http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Braam le Roux boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Braam le Roux sal veral onthou word vir die skryf van sommige van die Swart Luiperd boeke. Uit sy pen het ook boeke asook ander reekse gevloei soos S.A. Polisie en Swerwer -reeks. Braam le Roux se lys van boeke sluit in :

  • Bloed aan jou hande - Braam le Roux
  • Die een wat laaste lag, 1957 - Braam le Roux
  • Die geheim van Njabela, 1949 - Braam le Roux
  • Die wraak is myne - Braam le Roux
  • Fiskale van Zimbabwe - Braam le Roux
  • Haat dan die mens, 1951 - Braam le Roux
  • Honger wolwe, 1950 - Braam le Roux
  • Hoonlag van die duiwel,1952 - Braam le Roux

Braam le Roux- Fiskale van Zimbabwe boek 2 de uitgawe

Fiskale van Zimbabwe
boek geskryf deur Braam le Roux

Die bobbejaangeroep kom van alle kante. Dit klink skel en laat die hele omgewing daarvan weergalm. Maar daardie ander gil? Dit is eintlik dit wat my dubbel haastig na bo laat klouter.

Ek hoor nouliks die aanstormende voetgeklap uit die grot hier agrer my. Vaagweg dink ek dat dit maar seker die aanvaller is wat ek katswink geslaan het en wat nou weer bygekom het.

Weer deurklief daardie gil die nagstilte. Dit is angswekkend en verraai die ontsettende vrees waarin die persoon verkeer. Dit is die stem van ‘n vrou. In ‘n oogwenk is my gedagtes by Elna.

Ek is bo-uit. Agter my hoor ek ‘n blafgeluid en dan kom daardie afgryslike kop van ‘n bobbejaanman te voorskyn. Voor my is die aanstormende voetegeklap steeds nader. Ek weet dit is die bobbejaanmanne wat na hierdie opening storm ...

Braam le Roux span die spanning snaarstyf in hierdie aksiebelaaide riller wat afspeel teen die spookagtige ruinnes van Zimbabwe .

 

Braam le Roux- die geheim van njabela  boek 1 de uitgawe

Die geheim van Njabela
Boek geskryf deur Braam le Roux

Hierdie verhaal is gebaseer op die geskiedenis van die Amandbele stam in Oos-Transvaal (deesdae Mpumalanga). Hul reŽnfeeste word nog jaarliks op die kruine van die Bothasberge gehou. Gedurende die feestye waag geen vreemde stam hulle in die nabyheid nie en sells die blankes in die omgewing is baie lugtig om die feesterrein te besoek. Die sogenaamde stat van Njabela is op ‘n koppie in die voue van die Bothasberge gebou. Volkekundiges meen dat die klipmurasies oorblyfsels is van ‘n hoŽr kultuur, miskien, opgerig deur dieselfde volk wat die Zimbabwe-ruines gebou het. Die terrein waar die verhaal afspeel, is dus in alle besonderhede waar geteken, maar die inhoud is andersins blote versinsel. Die name van die karakters in die boek is denkbeeldig en het geen verband met lewende persone nie.

Inhoud:

  1. ,,Dag, dr. Droom!”
  2. Die Afbeen-Man
  3. Die geheimsinnige gan
  4. Mnr. Theron, geskiedvorser
  5. Die waarskuwende stem
  6. ,,Skoert, of ek skiet!”
  7. Die onsigbare praat
  8. Bewakers van die kranse
  9. Weer die geheimsinnige
  10. Nico verdwyn
  11. Die swart gesig
  12. Die lyk by die hek
  13. Die Gestalte by die venster
  14. ,,Wie is jy?”
  15. Die sendeling help
  16. Sonja ontvoer
  17. Die Brief in die tent
  18. Gestaltes uit die nag
  19. Gegrom uit die donker
  20. Bewaker van die grafkelders
  21. Prof. Braun, skerpskutter
  22. Skaduwee teen die rots
  23. Agrer die rankplante
  24. Die troon van Njabela
  25. Die lig in die grot
  26. ,,Dag, Witvrou !”
  27. ,,Gryp hulle !“
  28. ‘n Romantiese aand

 

Afrikaanse boeke

Haat dan die mens
Boek geskryf deur Braam le Roux

Hierdie verhaal word afgespeel op een van die groot eilande Írens in een van die groot riviere van suidelike Afrika. Die mense van die eiland wat hierdie verhaal lees, sal alleen weet watter rivier bedoel word. Die ander lesers sal nie weet nie en behoort ook nie te weet nie. Die boek word opgedra aan die eksentrieke ou oom van die eiland, van wie ek ‘n verhaal verneem het en waarop hierdie boek gebaseer is