http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Daan Langeveldt boek

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Daan Langeveldt het verskeie boeke geskryf wat die volgende titels insluit:

  1. Altaar van geluk - deur Daan Langeveldt, - Tydskrifvervolgverhaal
  2. Blare in die wind - deur Daan Langeveldt,
  3. Die pad wat ons geloop Het - deur Daan Langeveldt,
  4. Dit is my erfenis - deur Daan Langeveldt,
  5. Dorp van skande - deur Daan Langeveldt,
  6. Dossier Q-013 streng vertroulik - deur Daan Langeveldt, (Klub 707)
  7. Einde van 'n droom - deur Daan Langeveldt, Grootdruk
  8. Geheim van die klowe - deur Daan Langeveldt,- RUITERREEKS
  9. Gister se skadu's - deur Daan Langeveldt,
  10. Man uit die verlede - deur Daan Langeveldt,
  11. Ons, die skuldiges - deur Daan Langeveldt,
  12. Sonja - deur Daan Langeveldt,
  13. Spore in die ruigtes - deur Daan Langeveldt,
  14. Twee paaie na geluk - deur Daan Langeveldt,
  15. Waar die seewind ruis - deur Daan Langeveldt,

 

koop 'n boek 4

Bo

 

DAAN LANGEVELDT altaar van geluk

Altaar van geluk
deur Daan Langeveldt,

Lesers wat hierdie ontroerende en boeiende roman as tydskrifvervolgverhaal onthou, sal verheug wees dat dit nou in boekvorm verskyn. Want hierdie is een van daardie werke wat die aandag nie slegs vir die oomblik gevange hou nie, maar in die ervaring bly voortleef as iets wat vaagweg ontstel, en tog ‘n verrassende insig in die aard van liefde en die lewensproblematiek bied.

 Tertius en Elma se dilemma is diep gewortel en ‘n uitweg is na geen kant toe moontlik nie. As senior mediese student word hy gedwing om sy kursus te staak weens finansile probleme. In haar allesomvattende liefde vir hom is Elma bereid om baie op te offer om dit te verhoed: haar eie mediese studie, die sekuriteit van die verlede, selfs die goeie verhouding met haar ouers. Want hulle weier om haar toestemming te gee om te gaan werk sodat sy haar in ‘n onsekere huwelik kan begewe en vir haar man se studie kan betaal. Wanneer sy dan nogtans deurdruk in haar strewe om Tertius se loopbaan te verseker, wag daar ironies genoeg slegs bitterheid en smart vir al die partye.

 Tertius self worstel met die botsende magte van sy liefde en ‘n allesverterende trots. Hy klou boonop hardnekkig vas aan sy eie oortuigings oor wat vir hulle twee die beste sal wees, en dit lei tot ‘n verwydering tussen hom en Elma. In die stadium moet hy besluit oor ‘n aantreklike aanbod van die skatryk sakeman Magnus le Roux, en dit terwyl laasgenoemde se dogter Mari nie meer haar gevoelens teenoor hom kan verberg nie.

 Die tyd en baie hartseer dwing die betrokkenes om hulle rigiede vooroordele prys te gee en die genade van die liefde harder as ander oorwegings te laat spreek. Die vraag is of dit nie te laat is om iets kosbaars te red nie.

 Met hierdie verhaal het die bekende Daan Langeveldt weer eens getoon dat sy vermo om situasies te ontgin en die diepste roersele van die mens se siel te peil, min in die Afrikaanse prosa gewenaar word.

 

DAAN LANGEVELDT blare in die wind

Blare in die wind
deur Daan Langeveldt,

Toe Tanya le Roux die skip in die Durbanse hawe verlaat, het sy die vreemdeling weer opgemerk — die een wat sy tydens haar kort besoek aan Parys feitlik elke dag naby haar gesien het en toe was daar in haar geen twyfel meer nie. Die man agtervolg haar, hou haar bewegings dop. Maar waarom?

 Die aand in haar hotel; kry sy ‘n boodskap dat Henri Cronj haar wil spreek. Hy is die seun van ‘n ryk sakeman, Ben Cronj, met wie Tanya se moeder beoog om in die huwelik te tree.

 Ben Cronj is aansienlik ouer as Tanya se moeder en sy drie kinders, Henri, Louise en Helen, is heftig gekant teen die troue. Ben is egter ‘n koppige man, as hy eers oor iets besluit het, wyk hy nie af van sy planne nie.

Tanya en Henri verskil vurig oor hul ouers se planne en hulle gaan kwaaivriende uitmekaar. Maar dis egter net die begin. Louise Cronje, wat aan ‘n kompleks ly nadat sy in ‘n vliegongeluk betrokke was, sien in die voorgenome troue ‘n bedreiging vir haar veiligheid in Ben Cronj se huis en dit is sy wat met lis, soos net ‘n woedende vrou kan openbaar, op Tanya toeslaan.

 Tanya se blitshuwelik, drie jaar gelede, toe sy ook in Parys was, word die spil waarom Louise se aanvalle draai, en feite word gerek en verdraai sodat dit wapens word in Louise se hande. Selfs ‘n nuwe liefde wat in haar ontwaak, teenoor Steve Viljoen, kan haar nie versag nie en sy loods een aanslag na die ander totdat Tanya geen ander keuse het nie, as om te besluit: “Goed, ek sal my moeder versoek om nie met jou pa te trou nie.”

Maar dis dan wanneer die lewe sy eie loop neem, wanneer Tanya en Louise en Henri besef mense is maar nes blare, as die lewenswind sterk genoeg opsteek, waai hy jou net waar hy jou wil h.

 BLARE IN DIE WIND is ‘n lekkerlees, boeiende roman uit die pen van een van ons bekendste skrywers, DAAN LANGEVELDT. 

koop 'n boek 4

Bo

 

DAAN LANGEVELDT dorp van skande

Dorp van skande
deur Daan Langeveldt,

“Myburgh?”
Frans glimlag vir haar. “Korrek. Frans Myburgh. Jy behoort my te ken.”
 “Natuurlik!” Sy glimlag skaapagtig, skryf dan verder en skeur die kwitansie met bewerige vingers uit en oorhandig dit aan Frans. “Jy kom bietjie kuier?”
 “Ja en nee,” antwoord Frans. Uit die hoek van sy oog sien hy vir Harry Solomon uit die kroeg kom. Sy maag is ‘n rapsie groter sodat hy nou eintlik potsierlik lyk. “Ek kom kuier… maar eintlik is ek vir besigheid hier.”
 “Besigheid? Watter soort besigheid?” Dit klink nie of sy kan glo hy praat die waarheid nie.
Frans rek sy o vir haar. “Interessante besigheid, mevrou Solomon, baie interessante besigheid. Hou maar net jou ore oop!”
Wat het op Steynskloof gebeur wat Frans Myburgh daar weggedryf het en hom nou weer so onweerstaanbaar teruglok?
Wat wil hy hier kom oopkrap?
 Dit is onvermydelik dat Frans Myburgh se terugkeer mans en vrouens se lewens op Steynskloof ingrypend gaan verander, want hy weet nou waarom Rina Verhoef te vroeg dood is.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Daan Langeveldt,Einde van 'n droom

Einde van 'n droom
 deur Daan Langeveldt
 Grootdruk uitgawe

Emil Laubscher, wat nie kinders wil h nie, swig eindelik voor druk van sy vrou Julie en hulle het 'n pragtige seuntjie, Mark. Tog bly die vrees by Emil huiwer dat die ongeneeslike siekte waaraan sy broer op jong ouderdom dood is, ook in sy gene skuil. Di vrees het ook 'n invloed op sy huwelikslewe, en hy en Julie begin uitmekaardryf.

 

Daan Langeveldt,Geheimvandie klowe

Geheim van die klowe
deur Daan Langeveldt
RUITERREEKS - uitgegee deur Treffer boeke

 

Daan Langeveldt,Gister se skadu

Gister se skadu's
 deur Daan Langeveldt

Toe Erika Basson gekroon is as Mejuffrou Suid-Afrika en boonop die liefde wen van die aantreklike en suksesvolle Gerrit de Vos, het sy aanvaar dat die toekoms net so volmaak sal wees. Maar toe maak 'n vreemdeling sy verskyning en 'n donker skadu dreig om al haar mooi toekomsdrome te vernietig.

koop 'n boek 4

Bo

DAAN LANGEVELDT ons die skuldiges

Ons, die skuldiges
deur Daan Langeveldt,

Uit die donker van ‘n geparkeerde motor hou ‘n paar belangstellende o vir dokter Chris Fouch dop waar hy uit die huis van sy verpleegster, Adele Rousseau, kom en na sy motor stap, wat ‘n hele entjie van haar huis af geparkeer is. Onmiddellik ontstaan ‘n paar vrae: Waarom l hy di tyd van die aand daar besoek af? Waarom is hy nie tuis by sy pragtige vrou, Elma, nie? Waarom parkeer hy sy motor dan nie sommer voor Adele se deur nie? Beteken dit dalk day hy nie by sy eie huis wil wees nie? Is dit dalk hier by Adele se huis vir hom aangenamer as by sy eie?

Almal weet tog dat daar ‘n sekere geheimsinnigheid aan Adele Rousseau kleef. Sy hou haar eenkant, meng nie eintlik met ander nie, praat nooit oor haar verlede nie. Boonop is sy geskei en het sy ‘n kind. Genoeg dus om die tonge aan die praat te sit. En gou word dit vir die leser duidelik dat dinge glad nie in die werklikheid is soos die op die oppervlak lyk nie. Chris en Elma se huweliksbootjie het gestrand die dag toe hulle daarin geklim het, Chris en Adele ken mekaar al van sy hospitaaljaar en, om die waarheid te s, was dit Chris wat vir Adele oorreed het om op hierdie klein, stowwerige Vrystaatse dorpie vir hom te kom werk.

Dit word ook duidelik dat Adele se verlede haar gaan inhaal, dat sy nie altyd op die vlug sal kan bly nie, dat dit eendag in sy skrikwekkende gedaante gaan opdaag om hulle almal te konfronteer…

 In hierdie aangrypende en spannende verhaal word die leser meegesleur deur die lotvalle van di groepie mense, elkeen op soek na geluk en standvastigheid in die lewe, hoewel elkeen se siening daarvan verskil. Dit is ‘n verhaal van liefde en wraak, van vergiffenis en agterdog, met ‘n skokkende ontknoping waarvan u die gelyke nog nie gelees het nie.
 

Lees ook verhale deur Schalkie van Wyk

Lees ook speurverhale deur Derick Jacobs

Lees Avontuurverhale deur Len Anthony

Lees ook boeke deur Chris L Marx

 

koop 'n boek 4

Bo

DAAN LANGEVELDT sonja

Sonja
deur Daan Langeveldt,

“Suikerboer se vrou verdwyn“
Wat maak ‘n man as sy pragtige, sprankelende vakansie-meisie sonder waarskuwing vertrek en hy sien die volgende dag haar foto onder so ‘n opskrif in die koerant? Hy besef sy het hom om die bos gelei, glimlag verle en gaan huis toe.

Maar nie Martyn Verhoef, koerantman, nie. Eerstens s sy joernalistieke intusie vir hom dat iets nie pluis is nie, en tweedens… Die meisie met die sygladde hare en blou o, en die effense sweem van geheimsinnigheid, het sy hart gesteel en hy wil nie glo dat sy hom doelbewus bedrieg het nie.

 Hy verbind hom dus onvoorwaardelik om Sonja Steenberg te help opspoor en die verwarrende, verdagte gebeure rondom haar verdwyning te ontrafel. Daar is egter soveel teenstrydighede, soveel dinge wat teen haar tel - kan hy haar werklik nog vertrou? Kan hy sy lewe waag net op grond van sy liefde vir Sonja?

Sonja is ‘n verhaal vol verrassings wat die leser deurentyd laat raai. Die vindingryke ontknoping en boeiende karakterbeelding verseker weergalose leesgenot. Daan Langeveldt het weer eens gesorg vir ‘n treffer!

 

Daan langeveldt-waar die seewind ruis

Waar die seewind ruis
deur Daan Langeveldt,

 

DAAN LANGEVELDT spore in die ruigtes

Spore in die ruigtes
deur Daan Langeveldt

Braam Retief is die soort man van wie elke meisie droom. Hy is aantreklik, ryk, besit ‘n wildplaas en ‘n spoghuis, en hy tree in rolprente op. Maar die waarheid is dat hy ook ‘n spioen is, meedonloos en gewetenloos, wanneer dit nodig is. Vir die owerhede is hy van onskatbare waarde.

 Ren Steenkamp is ‘n jong filmster wat nog droom oor haar eie huis en man en kinders. Sy is baie lief vir Braam, maar sy lewe van rondrinkink stuit haar dwars in die krop, en dis dan wanneer sy troos gaan soek by die standvastige Frans le Roux, film-regisseur. 

Braam, wat baie meisies se harte reeds — onwetend — seergemaak het, ontmoet vir Olga Schmidt, vrou van ‘n knap Duitse wetenskaplike, ma van ‘n lieflike blondekopdogtertjie. Olga is een van Oos-Duitsland se gewildste verhoogsterre en op hierdie vlak ontmoet sy en Braam mekaar.

Wat hy egter nie weet nie, is dat sy met ‘n doel na Suid-Afrika gestuur is, dat die veiligheid van haar man en kind afhang van die sukses van haar sending en of sy die inligting wat hulle verlang, uit Braam kan kry. Hulle raak bevriend, kry selfs hoofrolle in dieselfde film wat in die donker oerwoude van Afrika afspeel.

Rondom hierdie menslike karakters, teen ‘n agtergrond van ‘n oerwoud vol gevare, het DAAN LANGEVELDT ‘n pragverhaal geskryf.

 

 

DAAN LANGEVELDT twee paaie na geluk

Twee paaie na geluk
deur Daan Langeveldt

Dit is lange jare gelede toe Herman Scheepers as jong seun magteloos moes toekyk hoe sy skimmelperd van eienaar verander. Skielik, binne ‘n minuut, was Sieraad nie meer syne nie.

Maar in die jare wat verloop het, het baie dinge verander. Hierdie dorpie miskien nie veel nie. Ook nie die plase in die distrik nie. Maar sy mense wel.

Herman Scheepers ook. Dokter Herman Scheepers, vandag.

 Vandag staan hy in die praktyk van ou dokter Chris van Rooyen, die man wat so lank hierdie mense se wel en we uit sy dokterstassie reg kontoor. Hy is vandag die een na wie die omgewing se mense hulle wend in ‘n oomblik van siekte of pyn. Almal. Ook Petro Vermaak, die speelmaat van destyds wat so skielik ‘n meisie, ‘n vrou geword het.

 En Ilse wat eens Herman Scheepers se hartklop met ‘n glimlag of ’n beweging van haar o kon verander. Die meisie wat vir hom ‘n vreemdeling geword het daardie dag toe sy op Sieraad se rug geklim en hom laat begryp het dat hierdie nou hr perd is.

En Dries Lategan. Niks kon destyds stand hou voor die mag wat baie plase en baie geld hom gegee het nie.
 Nou, terwyl dr. Scheepers met skok in sy o kyk na die meisie om wie sy geluk lank gelede gedraai het, nou besef hy eers hvee! dinge regtig verander het, die afgelope jare…

 TWEE PAAIE NA GELUK, ‘n heerlike boeiend-romantiese verhaal, geskryf deur DAAN LANGEVELDT

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Boeklys van Daan Langeveldt volgens jaar van uitgawe

  1. 1972 - Dossier Q-013 streng vertroulik - deur Daan Langeveldt, (Klub 707)
  2. 1975 - Twee paaie na geluk - deur Daan Langeveldt,
  3. 1976 - Spore in die ruigtes - deur Daan Langeveldt,
  4. 1976 - Die pad wat ons geloop het - deur Daan Langeveldt,
  5. 1978 - Dorp van skande - deur Daan Langeveldt,
  6. 1979 - Altaar van geluk - deur Daan Langeveldt,Tydskrifvervolgverhaal
  7. 1979 - Man uit die Verlede - deur Daan Langeveldt,
  8. 1980 - Sonja - deur Daan Langeveldt,
  9. 1981 - Ons, die skuldiges - deur Daan Langeveldt,
  10. 1982 - Blare in die wind - deur Daan Langeveldt,
  11. 1982 - Waar die seewind ruis - deur Daan Langeveldt,
  12. 2008 - Gister se skadu's - deur Daan Langeveldt,
  13. 2010 - Einde van 'n droom deur Daan Langeveldt, Grootdruk
  14. Dit is my erfenis - deur Daan Langeveldt,
  15. Geheim van die klowe - deur Daan Langeveldt,- RUITERREEKS

 

koop 'n boek 4

Bo

koop 'n boek 4

Bo

Lees ook verhale deur Schalkie van Wyk

Lees ook speurverhale deur Derick Jacobs

Lees Avontuurverhale deur Len Anthony

Lees ook boeke deur Chris L Marx

 

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738