http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
![]() |
Alba Bouwer se lys van boeke sluit in:
Stories van Bergplaas Grietjie los die ertjies en draai met ‘n sprongetjie van die tafel af om. “Ek weet nie,” sê Bramie, “want almal is lekker.” Hy kerf ‘n paar splinte van die plankie af en toe kyk hy skielik op. “Ek weet!” sê hy. “Net die maand wat dit nou is, dis altyd die lekkerste, altyd! As dit September is, is dit lekker en as dit Mei is, is dit lekker, en nou’s dit April en dis die lekkerste van al die maande, net nou, hierdie maand!” Hy spring op, gee Gritjie se een vlegsel ‘n harde pluk en hardloop by die agterdeur uit. “Heidenvolk en duister dae,” sê ai Nonkie. “Dis soos ‘n gemmerbierbottel wat te lank in die spens bly staan het, die prop wil, wil net afspring, so ‘n seunskind darem!”
Stories van Ruyswyck Alie van Rivierplaas — seker die bes beminde dogtertjie in die hele Afrikaanse letterkunde — gaan in hierdie nuwe Alba Bouwer-boek kosskool toe: na die deftige Bolandse meisieskool waar sy vir Engelse seksiemaats Ôlie sal wees en vir die matesisjuffrou Aletter. ‘n Vaal, skugter Vrystatertjie, kom sit sy in die begin van die eerste hoofstuk op die puntjie van die stoel “soos ‘n meerkatjie op ‘n miershoop, ‘n bewerige meerkatjie op ‘n vreemde miershoop”. Eerste in haar klas, hoof meisie van die skool, jong nooi op die matriekgeselligheid voor wie die dae vorentoe “lig en helder en blink” lê, laat ons haar op die laaste bladsy. Alba Bouwer het met die raak (daardie ondeunde en dikwels ongemaklik-raak) waarneming en fyn inslag wat haar werk kenmerk, ‘n kindergemoed geteken wat oopgaan vir die hele kaleidoskoop van gewaarwordinge — ook van die teenoorgestelde geslag — wat met die tienderjare kom. Onopsigtelik, maar sekuur hanteer die skryfster die karakterontwikkeling. Dis ‘n boek vol lewendige skool- en koshuisinsidente; Alie gaan kuier ‘n kort vakansie by die lekker Swagtlandse boegefamilie van haar vriendin Tossie; dan weer ‘n naweek by Leonora se seer vooraanstaande mense in die stad; natuurlik, lang vakansies is Rivierplaas nog altyd daar — en Ou Melitie, en Lulu! — en op Brakfontein woon ouma ook nog. Tussen al die mense, deurentyd, weeg-weeg die jong gemoed onbewus die warboel van vertroude en nuwe ervaringe en vorm sy, met onfeilbare aanvoeling vir wat eg en suiwer is in menslike verhoudinge, haar norme vir die lewe.
Lys van Alba Bouwer se boeke volgens jaar van uitgawe:
|