http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php CF Beyers Boshoff boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

C.F. Beyers-Boshoff het liefdesvehale sowel as spanningverhale asook kinderverhale geskryf. Anders as baie tydgenote het hy daarin geslaag om die boeke suksesvol onder sy eie naam uit te gee. Hy het egter wel twee boeke onder ‘n skuilnaam, Dot Malan, uitgegee.

C.F. Beyers-Boshoff se boeklys sluit in (titels in blou dui aan dat daar meer inlgting oor die inhoud van die boek beskikbaar is):

  1. Aan jou my minnelied (opvolg op KOM LUISTER NA MY LIED)
  2. Altyd die vreemdeling, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  3. Avontuur vir seuns
  4. Boegspriet teen die wind - 1968, boek C.F. Beyers-Boshoff
  5. Daar’s altyd nog drome
  6. Die gees van Kilimanjaro - datum van uitgawe nie aangedui nie, C.F. Beyers-Boshoff (deel 1 - Afrika-reeks)
  7. Die gesig van ‘n vrou
  8. Die knapsekÍrel - ‘n liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  9. Die nag het skaduwees, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  10. Die noodlot is ‘n vrou, 1979 - ‘n liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  11. Die seerower van Jacqueline, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  12. Die tydelike glans
  13. Die uur van waarheid, 1959 deur C.F. Beyers-Boshoff
  14. Die vals lig, 1961 deur C.F. Beyers-Boshoff
  15. Die verdwaaldes - 1967 verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  16. Die vrou in rooi, boek deur C.F. Beyers-Boshoff
  17. Die wilde een,1970 en 1982 - ‘n avontuur en liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  18. Die wit pluim - boek deur C.F. Beyers-Boshoff
  19. Deur die sleutelgat - 1964 deur C.F. Beyers-Boshoff
  20. Duikers van die Diepsee (deel 2 - Afrika-reeks) deur C.F. Beyers-Boshoff
  21. Eendag as jy myne is, 1976 deur C.F. Beyers-Boshoff
  22. Eendag, as jy terugkom, ‘n liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  23. Engel van Angola
  24. Glans van die aandster, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  25. Goud en glorie
  26. Goud in die son, ‘n verhaal uit die gouddelwersdae in Johannesburg - deur C.F. Beyers-Boshoff
  27. Haar verlede
  28. In die skadu van Agnes Linde - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  29. Jasper die atleet, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  30. Jasper die rugbyheld, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  31. Jasper die speurder, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  32. Jasper en die ruimtemanne, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  33. Jasper in die wildernis, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  34. Jasper in gevaar, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  35. Jasper op hoŽrskool, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  36. Jasper op kosskool, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  37. Jasper se plaasvakansie, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  38. Jasper se sirkusavontuur, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  39. Jasper speel toneel , kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  40. Jong liefde - 1971, ‘n liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  41. Kaapse boekanier
  42. Kom luister na my lied
  43. Liefde vir die najaar
  44. Linkerhand van die noodlot, 1967 Spioenasieverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  45. M’sieur die Kavalier - 1973, verhaal uit die ou-Kaapse tydperk deur C.F. Beyers-Boshoff
  46. Nag oor Afrika - ‘n spannende deur C.F. Beyers-Boshoff
  47. ‘n Meisie so Mooi - ‘n spannende liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  48. ‘n Vrou soos Lora, 1965 - ‘n liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  49. Onder drie sterre
  50. Pad na die son, 1964 - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  51. Skoppens vier, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  52. Slavin van die kaptein, 1976 - verhaal uit die ou Kaapse dae
  53. Sommer net iemand, 1978 verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  54. Streng vertroulik, 1967
  55. Tant Ralie se losieshuis, 1974 (opvolg op radio-verhaal- Ongewenste vreemdeling)
  56. Twee myl van nÍrens,1964 - ‘n spanningsverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  57. Vlinder van die nag, 1989
  58. Vlug van die noodlot, 1970 - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  59. Vrees is die jagter,1969 - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  60. Vrou in die spieŽl, 1969 - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  61. Vyf teen die dood, 1966 - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  62. Waar die reŽnboog buig - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  63. Wag op die goue more, 1980 - verhaal uit die tydperk van Baberton se goudstormloop
  64. Wanneer kom eendag, 1987 - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff

 

Boeke uitgegee onder sy skuilnaam Dot Malan, sluit in:

  1. Slangetjies en leertjies - Dot Malan
  2. By die fontein - Dot Malan

 

CF BeyersBoshoff-Die gees van Kilimanjaro

Die gees van Kilimanjaro - geskryf deur C.F. Beyers-Boshoff
die eerste boek in die Afrikareeks

Vir Valk de Wet het die naderende skoolvakansie veel meer belofte as gewoontlik ingehou, want hy sou na Oos-Afrika gaan waar hy saam met sy pa, professor Henri de Wet, na verskeie streke sou reis om nuwe insektemiddels op die proef te stel. Met Valk se verbeelding het daar niks geskort nie, en dit was maklik om reeds, toe hy nog op die skoolbanke gesit het, talle avonture te beleef.

Selfs sy verbeelding was egter nie sterk genoeg om hom voor te berei vir wat werklik op hom gewag het nie. In sy wildste drome het hy nie gedink dat hy saam met die jong joernalis, Rupert Martin, na Kilimandjaro sou gaan nie; van die fabelagtige Ster van Afrika het hy nog nooit gehoor nie. Die inboorlinge se vrees vir die geheimsinnige Gees van Kilimandjaro was vir hom onbekend. Van Marcel du Bois, die man wat sy lewe keer op keer sou bedreig, se bestaan het hy nie geweet nie.

Reeds op die Flamink, die smerige vragboot waarmee hulle na Zanzibar gereis het, het Valk besef dat hierdie nie ‘n gewone vakansiereis sou wees nie, en toe sy pa nie by die afgesproke ontmoetingsplek opgedaag het nie, was dit vir hom duidelik dat hy met oop oŽ in die donker komplot ingeloop het.

Die boek is deel van die Afrikareeks.

Bo

CF BEYERS BOSHOFF duikers van die diepsee

DUIKERS VAN DIE DIEPSEE
die tweede boek in die Afrikareeks
geskryf deur C.F. Beyers-Boshoff

Toe Valk de Wet sy joernalisvriend, Rupert Martin, se uitnodiging om saam te gaan na die toneel van ‘n soektog na ‘n skat onder die koue water van die Suid-Afrikaanse weskus, aangeneem het, het hy hom voorgestel dat dit ‘n aangename, betreklike stil uitstappie sou wees wat moontlik ‘n bietjie avontuur kon oplewer.

 Hierdie verwagting was egter verkeerd, want vandat hy vir die eerste keer onder die water in die moeilikheid geraak het, het die avonture al sneller op mekaar gevolg en al gevaarliker geraak. En toe hy uiteindelik op ‘n Russiese vragskip beland waarvandaan hy maar bloedweinig kans gehad het om te ontsnap, het hy gewonder of dit alles die moeite werd was. Boonop was hy vergesel van die baie aantreklike Tessa, en hoewel Valk hom nie veel aan meisiekinders gesteur het nie, moes hy erken dat Tessa darem anders as die ander was en kon hy nie help om vir haar veiligheid verantwoordelik te voel nie.

 DUIKERS VAN DIE DIEPSEE is die tweede in die Afrikareeks, wat spesiaal geskryf word vir die jonger lesers wat iets meer in ‘n spannende boek soek, wat iets van die wÍreld daarbuite wil leer, wat kennis will maak met die vreemde. In hierdie doel slaag die skrywer uitstekend.

 

CF BeyersBoshoff-Die verdwaaldes

Die verdwaaldes - boek geskryf deur C.F. Beyers-Boshoff

,,Ek wil met jou trou, meisie, maar as jy enige verstand het, sal jy nooit inwillig nie.”
So het Robert twee dae na hul eerste ontmoeting aan Elise gesÍ. Hy het self erken dat hy die onstandvastigheid self is, dat hy vir die oomblik leef. Hy was klavierspeler in ‘n dansorkes en was doodgelukkig. Nie vir hom die brandende ideale, die begeerte om bo alle ander mense uit te styg, die grootste pianis van alle tye te wees nie. Hy het goed gespeel, het ‘n aanvoeling vir klank en ritme gehad, maar hy was nugter genoeg om bewus te wees van sy tekortkominge. Elise het dit verstaan en hom aanvaar soos hy was.

Maar tog kon sy nie by sy soort lewe aanpas nie. Sy was self ‘n redelik suksesvolle klereontwerpster en was oortuig dat sy die hoogste kruin kon bereik indien sy net die geleentheid sou kry om verder te studeer, om haar horison te verbreed. Sy was die vernaamste broodwinner in die huis en kon maar nie verstaan dat Robert tevrede kon wees om maar van dag tot dag te leef nie. Sy het hom probeer oormaak, hom probeer aanspoor om homself te verbeter.

Voordat hulle werklik besef het wat gebeur, het daar ‘n verwydering tussen hulle gekom.

Hierdie is ‘n verhaal met onverwagte draaie, net soos die noodlot soms met onverwagte draaie loop. C. F. Beyers-Boshoff het reeds bekendheid verwerf as n uiters suksesvolle romanskrywer en in hierdie verhaal met sy buitengewone agtergrond en ontwikkeling, is die hand van ervaring duidelik te bespeur.

 

Bo

 

CF BeyersBoshoff-mseur die kavalier ou kaapsetydperk

M’sieur die Kavalier
boek geskryf deur C.F. Beyers-Boshoff
‘n verhaal uit die ou-Kaapse tydperk

"Die dag toe Lafras Lamont vanuit Frankryk in die Kaap aangekom het, het almal gewonder wie hy is en waarom hy so īn lang reis afgele het, net om īn besoek aan die wynplaas, Groot Overmeer, te bring. Daar het hy met Adriaan de Leeuw onderhandel om die feitlik onmoontlike aan te durf, naamlik om die skone Gretel uit Robert-Jan se kloue te bevry.

Robert-Jan is die leier van die groep seerowers wat om Kaap die Goeie Hoop alle seevaart onveilig maak. Hy is ook die barbaar met īn swaard, īn swaard wat alle ander swaarde oortref, maar met Die Kavalier het hy nog nie kennis gemaak nie.

Mīsieur Die Kavalier is een van daardie heerlike oud-Kaapse verhale, vol romantiek en avontuur wat die leser na die eeu terugvoer toe daar manne van staal en seilskepe van hout was. Hierdie verhaal is aanvanklik deur 'Pronk' uitgegee en is later ook in boekvorm uitgegee.

Lees ook verhale van Oloff die seerower

Lees ook verhale deur Mike Heine

Bo

CF BeyersBoshoff-boegspried teen die wind ou kaapsetydperk

Boegspriet teen die wind
boek geskryf deur C.F. Beyers-Boshoff

Frankryk, in die laaste maande voor die groot Franse Rewolusie. Enigeen wat nie tot die adel behoort nie, se lewe is nie veel werd nie. Die beste waarop die gewone burger kan hoop, is dat hy vir nog ‘n dag uit die pad van die adellikes mag bly — want dan mag hy vir nog ‘n dag leef.

Om oor more bekommerd te wees, is sinneloos, want more mag moontlik nie eers aanbreek nie.

Francois Legaut begaan die fout om toe te laat dat hy in ‘n argument met die markies Du Bois betrek raak — ‘n argument wat hy wen, maar slegs vir die oomblik, want Du Bois is magtig en by het toegang tot selfs die koningshuis. Francois se lewe is minder werd as ‘n dooie blaar wat in die straat onder perdepote vertrap word. Vir hom is daar slegs een hoop: om so gou moontlik uit die land te kom en nooit weer terug te keer nie. In die hawe lÍ ‘n boot, en indien Francois op hierdie boot kan kom, kan hy in die Kaap die Goeie hoop ‘n nuwe lewe gaan begin.

En so gebeur dit dat by vir Jean Matroos ontmoet. Jean is die eerste stuurman van die Achilles, ‘n geharde, ongenadige seeman. Aanvanklik is die verhouding tussen die twee redelik goed, maar al gou is dit duidelik dat ‘n storm tussen hierdie twee sterk karakters besig is om te broei - ‘n storm wat voor lank sou breek.

Op see maak Francois met baie nuwe dinge kennis — en uiteindelik ook met Rooibaard Galvez, die gevreesde seerower. Saam met Jean Matroos word by deur Rooibaard as ‘n galeislaaf verkoop, en hy weet dat die einde aangebreek het: as die kettings eers om die gewrigte van galeislaaf geplaas is, word dit eers weer losgemaak nadat hy van uitputting gesterf het.

BERGSPRIET TEEN DIE WIND is ‘n spannende, romantiese verhaal wat afspeel in ‘n tydperk toe hierdie elemente hoogty gevier het.

Lees ook Oloff Die seerower - geskryf deur Gerrie Radlof

Lees ook Ena Murray se boek oor seerowers

Bo

CF BeyersBoshoff-Jong liefde

Jong liefde
boek geskryf deur C.F. Beyers-Boshoff

Janna was nog baie jonk, sommer ‘n meisietjie wat die vensteruitstallings vir ‘n groot afdelingswinkel gedoen het — ‘n meisietjie met sjampanjekieurige hare en blou oŽ wat onthou het wat haar pa vir haar gesÍ het: ,.Moenie ‘n gemors van jou lewe maak nie, want jy kry nie ‘n tweede kans nie.”

Maar saam met Henno, die jong mediese student, het sy nie hierdie waarskuwing onthou nie en hulle het weggedwaal op die glybaan van ‘n ster; die blinkste ster van die nag...

In Janna het dit koud geword, en wat mooi was, het lelik geword. ,,Jy kry nie ‘n tweede kans nie ...“ Die dokter het gesÍ: ,,Jammer, juffrou Louw,” en hy het haar aangekyk asof... asof sy besmet is. Maar was sy nie dalk besmet nie?
,,Jy kry nie ‘n tweede kans nie..

Ook in Henno het die koue gekom. Hy was lief vir Janna en wou goed vir haar wees, maar sy wou hom nie toelaat nie. Hy het haar nie kwalik geneem nie, want dit was hy wat die lag uit haar oŽ geneem het. Tog, so ‘n koue was ondraaglik

NeImari was die warmte self, ‘n warmte wat sy graag met Henno wou deel. Maar. Henno was lief vir Janna. . . Janna wat stil en koud in die klein woonstelletjie gewag het. ,,Nee dankie, rooikop,” het hy Nelmari se uitnodiging van die hand gewys en teruggekeer na Janna.. . Janna vir wie hul jong liefde lelik geword het.

Bo

CF BeyersBoshoff-Wag op die goue more Goudstormloop tydperk

Wag op die goue more
boek geskryf deur C.F. Beyers-Boshoff
‘n verhaal uit die gouddelwersdae in Baberton

Sy pa en broer se ongenaakbaarheid en hulle minagting van sy ideaal om geneesheer te word, laat die jong Rudolph Meyer koers kies Pelgrimsrus toe. Hy sou hulle wys dat by bo kan uitkom sonder hulle hulp! Is Pelgrimsrus dan nie die plek waar ‘n gelukkige delwer skatryk kan word nie?

Hy is egter glad nie voorbereid op die skote wat buite die dorp op hom gevuur word nie, Hy het geweet hy gaan met wilde manne te doen kry, maar dit het hy darem nie verwag nie.

So raak Rudolph betrokke by die lewens van mense wat tot nou toe nog vir hom vreemdelinge was:
Herklaas de Wet, die delwer wat beroof word van sy fortuin; Santie, sy saggeaarde dogter wat siek delwers verpleeg; en haar suster Liz, wat nie tru staan vir ‘n man as dit by gruis was en sif kom nie.

Op Pelgrimsrus word Rudolph nie net ‘n geharde man nie, maar hy moet ook die meisie van sy hart kies. Sal hy getrou kan bly aan die verfynde Lora Rademeyer wat in Pretoria op hom wag, of gaan een van die twee De Wet-susters daarin slaag om sy liefde te wen?

Wag op die goue more is ‘n genotvolle avontuurverhaal wat in die tyd van die goudstormloop op Pelgrirnsrus afspeel. Die gewilde CF. Beyers-Boshoff slaag uitmuntend daarin om die tyd en sy mense lewensgetrou uit te beeld.

Lees ook verhale deur Annelize Morgan oor die goudstormloop

Lees ook verhale deur T.C. Pienaar oor die era van gouddelwery

Lees ook die Woeste laeveld-reeks

Bo

CF BeyersBoshoff-die wilde een liefdesverhaalou kaapsetydperk

Die wilde een
boek geskryf deur C.F. Beyers-Boshoff

Hulle het haar ,die wilde een” van die vallei genoem; die vrou met die rybroek en kapstewels, en op die rug van ‘n swart hings, eienares van ‘n groot plantasie en saagmeule in ‘n vallei tussen heuwels en berghange.

Vroeg in haar lewe was dit reeds vir Mat Terblanche nodig om gehard te wees, want as jong vrou moet sy die ruwe boswerkers in toom hou. Bedags weergalm die gekap van hulle byle in die klowe, maar kort-kort dreig hul om in opstand te kom en dan is dit sy met haar sambok wat nie ‘n millimeter wyk nie. Sy en haar suster, die saggeaarde Eleen . . . twee vroue in die groen vallei van dennereuse.

Meer as een boswerker het al probeer om die ongetemde Mat te verower, maar gou gevind sy is ook ‘n tierboskat wat krap wanneer sy vasgekeer word.

En toe daag Karel de Villiers in die vailei op en toe hy Mat die eerste keer sien, weet hy dat sy die enigste vrou vir hom is . . . die wilde een wat getem moet word.

Die wilde een is ‘n romantiese avontuurverhaal, ‘n verhaal van menslike konflikte en die hartklop van ‘n vrou se emosies. Dis nog een van C. F. Beyers-Boshoff se onvergeetlike vertellings.

 

Bo

CF BeyersBoshoff-n Vrou soos Lora liefdesverhaal

‘n Vrou soos Lora
‘n liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff

Vir Lora de Villiers was daar slege een persoon wat belangrik was—syself. Beeldskoon was sy, met alles wat ‘n jong meisie se hart maar kon begeer, maar die geluk het haar gretige vingers ontglip, want sy het nog nie geleer dat geluk slegs gegun word aan diegene wat self gee en nie net neem nie.

Nie net was Lora mooi nie, maar sy was die dogter van ‘n welaf man wat maar te gelukkig was om alles wat sy dogter mag begeer, aan haar te gee. Meer nog, sy het ‘n lewendige brein gehad en feitlik enigiets wat sy aangepak het, was spoedig ‘n sukses. Behalwe in die Iiefde — daar het sy nie veel sukses behaal nie . . . deels omdat sy nie van haarself wou gee nie, deels omdat sy geneig was om met die verkeerde soort mans om te gaan.

Totdat sy vir Robert Pelser ontmoet het. Robert was ‘n talentvolle man maar nie baie suksesvolle skilder nie. Hieraan het Lora haar egter nie gesteur nie —— sy sou wel sorg dat die geld spoedig begin instroom. Hoe dit sy kunstenaarsiel sou raak, kon haar nie skeel nie. Sy het van hom gehou maar kon dit nie verdra om na armoede te kyk nie. Dat hy ‘n nooientjie gehad het, het sy nie eers ‘n tweede gedagte gegee nie — wat het dit immers met haar te doen gehad?

En so was Lora . . . die koel, spieŽlgladde see wat ‘n onheilspellende rots verberg het; ‘n rots waarop so vele lewens venpletter geraak het.

 

CF BeyersBoshoff-Pad na die son liefdesverhaal

Pad na die son
‘n liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff

Soos die wind met ‘n tolbossie maak het die lewe vir Franz Meyer rondgewaai. Franz het uit die agterbuurte van die groot stad gevlug, maar hy het nie geweet dat sy hele lewe ‘n vlug was nie. Omdat hy bang was om te verloor, wou hy nie veg nie.

Maar nou beland Franz Meyer in die ysterwÍreld — die kontrei van manne waar ook die vroue van ’n besondere stoffasie is. Hier in die Dal moet Franz homself leer ken.

Dit is ‘n langame proses. Franz het gou bewys dat sy vuis reguit en ganadeloos kan slaan, dat hy ook slae kan kan verduur, dat hy swaarkry te bowe kan kom en nie te kla wanneer spierpyne sy liggaam skeur en die swaar boor nerwe van die handpalms af vreet nie. Maar dit is Moira, die gesoflstikeerde dogter van die Ysterkoning, wat Franz sy krag toon deur hom eers te laat besef wat sy eie swakheid is.

Eers dan kan hy hom die loon van sterk manne — en daarby ‘n mooi en goeie vrou — toeŽien, maar deur wroeging en treurspel moes hy ook leer dat die liefde nie eenvoudig en enkel is nie; moet hy leer dat die llefde baie fasette het.

Dis nog een van C. F. Beyers-Boshoff se onvergeetlike vertellings.

Bo

 

CF BeyersBoshoff-linkerhand van die noodlot

Linkerhand van die noodlot
verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff

Soos meestle mense, het Alec de Winter nog nooit van die Z13-kiem gehoor nie; daardie afgryslike wapen wat deur die Sjinese ontwikkel is en die ongelukkige slagoffer wat dit inkry, spoedig tot ‘n volslae idioot laat degenereer. In gewetenlose hande is hierdie wapen afskrikwekkend. Indien die leiers van ‘n volk dit sou inkry, sou die hele land spoedig in ‘n toestand van algehele chaos verkeer. Die is die Sjinese se diaboliese voornerne met Suid-Afrika.

Alec de Winter is nie sommer ‘n gewone man nie. ‘n Alledaagse agt-tot-vyf bestaan het vir hom nog nooit enige aantrekkingskrag gehad nie. Lank, skraal, met vlamrooi hare, leef hy vir avontuur. En indien daar ‘n tydelike skaarste aan lewensgevaarlike opwinding bestaan, is die tweede beste tydverdryf ongetwyfeld mooi vroumense. Dit is juis gedurende so ‘n betreklike stil periode dat hy in die avonture van die Z13-kiem gedompel word.

Wanneer hy besoek ontvang van ‘n offisier van die Veiligheidspolisie met die versoek dat hy moet help om die teelplek van hierdie kieme op te spoor, is hy min lus daarvoor. Spoedig is hy egter nie meer in staat om self te besluit nie, want nie alleen is die boewe op sy spoor nie, maar ook die polisie soek naarstiglik na hom. Om homself te red, is hy verplig om aan die avontuur deel te neem.

Hierdie is nie ‘n gewone spioenasieverhaal waarin die held oor byna bonatuurlike magte beskik nie. Alec de Winter is ‘n mens, wat slegs beskik oor die wakker brein waarmee by gebore is en die gesonde liggaam wat hy in ‘n goeie toestand hou. Hierdie is ‘n realistiese verhaal wat tot op die heel laaste bladsy boei.

Bo

CF BeyersBoshoff-Vrees isdiejagter liefdesverhaal

Vrees is die jagter
verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff

In haar groen oŽ was die blink van geluk — daardie geluk wat ‘n vrou se troudag vir haar bring. Die toekoms moes vir haar al die vreugde inhou wat ‘n meisie van die lewe kan verwag as sy die bruid van Philip de Winter word — ‘n miljoenÍr van die Goudstad. Weelde, gerief en sekuriteit. Maar dit was nie vir haar bedoel nie, want op haar troudag het ‘n persoon uit Ilse se verlede op die voorgrond getree en sy agtervolgende skaduwee was die jagter wat haar soos ‘n gewonde dier laat vlug het. Die jagter se vinger was gedurig op die sneller, gereed om die doodskoot af te trek Een of ander tyd sal sy onder skoot kom en dan ...

VREES IS DIE JAGTER is en verhaal van ‘n vrou se senutergende angs en ontbering, die verhaal van ‘n vrou wie se verlede haar ingehaal het. Dis ‘n verhaal waarvan die spanningsdraad breekpunt wil bereik en wat die leser end-uit boei.

Bo

CF BeyersBoshoff-Twee myl na nerens liefdesverhaalou kaapsetydperk

Twee myl na nÍrens
spanningsverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff

Solank die mens jonk is, sal hy avontuur soek. Baie hunker ook daarna op gevorderde leeftyd. So was dit ook met die jong en lewenslustige Moira Murray, draaiboekskryfster vir ‘n rolprentmaatskappy.

Sy het atmosfeer gesoek vir ‘n vaerhaal wat verfilm moes word. In die proses het sy egter byna haar dood gevind. Die rede: Die verlate Skulpbaai en die boewebende wat snags hul sataniese bedrywighede daar voortgesit het.

Dit is waar die intellektuele stadsnooientjie haar skryfswerk rustig wou gaan voortsit. Hier loop sy haar vas in die onheile van ‘n meedoŽnlose, en desperate, groep belhammels van die onderwÍreld.

Maar soos dit met ‘n mooi en aantreklike vrou gaan, kry sy in haar nood ‘n ridder aan haar sy — Wessel Malan. Saam durf hulle die voortvlugtendes van die gereg aan deur in ‘n massiewe, ou spookhuis aan ‘n verlate stuk seestrand. Meer as eens hang hul jong lewens aan ‘n draadjie, want hulle krap die rampokkers se ondermynde bedrywighede oop — twee stedelinge aan ’n verlate seestrand “twee myl van nÍrens”.

Met sy puik verteltalent vleg die skrywer die vreesaanjaende situasies meesterlik aaneen. Die verhaal bou op tot ‘n magtige hoogtepunt. Hoe kon die twee verliefdes uit hierdie ongelyke stryd, ‘n worsteling om lewe en dood, kom? Hoe kon hulle staande bly teen soveel listige venyn?

Twee myl van nÍrens is ‘n spanningsverhaal uit die boooste rakke!

 

CF BeyersBoshoff-Die noodlot is Ďn vrou liefdesverhaal

Die noodlot is ‘n vrou
verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff

Sheila Marais was drie en twintig toe haar nuwe lewe begin het. Maar nie die lewe wat sy gemeen het dit sou wees nie.

Sy het in die poskantoor op Stuttermeim gewerk, in die middel van die bosbouergemeenskap en daar het Bill Seymington haar uitgehaal en haar sy vrou gemaak.

Bill was twee keer so oud soos sy, sy dogter, Lizel, was agtien. Verveling het Sheila se enigste geselskap geword.

Maar dan maak die lewe sy eerste draai. Paul Naudť word aangestel by een van Bill se saagmeulens. Vir Sheila lyk die lewe mooier.

Sy kry Bill te vertroueling, Michael Bergman, met beloftes van mag en rykdom aan haar kant en hulle besluit om van Bill ontslae te raak. Hulle slaag daarin.

Sheila is meteens die vrou van die vallei. Sy erf een-en-vyltig persent van Bill te besittings en sy spits al haar aandag op Paul toe.

Maar hier maak die lewe sy volgende draai. Sheila stort van ‘n krans af en sy beseer haar rug — egter nie voordat Michael Bergman na ‘n skermutseling met Paul, val en sterf nie. Saam raak Paul, Sheila en Lizel van die lyk ontslae en die houvas wat Sheila op die jong bosbouer het, verstewig.

Dan, om die wiel sy sirekel te laat voltooi, maak die lewe sy laaste draai. Mikien, as Sheila Marais haar lewe kon oor kies, sou sy nooit met die Iewe op Dennedal deurmekaar wou raak nie...

DIE NOODLOT IS ‘N VROU ‘n boeiende lieldesverhaal soos net ‘n skrywer so ervare en groot soos C. F. BEYERS-BOSHOFF, dit kan skryf. 

Bo

tant ralie se losiehuis

Tant Ralie se losieshuis
verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff

PRONKBOEKKLUB reeds in 2 vervolgverhale in boekvorm uitgegee:

Die een was Die Wildtemmer deur Willie van Rensburg geskryf was.
Die tweede een, meer gewild as enigiets wat nog in Suid-Afrika geskryf is, was C. F. Bevers-Boshoff se radio-verhaal: ONGEWENSTE VREEMDELING.

Die oomblik toe die verhaal oor die radio geŽindig het, het die protesbriewe soos ‘n storm losgebars. Ons land se liefhebbers van verhale wou mťťr hÍ. Meer van Mitz en Gerhard en tant Ralie en tant Mathilda.

En hier is dit. Die verhaal oor wat met die mense van die vallei gebeur het, nŠ daardie nag toe die vlamme soveel vernietig het. Oor wat gebeur het toe tant Ralie en tant Mathilda hulself in Kaapstad gaan vestig het omdat hulle wou probeer vergeet van die mense daar in die vallei vir wie hulle so lief geword het. Van Mitz met haar lag en haar kitaar en haar liedjies. En Gerhard, die groot vreemdeling wat so hard probeer het om van gister weg te kom.

Hulle het nie geweet wat op hulle wag nie. Tant Ralie en tant Mathilda het nie geweet dat daar weer ‘n meisie in hul lewens sou kom nie. Een met ‘n laggie soos die van Mitz, een met ‘n kitaar en sagte, warm liedjies.

TANT RALIE SE LOSIESHUIS is die vervolg op ONGEWENSTE VREEMDELING. Dit is die beste verhaal wat ervare C.F. BEYERS-BOSHOFF nog geskryf het.

 

Lees ook radiovervolgverhale deur Leon van Nierop

Lees ook van Radio- en TV drama’s deur Cor Nortjť

Lees ook van Dricky Beukes se vervolgverhaal op die radio - “Die indringer

cf beyersboshoff - onder drie sterre

Onder drie sterre, deur C.F. Beyers-Boshoff

Bo

Bo

CF BEYERS BOSHOFF deur die sleutelgat

Deur die Sleutelgat
deur C.F. Beyers-Boshoff

C.F. Beyers-Boshoff se Deur die Sleutelgat sal vir die leser ’n hele paar uur van leesgenot en aangename afleiding besorg. Hy wat self ’n bekende en gewaardeerde skrywe is, verstaan juis daarom so goed wat die daelikse patroon van ’n skrywer is en daarom kan hy dan ook die held van hierdie roman so raak en rats beskryf.

Die verloop van die verhaal draai hoofsaaklik om Antonie Roux, in die eerste plek ’n skrywer van populÍre slapbandboeke en darem boonop ook nog ’n staatsamptenaar: “… op die oog is hy ’n alledaagse mens – een van hulle waarvan ’n mens in duisendtalle op sypaadjies aantref…” beskryf Beyers-Boshoff hom, maar wanneer iemand soos Emily Stander in alle erns in sy toekoms begin belang stel, verander alles byna oornag vir hom. Waar Antonie se wÍreld voorheen net uit liefde vir sy vrou en kinders en die skryf van slapbandboeke bestaan het, omskep die skielike beroemdheid hom in ’n byna onherkenbare persoon nadat sy vrou kom gedwing het om Lilford Manor met spook en al te koop… en die verloop van Antonie se afwisselende verhaal laat die leser dikwels lekker lag en weer verder wonder… En dan wanneer jy klaar gelees het, sou jy graag nůg verder wou weet, maar omdat jy hom so goed in Deur die Sleutelgat leer ken het, is dit maklik genoeg om tůg te voorstel hoe dit enduit met hom en sy familie gegaan het. Miskien ontmoet ons hom – of sy dogter Alta, of sy seun Paul, weer later in ’n volgende roman…

 

CF BEYERS BOSHOFF eendag as jy terugkom

EENDAG, AS JY TERUGKOM
liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff

Baie geld, was sy begeerte, en om iemand te word wat nie skaam hoef te wees omdat hy uit ‘n skewe skakelhuisie kom waarvan die verf en die pleister al stuk-stuk afgeval het nie.

 Ek sal nog ryk word, het Hein Rossouw telkens gesÍ en Anna Rossouw het met haar afgeleefde pantoffels op die uitgetrapte linoleum in die gang afgeslof en haar kop geskud, geweet dat hierdie verskriklike drang in haar seun net tot groot ongelukkigheid kan lei.

 Maar om te kom waar hy wou wees, moes Hein baie dinge inboet — die liefde van sy tweelingbroer en bowenal… sy swartkop meisie, Ilse Vermaak.

 Ilse wat hom liefgehad het met alles in haar en haar in haar enigheid voorgeneem het om te veg vir hom en vir dit in hom wat sy liefhet. En toe hy die dag met Liza Watson, blondekopdogter van sy baas, trou, het Ilse geweet dat dit nie om liefde is nie maar omdat hy deur haar die hoogste sport van die lewe kan bereik, as besturende direkteur van Watson Motor Industrie (Edms.) Beperk.

Tog het iets in haar klein getrek toe sy die dag voor ‘n keuse gestel word — neem hom as jy hom liefhet anders wil ek jou nooit weer naby hom sien nie, want hy is nou myne.

 Sy het opgekyk in Hein se vrou se groen oŽ en sy het geweet sy het hom verloor, dat die vrou voor haar, hom liefhet, selfs liewer as wat sż hom het.

 EENDAG, AS JY TERUGKOM, is ‘n teer, aangrypende liefdesverhaal soos baie jare van ondervinding vir C.F. BEYERS-BOSHOFF

CF BEYERS BOSHOFF goud in die son

GOUD IN DIE SON
deur C.F. Beyers-Boshoff
‘n verhaal uit die gouddelwersdae in Johannesburg

Johannesburg in die dae toe hy nog jonk was – ’n delwersdorpie, ruwe manne, naghole met ‘n dol lewenstempo, drome van rykdom en die goud by die punt van die reŽnboog… Dit is die agtergrond waarteen hierdie verhaal afspeel. Dit is die verhaal van ‘n jong man, Koert van Duyn, wat uit die wydheid van die stil vlakte met sy waaigras en soetdoringbome kom om in die delwerskamp ‘n nuwe wÍreld te ontdek — ‘n wÍreld met die glans van goud, van leef vir die moment, van belofte en
 teleurstelling. Hier het hy in ‘n draaikolk van gebeure beland waaruit hy nie kon ontsnap nie. Dit het hom weggevoer na nuwe bestaan, al verder van Clara af – die meisie wat hy daar op die wye vlakte agtergelaat het.
 Geluk het na sy kant toe oorgeleun, want hy het nie net goud gevind nie, maar ook vir Linn Russell, ‘n meisie wat die bloed in enige man se are warm maak. Maar daar was Clara..
 GOUD IN DIE SON is ‘n roman wat die drifte van die mens uitbeeld en die lewe teken soos wat hy is – sy geluk, sy mistasting en sy oomblik van helderheid; daardie helderheid wat goud in die sonlig plaas.

Bo

Bo

CF BEYERS BOSHOFF in die skadu van agnes linde

In die skadu van Agnes Linde
boek deur C.F. Beyers-Boshoff
Uitgegee deur Brandwagpers - 1974

Net na die begrafnis van professor De Winter, die man wat sy soos ‘n eie vader liefgehad het, stap Dot Linde langs die strand.
Hier ontmoet sy Robert Heever.
 ‘n Fortuinverstelster waarsku Dot dat die toekoms groot gevaar inhou. Dot is nou oortuig van ‘n donker toekoms — en sy is heeltemal reg.
 Die verhaal vertel van ‘n pragtige meisiekind met ‘n verlede en ‘n vasberade jong man wat die geheime van die vallei anderkant die berg van die maan wil ontsyfer.
 

 CF BEYERS BOSHOFF n meisie so mooi

‘N MEISIE SO MOOI
liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff

Terwyl haar man, die aantreklike, blonde Hein Reynecke elke dag saam met gevaar op die land se grens leef, terwyl Ilse haar tyd op die teenoorgestelde manier.

Sy is een van die mooiste en gewildste aktrises in die land en juis vanaand, waar hulle ’n vrolike partytjie in haar woonstel hou, gesels sy opgewonde oor die nuwe aanbod wat sy gekry het. Sodra die beeldradiorolprent waaraan hulle nou werk, voltooi is, vertrek sy Kaapstad toe waar sy saam met buitelandse spelers in ’n rolprent vir die oorsese mark sal optree.

Hierdie is die dinge wat haar opgewonde maak. Dit en resensies, foto’s van haarself – en Peter de Klerk.

Hein word egter ernstig gewond maar Ilse is feitlik onderweg Kaapstad toe en sy kry kwalik die kans om hom te besoek. Sy loer vlugtig by die hospitaal in en kom tot haar skok agter dat Hein blind is – en aan geheueverlies ly.

Haar besluit kom onmiddellik en sy loop Hein tromp-op. Sy wil van hom skei. Vir ’n mens soos sy is dit nie goed genoeg om met ’n man wat blind is en buitendien geheueverlies het, opgeskeep te sit nie.

Hein se gesig herstel egter mettertyd, maar nie die wond wat in sy hart ontstaan het nie. Hy herwin sy geheue en hy vind ’n nuwe maat in Marlene Rademeyer, ’n verpleegster. Maar Marlene weet dat die beeldskone Ilse steeds in sy gedagtes leef.

Teen die agtergrond van grensgevegte, bomontploffings en ontvoering en gevaar wat elke dag om hom luier, bly Hein se gemoed in ’n warboel. Daar is Ilse, die meisie met wie hy drie jaar getroud was wat hom verlaat het toe hy haar die nodigste gehad het – en Marlene wat hom nooit ’n enkele keer in die steek gelaat het nie. Tog, Ilse is die meisie wat hy liefhet.

‘N MEISIE SO MOOI is ’n aksiebelaaide liefdesverhaal, spesiaal vir ONS EIE BOEKKLUB geskryf deur die ervare, gewilde C.F. BEYERS-BOSHOFF.

Leef ook Pieter Pieterse boek oor die grensoorlog

Bo

Bo

 

CF BEYERS BOSHOFF nag oor afrika

Nag oor AFRIKA
spanning en aksieverhaal deur C.F. BEYERS-BOSHOFF

Met Nag oor Afrika bied C.F. BEYERS-BOSHOFF ons ‘n verhaal vol spanning, aksie en intrige. Die verhaal speel in Kenia af, waar ‘n aantreklike, welopgevoede, Johannesburgse meisie die dienste van grootwildjagter Hubert Meyer benodig in die opsporing van haar verloofde, Mike Greeff.

 Hubert is egter ten volle op hoogte met Greeff se ondergrondse bedrywighede onder die naturelle. Hy wil egter nie graag vir Hilda ontnugter voordat hy nie genoegsame bewyse vir sy vermoedens het nie.

 Die eerste aand reeds na haar aankoms in Kenia, is die Mau-Mau ten vole ingelig oor haar teenwoordigheid en die doel van haar besoek. Haar veiligheid word openlik bedreig en sy word op onbedekte wyse aangeraai om na die Republiek terug te keer. Toe sy na herhaaldelike dreigemente nog geen gehoor gee nie, word sy deur Mike se trawante ontvoer. Spanning loop hoog as selfs Hubert se getroue Masai-bediende deur die genadelose Mau-Mau om die lewe gebring word.

 Nou neem Hubert die onwrikbare besluit om teen alle gevare in, Mike Greeff se ondergrawing aan die kaak te stel. Die leser word met aksie-gelaaide oomblikke meegevoer tot op die geheimsinnige Russiese duikboot wat onder die swart mantel van die “nag oor Afrika” sy ewe geheimsinnige vrag tot digby die kus vervoer.

 ‘n Verhaal wat van die eerste tot die laaste bladsy met spanning en aksie gelaai is.

Lees ook Bertrand Retief se boek van Drietal langs die Wildekus

Lees ook Die Swart Luiperd reeks

Lees ook die boeke deur Jasper M Cloete

 

CF BEYERS BOSHOFF omnibus kom luister na my lied en aan jou my minnelied

Omnibus met die volgende twee verhale:
KOM LUISTER NA MY LIED en sy vervolg AAN JOU MY MINNELIED

KOM LUISTER NA MY LIED en sy vervolg AAN JOU MY MINNELIED wat saam in hierdie band uitgegee word, is die romantiese verhaal van Mitz Rossouw, die swartkopmeisie met die goue stem. As jong sangeres het sy alles in die stryd gewerp om die kalklig te bereik, want slegs daarin, het sy geglo, sal sy geluk vind. En toe oornag het sukses na haar toe gekom, want die orkesleier, Anton de Winter, het dit vir haar moontlik gemaak om as sangeres van populÍre liedjies die verbeelding van die publiek gaande te maak.

 Sukses en geluk loop egter nie altyd hand aan hand nie, want in die verblindende kalklig van die verhoog is dit dikwels die geval dat ‘n sangeres soos in ‘n seepbel van glans en kleur opgevang is, maar nooit met die werklike wÍreld daarbuite kontak maak nie. Sy word deur middel van haar minnelied die simbool van liefde — daardie liefde wat haar as vrou ontwyk.

 In hierdie twee romans wat ‘n eenheid vorm, maak die leser kennis met ‘n moderne verhaal van lief en leed, ‘n verhaal met intrige, patos en met oomblikke van bruisende geluk. Dit is ‘n verhaal wat tot enige vrou spreek, want dit is die verhaal van ‘n vrou wat na geluk en liefde gesoek het, maar wat sukses as sangeres en rolprentster gevind het.

 C. F. Beyers-Boshoff, een van die heel gewildste Afrikaanse romanskrywers, is die skrywer van hierdie twee verhale wat nou vir die eerste keer in boekvorm verskyn.

 

Bo

Bo

Bo

Lees meer oor die Jasper-reeks

jasper speel toneel- jasperreeks no 7 cfbeyersboshoff

 

 

CF BEYERS BOSHOFF slavin van die kaptein

Slavin van die kaptein
Kaapse
verhaal deur C.F. BEYERS-BOSHOFF

Francois Remarque, skeepskaptein in die Franse vloot, is aan die Kaap die Goeie Hoop in opdrag van koning Lodewyk die Veertiende van Frankryk. Sy opdrag is baie eenvoudig: om ’n hoflikheidsbesoek aan die Hollandse kolonie te bring en om die Franse koning se niggie na ’n onthaal in die Kasteel te vergesel. Vir hierdie taak is Francois uiters geskik, want word dit nie reeds hardop gefluister dat hy met die beeldskone Lucienne gaan trou sodra hulle in Frankryk terug is nie?

Maar Francois is ’n heer en ’n heer draai nie sy rug wanneer ’n slavin van Europese afkoms aanspraak op sy hulp maak nie. Francois weet dat Lucienne se tong skerp sal wees in haar veroordeling omdat hy hom met so ’n barbaarse skepseltjie bemoei… maar hy kan homself nie daarvan weerhou om dieper en dieper gemoeid te raak nie. Miskien… miskien is dit omdat hy die klein barbaar aantreklik vind, soos Lucienne beskuldig.

C.F. Beyers-Boshoff is ’n vaardige skrywer van verhale uit die dae toe die Kaap nog jonk was. Hierdie verhaal, wat aan die Kaap begin, later verskuif na die oop see om uiteindelik in Frankryk ontknoop te word, sal algemeen byval vind.

Lees nog ander verhale uit die ou_Kaapse era

Lees ook verhale deur Jacques Andres

Lees ook die Buiter-reeks van Gerrie Radloff

Lees ook die See-heks reeks van Kobus Snyman

 

CF BEYERS BOSHOFF sommer net iemand

SOMMER NET IEMAND
deur C.F. BEYERS-BOSHOFF

SOMMER NET IEMAND — so het hy gesÍ toe die meisie na hom kyk en vra wat sy naam is. “Nee, ek is nie eintlik iemand nie, sommer net iemand wat eintlik niemand is nie.”

 Hy het orentgekom, die meisie, nee die vrou, se kuit nog rooi soos hy dit gevryf het, hier op die Cliftonse strand waar sy ‘n kramp gekry het.

 En wie is jy, het hy gevra.

Haar oŽ het in syne geglimlag. Sommer net iemand wat ‘n kramp in my kuit gekry het, het sy gesÍ.

 So het hul verhouding begin, sommer net so los en gemaklik. Hy is Mike de Villiers, twintig jaar oud, lewendig en blond en wie se enigste besitting sy motorfiets en ‘n paar stukkies klere is.

 Sy, Ruby Seymour, vyf en dertig, pragtig, volmaak in alles waarmee sy geskape is. Kabaret-sangeres, groot huis, groot duur sportmotor. Hulle het mekaar ses dae lank geken toe Mike besef het dat hy haar liefhet. Maar Ruby was die een om nugter te bly. Ek is te oud vir jou, Mike, dit sal nooit deug nie. Hy het geweet sy ma sou nooit haar goedkeuring tot so ‘n verhouding gee nie. Maar die lewe sou meer struikelblokke in die pad van sy en Ruby se liefde plaas. Daar was Dave Hunter, die man uit die jare van Ruby se lewe toe sy jonger was. En Mike se omswerwinge bring hom by Heidi die meisie van die kafee waar daar sommer ‘n paar kamers ook te huur is vir alleenlopers soos hy. Wie was Heidi, ook sommer net iemand wat eintlik niemand is nie? Diť vraag sou Mike diep kwellinge bring.

 SOMMER NET IEMAND, deur C.F. BEYERS-BOSHOFF is ‘n verhaal soos net iemand wat reeds diep, diep spore in ons land se fiksie-wÍreld getrap het.
 

Dot Malan - By die fontein CF Beyers boshoff

By die fontein - deur Dot Malan
Skuilnaam van C.F. Beyers-Boshoff

Boeke deur C.F. Beyers-Boshoff in jaar van uitgawe:

 

  1. 1957 - Haar verlede, deur C.F. Beyers-Boshoff
  2. 1959 - Die uur van waarheid, deur C.F. Beyers-Boshoff
  3. 1959 - Jasper die atleet, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  4. 1959 - Jasper die rugbyheld, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  5. 1959 - Jasper die speurder, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  6. 1959 - Jasper en die ruimtemanne, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  7. 1959 - Jasper in die wildernis, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  8. 1959 - Jasper in gevaar, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  9. 1959 - Jasper op hoŽrskool, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  10. 1959 - Jasper op kosskool, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  11. 1959 - Jasper se plaasvakansie, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  12. 1959 - Jasper se sirkusavontuur, kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  13. 1959 - Jasper speel toneel , kinderverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  14. 1961 - Die vals lig, deur C.F. Beyers-Boshoff
  15. 1964 - Deur die sleutelgat - deur C.F. Beyers-Boshoff
  16. 1964 - Pad na die son, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  17. 1964 - Twee myl van nÍrens,1964 - ‘n spanningsverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  18. 1964 - Nag oor Afrika - ‘n spannende deur C.F. Beyers-Boshoff
  19. 1965 - ‘n Vrou soos Lora, ‘n liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  20. 1966 - Vyf teen die dood, 1966 - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  21. 1967 - Die verdwaaldes - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  22. 1967 - Linkerhand van die noodlotSpioenasieverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  23. 1967 - Streng vertroulik,
  24. 1968 - Boegspriet teen die wind - C.F. Beyers-Boshoff
  25. 1969 - Vrees is die jagter, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  26. 1969 - Vrou in die spieŽl, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  27. 1970 - Die wilde een,1970 en 1982 - ‘n avontuur en liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  28. 1970 - Goud en glorie
  29. 1970 - Vlug van die noodlot, 1970 - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  30. 1971 - Jong liefde - 1971, ‘n liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  31. 1972 - Kom luister na my lied - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  32. 1972 - Aan jou my minnelied - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  33. 1973 - M’sieur die Kavalier - verhaal uit die ou-Kaapse tydperk deur C.F. Beyers-Boshoff
  34. 1974 - In die skadu van Agnes Linde - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  35. 1974 - Tant Ralie se losieshuis, 1974 (opvolg op radio-verhaal- Ongewenste vreemdeling)
  36. 1976 - Eendag as jy myne is, 1976 deur C.F. Beyers-Boshoff
  37. 1976 - Glans van die aandster, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  38. 1976 - Slavin van die kaptein,
  39. 1978 - Sommer net iemand, 1978 verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  40. 1979 - Eendag as jy terugkom
  41. 1979 - Die noodlot is ‘n vrou, ‘n liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  42. 1980 - Wag op die goue more, verhaal uit die tydperk van Baberton se goudstormloop
  43. 1980 - ‘n Meisie so Mooi - ‘n spannende liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  44. 1981 - Liefde vir die najaar, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  45. 1981 - Engel van Angola, deur C.F. Beyers-Boshoff
  46. 1987 - Wanneer kom eendag, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  47. 1989 - Vlinder van die nag, , deur C.F. Beyers-Boshoff
  48. nie aangedui - Duikers van die Diepsee (deel 2 - Afrika-reeks) -
  49. nie aangedui - Die gees van Kilimanjaro - C.F. Beyers-Boshoff (deel 1 - Afrika-reeks)
  50. nie aangedui - Goud in die son - C.F. Beyers-Boshoff - goudstormloop
  51. Altyd die vreemdeling, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  52. Avontuur vir seuns
  53. Daar’s altyd nog drome
  54. Die gesig van ‘n vrou
  55. Die knapsekÍrel - ‘n liefdesverhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  56. Die nag het skaduwees, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  57. Die seerower van Jacqueline, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  58. Die tydelike glans, deur C.F. Beyers-Boshoff
  59. Die vrou in rooi, , deur C.F. Beyers-Boshoff
  60. Die wit pluim, deur C.F. Beyers-Boshoff
  61. Kaapse boekanier
  62. Onder drie sterre, deur C.F. Beyers-Boshoff
  63. Skoppens vier, verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
  64. Waar die reŽnboog buig - verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff

Bo

Bo

Bo

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738