit is die probleem waarmee Suidwes se briljante speurhof, luitenant-kolonel Hannes Marais te doen kry, op die aand van die maskerbal, die Vrydagaand wanneer alles in Windhoek setel om die uitbundige jolyt van die Karnavaldans.

Watter rol speel Rudolf de Jager, die besoeker uit Johannesburg, in die dood van die meisie? Waarom het hy so skielik vertrek, ‘n dag voor sy bestemde tyd, en skynbaar enkele ure na die meisie se dood? En Helmut Preller, die sokkerheld wat vir die eerste keer in sy lewe lief geword het vir ‘n meisie en wat bitter gemaak is deur haar ontrou, kon hierdie onverwagste skok wat die lewe se mooiste liefde, hom gegee het, kon dit van hom ‘n moordenaar gemaak het?

Daar is ‘n mate van meedoŽnlose koelbloedigheid in die wyse waarop Hannes Marais hierdie saak ondersoek. Want ook hy het ‘n verlede. Hy was nie altyd die man wat hy vandag is nie. Hy het so geword, omdat hy ook tevore iets verloor het wat vir hom die waardevolste besitting van sy lewe was.

In bykans twintig jaar van speurwerk, het Marais nog nooit verloor nie. Hy is nie van plan om dit nou te doen nie. Wat mense van hom dink, raak hom nie. Miskien daarom dat hy die bedorwe Rita Buys kan hanteer soos niemand anders dit met haar kan doen nie. Vriende is nie vir hom belangrik nie, want die lewe het hom geleer dat ‘n mens jouself net kwesbaar maak deur te intiem betrokke raak by ‘n ander.

JY OOK, LIZE deur DERICK JACOBS is ‘n speurverhaal – en iets meer. Dis ‘n verhaal oor mense se emosies daardie emosies wat liefde genoem word, of haat of bitterheid of blye vreugde.

 

DERICK JACOBS nag van vergelding

Nag van vergelding
spanningsverhaal deur Derick Jacobs.
‘n speurverhaal opgelos deur Hannes Marais
KLUB 707

Agt mense word een stormnag in en om Schloss Freimut vasgekeer; die negende een lÍ dood. En een van die agt kon die moord gepleeg het, enigeen.

Aanvanklik lyk dit egter of byna niemand ‘n motief gehad het nie, maar kolonel Marais vind gou uit dat motiewe legio is. Alles is daar: nyd, hebsug, haat…En skynbaar was daar ook genoeg geleentheid.

Dit is een van die moeilikste sake wat kolonel Hannes Marais nog moes oplos, want telkens wanneer hy iemand verdink, ontdek hy ‘n nuwe leidraad wat hom oortuig dat sy verdagte nie die moordenaar kan wees nie.

In sy soektog na die waarheid vlek hy die lewens van elke inwoner en gas van die kasteel oop en diep hy hul geheime op; en telkens is dit die eerlike boemelaar wat nog ‘n antwood verstrek… die boemelaar wat te veel gesien het.

Nag van vergelding is ‘n speurverhaal soos min: ‘n uitdaging vir die leser om voor die vermaarde speurder te probeer om die saak op te los…

DERICK JACOBS onrus oor casa cuna

Onrus oor Casa Cuna
spanningsverhaal deur Derick Jacobs.
‘n speurverhaal opgelos deur Hannes Marais

Eers was daar ONRUS OOR CASA MIA, daarna ONRUS OOR LA BOHEME en nou, aangrypend soos die voriges, ONRUS OOR CASA CUNA.

Casa Cuna is die naam van ‘n tehuis in Windhoek, die beteken “huis vir weeskinders”. Maar met Werner van Hoogendoorn aan die hoof daarvan, is Casa Cuna geen toevlugsoord nie, veel eerder is dit ‘n kamp waar kinders woon omdat hulle geen ander blyplek het nie.

En die aand toe die rewolwerskoot deur die stil Suidwes-nag geskeur het, was dit die begin van luitenant-kolonel Hannes Marais se betrokkenheid by die weeshuis.

Hy het Louis van der Walt leer ken, die skraal, skrander seuntjie met slaanmerke oor sy hele lyf. Vir Lucas Erwee, die seun van 16 wat oornag ‘n man geword het. Vir Rickey Albach, die pragtige meisie wat verlede jaar tweede geŽindig het in die Mej. S.A.-kompetisie en wat diep in haar hart geheime waaksaam verberg.

Ook vir Pieter Lotriet, die knap rugbyspeler en hartebreker. En vir Donald Scheepers, die man wat eens, lank ‘n gelede ‘n seun gehad het van wie hy ‘n mŠn, ‘n soldaat wou maak. Die kind het ‘n ander gestel gehad en van daardie dag af toe hy onder die sipresse suidwes van Windhoek begrawe is, was Donald Scheepers ‘n ander mens.

Hannes Marais, Suidwes se speurhof, het in sy meer as 20 jaar van speurwerk, nog nooit tou opgegooi en nog nooit verloor nie. Hy is ‘n bot, swygsame mens, koud, briljant. Net een ding in die lewe kan hom uit rat gooi en dit is ‘n kind op wie die lewe sy rug gedraai het. Maar selfs dan hou Marais sy emosies vir homself.

Hierdie keer, skielik en skynbaar sonder rede, besluit Marais dat hy die moordsaak nie gaan ondersoek nie. Waarom? Het dit iets te doen met die feit dat hy op die aand van die moord, met woede in sy hart en ‘n vuurwapen in sy sak, en met verbete doelgerigtheid op sy harde gesig, deur die stil strate na Casa Cuna gery het?

ONRUS OOR CASA CUNA deur Derick Jacobs is ‘n aangrypende verhaal van die uiterstes waartoe mense se emosies hulle kan aandryf.
 

DERICK JACOBS onrus oor la boheme 

Onrus oor La Boheme
spanningsverhaal deur Derick Jacobs.
‘n speurverhaal opgelos deur Hannes Marais

Die hotel La Boheme, is Windhoek se beste.

 Van buite gesien, word dit slegs besoek deur vooraanstaande sakemanne uit die Republiek, of soms dien dit as oornagplek vir ryk buitelandse jagters wat deur Suidwes reis om olifante of leeus te skiet vir ontspanning.

 Die eienaar, Willem Geertsma, is ’n man wat nie tyd het vir mense uit die laer inkomstegroep nie. Daarom het hy die hotel se pryse buitensporig hoog gemaak. Aan die ander kant – die diens is skitterend, daarom dat mense wat dit kan bekostig net met lof praat van die hotel La Boheme.

 Dis een van die eerste dinge wat Hannes Marais, Suidwes se briljante, meedoŽnlose speurhoof opgeval het, toe sy dienste daar nodig geword het – die weelde in die plek. Hy het onmiddellik begin wonder oor die swartgeklede, skraal en bitter vrou in een van die suites. Die vrou wat met hul eerste kennismaking vir hom gesÍ het: “Die wiel van die lewe draai stadig, maar dit sal Willem Geertsma inhaal, eendag…”

 ONRUS OOR LA BOHEME deur DERICK JACOBS is ‘n speurroman in elke sin van die woord. Dit het daardie tikkie meer as die gewone speurroman, onder meer in die persoon van Hannes Marais, die man wat in die loop van die verhaal so deel van jou eie lewe word dat jy maar net nie kan glo dat jy hom nie rťgtig ken nie.

 Tot dusver was Marais se loopbaan in die speurdiens onoorwonne. ‘n Bitter-soet gedagte, vir hom. Sy simpatie lÍ nie by die misdadiger self nie. Dit lÍ by hulle wat agterbly. Diť is altyd daar. Soms is dit ‘n ou man met trane in sy baard wanneer hy moet hoor dat sy seun skuldig is…

 ONRUS OOR LA BOHEME is meer as net ‘n speurroman. Dit is verhaal, swaar gelaai met menslike drama.
 

koop 'n boek 4

Bo

DERICK JACOBS n gas om middernag

‘n Gas om middernag
spanningsverhaal deur Derick Jacobs.
‘n speurverhaal opgelos deur Hannes Marais
KLUB 707

Roelof is nie ‘n man wat doelbewus vyande maak nie; nogtans vind hy dat hy geen vriende in die Vallei het nie. Almal, net almal is teen hom vandat hy met Albie, lieflingskind van die Vallei, rusie gemaak het.

En toe hy Petra ook nog die deur wys, is dit genoeg aanleiding om hom te vermoor. Of is dit? Dit is die vraag waarvoor speurhoof Hannes Marais te staan kom toe hy die moord op Roelof moet ondersoek.

Toe duik die volgende vraag op: is Roelof regtig vermoor? Was dit nie straks selfmoord nie? Die wapen is immers langs hom gevind; daar is geen ander vingerafdrukke op die kolf as syne nie en dalk wou hy sy eie dood maar net soos moord laat lyk.

Marais is egter soos ‘n bulhond: wanneer hy ‘n saak aanpak, los hy hom op en hierdie raaisel sal hom ook nie onderkry nie.

Dit beteken egter dat hy self vyande maak in die Vallei, want hy krap in baie mense se sake, krap geheime oop wat maar kon gebly het; geheime soos buite-egtelike verhoudings en geldverduistering en… moord. ‘n Gas om middernag is ‘n spanningsverhaal wat die leser end-uit aan die raai hou.

 

DERICK JACOBS n laksman op loer

‘n Laksman op loer
spanningsverhaal deur Derick Jacobs.
KLUB 707

“Onder die laken begin Roelien bewe, sidder soos ‘n riet wat onbeskermd teen die wind staan.
 ‘Dis ek… Tertia. Roelien, kom help my, asseblief. Ek smeek jou, kom help my…’ Iets gebeur met haar. Saam met die koue wat haar eensklaps tref, wat haar van die kroontjie van haar kop tot in haar tone yskoud laat word, is dit asof haar verstand, haar gevoel los raak van haar liggaam.
‘Kom! Asseblief, kom help my. Hy gaan my vermoor. Hy gaan my verwurg met daardie tou in die motorhuis. Kom help my…’”

Die oomblik toe Roelien haar voete in die losieshuis in Melville sit, voel sy onheil in die atmosfeer aan. En toe die klein muisgesigvent kort daarna so dreigend met haar praat, weet sy sy was nie verkeerd nie: daar is ’n skroef los in die plek.

As sy kon, sou sy onmiddellik padgegee het, maar omstandighede dwing haar om aan te bly; en dit in die kamer van ’n meisie wat ’n week gelede selfmoord gepleeg het. Of Ūs sy vermoor? Toe moet sy ook nog daardie selfde nag op ’n tweede meisie afkom wat skynbaar ook selfmoord gepleeg het.

Die ergste is not dat sż van moord verdink word; al wat kortkom is die motief… en diť vind speurder-sersant Leendert van Wyk ook. Alles dui daarop dat sy ’n moordenares is. Maar die speurder is deeglik; hy glo nie alles wat hy sien nie.

En dit skep vir hom probleme… want hy het oorgenoeg bewyse om enigeen van die inwoners van die losieshuis in hegtenis te neem vir moord. Enigeen kan skuldig wees.

’n Laksman op loer is ’n ’n speur- en spanningsverhaal sonder weerga. Tot op die laaste bladsy kou die leser nog naels omdat hy nie weet wie die moordenaar is en wanneer hy weer gaan toeslaan nie.

koop 'n boek 4

Bo

  1. 1974 - Onrus oor Casa Mia - (het in die tydskrif Pronk as vervolgverhaal verskyn)
  2. 1975 - Onrus oor La Boheme - (het in die tydskrif Ster as vervolgverhaal verskyn)
  3. 1975 - Onrus oor Casa Cuna - spanningsverhaal deur Derick Jacobs
  4. 1976 - Jy ook, Lize - spanningsverhaal deur Derick Jacobs
  5. 1983 - Die Geur van Vryheid - spanningsverhaal deur Derick Jacobs
  6. 1983 - Wyn, nektar van die gode - samesteller was Derick Jacobs
  7. 1984 - So skryf jy ‘n storie - deur Derick Jacobs
  8. 1987 - ‘n Gas om middernag - spanningsverhaal deur Derick Jacobs
  9. 1987 - ‘n Laksman op loer - spanningsverhaal deur Derick Jacobs
  10. 1987 - Nag van vergelding - spanningsverhaal deur Derick Jacobs
  11. Die klank van geld - spanningsverhaal deur Derick Jacobs
  12. Uur van vergelding - spanningsverhaal deur Derick Jacobs
  13. Aan jou my beminde (lewensverhaal van Beethoven)

 

 Lees ook ander moord- en speurverhaale - KLUB 707

Lees ook die Frans Lindenhof-reeks

 

koop 'n boek 4

Bo

Bo

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738