http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Derick Jacobs

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Derick Jacobs is gebore op 31 Desember 1944, op Upington. Hy was 'n paar maande oud toe sy ouers Windhoek toe verhuis het waar hy sy laer- en hoërskoolloopbaan voltooi het.

Na matriek het hy as verslaggewer en later sportredakteur by 'n koerant aangesluit en na sowat 2 jaar het hy 'n pos as nuusskrywer by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) aanvaar, grootliks vir 'n beter salaris (R120,00 per maand).

Dit was lekker werk, maar het nie genoeg opwinding en tevredenheid meegebring nie. Toe begin hy fiksie skryf - hoofsaaklik speurverhale. Sy liefde vir skryf was niks nuut nie, hy is reeds deur 'n standerd 9-onderwyser aangemoedig om sy storieskryfvaardighede uit te bou.

Hy onthou nog dat hy in Afrikaanse periodes dikwels 3 of 4 opstelle geskryf het, dan verkoop hy almal behalwe die beste een aan klasmaats vir R1,00 elk. "So, ek het altyd geld gehad vir koeldrank en roomys".

Om die fiksiemark te betree was nie maklik nie. Agttien kortverhale is afgekeur voordat die eerste een in 1969 deur die tydskrif STER aanvaar is. Tesame daarmee het hy 'n aanbod gekry om Durban toe te verhuis en voltyds vir die groep se tydskrifte stories te skryf. Dieselfde uitgewery het ook die destydse fotoverhale, waaronder Mark Condor, Ruiter in Swart, Kaptein Duiwel, Saal 10 en talle ander gepubliseer en hy gou by die skryf van fotoverhale betrokke geraak.

Soms het dit gebeur dat hy in een week 'n hoofstuk van 'n vervolgverhaal vir 'n tydskrif geskryf het, die volgende dag 'n kortverhaal en 'n fotostorie gedurende die res van die week tot dit weer tyd geword het vir die volgende hoofstuk van die vervolgverhaal.

derick

Later jare het talle ander verhale gevolg, vevolg- en kortverhale vir Die Huisgenoot, Rooi Rose(sy eerste was onder die naam, Henriette Fouche (later in boekvorm gepubliseer as “Nabot se wingerd” -deur Rene de Kock), Sarie en die destydse Radio & TV Dagboek. Hy was ook medeskrywer van 2 draaiboeke en hy het verskeie aspirantskrywers bygestaan om hul werk gepubliseer te kry. Hy was ook betrokke by die skryf en samestelling van die Siembamba kinder-reekse. Hy het ook onder die naam Stefan Radlof ou-Kaapse verhale met titels soos “Slavin Jacqueline” en “Mevrou die Goeweneur” gepubliseer.

In sy beginjare by STER, sę hy, hy was gelukkig om onder die wakende oë en hande van daardie jare se beste storieskrywers in Afrikaans te werk, mense soos Dewald Brink, Gerrie Radlof, Adriaan Roodt, Basil Stols en Johan van der Post. Daan Langeveldt, sę hy, het ook 'n groot rol gespeel in sy vormingstyd. Hy moes leer dat daar nie tyd was vir sogenaamde inspirasie nie. Jy het eenvoudig gaan sit, 'n storie uitgedink en dit geskryf.

Toe hy nog gereeld geskryf het, het hy 'n kortverhaal in 'n halwe dag voltooi en 'n boek in 10 werksdae. Naweke het hy nie gewerk nie.

Hy is getroud met Christene-Ray Knox. Sy is ook nie ‘n onbekende in die skryfkringe nie. Sy het ondermeer ‘n boek, kortverhale vir Brandwag pers asook die Uitspan tydskrif geskryf asook verskeie vervolgverhale. Later was sy voltyds betrokke by hope vertalings en herskryf van boeke uit Engels - soos Wen alles verloor alles - oorspronklik geskryf deur Wilbur Smith.

 

Klik hier vir ‘n lys van sy boeke

klik hier om terg te keer na skrywers

 Tuis 2

Bo