http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Anna m Louw boeklys

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Anna M Louw - Hier volg ‘n lys van haar boeke en publikasie datums:

  1. Die onverdeelde uur, 1956
  2. Die koms van die komeet, 1957
  3. Agter my 'n Albatros, ('n reisjoenaal) 1959
  4. Die voortreflike familie Smit, 1962
  5. Twenty Days That Autumn; 21st March – 9th April 1960; a novel, 1963
  6. Die banneling: die lyfwag, 1964
  7. Oom Kallie gee raad, (drie dramas) 1965
  8. DŪe wat met die fluite loop, (reisjoernaal van die noordelike lande) 1967
  9. Die groot gryse, (Paul Kruger)1968
  10. GesŽende dag, 1969
  11. Kroniek van Perdepoort, 1975
  12. Die derde tempel (Israel), 1978
  13. Op die rug van die tier, 1981
  14. Die loop van die rivier, 1986
  15. Wolftyd, 1991
  16. Die donker kind, 1996
  17. Vos, 1999
  18. Die beskermengel (en ander eenbedrywe)

    Die wat met fluite loop -anna m Louw  Die onverdeelde uur -anna M Louw

koop 'n boek 4

Alfabetiese lys van Anna M. Louw se werke:

  1. Agter my 'n Albatros, ('n reisjoenaal) - deur Anna M. Louw
  2. Die banneling: die lyfwag - deur Anna M. Louw
  3. Die beskermengel (en ander eenbedrywe) - deur Anna M. Louw
  4. Die derde tempel (Israel) - deur Anna M. Louw
  5. Die donker kind - deur Anna M. Louw
  6. Die groot gryse (Paul Kruger)- deur Anna M. Louw
  7. Die koms van die komeet - deur Anna M. Louw
  8. Die loop van die rivier - deur Anna M. Louw
  9. Die onverdeelde uur - deur Anna M. Louw
  10. Die voortreflike familie Smit - deur Anna M. Louw
  11. DŪe wat met die fluite loop (reisjoernaal van die noordelike lande)
  12. GesŽende dag - deur Anna M. Louw
  13. Kroniek van Perdepoort - deur Anna M. Louw
  14. Oom Kolie gee raad, (drie dramas) - deur Anna M. Louw
  15. Op die rug van die tier - deur Anna M. Louw
  16. Twenty Days That Autumn; 21st March – 9th April 1960; a novel - deur Anna M. Louw
  17. Vos - deur Anna M. Louw
  18. Wolftyd - deur Anna M. Louw

koop 'n boek 4 

die derde tempel - anna M Louw

Die derde tempel -Anna M. Louw

“’n Halfuur na ons aankoms sit ons in die bus op pad na Jerusalem. In die kopligte spring boomlanings vlietend soos rye soldate weerskante van die pad op aandag. Sipresse en bloekoms, herken ek. Die gids sÍ: geplant ter herdenking van die Groot Brandoffer voor en ten tyde van die Tweede WÍreldoorlog. Dit dring tot my deur: ons pelgrimsgroep bevind ons binne ‘n ongelooflike kort tydjie in Erez Israel- die Heilige Land.”

Die byna magiese bekoring wat Israel vir alle besoekers na die waarheid inhou, het Anna M. Louw laat besluit om die land te besoek. Self wou sy bevestig sien dat waarvan die Bybel geskryf word, vandag nog bestaan - die stede, die heuwels, vlaktes en seŽ. Alles kan mee in die reisjoernaal - ‘n reisjoernaal in die ware sin van die woord is “Die derte tempel”, nie. Dit is eerder ‘n filosofies-bespiegelende essays waarin die skryfster vooropgestelde opvattings omtrent Israel en die heilige plekke opnuut aan die werklikheid toets.

 

Kroniek van perdepoort- anna m louw   Kroniek van perdepoort- anna m louw nuut

Kroniek van Perdepoort - Anna M. Louw

Anna M. Louw se familieroman “Kroniek van Perdepoort” (1975) waarvoor sy die Herzogprys vir Prosa asook CNA-prys, ontvang het, handel oor die lotgevalle van die Lotriets deur verskillende dekades volg. ‘Kroniek van Perdepoort” is een van die merkwaardigste romans van die sewentigerjare.

Die Bolander, Koos Lotriet vestig hom aan die begin van die twintigste eeu aan die voet van die Swartberge en bou met die jare īn spogplaas op, al word hy en sy vrou as gevolg van sy hoogmoed – wat aan hom die bynaam Koos Nek besorg – nooit volledig in die samelewing opgeneem nie.

NŠ sy dood sit vier van sy seuns die boerdery voort, maar nie een van hulle is vergelykbaar met hulle vader wat werkywer, idealisme en deursettingsvermoŽ betref nie en die hele familie, ook die kleinkinders, toon tekens van agteruitgang. Met die tipiese situasies en figure sluit Kroniek van Perdepoort by die ouer Afrikaanse verhaalkuns aan, al word die swakhede van die seuns simbolies-allegories verdiep sodat die familie in sy totaliteit die voordurende aktiwiteite van verskillende doodsondes illustreer. Met die achronologiese struktuur swaai die roman egter weg van die tradisionele Afrikaanse prosakuns.

 

 koop 'n boek 4

 

annam louw-die groot gryse

Die groot gryse - Anna M. Louw

Hierdie boek is ‘n histories roman waarin feit en verbeelding, werklikheid en fiksie maasterlik saamgeweef is, met ontsag vir die historiese waarheid, met fyn aanvoeling vir atmosfeer en die innerlike lewe van die mens en met besondere filosofiese siening en insig. Paul Kruger, die hooffigguur, is die laspunt waar al die panele van ‘n groot waaier van gewone en buitengewone mense, opsienbarende gebeure en bekoorlike klein insidente bymekaarkom en op heel besondere wyse voor ons opval.

Hier is geen verheffing van ‘n volksheld tot ‘n smeltlose heilige nie, hier is net ‘n eerlike uitbeelding van Paul Kruger as mens: die gevoelige seun, die onverskrokke jongman, die onverbiddelike voorvegter vir sy volk, die hooggeagte staatsman en altyd en te alle tye die toegewyde Christen en Calvinis wat homself en alles wat hom raak, aan die Skrif toets.

Met absoluut eerlikheid maar met eerbied en begrip, met warmte en deernis - en met subtiele humor - word die groot volksman vir ons geteken , en juis om sy menslikheid, sy twyfel oor sy eie swakheid en sy stryd met homself waarin ons insae kry, sien ons hom met groter agting en liefde en kom hy sterker voor ons staan.

Die hele boek is geskryf in die idioom van die tyd en die mense van die twee Boererepublieke, en die skryfster het nie alleen ‘n indrukwekkende kennis van die tydperk nie maar ook ‘n skerp aanvoeling vir die kleur en atmosfeer van hierdie dae; die slopies biltong, die soetolie en balsemkopiva, die misvloere en ledekante, die wilde boswÍreld met leeus en olifante, die mense met hul boerehumor en sin vir die wesentlike in ‘n werklike situasie.

 

 koop 'n boek 4

 

anna m louw-vos

 Vos Anna M. Louw

Vos is leier van die kerkraad op ‘n dorp in die Noordweste wat reeds jare lank deur droogte geteister word. Biduur na biduur vir reŽn blyk tervergeefs te wees; Vos daag God uit: as u niks gaan doen nie, dwing U my om iets self te doen. Dis waar Vos begin om te onderhandel mat die Boesman Hans Bokpoot wat homself as reŽnmaker uitgee. In daardie somer van 1932 word Vos geinitieer, en sluit hy met Hans Bokpoot se bemiddeling ‘n kontrak met die duiwel. En Vos kry reŽn, sy plaas die enigste in die ongenadige landstreek wat reŽn kry. Voorspoed volg, maar dinge begin skeefloop onder die invloed van die duister magte wat Vos onderteken het. Totdat dominee Kossies ingryp.

‘n Gestroopte Vos, meer as ooit bewus van “die meslem waarop jy moet balanseer om God se uitgestrekte hand by te kom”, gaan uiteindelik op ‘n sendingtog om ‘n geestelike boodskap te bring. Eers met sy muilkar en later te voet swerf hy van plaas tot plaas deur die HantamwÍreld en die Roeveld.

Maar is Vos heeltemal vry van die bose? Of het sy jarelange duiwelsaanbidding ‘n skend op hom gelaat?

 

Lees ook boeke deur Francois Bloemhof

Lees ook verhale deur Annalou Marais

Lees meer van die Karoo, Mosselbaai en ander plekke - boeke van Sue van Waart

 

 koop 'n boek 4

 

anna m louw-die verdeelde uur

Die onvedeelde uur - geskryf deur Anna M. Louw

“Waarom sou daar nie deug daarin bestaan om die misverstand tussen hart en hart e baie jare weg te ruim nie, al is die tyd reeds lank verby wanneer dit verskil kan maak aan die lewens van hulle tussen wie die misverstand is?”

Sterftyd het aangebreek vir die trotse Giel van Rensburg op sy eensame plaas Nooitverlaat. En die drie wat in die skemeruur om die bed gestaan het, sou die ou man nou vir die eerste maal werklik leer ken. ‘n Hele leeftyd het hom binne die perke van ‘n paar uur in die sombere woonhuis afgespeel. En daarna sou die mense wie se lewens so innig met diť van Giel verweef was, nooit weer dieselfde wees nie : Jan , sy broer, wat tevrede was met ‘n nietige hoekie in die lewe waar hy van verantwoordelikhede vry sou wees.; Elmien, Jan se vrou, wat Giel se geheim getrou sou bewaar; Collie, haar seun, vir wie die toekoms nog veel belofte ingehou het. Want hulle het geleer dat die verlede nooit volkome uitgewis kan word nie, dat dit altyd lewendig bly en die bron-aar van die hede is.

 

anna m louwboeke-die voortreflike familie smit

Die voortreflike familie smit
- geskryf deur Anna M. Louw

Sedert die verskyning van haar gevoelige reisverhaal Agter my ‘n Albatros wat met soveel welslae in 1959 gepubliseer is, is Die Voortrefiike Familie Smit die eerste vollengte-werk van Anna M. Louw wat in boekvorm verskyn. Die erns en die luim, wat sy so geslaag in haar ander geskrifte hanteer, word hier saamgevleg tot ‘n meevoerende vertelling oor ‘n boergesin wat stad toe verhuis en hulle daar probeer aanpas, en hulle ook nie kan aanpas nie — maar in Oupa se oŽ ‘n bars voortreflike familie bly.

Oupa, ja: trekleier na die grootstad toe, beliggaming van die familiegees, molesmaker as hy vir sy onderwyseres-kleindogter Petro begin kÍrel soek.

Dan is daar Grietjie, in haar Matriekjaar, besig om grootmens te word — sommer so onverhoeds soos ‘n springmielie wat in ‘n ysterpot begin dy en dans en dan in ‘n yslike wit blom ontplof.

En wat van Ouma met haar gepaste spreekwoord vir elke geleentheid, Ma wat altyd die ergste verwag, die “werkese” van ‘n Pa . . . die tweeling?

So staan hulle skouer aan skouer teen die moeilikhede wat die stadslewe bring. <Ek weet dat die lewe ‘n sterk, verfrissende stroom is waarteen ‘n mens moet swem om jou sterk te maak. .

Die Voortreflike Familie Smit is ‘n ondeunde en lewenslustige boek, nie sonder ‘n tikkie weemoed plek-plek nie. En die Smitte is nie abnormale wanaangepastes nie. Hulle is maar net vol beminlike kwinte en kwaste en koddighede.

 

 

koop 'n boek 4 

 

Klik hier om ‘n biografie van Anna M. Louw te lees

Anna M Louw2

Bo

koop 'n boek 4 

 

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738