http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Cor Dirks

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Cor Dirks

Justus Cornelias Dirks beter bekend as Cor Dirks, is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust en is oorlede op 15 Oktober 2000 in Johannesburg. Justus Cornelias Dirks beter bekend as Cor Dirks was 'n Afrikaanse skrywer van jeugboeke.

Cor Dirks was skrywer van 'n paar reekse gewilde boeke oor veral die Uile , Die Otters en Joof. Hy word veral onthou vir Die Uile waarmee hy derduisende kinders aan die lees gekry het. Besonder gewild was Wadda van die Woestyn, die verhaal van 'n baba wat deur Boesmans grootgemaak word en waarna daar verwysings in Die Uile in die Kalahari is. Verder het die vader van die Uile-reeks, op ‘n rype 79-jarige ouderdom die laaste Uile-boek, Die Uile vlieg weer, geskryf.

cor dirks

Foto : Cor Dirks


Benewens skrywer was Cor Dirks, soos baie van sy tydgenote, ook vir baie jare hoof van die Hoërskool Linden op Johannesburg. Hy was getroud met Elsje Christina van Niekerk "Ella" . Ella was gebore 1 Oktober 1913 op die Fergusonmyn, Krugersdorp distrik. Cor en Ella het mekaar ontmoet op Lourenço Marques. Hulle het 2 kinders gehad - Justus *1943 en Elsje *1946.

Cor Dirks is oorlede as gevolg van foutiewe toediening van narkose vir 'n heupoperasie wat hy in Augustus 2000 in Johannesburg ondergaan het en waarvan hy nooit werklik herstel het nie.


Reekse:

Die Uile van Kranskop - in ”Die Uile in die Kalahari “ word verwys na die gewilde “Wadda van die Woestyn”, die verhaal van 'n baba wat deur Boesmans grootgemaak word

Die Otters (Buks Litte en Kassie)

Joof en sy maats (Evert, Kosie en Loot )

Die Otters se veldskoolavonture    Joof en sy maats se bergavontuur - 2 - Cor Dirks   die uile in die stad -Cor Dirks