http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Annelize Morgan boeklys

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Annelize Morgan se boeklys van meer as 40 boeke sluit die volgende in:

  1. Ag Here, gee tog voorspoed
  2. Bruid van die woestyn, 1988/ 1990 - woestyn-drieluik
  3. Die dans van die swaan, 1986 - Annelize Morgan
  4. Die einde van die reënboog, 1983 - Annelize Morgan
  5. Die geheim van Rust Der Vrede, 1982 - Annelize Morgan
  6. Die silwerkonfoor, 1981 - Annelize Morgan
  7. Die ver pad na geluk, 1979 - Goudstormloop -Pelgrimsrus
  8. Die Visioene van Johanna Brandt - Annelize Morgan
  9. Geliefde banneling, 1985 - Annelize Morgan - Goudstormloop -Pelgrimsrus
  10. Gister se drome - Annelize Morgan
  11. Gister se verlange - Annelize Morgan
  12. Goud in die skemer, 1979 - Goudstormloop -Pelgrimsrus
  13. Goue horisonne, 1983 - Annelize Morgan - - Goudstormloop
  14. Hart van die groot woestyn, 1992 - woestyn-drieluik
  15. Huis sonder liefde, 1983 - Annelize Morgan
  16. In die holte van die sekelmaan - Annelize Morgan
  17. Kring van wraak - Annelize Morgan
  18. Lantern vir die Pad - Annelize Morgan
  19. Liewe Kolos - Annelize Morgan
  20. Masker van die verlede, 1980 - ouKaapse verhaal
  21. Melktert En Kaviaar - Annelize Morgan
  22. My ewige erfdeel - Annelize Morgan
  23. 'n Sluier vir Shahira - Annelize Morgan
  24. 'n Volk Moet Sterf - Annelize Morgan
  25. Somer van die rooi robyn, 1981 - Annelize Morgan
  26. Spoelgoud - Annelize Morgan
  27. Swerwers op die goudpad, 1982 - Annelize Morgan - Goudstormloop -Pelgrimsrus
  28. Vallei van verskrikking, 1984 - Annelize Morgan
  29. Vlug van die windswael, 1982 - Annelize Morgan
  30. Wit roos van geluk, 1981 - Annelize Morgan
  31. Woestynwind oor Jawarah - Annelize Morgan -woestyn-drieluik

Annelize Morgan se woestyn-drieluik bestaan uit:

  • Bruid van die woestyn
  • Woestynwind oor Jawarah
  • Hart van die groot woestyn

Annelizemorgan-bruidvan die woestyn woestyn trilogie

Bruid van die woestyn - Annelize Morgan

Colette Bertrand word van alle kante bekyk deur Arabiese sjeiks, stamhoofde en ook mense sonder titles. Sy staan voor hulle in ‘n gewaad wat skaars die nodigste bedek - uitgelewer as slavin. Hulle begin bie oop haar, wil haar koop soos jy ‘n perd of kameel koop.

Sy, die dgter van ‘n Franse koopman, was in Parys ‘n gewilde jong dame van aansien, iemand met die vooruitsig van ‘n groot bruidskat. Selfs toe haar pa teen 1688 ter wille van sy geloof na die Kaap de Goede Hoop moes uitwyk, het die toekoms nog altyd vir haar mooi gelyk. Sy sou by hom aansluit en ‘n nuwe lewe in die suiderland opbou.

Op pad daarheen val seerowers die skip aan, word sy en vier vriendinne na hierdie woestynland ontvoer. ‘n Lewe van vernedering, verskrikking en eindelose wanhoop het begin.

Maar wie is hierdie man wat so koel, byna afsydig aan die bieëry deelneem? Hy lyk heel anders, met die ligter oë en gelaat. Hy is aantreklik - een van die aantreklikste mans wat sy nog gesien het...

Bruid van die woestyn van Annelize Morgan is ‘n verhaal van intriges, van botsende lewensbeskouings, van jaloesie en liefde en haat. En oor alles hang die atmosfeer van die woestyn : oordaags en versengende hitte en saans sie grootste sonsondergange met goud en ligroos en pers wat die hemel soos ‘n reuse-juweel laat gloei.

Bruid van die woestyn is Annelize Morgan se eerste woestynroman

 

koop 'n boek 4

Bo

 

annelizemorgan-WOESTYNWIND OOR JAWARAH

Woestynwind oor Jawarah - Annelize Morgan

Dit kon ‘n wonderlike nag gewees het, ‘n Arabiese nag vol sterre en fluweelswart skaduwees, met die geur van wierook en die klank van snaarinstrumente waar die rashids om hulle vure musiek maak ... en sy nabyheid.

... maar Ara die slavin se lewe het deur ‘n dal van doodskaduwee gegaan. Toe sy ‘n dogtertjie van twaalf was, is sy deur rowers uit die Kappa de Goede Hoop ontvoer en in Arabië aan sjeik Saleh el Kawukji verkoop. Tien jaar van haar lewe het sy aan die diens van die sjeik se dogter, Fatima gewy, later as vriendin en vertroueling.

In die tien jaar het sy Ara geword, terwyl die groen Kaap en haar bestaan as Jacqueline Berrault al hoe meer in die vergetelheid geraak het. Arabië het sy as ‘n ongenaakbare land leer ken, ‘n land waar die son en wind jou lewe kan wegskroei, ‘n land waar mense in hul bittere vergeldingsdrang jou ewe maklik met jou lewe kan laat boet - veral as jy ‘n Christen is. ‘n Land waar einigeen jou kan verraai.

Nou moet sy, ter wille van Fatima en van ‘n kans op haar vryheid, deur die gevreesde Rub’al Khali-woestyn reis. Elke dag bring egter net meer verraad en groter gevaar, sodat sy later niks meer oorhet nie as vae herinneringe aan die Kaap, haar geloof ... en die gedoemde liefde van sjeik Omar bin Gaffar, magtige heerser van die groot woestyn.

Gaan haar ontberinge uitloop op ‘n keuse tussen die sjeik en haar vryheid? En hoe sal sy kies? Is haar lewe bestem om te verloop in die kringe van die woestyn?

Woestynwind oor Jawarah is Annelize Morgan se tweede woestynroman.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

annelizemorgan-hartvandiegroot woestyn

Hart van die groot woestyn - Annelize Morgan

Vir die Rashad-stam van die Groot Woestyn is die Swaard van Abdurraghman die embleem van vrede. Maar hy is weg, en die twee Rashad-broers roei mekaar uit. Nie voor die swaard terug is, kan stamvader Abu bepaal wie die alleenheerser moet wees nie.

Die oplossing lê ver oor die see, in ‘n ander wêreld: die Kaap de Goeie Hoop. Daar lê ‘n vrou op sterwe. Zuchia, die dodelike skoonheid van weleer, het die swaard versteek voordat sy in haar fleur saam met ‘n Engelsman weg is uit Arabië.

Nou kry hul dogter haar sterwensopdrag : gaan vind die swaard, gaan verbreek die vloek.

So kom Caroline Duncan in Arabië aan, waar lewensgevaar haar inwag. Hierdie land met sy skroeiende son, sy dwalende duine, maar ook sy ontsettende skoonheid, gaan haar nog in besit neem. Hy gaan haar sluimerende Arabiese bloed oproep, en aan haar sy fel liefde openbaar.

Omar Rashad gaan voor haar staan. Maar die vraag is: is sy arabier genoeg?

Lees ook soortgelyke boeke wat in die woestyn afspeel deur Chanette Paul

Lees ook soortgelyke boeke wat in die woestyn afspeel deur Wille Martin

Lees ook soortgelyke boeke wat in die woestyn afspeel deur Ena Murray

Lees ook soortgelyke woestynromanse deur Annelize Endres

koop 'n boek 4

Bo

Annelize Morgan Omnibus 1liefdesverhale

Annelize Morgan - Omnibus 1

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Annelizemorgan-Die Visioene van Johanna Brandt

Die Visioene van Johanna Brandt - geskryf deur Annelize Morgan

Johanna Brandt is deur 'n engel versoek om 'n beroep op die volk te doen om terug te keer na God. Sy het die boodksap in 1916 ontvang en nou weet ons dat ons net sit en wag om te sien hoe God ons gaan straf vir ons ongehoorsaamheid en liberale lewensuitkyk. ‘n Nag van verskrikking sou veral oor Johannesburg kom waarin duisende en duisende blankes sou sterf – dieselfde boodskap wat ‘n ontstelde Siener van Rensburg aan sy volk moes oordra.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Annelizemorgan-'n Volk Moet Sterf

'n Volk Moet Sterf - geskryf deur Annelize Morgan

Annelizemorgan-My ewige erfdeel

My ewige erfdeel - geskryf deur Annelize Morgan

 

Annelize Morgan-Goue horisonne goudstormloop pelgrimsrus witwatersrand goudstormloop

Goue horisonne - geskryf deur Annelize Morgan

Die vete tussen Gert Bezuidenhout en sy skoonsuster Hendrieka duur al jare en steeds smee albei listige planne om mekaar te uitoorlê. Veral na die dood van Hendrieka se man probeer Gert sy bes om Langlaagte teen ‘n belaglike prys by Hendrieka te koop.

Hierdie onenigheid raak egter nie net vir Gert en Hendrieka nie, maar ook vir Carolien, Hendrieka se mooi dogter met die bruin oë, vir Gert se vrou Debora, en vir Leentjie, sy vaal dogter.

George Harrison, ‘n gewese prospekteerder, en twee van sy vriende kom om ‘n skuur te bou op Langlaagte en dan ontdek George goud op die plaas.

Die kragmeting neem nou in sy feiheid toe en na die besoek van Christiaan van den Heever voel dit vir Carolien asof haar lewe nooit weer dieselfde gaan wees nie. Maar ook Christiaan dors na wraak.

Almal se lewens verander dan ook drasties na die ontdekking van goud. Vir sommige bring die goudvelde vertwyfeling, armoede en haat, en vir ander vooruitgang en geluk. Vir Carolien voel dit asof die ellende nooit gaan ophou nie, maar iewers moet daar tog vir haar ook ‘n goue horison wees.

GOUE HORISONNE is ‘n verhaal waarin die lief en Ieed wat met die ontdekking van goud gepaard gegaan het, op treffende wyse deur Annelize Morgan verhaal word.

Lees ook soortgelyke boeke wat in die tyd van die goudstormloop afspeel deur Wille Martin

Lees ook soortgelyke boeke wat in die tyd van die goudstormloop afspeel deur Wille Martin

Lees ook boeke deur TC Pienaar

 

koop 'n boek 4

Bo

Annelizemorgan-Ag Here, gee tog voorspoed

Ag Here, gee tog voorspoed - geskryf deur Annelize Morgan

Henog vertel wat hy omtrent die hemel en die hel geleer het en waarom ‘n mens na die hel verban word. Met kruisverwysings uit die Bybel en uit Petrus se Gesig op die Hel, word die eenvoud van die Oordeel soveel duideliker. Dit wat ons as groot sondes beskou, is dikwels minder belangrik as ander dinge wat ons nie as verkeerd bestempel nie.

En wat is die onvergeefbare sonde? Uit Henog se boek word hierdie vraag vir die eerste keer baie duidelik geantwoord.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Annelizemorgan-Lantern vir die Pad

Lantern vir die Pad - geskryf deur Annelize Morgan

Wanneer ‘n mens moedeloos is, wanneer jy voel alles word vir jou te veel, of wanneer jy swaar beproef word, weet dat redding net ‘n tree weg is. Daar is engele by ons wat ons help of lei, al wat ons moet doen, is vra.
Lees die verhale van mense wat met hierdie onsigbare helpers te doene gekry het, en dan sal u weet dat ons Vader ons nie alleen op aarde los om te ly nie. Hy stuur sy engele om hand te kom gee.

Skep weer moed.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Annelizemorgan-huissonder liefde

Huis sonder liefde - spanningsverhaal geskryf deur Annelize Morgan

Toe Nora Fouché in Pretoria aankom om ‘n rukkie by haar vriendin, Isolde Keppler, te gaan kuier, het sy gedink sy gaan ‘n welverdiende ruskansie geniet. Die oomblik dat sy egter oor die drumpel van die Kepplers se luukse huis stap besef sy dat daar is iets verkeerd. Iets verskriklik verkeerd. Alles, vanaf die skilderye waaruit Isolde se oorlede stiefmoeder die hele huishouding met beskuldigende oë dophou, tot die afsydige tuinier, Anton Vermeulen, is in ‘n wolk van geheimsinnigheid gehul. En wanneer Isolde dan nog, gedurende ‘n wilde jaagtog na ‘n bakleiery met haar verloofde Stephen Wright van haar perd afval en verlam uit die ongeluk kom, verdiep die geheim van die Keppler-huishouding nog verder.

Die naam Paul van der Hoff duik soos klokslag in elke fluistergesprek op. Paul van der Hoff, die enigste seun van Clara Keppler uit haar vorige huwelik. Paul van der Hoff wat meer as ‘n dekade gelede in donker Afrika verdwyn het en nou, na al die jare, op pad terug is om sy regmatige deel van dit wat hom toekom te kom eis. Watter onverklaarbare houvas het van der Hoff op Hans Keppler, Isolde se pa, dat hy selfs bereid is om sy verlamde dogter opte offer net om die geheimsinnige man te vermy. En watter houvas het die oënskynlik dierbare dokter Jameson, wat Isolde behandel, en sy handlanger verpleegster, Agnes Bennet op Hans Keppler dat hy soos klei in hulle hande is? En bo alles, watter verskriklike geheim lê opgesluit in die verlore dagboek van Clara Keppler, die dagboek waarna almal so naarstiglik soek

 

koop 'n boek 4

Bo

Annelizemorgan-Goud in die skemer-pelgrimsrus delwers goudstormloop

Goud in die skemer - Annelize Morgan
Goudstormloop -Pelgrimsrus in die delwersdae.... en ‘n jong meisie bou haar toekoms op ‘n kis goud

Mitzi Brandt is ’n tenger meisie met raafswart hare en diephlou oë. Maar onder die bedrieglike uiterlikeskuil ‘n taai meisie — ‘n jong vrou wat swaar grootgeword het en haar toekoms moet bou op ‘n kis goud wat sy met haar eie hande help delf het. Haar pa, Nicolas Brandt, bou egter ook sy toekoms op die kis goud; hy moet immers iets hê om die weduwee Blake mee te beindruk . en dan moet daar nog genoeg oorbly vir die dobbeltafels!

 Maar Mitzi se oupa, Septimus Lodewikus Brandt, het ander planne met die goud, en hy verdwyn stil-stil daarmee. Die stil, aantreklike Reinart van der Hoff bied aan om saam met Mitzi en haar pa na oupa Septimus en die goud te gaan soek, want dan kan by terselfdertyd die soektog na sy broer se moordenaar voortsit.

Mjtzj se kis goud raak die spil waarom almal se lewens draai: haar pa, Dora Blake, Ellen, Braam de Wet en . . . miskien ook Reinart van der Hoff? Kan sy Reinart vertrou nadat Braam haar vertel het dat by deur die polisie vir moord gesoek word?

Die vergete era van die gouddelwers — ‘n goue era vol verdriet en ekstase — word deur Annelize Morgan in Goud in die skemer weer lewendig gemaak

Lees ook soortgelyke boeke wat in die tyd van die goudstormloop afspeel deur Wille Martin

Lees ook soortgelyke boeke wat in die tyd van die goudstormloop afspeel deur Wille Martin

Lees ook boeke deur TC Pienaar

Lees ook verhale deur Mike Heine

 

Annelizemorgan-swerwers op die goudpad-pelgrimsrus delwers goudstormloop

Swerwers op die goudpad - Annelize Morgan
Goudstormloop - Pelgrimsrus se delwerstydperk

Swerwers op pad na die liefde... Amy Tucker is ‘n swerwer wat haar altyd oor die volgende horison moet begeef, want sy vlug weg van die verknoopte bedrogspul waardeur sy van haar erfplaas beroof is. Sy het grootgeword by die Denfors van Klipheuwel en Leeukraal, maar toe die dag kom dat sy Klipheuwel moet erf, word sy uitgestoot. Met ‘n droom van Pelgrimsrus se spoelgoud ry sy op ‘n kapkar daar weg...

En Angus McGuire, die groot Skot met die rooibruin hare, is ook ‘n swerwer. Hy vlug weg van ‘n tragedie in sy verlede, iets wat hy diep verborge hou. Hul paaie kruis, eers op pad na die delwerye, en toe by die rivierkleims self, waar Amy haar eie kleim afpen en met haar hande begin delf.

Goud is soos ‘n slegte spieel: dit maak wat lelik is, nog leliker. Amy leer die lelike kant van die lewe deur en deur ken op die delwerye. Maria, haar ou metgesel wat saam met haar van die Denfors af weg is, noem dit prontweg ‘n Sodom. Diewery, selfs moord, is ‘n aldagse gevaar langs die goudrivier. Ook die twee vroue loop deur, en was dit nie vir Angus nie, sou hulle ondergegaan het.

Maar Amy se swerfpad eindig nie op die delwerye me. Dit neem haar terug na Klipheuwel, waar nie net haar verlede nie, maar ook haar toekoms vir haar duidelik word.

Swerwers op die goudpad is ‘n meevoerende avontuurverhaal uit die vorige eeu. Dit vertel van ‘n vrou wat haar eie pad wou loop, en wat dit reggekry het — tot in die hart van ‘n wonderlike liefde.

Lees ook soortgelyke boeke wat in die tyd van die goudstormloop afspeel deur Wille Martin

Lees ook soortgelyke boeke wat in die tyd van die goudstormloop afspeel deur Wille Martin

Lees ook boeke deur Pierre Fourie

Lees ook boeke deur TC Pienaar

Lees ook verhale deur Eugene Naude

 

koop 'n boek 4

Bo

annelize morgan- diedans van die swaan

Die dans van die swaan - Annelize Morgan

Teen pyn kan ‘n mens jou nie verskans nie. Pyn is die keersy van geluk. As jy werklik voluit wil leef, as jy met albei hande reik na geluk, sal die lewe verseker jou kwota smart aan jou uitdeel. Dit is die les wat Lana Schoeman by dokter Paul le Roux moes leer toe hy op ‘n dag ongevraag haar lewe binnegestap het.

Van die dag toe sy vergeefs by die kerk op haar bruidegom gewag het, het sy haar in Le Château, ‘n yslike klipkasteel, gaan toesluit en die leed probeer besweer deur balletdanse in haar ateljee uit te voer. Die man wat haar liefde versmaai het, het van haar ‘n “swaan” gemaak, net soos die towenaar met Odette in Swanemeer gedoen het . Dit was Paul wat haar gedwing het om die ysterhekke van Le Château oop te sluit en hulp aan medemense in nood te verleen.

Maar selfs hy moes dikwels wonder of hy ooit daarin sou slaag om die ysterhekke van haar hart oopgesluit te kry.

Dit is toe sy ‘n helpende hand na haar grootste vyand uitgesteek het, dat die swaan gesterf en weer mens gèword het . . .

 

Nog ‘n uittreksel uit die boek....

“Pyn is soos ‘n gles in ‘n diamant. Dit maak nie saak hoe jy die diamant draai nie, elke blink slypvlak is soos ‘n venster waardeur jy na die vlek kyk.”
Hy glimlag.
“Miskien moet jy daardie diamant blink poleer sodat die glans van die fasette die vlek verdoesel.”
“Hoe kry ‘n mens dit reg?” vra sy.
“Jy het reeds begin, al weet jy dit nie. Le Chateau se hekke is nie meer gesluit nie....”

 

koop 'n boek 4

Bo

 

annelize morgan-Masker van die Verlede

Masker van die Verlede - Annelize Morgan
Ou-Kaapse verhaal

Met hierdie, slegs haar tweede boek, sal Annelize Morgan sommer diep in die harte van haar lesers kruip, want sy ken die kuns om die spanning hoog te laat loop wanneer die selfversekerde Fransman, Monsieur Eugene de Vigny, die markies van Touraine, met die onverskrokke Spaanse Don Eduardo, kaptein van die Sylvanna, swaarde kruis.

Angélique de Busset, aangenome dogter van madame Colbert, is onder dwang verloof aan die markies. Toe die vyandskap tussen die twee mans tot ‘n openbare swaardgeveg op die markplein uitloop, verkeer madame Colbert onder die indruk dat die geveg oor Angélique gaan.

Maar Angélique weet dat die geveg nie oor haar gaan nie. Sy onthou hoe grysbleek die markies geword het toe Don Eduardo aan hom gesê het dat Aries in Frankryk wel ver van die Kaap van Storms af lê, maar nie ver genoeg nie. Wat het in Aries gebeur? Watter verband bestaan daar tussen hierdie twee mans? Watter bedreiging bou die aankoms van Don Eduardo vir die markies in?

En Angélique weet dat sy nie met die markies wil trou nie, maar madame Colbert wys haar daarop dat sy nie op haar woord mág teruggaan nie.

Die uitslag van die swaardgeveg tussen Eduardo en Eugene de Vigny word op onverwagte wyse deur Angelique bepaal en die Kaap gons van uiteenlopende gissings oor haar rol in hierdie vete. Eduardo word swaar gewond en deur sy matrose van die gevegstoneel verwyder. Angélique verneem dat Eduardo dood is, maar ontvang tog ‘n boodskap dat sy ten alie koste moet voortgaan met die reëlings om met die markies te trou. Die markies sou selfs dalk versoek dat hy van sy eie belofte aan haar onthef moet word, maar dat Angélique volstrek moet weier en hom by sy woord moet hou.

Die aankoms van Jeanne Beaumont en haar broer, Pierre, maak sake nog meer ingewikkeld, veral toe die markies voorgee dat hy hulle glad nie ken nie, ten spyte daarvan dat Jeanne beweer dat sy reeds aan die markies verloof is.

Angélique raak hoe langer hoe meer verward. Waarom het Eduardo en selfs ook Kommandeur Simon van der Stel aan haar gesê dat sy net moet vertrou en dat sy wel op die regte tyd haar eie keuse sal kan doen?

Toe haar troudag aanbreek, besef Angelique dat sy nou eindelik haar keuse kan maak: Of sy vry wit uitgaan, Of met die markies van Touraine wil trou?

 

koop 'n boek 4

Bo

 

  Annelize Morgan-Melktert en kaviaar

Melktert en kaviaar - Annelize Morgan

Liedjieskrywer Emma Steyn se grootste droom is om eendag haar eie liedjies te sing. Sy raak egter heeltemal té gespanne – so erg dat sy nie eers ’n piep kan uitkry nie. En haar vriend, die sanger Ingo, maak dit nie makliker nie.

Wanneer Ingo vir Emma met ’n ander meisie verneuk en boonop een van haar liedjies steel, nooi vriende haar na Xander Vermeulen se wildsplaas om van Ingo te vergeet.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

annelize morgan-ver pad na geluk

Die ver pad na geluk - Annelize Morgan

"Die Ver Pad Na Geluk voer die leser terug op die romantiese en veelbewoë pad van die ontdekking van goud, eers op Pelgrimsrus, toe Barberton en toe aan die Witwatersrand.

Op die delwerye van Pelgrimsrus het almal ontsag vir die lywige Mollie Jansen. Mollie kan ´n groot man met ´n reguit-linker grond toe stuur. Maar in Mollie se groot liggaam en ruwe uiterlike skuil daar net so ´n groot, simpatieke en gelowige hart.

Toe die goudkommissaris by geleentheid radeloos staan met ´n driejarige weeskindjie, besluit Mollie om die dogtertjie as haar eie aan te neem. Mollie versorg haar klein Rosa met al die opgekropte liefde in haar groot liggaam. Mettertyd het die kleine Rosa dan ook vergeet dat sy ooit ´n ander moeder geken het as die bejaarde, groot vrou."

Mollie en Rosa verhuis na Barberton waar Mollie op ‘n dag weer vir eerwaarde Cawkill Barker van Pelgrimsrus raak loop. Toe Cawkill op Barberton bewys dat hy dit ernstig bedoel om die drank te los, trou hy en Mollie. Behalwe vir die periodieke rusies tussen Mollie en haar man, ken Rosa gelukkige kinderdae op Barberton. Sy vind ‘n vriend in die bure se seun Schalk; Schalk wat gedurig vertel van sy ouer broer, Rudolph se voortreflikhede, totdat Rosa op ‘n dag die veelgeroemde Rudolph van aangesig tot aangesig ontmoet. Vir Rosa wat nog net aan die eenvoud van die delwersdorpie gwoond is, is die deftige Rudolph met sy goue horlosieketting en die veertjie in sy grys hoed, ‘n droom. En op die jeugdige ouderdom van veertien jaar begin Rosa reeds drome droom oor die glans van die lewe anderkant die grense van die delwersdorpie.

Toe besluit Mollie om ook na die Rand van die Witwater te vertrek waar nuwe en veelbelowende goudriwwe ontdek is.

Die lewe in die verskillende mynkampe van die Witwatersrand in daardie vroeë jare word realisties en in al sy ellende, armoede en verval uitgebeeld. Te midde van al die armoede en swaarkry, bly Mollie steeds die anker en stukrag in Rosa en Cawkill se lewens. Maar toe Mollie aan koors sterf en Cawkill weer aan die drank toegee, voel Rosa dat alles net vir haar te veel geword het.

Rosa loop weer vir Schalk en Rudolf raak, maar daar lê nou nog ‘n wyer kloof tussen die Rosa van die armoedige omgewing van Brickfields en Rudolf wat in weelde tussen die rykes van Doornfontein leef.

Annelize Morgan beeld op treffende wyse die lewe van verval, armoede en ellende van die vroeë Witwatersrand met sy verskillende mynkampe soos Doornfontein, Johannesburg, Braamfontein, Fordsburg en Brickflelds uit.

Lees ook soortgelyke boeke wat in die tyd van die goudstormloop afspeel deur Wille Martin

Lees ook soortgelyke boeke wat in die tyd van die goudstormloop afspeel deur Wille Martin

Lees ook boeke deur Pierre Fourie

Lees ook Tweede Vryheidsoorlog verhale deur Wim Hartman

 

koop 'n boek 4

Bo

annelize morgan-Die geheim van Rust Der Vrede boek

Die geheim van Rust Der Vrede
verhaal deur - Annelize Morgan

Sophia van Wyngaardt het die hele familie laat weet dat sy hulle almal gedurende daardie Kerstyd op Rust der Vrede wou hê. Hulle was egter almal vyandig teenoor Engela, want hulle het haar as ‘n uitgeworpene beskou.

Maar kort voor lank — nadat Sophia ‘n skokkende mededeling aan die familie gedoen het — was hulle in haar mag omdat sy ‘n verskriklike geheim geken het wat hulle wou stil hou.

Hier het sy ook vir Armand de Savoye ontmoet — die sjarmante en welgestelde landheer wat nog ‘n groot rol in haar lewe sou speel.

Hier op Rust der Vrede het sy geskok besef dat haar lewe in gevaar was en is sy byna vermoor — maar hier het iemand na wie sy baie verlang het weer haar pad gekruis, en hier op Rust der Vrede het sy oplaas werklik vrede en geluk ondervind

‘n Mens kan hierdie pakkende verhaal uit die pen van die gewilde skryfster, Annelize Morgan, nie maklik neersit nie.

 

annelize morganboeke- geliefdfebanneling goud delwers

Geliefde banneling
- Annelize Morgan
Goudstormloop - Pelgrimsrus se delwers

Vir Theresa Verhoef, die vaal dogter van Barnard Verhoef vir wie hy geen liefde het nie, lyk die toekoms baie duister. As deel van’n saketransaksie moet sy met die losbol-buurman Sias Beneke trou, en sy het haar pa se wense nog altyd gehoorsaam. Maar wat moet sy doen as sy die buurman verfoei?

Toe Theresa Sias kort voor hulle huweliksbekendmaking met sy vorige meisie in ‘n omhelsing betrap, weet sy vir seker dat sy nié met die klugspel kan voortgaan nie. Sy jaag die veld koersloos op haar perd in en loop haar tromp-op vas in die gevreesde El Toro en sy bendelede wat reeds tién jaar lank ‘n skrikbewind voer op Pelgrimsrus en die omliggende delwerye.

Toe hulle uitvind wie haar pa is, besluit hulle dadelik dat dit hulle lang verwagte kans is om terug Europa toe te gaan, en hulle eis ‘n losprys van tienduisend pond van haar pa. Maar wat gaan hulle doen wanneer hulle uitvind dat Barnard Verhoef nie bereid is om ‘n pénnie vir sy Ielike dogter te betaal nie? En gaan haar jongmeisiedrome van jare gelede bewaarheid word?

Geliefde banneling deur Annelize Morgan is nog ‘n romantiese verhaal uit die delwersdae vol intrige en wraaksug wat die leser end-uit sal boei en laat wonder oor Theresa se uiteindelike geluk!

 

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738