http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Adriaan Snyman

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Adriaan Snyman se lys van boeke sluit in:

  1. Afrika-Paradys (VAANDEL) - Adriaan Snyman
  2. Bloedvlag oor Prieska, 1999 - Adriaan Snyman
  3. Boereprofeet: Verdere visioene en verklarings, 1994 - Adriaan Snyman
  4. Briewe aan my kinders (VAANDEL) - Adriaan Snyman
  5. Die Arkbouer - 1989 (Bybel roman) - Adriaan Snyman
  6. Die Derde Wreldoorlog (VAANDEL) - Adriaan Snyman
  7. Die Laaste Loopgraaf, 1997 - Adriaan Snyman
  8. Die laaste vrees, 1985 - Adriaan Snyman
  9. Die Messias-kode ......... VAANDEL - Adriaan Snyman
  10. Die Oera Linda Boek, 1998 - Adriaan Snyman
  11. Die silwer wiel, 1997 - Adriaan Snyman
  12. Die vuurwoud- roman gebasseer op werklike gebeure in Delvillebos - Adriaan Snyman
  13. Die weg van n Arend - 1966/72 /83(TAFELBERG) - Adriaan Snyman
  14. Dogtertjie, staan op, 1983 (Bybel roman) - Adriaan Snyman
  15. Gebooie van Mense - Adriaan Snyman
  16. Heuwel van getuienis - 1983 - Adriaan Snyman
  17. Jaar van die sneeuskip - 1991 / 1993 (TAFELBERG) - Adriaan Snyman
  18. Jokkie vir die Sweetvos - 1972/8 (TAFELBERG) - Adriaan Snyman
  19. Kerkverraad (VAANDEL) - Adriaan Snyman
  20. Klipkuil - 1989 (TAFELBERG) - Adriaan Snyman
  21. Komende oordele (VAANDEL) - Adriaan Snyman
  22. Kruis van die liefde - 1966 - Adriaan Snyman
  23. Kruistog na die ewigheid: oorlogsroman - 1972 / 1983 (TAFELBERG) - Adriaan Snyman
  24. Kruisvuur 1978 J.P. VAN DER WALT - Adriaan Snyman
  25. Lewende Wesens - Adriaan Snyman
  26. Meggie - n ware verhaal (TAFELBERG) - Adriaan Snyman
  27. n Laaste Waarskuwing: Boodskap vir die Volk . VAANDEL - Adriaan Snyman
  28. Nagbrug (oorlogsroman) (VAANDEL/HUMAN & ROUSSEAU) - Adriaan Snyman
  29. Ons Koba (jeugroman) (VAANDEL/HUMAN & ROUSSEAU) - Adriaan Snyman
  30. Priester van die rotte, 1966
  31. Profesie oor Suid-Afrika . VAANDEL - Adriaan Snyman
  32. Roep van die Visarend - Adriaan Snyman
  33. Siener - Blaas die basuin, 2008 - - Adriaan Snyman
  34. Siener van Rensburg: Boodskapper van God - Adriaan Snyman
  35. Skip van Genade - 1970 (Bybel roman) - Adriaan Snyman
  36. Stem van ‘n profeet - 1993 /1994 - Adriaan Snyman
  37. Talita Koemi - 1973 (El Greco-uitgewers, Pretoria) (Bybel roman) - Adriaan Snyman
  38. Teen die aand sal dit lig word, 1994 - Adriaan Snyman
  39. Waarskuwing, 2000 - Adriaan Snyman

 

koop 'n boek 4

Bo

 

adriaansnyman-kruistognadie ewigheid

Kruistog na die ewigheid - ‘n oorlogsroman (geskryf deur Adriaan Snyman)

Sondag 21 Junie 1942. In die loopgrawe om Tobroek wag die uitgemergelde Suid-Afrikaners dat die dag moet breek. Aan die gewrigte van duisende offisiere en manskappe tik horlosiewysters die sekondes af. Die nag krimp en verbleek teen die bre ligband wat uit die ooste opstoot.

Die diep skaduwees verander in grys holtes. Die manskappe se moe, bebaarde gesigte lyk soos skrikwekkende maskers. “Ek en Ansie is vandag twee jaar getroud,” s een. “Ek het haar ‘n jaar laas gesien...”

Skielik bars ‘n majiengeweersarsie iewers daar voor in die skemering los. Die warm loodkoels tref hom in die bors. Hy draai sy kop verwonderd boontoe, sy jeugdige mond effens oop. Dan verdof sy o en val hy vooroor met sy gesig in die sand...

Vyftien Duitse en Italiaanse divisies braak die dood oor ‘n handvol verwilderde voetsoldate wat teen die aarde vasgepen l. Hul .303’s, Bren- en Vickers-masjiengewere is nutteloos. Alles verswelg in ‘n vloedgolf van rook, vuur en gloeiende staal.

Waarom skeur die aarde nie oop en sluk hulle in nie? Waarom stort die hemel nie in duie van die gerammel en gebulder nie? Dis die overture tot Rommel se dodedans ...

Kruistog tot die eweigheid rekonstueer die lotgevalle van ‘n groepie Suid-Afrikaanse soldate in Noord-Afrika tydens die Tweede Wreldoorlog. Saam met hulle beleef die leser die veldslae van Sidi Rezegh, El Amein en Tobroek, en bevind hom in ‘n wewld wat waansinnig geword het, waar elke dag ‘n mens se laste kan wees, waar die liefde net maar vir ‘n rukkie vergetelheid bring ...

Vir die skryf van die boek het Adriaan Snyman meer as drie-en-’n-halfjaar lank navorsing gedoen. En in die daaropvolgende agtien maande het hy die roman in sy geheel drie keer herskryf.

In die loop van sy navorsing het hy Suid-Afrika deurkruis op soek na oud-soldate - Duitsers sowel as Suid-Afrikaners - wat in Noord-Afrika geveg het. Hy het die dagboeke, briewe en ander geskrifte van die oud-soldate gelees en daaruit ‘n magdom stof vir die roman gekry. Hy het letterlik honderde koerantberigte versamel wat aan hom ‘n duidelike beeld gegee het het van hoe die oorlog van dag tot dag verloop het. Hy het generaal H.B. Klopper self gaan opsoek en in ‘n reeks onderhoude wat oor meer as twee jaar gestrek het, by hom die verhaal gehoor van uitwissing van die Suid-Afrikaanse Vyfde Brigade. Op die ou end het alleen sy aantekeninge 180 000 woorde beloop - soveel soos drie gewone romans.

Al die harde werk het vrugte afgewerp, want Kruistog na die ewigheid slaag op skitterende wyse daarin om ‘n aangrypende stuk geskiedenis met sy geweld, lyding en bloedvergieting helder voor die leser se oog te laat afspeel.

Lees ook boeke deur Heinz G Konsalik (in Afrikaans vertaal)

 

adriaansnyman-heuwelvan getuienis

Heuwel van getuienis - 1983 (boek geskryf deur Adriaan Snyman)
Die belydenis van pater Nikolas, wat teen God, mens en dier gesondig het

Jammerdal is ‘n dorp soos daar nog nooit was nie - ‘n nes van onheil en genade. Dit is ‘n plek wat op geen kaart te vind is nie. En tog sal elke mens dit herken, die plek waar goed en kwaad so dig verstrengel is dat ‘n gewone mens dit nie meer kan ontwar nie.

Die duiwels en engele moet tussenbeide kom op Jammerdal - en dis wat in hierdie merkwaardige boek van Adriaan Snyman gebeur.

Op Jammerdal het pater Nicolas, die hoender op die dorp se siel, toegekyk hoe die kerk in puin gel word toe ‘n brand onverklaarbaar in die sakristie ontstaan. ‘n Ongeluk, s die pater. Maar die tyd, wat alles uitwys op Jammerdal, wys ook sy skuld daaraan uit. Van die ganse gemeente isdit nog net die twee ou wywe Miriam en /meraai wat Sondag na Sondag hul opwagting by die verkoolde murasie maak. Die ander vermy die pater se o as hulle hom toevallig iewers raakloop.

En dan, op ‘n dag, maak twee vreemdelinge hul verskyning op Jammerdal, twee sinistere figure: Apollion en Lillith. Gou blyk dit dat hul oor buitengewone magte beskik. Die eerste persoon wat deur hul onder hande geneem word, is die pater. Dan volg sy gemeentelde een vir een, soos skape hul herder.

Die enigste wat nie swig voor die twee se flikflooiery en dreigemente nie is die blinde Cecilia en Christiaan, die pater se bokwagter. alleen knoop Christiaan die stryd teen die magte van die bose aan.

Vreemde en onverklaarbare dinge gebeur, tot Christiaan en Apollion eindelik in ‘n tiraniese stryd teenoor mekaar kom.

Heuwel van getuienis is ‘n genadelose brutale boek waarin verborge skakeringe van pyn, verraad, sonde en godsvreugde van opgeskryf word. Dis die verhaal van ‘n verworde siel wat uit die ruine van die verlede opstaan om eers die duiwel te aanbid en dan God aan te gryp - en uiteindelik tog ‘n skuins blik kry op die ewige lig aan die oorkant van die donker.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

adriaansnyman-klipkuil

Klipkuil - (boek geskryf deur Adriaan Snyman)

“Hoekom het jy dan nie vroer vir jou ouers vertel dat hy die aand daar by die winkel was en gedreig het om iou kwaad aan te doen nie? wil die prokureur vii die verdediging weet.
“Ek was bang dit veroorsaak moeilikheid tussen my pa en hom, meneer,” antwoord Theo.
Die prokureur glimlag. “En nou? Hoekom is jy dan nie nou bang dat dit moeilikheid sal maak nie?’ vra by.
“Omdat ek vanoggend gesweer het om die waarheid te vertel,” antwoord Theo. “En dit is die waarheid.”
Nou glimlag die man nie meer nie. Want dit gaan vandag hier oor die woord van een mens teen ‘n ander: die een ‘n bogkind, die seun van ‘n delwer, en die ander ‘n gesiene inwoner van die dorp.
Hoe sou die mense van Klipkuil ooit weet wie die waarheid praat en wie nie, wonder Theo terwyl hy na die see van gesigte in die hol kyk. Selfs sy eie ouers glo hom nie, en Christa mag nie meer saam met hom gesien word oor al die stories nie.
Maar die enigste een wat die waarheid ken, is Braam Agenbach. En n daardie dolle jaagtog in die nag tussen die kleimsgate deur, is die waarheid vir altyd verlore ...


Siener - Blaas die basuin . 2008

Mense ken Siener van Rensburg se visioene en weet dat dit steeds aktueel bly. Hierdie is nuwe verklarings, asook di van ander profete oor wat vorentoe in Suid-Afrika gaan gebeur. Die boek is aanvullend aan Boodskapper van God.

adriaansnyman- SienervanRensburg- boodskappervan God. Siener van Rensburg

Siener van Rensburg: Boodskapper van God
(boek geskryf deur Adriaan Snyman)

"Boodskapper van God is die verhaal van n ware profeet wat die toekoms van volkere vooruit kon sien. Maar hy het veral gesien wat met sy volksgenote gaan gebeur, en hierdie, ‘n lywige biografie van 500 bladsye is vol onthullings asook historiese gegewens, visioene en honderde verklaring van die Siener se gesigte.

Sy profesie vertel die bitter en ontstellende verhaal van ontroue Afrikanerleiers se herhaaldelike verraad, van n volk se verguising, n staatsgreep en revolusie - maar dis ook die verhaal van loutering, straf en uiteindelike eenwording, n nuwe Boererepubliek en ongekende voorspoed.

Talle van sy visioene is reeds sedert die omstrede demokratiese verkiesing van 1994 bewaarheid en ander is besig om in vervulling te gaan:

  • n Swart, kommunistiese regering in Suid-Afrika en die NP se verdwyning.
  • Die verskyning van n vrou as Duitse kanselier.
  • n Tsunami wat Indi gaan tref, en
  • Die moontlike begin van die 3de Wreldoorlog in 2006.



koop 'n boek 4

Bo

 


adriaansnyman2000
Waarskuwing 2000
boek deur Adriaan Snyman.

" Waarskuwing 2000 is n boek wat elkeen behoort te lees. Dis volgepak met noodsaaklike inligting en feite oor wat deur regerings dwarsoor die wreld beplan word.
Die mensdom stuur in hierdie dae van die tweede Millenium onstuitbaar af op die grootste ramp sedert die dae van die Sondvloed, maar niemand besef skynbaar wat besig is om te gebeur nie.
Amerika, Engeland en Kanada maak gereed om krygswet af te kondig.
In Brittanje is alle polisiverlof vir Desember 1999 en Januarie 2000 gekanselleer, en die Gebiedsler is op bystand geplaas met die oog op die verwagte chaos by die draai van die Millenium.

Konsentrasiekampe vir burgerlikes word oral in Amerika opgerig "om gereed te wees vir die verwagte chaos rondom die draai van die Millenium." Daarna sal VN troepe ontplooi word om selfs ander lande wat sou weier om hulle eie burgerlike bevolking se wapens in te trek, te dwing om dit te doen.

Supertronke word ook in SA voltooi, o.a. by Kokstad, Bloemfontein, Boksburg, Louis Trichardt en Barberton, asook op verskeie ander plattelandse dorpe.

Maar regerings beskik vandag ook oor die kundigheid om die totale wreldbevolking in slawekettings te slaan, en dit is presies wat hulle gaan doen.

Is u gereed daarvoor? En kan daar nog iets gedoen word om dit te verhoed?
Hierdie boek is miskien die laaste waarskuwing wat u sal kry?"

 

 

adriaansnyman-dielaaste loopgraaf -sienervanrensburg
Die Laaste Loopgraaf
1997/ 99 VAANDEL/LEWENDE HOOP
(Siener van Rensburg oor sy volk se laaste groot stryd)
 boek geskryf deur Adriaan Snyman

"Siener van Rensburg - die laaste loopgraaf, is Adriaan Snyman se nuutste en waarskynlik ook die heel opwindenste toevoeging tot sy reeds uitgebreide publikasies oor ons eie Boereprofeet se visioene oor sy volk se eindbestemming. En hier maak die skrywer veral gebruik van nuwe verklarings wat betrekking het op gebeure soos prinses Diana se dood asook die ‘Duitse Patriotte‘ se oorlogsverklaring, en die Boere staatsgreep. Daarna beskryf hy ons Derde Vryheidsoorlog en die inswering van ons eerste ware president van die Nuwe Boererepubliek:
"En daar in die waterryke landstreek van Prieska kies ons toe ons eerste regering en ons eerste President. "Die mense was verwonderd toe hulle hom in sy pluiskuil en manel sien verskyn; want hy was nie groot van persoon nie en ook glad nie oud nie, met min hare en groot wenkbroue en skerp o, En baie was nog meer verwonderd toe hulle hom later in sy rytuig sien verbykom op die nuwe grootpad wat met Duitse hulp gebou is, want sedert die dae van Paul Kruger het hulle nog nie weer n president in n koets sien ry nie..."

Lees ook boeke deur HS van Blerk

Lees ook boeke deur Mikro

 

koop 'n boek 4

Bo

 

adriaansnymanbloedvlagoor prieska 
Bloedvlag oor Prieska . 1999
En ander Profesie in aantog 1899-2000
(Siener en die nuwe Millennium) -boek geskryf deur Adriaan Snyman

"Siener van Rensburg se visioene praat van n bloedvlag wat oor n vrye volk gehys gaan word. Ons vryheid gaan ons nie sonder stryd kry nie, want die sonde van die volk is groot. Daar word gepraat van n nag waarin die blankes aangeval gaan word, n tyd waarin ons die swartes uit die land gaan verdryf. Maar dan is daar nog n stryd vir ons voor - een waarin nuwe leiers gaan opstaan en die volk na vryheid gaan lei, want wanneer die swartes weg is, volg daar n groter bedreiging - naamlik die liberaliste en uitlanders. Ander belangrike visioene word ook in hierdie boek bespreek. Hierdie maak n belangrike deel uit van die Siener Van Rensburg-versameling"

 biblioteek boek
Die Oera Linda Boek . 1998

"Daar bestaan al sedert 2193 v.C. n oeroue dokument (Die Oera Linda Boek) wat handel oor n 4000 jaar oue beskawing. Hierdie handgeskrewe teks bevat ook talle verstaanbare Afrikaanse woorde en uitdrukkings! En hoewel dit reeds in 1872 in Nederlands gepubliseer is, word die inhoud daarvan nog doelbewus doodgeswyg. Tydens n Volkekundige Kongres in Parys, Frankryk, het n taalkenner uit Istanboel die kongreslede laat regop sit toe hy aan die hand van Die Oera Linda Boek ‘bewys‘ het dat Afrikaans se wortels direk na hierdie ou beskawing teruggevoer kan word.

Maar hoekom geniet hierdie uitsondelike teks dan nie die aandag wat dit verdien nie? Is dit oor die kontroversile godsdienstige uitsprake daarin? Of is dit omdat die inhoud ons huidige politici en kerklui tot in hul fondamente skud?

Lees nou Die Oera Linda in Afrikaans en maak kennis met die magtige Friese Ryk wat die destydse beskaafde wreld oorheers het; maar maak ook kennis met jul taal wat n duidelike voorloper van Afrikaans is. In Die Oera Linda is daar n verstommende profesie wat oor dertig eeue strek, en eers in ons dag finaal gaan afloop."
 

adriaansnyman- teendieaandsalditlig word 
Teen die aand sal dit lig word . 1994
-boek geskryf deur Adriaan Snyman

"Teen die aand sal dit lig word is n roman met Siener van Rensburg se gesigte as tema, en in die besonder die verloop daarvan na 1994. Dit vertel die aangrypende verhaal van n volk wat uit die as opstaan om homself van die heerskappy van vreemdes te bevry. Sy visioene oor kragonderbrekings, n voedsel- en brandstoftekort, asook die bloedige rebellie en uiteindelike vrede, word n skreiende werklikheid in hierdie ongewone roman.

n Uittreksel uit die keurdersverslag:
"Op die aard van die Christus-simboliek, vertel die skrywer in Teen die aand sal dit lig word, van die kruisiging en opstanding van n volk; n volk wat uit die bloed van martelare gebre is; met bloedoffers n stuk land vir hom gekoop en oor 340 jaar met bloedsweet daar n eie staanplek geskep het; maar die dag toe sy vyand oor sy stadspoort verskyn en kaart en transport eis, het hy dit, sonder om n druppel bloed te stort, en met blydskap, verpand.

"Hier is waarheid en fiksie so dig geweef dat mens naderhand nie meer weet wat is wat nie. Die profisie van Siener van Rensburg en van die Bybel word uiters oortuigend bygetrek; maar kry nou ook n heel nuwe dimensie wanneer dit met kruisbeligting van werklikheid en visioen voor die leser afspeel: Die groot staking; n nagaanval op Johannesburg; myntronke; vigs wat soos die doodsengel in Farao se tyd deur die land trek; die herontwaking van n volk; die roeping van "die man in die bruin pak klere", en oplaas die volk se tuiskoms.

:Die skrywer vlek na weerskante toe oop, genadeloos, en hy spaar niemand nie, ook nie homself nie..."
 

 

koop 'n boek 4

Bo

 

 

adriaansnyman-diewegvannarend

Die weg van ‘n arend (geskryf deur Adriaan Snyman)

Dawie Richter stamp die stuurstang vorentoe. Die vliegtuigromp sidder fyn, raak dan stil totdat net die angswekkende geskreeu van die motore in die hemel bly hang. Ver ondr hom sirkel die plat horison wyer en wyer...

Op vliegpan, tussen die baie ander leerling vlieniers, is Dawie die een wat nie pas nie, die een wat nie daar wil wees nie, die een wat teen sy sin vlienier word. Hy bots met almal - sy pa, sy kollegas, sy instrukteurs, selfs met Lynn Simmons, die n mens, naas sy pa, wie se goedkeuring vir hom belangrik is.

Wanneer hy daarin slaag om ‘n moeilike maneuver met ‘n straalvliegtuig suksesvol uit te voer, voel hy vir die eerste keer dat hy sy kollegas se gelyke, miskien self hul meerdere is. Maar as hy van sabotasie aangekla word, weet hy dat ‘n desperate daat nodig is om te bewys dat hy nie regtig die lamsak is waarvoor almal hom aansien nie.

Die spanning, drama en avontuur in die lewe van ‘n leerling-vlienier is ‘n opwindende deel van Dawie Richter se stryd.

 

adriaansnymessiaskode
Die Messias-kode ......... VAANDEL
-boek geskryf deur Adriaan Snyman

"Die publikasie van Die Messias-kode is n besondere gebeurtenis wat die Afrikaanse boekwreld te beurt val, want van die inligting wat hierin opgeneem is, verskyn nou vir die eerste keer wreldwyd in boekvorm.
In die Messias-kode sal u die geheime ontdek waarvan selfs Isaac Newton bewus was, maar nie kon vind nie.

Het u byvoorbeeld geweet dat die ganse verloop van die mens se geskiedenis (van Adam af tot en met die Wederkoms) perfek in die eerste sewe woorde van Genesis 1:1 gekodeer is? Of dat die sondeval en Eerste Koms van die Messias opgesluit is in die name van Adam se geslagsregister?

Maar dis nie al nie: Ook sy Tweede Koms is in Danil hoofstuk nege gekodeer - beide die maand en jaar word vermeld; en daarmee saam ook die laaste ‘sewe jaar van die Antichris-regering‘ wat aanstons n aanvang gaan neem!

Geen persoon wat die Messias-kode gelees het, sal ooit weer met dieselfde o na die Bybel kyk nie, want:

Die kontemporre wetenskaplike kennis wat in die kodes openbaar word, lewer onomstootlike bewys van sy bonatuurlike oorsprong. Dit is die enigste ‘heilige boek‘ wat deur n omvangryke kodestelsel bevestig dat sy samestelling en inhoud van n buiteaardse ‘Bron‘ afkomstig moet wees. "
 

adriaansnyman- diearkbouer

Die arkbouer- (geskryf deur Adriaan Snyman)

Sedert sy “Skip van genade” wat in 1971 verskyn het, het Adriaan Snyman fassinerende nuwe inligting bekom oor die wreld van die Sumerirs en Setiete - die Eufraat-vallei in die oertyd toe daar nog reuse op aarde was. Onder ander kon hy ‘n beskrywing benut van hoe Noag se broers, Herson en Kedar, hul woonplek verlaat het vir die vleispotte van die stad Sjoeroepak. Toe Noag besig was met sy enorme taak om die ark te bou, het hy ook te kampe gehad met die argwaan en hoon, en die verbrokkeling van sy familie.

In Die arkbouer kry die Noag-geskiedenis nuwe perspektief en glans. Die skryfwerk is so konkreet en beeldend, die gebeure van die Vloed voorafgaan so dramaties, dat dit soos ‘n avontuurverhaal lees. Dis ‘n aangrypend uitbeelding van ‘n merkwaardige man en die gewelddadige tyd waarin hy geleef het.

Lees ook boeke van P G Hendriks soos Werktuig van Adonai

koop 'n boek 4

Bo

koop 'n boek 4

 

adriaansnyman-Talita Koemi

Talita Koemi (geskryf deur Adriaan Snyman)
 

Daar is nie bale verhale/novelles! romans in Afrikaans waarin daar Bybelse stof betrek word nie. Bybelse stof bled natuurlik uit die aard van die saak probleme aangesien die meeste lesers nie kan begryp dat in ‘n roman werklikheid en verbeelding verweef kan word nie. Die outeur van hierdie manuskrip het reeds ‘n werk — Skip van Genade — gepubliseer; en dit is juis ‘n roman wat werk met Bybelse gegewens. Vir hom is die werkwyse dan ook nie vreemd nie. Wat my getref het, is die oorspronklike wyse waarop hy die Bybelse greep aangepak het. In die boek het ons te make met een van die wonderwerke van Christus (die opwekking van die dogtertjie van Jairus) — moontlik een van Sy grootstes. Wat eintlik bloot ‘n kort Bybelse gegewe is (hoewel met groot trefkrag), word nou ‘n wreld bevolk met baie gestaltes.

Die verhaal van die meisie wat uit die dood opgewek word, word iets warms, iets realisties en werkliks. Die hele gebeure word veel meer as die blote ,wonderwerk-idee’. Omdat dit nou soveel mense raak en soveel se lewens beinvloed, word dit meer geloofwaardig en volkome aanvaarbaar. Die meisie word iemand uit ‘n gesin — ‘n persoon met menslike verlangens, angste en gevoelens. Wat my ook getref het, is dat ek onwillekeurig die wreld van daardie tyd ingetrek is en dat ek daaraan kan glo. Die styl is baie vlot en die stuk boeiend en heg.

Met die sukses wat die skrywer reeds behaal het met Skip van Genade het ek geen twyfel dat hierdie boek. net so geslaagd is nie . .
Prof. S. Strydom

Lees ook “Dogtertjie staan op

 

Inhoud van boek:

  • Inleidende aantekeninge oor my dagboek
  • Dagboek van Julius Aurelius : My ontmoeting met Ragel, die dogter van Jairus
  • Ragel se verhaal
  • Tweede aantekening oor my dagboek
  • Ragel se verhaal (vervolg)
  • Laaste aantekening oor my dagboek

 

Bo

koop 'n boek 4

 

adriaansnyman-die vuurwoud

Die vuurwoud - (geskryf deur Adriaan Snyman)

Delvillebos: 15 - 20 Julie 1916

Die bevel van Divisiehoofkwartier aan die bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Brigade was duidelik : Hou die bos ten alle koste - al gebeur wat ook al - en tot die aaste man en die laaste koel.

Maar dit was voordat die hel oor die bos teenaan Longueval losgebars het. Drieduisend Suid-Afrikaanse infanteriste is in die bos in. Teen die einde van die slag van Delvillebos het die Ditsers al meer as nege divisies -byna honderdduisend man - in die bos ingepomp ... en op Donderdagmiddag 20 Julie 1916 het ‘n skrale 140 Suid-Afrikaners uit die bos gestrompel gekom.

Suid-Afrikaanse het sy grootste offer ooit op ‘n slagveld gebring.

Teen die agtergrond speel hierdie jeugverhaal van Adriaan Snyman af. Stefan Meinhardt, ‘n jong Afrikanerseun, bevind hom as baardraer van die Eerste Suid-Afrikaanse Veldambulanskorps in vlaandere. Teen sy moeder se sin is hy oorlog toe, maar darem onder die wakende oog van sy oom, dokter Wilhelm Coetzer, hoof van die Korps. Saam met sy makkers beleef hy die slag - maar sy slag gaan nie net om die bos nie. In hom woed ‘n persoonlike slag omdat sy makkers dink sy oom beskerm en pamperlang hom. En rondom hom is daar die stryd om Nicolette Dupont, die klein Franse meisietjie wat haar pa in ‘n oorlogsgeteisterde dorpie versorg. En dan is daar die stryd teen Dolf Krause, sy bullebak-makker wat reeds van die begin af die kiem van lafhartigheid in hom dra.

Van die insidente in die verhaal - die eerste oor die Slag van Devillebos - is op die werklikheid gebaseer.

Lees ook die 105 romans (in Afrikaans) deur Heinz G Konsalik

Lees ook boeke deur HS van Blerk

Lees ook boeke deur Mikro

 

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

Bo

adriaansnyman-jokkieviedie sweetvos

Adriaan Snyman- Jokkie vir die sweetvos (eerste uitgawe 1978)
Hierdie sagteband uitgawe was in 1984 & 1988 gewees

Francois se ideaal is om jokkie te word: om elke dag met pronkperde te werk, om deel te wees van die opwinding van die renbaan op ‘n dier wat skaars op die grond raak, oor die wenstreep vlieg....

As leerling-jokkie kom hy agter dat sy ideaal ook harde werk en swaarkry beteken. Dit veroorsaak ook boonop ‘n bitter stryd tussen hom en sy broer, wat predikant wil word en glo dat perdewedrenne uit die bose is.

En dit lei tot ‘n ander soosrt stryd om Lize, sy afrigter se lieflike dogter. Om die wonderperd Sieraad te ry, word sy groot begeerte. En toe hy op die sweetvos sy droom-oorwinning behaal, besef Francois dat hy sy ander probleme ook kan oplos....

Jokkie vir die sweetvos is ‘n heerlike spanningsverhaal met ‘n buitengewone agtergrond. Dit vertel ook van ‘n seun se emosionele en geestelike ontwikkeling in daardie ingewikkelde tydperk tussen kind wees en man wees.

 

adriaansnyman-stemvann profeet

Stem van ‘n Profeet - Adriaan Snyman

Reeds in sy eie leeftyd was die alombekende Boereprofeet, Siener van Rensbug, hir en in die buiteland ‘n soort legende. Generaals De Wet en De La Rey het geglo hy is ‘n ware profeet, terwyl staatsmanne soos genl Hertzog, Louis Botha en Jan Smuts selfs in die parlement getuig het hoedat van oom Nieklas se “gesigete” bewaarheid is.

Siener van Rensburg was, volgens alle beskikbare getuienis, ‘n ware profeet, ‘n diep gewortelde Christen en hy het sy gawe van profeise ook nooit vir eie gewin gebruik nie.

 

 

adriaansnyman-priestervan die rotte

Priester van die rotte - Adriaan Snyman

In hierdie kort, wroegende novelle het ons die verhaal van enkele ontgogelde mense, uitgesaktes wat vertroosting soek deur hulle dae in kroe en bordele te slyt. En wanneer die laaste ankers en illusies ook vernietig word - sien ons hulle in hul eie misrabelle ellendigheid ondergaan.

“Wat help dit om nog voort te ploeter,” dink Nieklas, “voort te kruip, terwyl jy lankal weet dat jy ‘n ronde nul is, vir niemand meer iets beteken nie en die feit dat jy nog asemhaal, hulle ook nie traak nie. Miskien is dit waar wat Aaron vanmiddag in sy besopenheid kwytgeraak get: “”As jy vrek, word jy nie van die wreld verlos nie, maar is die wreld - goddank - van jou verlos!””

Priester van die rotte is ook die verhaal van ‘n jong, verlamde seuntjie wat alleen in ‘n donker huis l en wag op die terugkoms van sy Ma wat weggeloop het; sy Ma met haar duifwit hare, haar groot, swartblou o en die bengeltjies in haar stem wanneer sy lag. Sy sal vir hom ‘n nuwe mondfluitjie bring en hulle sal weer “Snakes-en-Ladders” speel. Maar die ure snel verby en sy kom nie en al wat hy buite sien, is die ren en die eerste skemering.

Sonder pose word die ontroerende verhaal vertel. Nog nooit in die Afrikaanse letterkunde is die stadslewe so fors, so kragtig en tog met soveel deernis oopgevlek, as juis in die bitter, rou stuk prosa nie.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

adriaansnyman-Ons Koba

Ons Koba - Adriaan Snyman

In die halfdonker kon Pietman skaars die buitelyne van die mense buite op die werf sien.

En toe is dit sy taak om die Mauser op die gouddiewe te hou waar hulle in die murasie skuil. Sy pa sou van agter af om die huis beweeg en hulle so bekruip. Maar toe die geweerskote begin klap, was Pietman naderhand nie meer seker of dit hy self was wat geskiet het en wanneer nie.

Het Jakoba dalk beter gesien? Sy het heeltyd agter hom in die kombuis gestaan, ongeduldig asof sy liewers die skietwerk wou doen.

Was die skaduwee wat onder die kastaiingboom beweeg het sy pa? Pietman moes weet, want in die lig van die weerligstraal kon hy sien hoe die figuur neerstort...

Ons Koba is die verhaal van ‘n broer rn ‘n suster, en van hoe die dinge uit die verlede in ‘n ommesientjie hul lewens kom omkrap en in ‘n ander rigting stuur.

 

adriaansnyman-dielaaste vrees

Die laaste vrees - Adriaan Snyman

Die verhaal speel af teen die agtergrond van die dramatiese, aangrypende en bittere stryd van die Poolse partisane aan die einde van die Tweede Wreldoorlog om hul land van die Duitse juk te bevry. Die Geallieerdes, onder wie ‘n groepie Suid-Afrikaanse vlieniers wat inItali gestasioneer is, vorm ‘n hangbrug om die Pole te hulp te kom, en gooi op Britse versoek voorrade in Warchau af. Van die Suid-Afrikaners word tydens een van die vlugte afgeskiet en doen noodgedwonge ‘n noodlanding agter die vyand se linies. So raak hulle ten nouste betrokke by die stryd in Pole.

Die verhaal is op werklike gebeure gegrond en word voortreflik en met volgehoue spanning vertel. Dit is ‘n verhaal van liefde en haat, en veral van die wreedheid, verraad en bedrog wat deel vorm van enige oorlog, soos dit ervaar word deur Walter Hansen en Wandunia Nowak, die Poolse meisie op wie hy verlief raak. Tog, ten spyte van die lyding en ellende, bly dit ‘n diep menslike verhaal wat die leser tot die einde sal meevoer.

Inhoud:

  • Voorwoord
  • DEEL 1: Onder vreemde sterre
  • DEEL 2: Nagbrug na Warchau
  • DEEL 3: Puinhoop van herinnering
  • DEEL 4: Slagveld van eer
  • Epiloog

Lees ook die 105 romans (in Afrikaans) deur Heinz G Konsalik

 

koop 'n boek 4

Bo

adriaansnyman- meggie maggie

MeggieAdriaan Snyman

Meggie is op die waarheid gebasseer, onder meer op die getuienis van iemand wat haar amper twintig jaar geken het:
missus Rensburg van Mosselbaai

 

adriaansnyman-kruisvuur saweermagdiensplig

Kruisvuur
- boek deur Adriaan Snyman

Militre diensplig. Die gedagte het soos ‘n oordeel oor die agtienjarige Gerhard Meiring gehang. Sedert sy kleintyd kry hy asma-aanvalle: as dit tydens sy opleiding moes gebeur, sou hy uitsak dalk ontslaan en as ‘n lafaard beskou word. Sy oupa Hardus het juis gewaarsku: “Die Ler is nie ‘n plek vir sawwe ruggrate nie!“ En oupa Hardus sou weet, want hy was ‘n soldaat in die Tweede Wreldoorlog. Hoe sou hy sy oupa, sy ouers en die dierbare Isabel ooit weer in die o kon kyk?

Tog bly hy staande, ondanks mergelende hoesbuie wat hom dikwels in ‘n beswyming Iaat, en hy begin mettertyd selfs vreugde put uit die militre lewe in die opleidingskamp op die. genadelose Vrystaatse vlakte — totdat hy op ‘n dag die bevel kry: “Jy vertrek aanstaande week na die operasionele gebied.” As sappeur sou hy die vyandelike gebied vooruit moes binnegaan om landmyne op te spoor en onskadelik te stel, en tydbomme onder die vyand se neuse te plant — lewensgevaarlike take wat gewoonlik muisstil uitgevoer moes word. Sou hy dit kon doen sonder om sy eie lewe en die van sy makkers — in gevaar te stel?

Kruisvuur is ‘n verhaal van vandag, van ons land en die manne wat moet sorg dat sy grense bewaak en verdedig word. Dis egter ook die verhaal van hulle wat tuisbly: die geliefdes wat moet bid en onderskraag en hulle eie stryd stry — almal mense wat dikwels vasgevang is in meer as een persoonlike kruisvuur.

 

Lees ook verhale deur Pieter Pieterse

Lees ook verhale oor die bosoorlog deur Bertrand Retief

 

koop 'n boek 4

Bo

 

adriaansnyman-Lewende wesens

Lewende WesensAdriaan Snyman

Die Bybel praat baie keer van hierdie wesens, maar dit word nie duidelik ges wie of wat hulle is nie. Daar word ook soms na hulle verwys as diere van die veld. In hierdie publikasie word hulle karakter en lewenswyse breedvoerig behandel, asook die belangrike rol wat hulle aan die einde van die tyd sal speel. Om te kan verstaan waarom die wreld in so 'n haglike toestand is, is dit nodig dat u weet van wie hier gepraat word.

Lees ook die boeke van Bennie Kleynhans oor die eindtye

 

 

koop 'n boek 4

Bo

adriaansnyman-Gebooie van Mense

Gebooie van Mense - Adriaan Snyman

 

adriaansnyman-Dogtertjie, staan op boek

Dogtertjie, staan op
boek deur Adriaan Snyman

Teen die agtergrond van Jesus se lyding en sy dood aan die kruis, ontvou die ontroerende verhaal van Ragel, die dogtertjie van Jairus, wat deur Jesus uit die dood opgewek is. Wanneer haar ouers uit die dorp verdryf word en Jesus volg, bly sy en haar oupa alleen agter. Sy is ongelukkig en bang. Die Jode haat Jesus en s Hy is ‘n valse profeet, daarom wil hulle niks met haar te doen h nie. Die kinders spot haar en die grootmense wil h sy moet Jesus verlon. Selfs haar oupa draai teen haar.

Ten einde raad vlug sy Jerusalem toe om Jesus en haar ouers te gaan soek...
Dogtertjie, staan op is ‘n verhaal wat elke jong leser sal meevoer.

Lees ook “Talita Koemi

 

 

koop 'n boek 4

Bo

 

adriaansnyman-jaarvan die sneeuskip

Jaar van die sneeuskip
avontuurverhaal deur Adriaan Snyman

Sy klou aan die ysterpen vas: die sneeuwand is hier vlak by haar gesig, hard en yskoud. Sy probeer om nie daarna te kyk nie, probeer vergeet dat sy tot sterwens toe moeg is en dat daar n duiselingwekkende afgrond onder haar gaap.Sy verskuif haar regtervoet, maar die volgende oomblik is daar niks onder haar nie en moet sy haastig weer haar voet terugskuif. Haar been ruk.
Ek moes nooit Turkye toe gekom het nie! dink sy en kyk met n beklemmende angs na die loodgrys wolke bokant hulle koppe

Toe oom Meyer Nuwejaarsdag kom vertel dat hy vir oulaas na Noag se ark teen Ararat gaan soek en Marianne hom soebat om te mag saamgaan, het sy nie besef waarvoor sy haar inlaat nie. Want hulle soektog na die ark is nie net ‘n poging om ‘n eeue-oue legende te bevestig nie. Vir haar word dit ook ‘n pynlike soektog na die waarheid, na wat presies daardie dag teen Tafelberg gebeur het toe Stefan teen die krans afgestort het...

Jaar van die sneeuskip is ‘n bergklimverhaal propvol aksie en spanning, geplaas teen die eksotiese agtergrond van Turkye en die legendariese Berg Ararat. Maar dis terselfdertyd veel meer as ‘n blote avontuurverhaal, want vir Marianne word dit ook ‘n innerlike avontuur: sy ontdek as‘t ware haarself en kry nuwe insigte in haar verhoudings met die rnense wat die naaste aan haar is.

 

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Siener van Rensburg

Nie teenstaande Adriaan Snyman vele ander boeke geskryf het , word hy seker die meeste onthou vir sy boeke oor die profesie van die Boereprofeet, Siener van Rensburg. Adriaan Snyman het met sy boeke baie mense geraak en beindruk oor wat Siener van Rensburg voorspel het en dat vele dinge reeds tot vervulling gekom het. Mense glo nou dat al Siener van Rensburg se profesie nog bewaarheid gaan word, maar lees gerus die boeke en oordeel self...

Nou behoort lesers ook nie verbaas te wees om te hoor dat die boeke van Siener van Rensburg letterlik so skaars soos hoendertande is - die mense wat hulle hande op Siener van Rensburg se boeke kon l, laat nie maklik die boek(e) weer onder hul o uit nie!

 

ADRIAAN SNYMAN skip van genade

Skip van Genade (‘n Bybelroman)
Adriaan Snyman

Op die kalkrante val daar geen ren nie. Die oeste misluk. Daar is geen kos nie. As die God van Noag, dan die alleenware God is, waarom laat Hy dit toe dat Sy mense in sulke armoede en ellende leef terwyl daar oorvloed is in die stad van die Sumerirs met hul afgode en hul vetsak-koning Siusudra wat die boosheid laat sevier?

S het die Setiete in die tyd van Noag geredeneer. En een n die ander het hulle hierdie vrome man en die kalkrante verlaat en hulle by die heidene aangesluit. Selfs toe hy met die waarskuwing kom dat God ‘n watervloed sal stuur om die wreld en sy boosheid te vernietig, wou hulle nie terugkeer nie. Saam met die Sumerirs het hulle hom bespot, uitgejou, selfs aangerand. En as hulle die hamerslae hoor waar Noag en sy drie seuns met die groot taak, die bou van die ark, begin, het hulle nog meer gelag en gespot.

Maar diep in Siusudra het daar ’n vrees geleef. Wie is die man Noag? Wat is daar aan hom wat die hart van ‘n koning laat huiwer? Siusudra het sy towenaar met sy wriemelende slange laat kom en kry so ook die berig: Daar sl ‘n watervloed oor die wreld kom. Ook hy moet ‘n ark bou. Ja, en hy sal dit ook doen. Het hy nie honderde werksmanne tot sy beskikking nie? Sy ark sal lank voor Noag s’n klaar wees, en hy sal gered word…of so het hy gereken.

Skip van Genade is die bekende Bybelse verhaal van die sondvloed, maar deur die skrywer se siening van die tydperk, sy uitbeelding van die leefwyse van die Sumerirs, en veral deur die botsing tussen Noag en Siusudra, word dit brer uitgebou – ‘n dramatiese verhaal, lewendig en onmiddellik verbeeld, ‘n verhaal wat end-uit boei. 

Skip van Genade is met ‘n besondere piteit geskryf, maar ook met verbeelding en ‘n kennis van die historiese gegewe.

 

koop 'n boek 4

Bo

koop 'n boek 4

Bo

koop 'n boek 4

Bo

Lees ook boeke deur Pastoor Bennie Kleynhans

Lees ook Christelike boeke van dr Andrew Murray

 

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738