http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Anna M. Louw

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Anna M. Louw

Anna Margaretha Bassel (b. Louw) was op 31 Desember 1913 naby Calvinia op die plaas “Soetwater”in die destydse Kaap-kolonie gebore. Sy ontvang opleiding by die plaaslike skool, waar haar ma ook skool gegee het, tot standerd 8. Daarna is sy na Calvinia High School, waar sy matriek op ‘n jeugdige ouderdom voltooi. Sy gaan studeer verder aan die Universiteit van Stellenbosch, met hoofvakke Engels, Afrikaans, Nederlands, Duits, Frans en Sielkunde. Op 20 jarige ouderdom trou sy met Lewis Hurst. Die egpaar gaan woon vir twee jaar in New York. Tydens haar verblyf in Amerika, voltooi sy ‘n kursus in joernalistiek en visuele/ uitvoerende kunste.

Met haar terugkeer na Suid-Afrika behaal sy 'n verdere baccalaureus-graad (B Soc) aan die Universiteit van Kaapstad. Sy skei van haar eerste man en trou later met Gerhard Bassel waarna sy begin met die skryf van tydskrifartikels, radioverhale asook kortverhale wat in die Sarie gepubliseer is. Die Bassel-egpaar reis baie rond, onder meer in Europa en Mexiko.

Sy het vyf kinders gehad, Wendy, Nicholas en Elizabeth vanuit haar eerste huwelik; en 'n tweeling, Christina en Editha met haar tweede man, Gerhard Bassel.

Sy het verskeie toekennings verower onder meer die Olive Schreiner-prys vir Prosa in 1964, vir Twenty Days That Autumn; die Scheepersprys vir Jeugliteratuur in 1968 vir Die voortreflike familie Smit. In 1971 verwerf sy die W.A. Hofmeyer-prys vir Die groot gryse (‘n roman oor die lewe van Paul Kruger). Die Groot Gryse is veel meer as net 'n historiese roman. Dit is veral die uitbeelding van Paul Kruger se innerlike lewe - sy worsteling, groei en ryping - wat die leser bybly. Verder ontvang sy verskeie toekennings vir Kroniek van Perdepoort, naamlik die Hertzogprys in 1976 en daarna die W.A.Hofmeyer-prys en die CNA-prys in 1977 vir dieselfde werk.

Anna M Louw

Foto : Anna M. Louw (Stellenbosch writers se webtuiste)


Vooraanstaande akademici beskou Anna M Louw as een van die belangrikste Afrikaanse romanskrywers. Die ewige stryd tussen die goeie en die bose word besonder kreatief in haar romans ontplooi. Sy word veral geloof vir haar stap om weg te breek vanaf die literÍre tradisie van plaaslike realisme.

Sy sterf op ‘n rype ouderdom van 89 jaar op 12 Junie 2003 in Rondebosch, Kaapstad.

Anna M Louw3

Foto : Anna M Louw



Hier volg ‘n lys van haar boeke en publikasie datums:

  • Die onverdeelde uur, 1956
  • Die koms van die komeet, 1957
  • Agter my 'n Albatros, ('n reisjoenaal) 1959
  • Die voortreflike familie Smit, 1962
  • Twenty Days That Autumn; 21st March – 9th April 1960; a novel, 1963
  • Die banneling: die lyfwag, 1964
  • Oom Kolie gee raad, (drie dramas) 1965
  • DŪe wat met die fluite loop, 1967
  • Die groot gryse, 1968
  • GesŽende dag, 1969
  • Kroniek van Perdepoort, 1975
  • Die derde tempel, 1978
  • Op die rug van die tier, 1981
  • Die loop van die rivier, 1986
  • Wolftyd, 1991
  • Die donker kind, 1996
  • Vos, 1999

Vir ‘n vollediger alfabetiese lys van Anna M. Louw se werke, kliek hier
Lees ook meer oor verskeie van haar boeke

Foto : Anna M Louw

Anna M Louw2