http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Andre Groenewald

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Lys van boeke deur André Groenewald geskryf, sluit in:

  1. Die duiwel kies kortpad - boek geskryf deur André Groenewald
  2. Die nadraai - boek geskryf deur André Groenewald
  3. Die taak van Anna Munnik - boeke geskryf deur André Groenewald
  4. Die vrou in Seepunt - boek geskryf deur André Groenewald
  5. Ek haal die voorblad - boek geskryf deur André Groenewald
  6. Man met wrok - boek geskryf deur André Groenewald
  7. Maniak in my lewe - boek geskryf deur André Groenewald
  8. Moord in Jantzenburg - boeke geskryf deur André Groenewald
  9. Skat van die Oenahabs - boeke geskryf deur André Groenewald
  10. Uit die nag - boeke geskryf deur André Groenewald
  11. Weskus-episode - boek geskryf deur André Groenewald

koop 'n boek 4

 

ANDRE GROENEWALD skat van die oenahabs

DIE SKAT VAN DIE OENAHABS
boek geskryf deur André Groenewald

André Groenewald kán speurverhale skryf en DIE SKAT VAN DIE OENAHABS is weer eens ‘n sprekende bewys daarvan.
Hierdie slag is die held van die verhaal self ‘n speurverhaalskrywer - Hannes Hamman - ‘n man wat weet hoe om sy hande te gebruik, selfs wanneer daar nie ‘n rewolwer in is nie!
 Die spanning is van die begin af snaarstyf. Die dialoog is gevat en kostelik, soos net André Groenewald dit kan skryf.
 DIE SKAT VAN DIE OENAHABS is in die beste tradisie van die Suid-Afrikaanse speurverhaal. Een van die bestes wat nog verskyn het!

koop 'n boek 4

 

ANDRE GROENEWALD uit die nag

Uit die nag
boek geskryf deur André Groenewald

“Nou is ek bang, want omdat ek Alta se liefde probeer wen het, het ek dit verloor en omdat ek dit verloor het, het ek ’n nuwe, grootser, wonderliker liefde verloor… ’n liefde so groot, so suiwer dat dit meer is as net liefde; dis ’n vrede… die vrede waaraan mens jou weldadiglik oorgee na ’n roes van woeste avontuur; dis die soete nostalgie van musiek wat dryf en wieg en waarin jy jou week na ’n dag van wanklanke; dis die gladde binneseil van ’n hawe na ’n tifoon op die oopsee; dis die lomerige genot van ’n wintersaand voor ’n vuur terwyl die wind buite loei.”

Só skryf André Groenewald in hierdie boek – gewis die beste werk wat dusvęr uit sy pen verskyn het. Dis amper jammer dat die leser só deur die tergende spanning vasgegryp word dat hy nie die tyd het om hom in die pragtige taal van die skrywer te verheerlik nie.

Op die verlowingspartytjie van die skone Alta met Willem Lingeman het Ben Delport uit die bloute sy verskyning gemaak. Dit was die begin, die begin van een van die knapste en spannendste sielkundige romans wat nog in Afrikaans verskyn het. Willem kon die skok nie verduur toe hy haar liefde verloor nie. Sy geestelike ewewig is geknak en in die donker dieptes van sy onderbewussyn het die refrein ontspring: “Ben Delport moet dood… Ben Delport moet dood!”

Dit het aanleiding gegee tot… die droom… die afskuwelike droom wat elke nag sy slaap geteister het… die droom waarvan hy slegs ontslae kon raak daardeur werklikheid te maak…

 

Koop boeke by www.lizmarboeke.co.za

 ANDRE GROENEWALD -weskus episode

koop 'n boek 4

ANDRE GOENEWALD maniak in my lewe

Maniak in my lewe
boek geskryf deur André Groenewald

Waarom sou die skatryk mev. Madeleine Wilton-Olivier die moeite doen om na haar kleindogter te laat soek en waarom laat sy hierdie soektog afgelas nadat ’n mes haar neef se lewensdraad beëindig het… en nadat ’n beeldskone nooi haar reeds by skrywer-speurder Nico Dawidz aangemeld het as die Lynette Hanneman na wie sy soek?

In hierdie aksieverhaal is daar etlike karakters op wie die agterdog kan val – soos onder andere prokureur Mentor en die tuinier, Adam Johansen – dog eintlik bly die groot vraag: wat sou die motief kan wees vir al hierdie gru-moorde?

André Groenewald neem sy lesers op ’n speurtog in MANIAK IN MY LEWE.

 

koop 'n boek 4

 

Lees ook boeke van Jack Hurter

Lees ook speurverhale van Chris L Marx

A GROENEWALD die taak van anna munnik

Die taak van Anna Munnik
 boek geskryf deur André Groenewald

“Jarelank was my lewe een groot nagmerrie,” sug Alma Kroonman en so beskryf sy die dinge wat aan haar geknaag het om haar weerstand en haar verstand te vermurwe.

Dié boek is veral gedenkwaardig omdat hy ’n skurkkarakter teken soos u seker lanklaas teëgekom het. Die duiwelsheid van hierdie persoon se planne, die koudbloedige planmatigheid van sy onmenslikheid, skep waarlik ’n nuwe hoogtepunt van afgryse.

Tussen al sy misdade deur is die set teen die jong meisie wat afgryse wek… Alma, die pragtige onskuldige kind wat in die vreemde afsondering van haar bestaan tot ’n eienaardige, unieke vroulikheid geryp het. Is sy kranksinnig? Ly sy aan ’n wilde waansin wat van tyd tot tyd toeslaan op diegene wat sy die liefste het?

Dit is wat Anna Munnik nie kan glo nie. Sy roep al die kragte van haar eie rypheid en ervaring en van die organisasie waaraan sy verbonde is, tesame om die teendeel te bewys. Dit is haar taak.

’n Mens huiwer oor die implikasies van die kranksinnigheid waarvan jong Alma verdink word. Ten slotte kry mens dan ’n verskriklike insig in ’n misdadigergemoed, verwronge en meedoënloos.

Met DIE TAAK VAN ANNA MUNNIK lewer die bekende speurverhaal skrywer, André Groenewald, heelwat wat besonders is. Nie net die skurkagtigste skurk van jare nie, maar ook verskeie ander karakters om te onthou, woon in hierdie bladsye… die węreldswyse, liefdevolle Anna Munnik en haar onverskrokke, gewetenlose jong helper.

Ons meen dit is die boeiendste spanningsverhaal wat in jare uit Groenewald se pen verskyn het, so vlot vertel soos ’n spookstorie voor die kaggelvuur.

 

 

Boeke gelys volgens jaar van uitgawe

    1. 1948 - Die duiwel kies kortpad - boek geskryf deur André Groenewald
    2. 1953 - Weskus-episode - boek geskryf deur André Groenewald
    3. 1955 - Moord in Jantzenburg - boek geskryf deur André Groenewald
    4. 1958 - Man met wrok - boek geskryf deur André Groenewald
    5. 1960 - Uit die nag - boek geskryf deur André Groenewald
    6. 1961 - Die vrou in Seepunt - boek geskryf deur André Groenewald
    7. 1962 - Die nadraai - boek geskryf deur André Groenewald
    8. 1964 - Maniak in my lewe - boek geskryf deur André Groenewald
    9. 1966 - Skat van die Oenahabs - boek geskryf deur André Groenewald
    10. 1968 - Die taak van Anna Munnik - boek geskryf deur André Groenewald
    11. Ek Haal die voorblad - boek geskryf deur André Groenewald

     

    koop 'n boek 4

    koop 'n boek 4

    koop 'n boek 4