http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Cor Nortjé

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Cor Nortjé is op 2 Junie 1938 op Oudtshoorn gebore waar hy ook skoolgegaan en gematrikuleer het. Daarna behaal hy aan die Universiteit van Stellenbosch ‘n B.A. honeursgraad in Engels. Daarna werk hy as omroeper (sedert 1960) en regiseur by die S.A.U.K, eers n Johannesburg en vanaf 1964 in Durban. In 1968 word hy bevorder to Organiseerder Drama van die Afrikaanse radiodiens. Met die koms van televisie word hy organiseerder Drama programme.

In 1973 behaal hy die LLB graad en praktiseer dan ook later as prokureur terwyl hy hom ook aan sy skryfwerk wy.

Cor Nortjé is varal bekend as regiseur en skrywer van hoorspelle en vervolgverhale. Sy verhale word gekenmerk deur deeglike beplanning, vakmanskap en inlewing. Dit was ook sy vermaaklikheidsprogram, “Stadig oor die klippe “ wat ‘n besonder hoë luistersyfer verkry het. Hy het ook later in sy lewe bekend geword vir die jeugreeks “tekkies” wat hy geskryf het.

Cor Nortje - skrywer

Hy het ook in filmrolle opgetree en het onder andere die titelrol in “ Man in die donker” vertolk. Hy is ook ‘n ywerige skaakspeler, lees “alles onder die son” en is lief vir musiek, veral van Beethoven en Brahms.