http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php AAJ van Niekerk boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

A. A. J. van Niekerk se lys van boeke sluit in:

  1. As die skoolklok lui - boek deur A.A.J. van Niekerk
  2. Bittergousblom - boek deur A.A.J. van Niekerk
  3. Boetie van Boesmanland - boek deur A.A.J. van Niekerk
  4. Die klipsweet sit aan my voetsool vas - boek deur A.A.J. van Niekerk
  5. Die Langtreeskoene - boek deur A.A.J. van Niekerk
  6. Die ring om die maan - boek deur A.A.J. van Niekerk
  7. Die tierslagyster - boek deur A.A.J. van Niekerk
  8. Die wit perd van Calvinia - boek deur A.A.J. van Niekerk
  9. Die soutryers - boek deur A.A.J. van Niekerk
  10. Die Vloeksteen - boek deur A.A.J. van Niekerk
  11. Herneuter - boek deur A.A.J. van Niekerk
  12. Kelkiewyn en koggelaar - boek deur A.A.J. van Niekerk
  13. Kerf ‘n stokkie - boek deur A.A.J. van Niekerk
  14. Op pad na Port Jollie - boek deur A.A.J. van Niekerk
  15. Optelgoed - Diamantsmokkelstories van Noord-wes deur A.A.J. van Niekerk
  16. Rondom die skoolklok - boek deur A.A.J. van Niekerk
  17. Sening en sy maats - boek deur A.A.J. van Niekerk
  18. Soos twee windswael - boek deur A.A.J. van Niekerk
  19. Storiekonsertina - humorverhale deur A.A.J. van Niekerk
  20. Tasal van die grasvlakte - boek deur A.A.J. van Niekerk
  21. Twee maal elf is twaalf - Vier-en-veertig volksrympies deur A.A.J. van Niekerk
  22. Veldvolkverhale - boek deur A.A.J. van Niekerk
  23. Verlange is verniet - boek deur A.A.J. van Niekerk
  24. Vir `n Oulap en `n Bokstert - boek deur A.A.J. van Niekerk

Koop boeke by ons ander webtuite : www.lizmarboeke.co.za

 

van Niekerk AAJ - Kelkiewyn en koggelaar

Kelkiewyn en koggelaar
boek deur A.A.J. van Niekerk

Die Noordweste is ’n afgesonderde deel van ons land vol kontraste: eensame sandwreld, dikwels die vreugde van blomme en ook bossie en klip en soms amper karoo-wereld met rante en heuwels en deinserige vrtes. Dis ’n wreld met sy eie mense wat na aan die aarde leef; deur die aarde gevorm word; feitlik deel is van die wind, die son, die grond.

A. A. J. van Niekerk skryf met ’n opvallende deernis oor hierdie landstreek. Hy skets die verskillende dele wat tot die landstreek behoort: Namakwaland, Sandveld, Boesmanland en die Richtersveld. Hy skryf oor die wind, die vols, die “skerwyn en bloubaard” met ’n besondere fyn waarnemingsvermo. Maar dis veral die “kortverhale” in di bundel wat die aandag trek; albumprente van di wreld se mense. Dit getuig van ’n knap komposisiegawe, ’n aanvoeling vir die situasie en ’n insig in die mens. En bevestig die vermoede dat ’n sterk talent aan die woord is. Van Niekerk skryf ’n sober prosa, sonder opsmuk of enige literre truuks. Dis ook ’n beskeie kuns, ’n streekkuns. Algaande word dit egter meer en kry die eenvoud ’n dieper gestalte. Jy ontdek die patos van die ewige mens verstrengel in die lewe, maar dikwels is daardie aardse humor; die bevryding van die lag wat wil oplos. En dit is een van die grootste verdienstes van hierdie bundel.

Kelkiewyn en Koggelaar is ’n bundel sketse wat om sy eenvoud, sy raakheid van segging, deel is van ’n land vol verskeidenheid, deel is van die wind, die son, die aarde.

Inhoud:

  • Die Kis
  • Binneveld van Namakwaland
  • Skerwyn en Bloubaard
  • Klipfontein se Perdemeul
  • Ja-Kameel
  • Namakwalandse Sandveld
  • Die Wind
  • Uitsonderlike Kosse
  • Ou Bulletjies
  • Boesmanland
  • Die Brandmerk
  • Die-aader-naait-deer
  • Oupagrooitjie se Baaskoperryer
  • Richtersveld
  • Ou Anneries se Vrees
  • Kelkiewyn en Koggelaar

koop 'n boek 4

Boeke kan bestel word vanaf ons aanlynwinkel by www.lizmarboeke.co.za

 

van Niekerk AAJ - VeldVolkverhale

Veldvolkverhale
boek deur A.A.J. van Niekerk

 

koop 'n boek 4
Boeke kan bestel word vanaf ons aanlynwinkel by www.lizmarboeke.co.za

 

Herneuter
Boek geskryf deur A.A.J. van Niekerk

HERNEUTER, soos die gebruiksartikel wat hierdie naam dra, sny diep in die alledaagse lewe van die volksmens van die noordweste van Kaapland.

koop 'n boek 4
Boeke kan bestel word vanaf ons aanlynwinkel by www.lizmarboeke.co.za

 

van Niekerk AAJ - die soutryers

Die soutryers
Boek geskryf deur A.A.J. van Niekerk

Die eensame half-woestynwreld van die Noordweste — wat soms soos ‘n blomtuinlushof kan wees - druk sy stempel op sy kinders af. Dis die wreld wat heel onlangs nog die soutryer en trekboer geken het, die waterskep met ‘n emmer vir duisend skaap, die soek na weiveld en diamante, die ongeletterde, opregte ,,Sandveller” — die sout van die aarde. Met liefde en begrip word die wel en we van die Namakwalandse wreld geteken deur ’n seun van di wreld en wanneer daar soms op goedige wyse gespot word, is dit altyd met ’n ondertoon van weemoed oor die verbygegane.

Baie van die dinge van hierdie landstreek word deel van die verlede, maar een ding sal nooit verbygaan nie en dit is sy aristokrasie. Daar is ou Anneries Kok – Bruin man en Godsman. Ou Anneries is al baie baie oud en die twee ou o kan nog net so ’n valigheid hier voor hom beken. Die twee bene wil ook nie almres vir hom uit die kooi help nie, maar die maag is nog gesond. Jy kan maar gee en hy’s vrede; enige ding. Di wat hy nog ten spyte van sy ouderdom so sterk is.

Daar is oom Gys Goosen – Gjys het hulle hom genoem – wat ’n optel-diamant in sy katel se poot weggesteek het en toe geen duurte gehad het voordat hy die kwade klip aan die “poeliese” oorhandig het nie. Daar is Kolbok, daardie langoor-aristokraat – ’n donkie duisend, en ou Windstaan, ’n hond sonder weerga. Daar is ook baie mr wat sonder weerga in hierdie weergalose wreld is.

Tussen al hierdie dinge is daar ammelee die geknars van die soutryers se wa, volgelaai met glinsterende wit sout. En teen die namiddag vertrek die soutryers weer net so stil-stil soos hulle gekom het. Net die slingerspoor in die rigting van die Bokkop sal die volgende dag nog sigbaar wees. “Maar ons is maar almal soutryers, het Pa altyd ges, brakwaterdrinkers aan ’t rondswerf tussen blomtyd en drontyd.”

Lees ook H.S. van Blerk se Houtsnyers - Los donkies

Lees ook boeke deur Jan J van der Post (Boesmans / Duinereeks)

Lees ook boeke deur doc Immelman

 

koop 'n boek 4
Boeke kan bestel word vanaf ons aanlynwinkel by www.lizmarboeke.co.za

 

AAJ VAN NIEKERK die klipsweet sit aan my voetsool vas

Die klipsweet sit aan my voetsool vas
Boek geskryf deur A.A.J. van Niekerk

Die titel van hierdie bundel vertellings van A. A. J. van Niekerk gee reeds aan die leser ’n baie goeie aanduiding van wat hy te wagte kan wees. Dit kom uit een van die “Klipwerk”-verse van N. P. van Wyk Louw:

die middag voel na warm as
die voetpad en die klipsweet
sit aan jou voetsool vas
(Nuwe Verse, bl. 43)

Dit is ’n warm middag waarvan hier vertel word en die jy-figuur, die loper op die warm middaguur, ervaar hierdie hitte intens. Hy word as’t ware deel van die warm aarde, hy kan daarvan nie loskom nie, maar met die voetpad moet hy voort.

Net soos “Klipwerk” die ruheid n gevoeligheid van menslike emosies en humor blootl, die aardsheid van ’n menslike bestaan beklemtoon, en in feitlik primitiewe “vorm” die oer-wereld van die mens en sy aardse lotgevalle uitlig tot tegelyk pragtige posie en pre-posie, s het Van Niekerk se vertellings ook die tematiese vertrekpunt dat hulle die mens in sy klein aardse bestaan ’n nuwe bestaansreg wil gee – di van die alledaagse, gewone mens wat net so vassit aan die lot, die wreedheid, die humor, die patetiek en die tragedie van sy oer-wreld.

Elkeen van hierdie vertellings plaas ’n karakter of karakters in ’n uiters gewone situasie, maar uit hierdie situasie word ’n hele stuk oer-lewe oopgemaak. So is daar Flip Tarentaal wat moet leer dat ’n mens met jouself en met jou naam deur die lewe moet gaan; daar is ’n droogte-geteisterde boer Ben wat moet leer dat die besoek van ’n koning mense toelaat om water te mors terwyl elke druppel van hierdie vog vir hom wat Ben is, lewe beteken; twee seuns wat ’n heroese en uitdagende speletjie speel, leer skielik die verskil tussen lewe en dood ken; Daantjie Hendriks word beeld van die mens wat nooit werklik die verskil kan ken tussen gewetenslas en gewetensvryheid nie; en die Joodjie Benjamin Rabinski leer om die lewe te fnuik in die ewigdurende stryd tussen ondergang en voortbestaan in hierdie aardse lewe.

Van Niekerk skryf in ’n soepele Afrikaans, sy vertellings is onderhoudend, sy karakters wydlopend en interessant. ’n Ekstra winsie is die brokkies dialektiese Afrikaans wat in die mond van sommige karakters gel word.

Met hierdie bundel bevestig Van Niekerk opnuut dat hy ’n gebore verteller en humoris is.

Op hlle beurt herinner die inhoud van hierdie vertellings weer aan ’n ander aanhaling uit “Klipwerk”, ’n aanhaling wat uitwys dat die lewenservaring van die mens, van watter kant en hoe ook al gesien, tog iewers oer-menslik en eie aan almal is:

die wind se onderkant is wit
want waar hy op die koring sit
daar maak hy die hele wreld wit
(Nuwe Verse, bl. 55)

Inhoud

  • Die koning eet nie gras nie
  • Nie goed om meet te speul nie
  • Flip s van
  • Die weegskaal
  • Jy vloeke my nie
  • Die baklei-ramme en die Best-mes
  • ’n Verskynsel
  • ’n Skoot in die wind
  • Boetie Tommie breek die winkel in
  • Twee patrone vir ’n satangskind
  • Oupa Dirk en sy motors
  • Klaas
  • ’n Man en sy gewete
  • Die swart wandelstok

AAJ VAN NIEKERK kerf n stokkie

Kerf ‘n stokkie
Boek geskryf deur A.A.J. van Niekerk

  • Twee koffers vol omkoopgoed. 
  • ’n Eerlike grondtransaksie
  • Die gaatjie in die brood
  • Oom Bokkie se voggie
  • Mousis en die Ama-Juten
  • Selluloid-broeke
  • Die sprinkaanbeampte van Boesmanland
  • KWV en die Kalahari-jagters
  • Tant Myna en die verdwaalde prospekteerder
  • ’n Balhorige jongman en ’n koel
  • Jy moet ophou met die neukery Sam
  • Madal se vleiskos
  • Die mouterbaaik se dinges
  • Soet vir sy life
  • Geen skr of skeermes

koop 'n boek 4
Boeke kan bestel word vanaf ons aanlynwinkel by www.lizmarboeke.co.za

 

AAJ VAN NIEKERK storiekonsertina

Storiekonsertina
boek geskryf deur A.A.J. van Niekerk

A. A. J. van Niekerk het sedert sy debuut as storieverteller met Die soutryers in 1964 inboek na boek dit reggekry om alle soorte mense (van gesoute literatore tot suurknolle en gallyers) te laat: glimlag, grinnik, gryns, skater, bulder en styfskop van lagstuipe. Humor kan regstreeks uitbundig of skelm versteek wees. En soms is dit ’n lag deur huiltrane heen. Van Niekerk ken die uiterstes van humor en al die skakerings tussenin. Hy ken ook die volkse kuns om ’n storie te konsertina, sonder om sy leser te verveel en sonder om self die wyse te verloor. In hom vind mens ’n unieke samestelling: ’n gekultiveerde volksmens. Hy is ’n boekgeleerde wat nie die grond van sy herkoms misken nie. Hy praat en skryf die taal van die plaas, die dorpswinkel, die delwery, die togpad, die jagveld, die kroeg, die konsistorie, die binnekamer en die klaskamer.

Al is Van Niekerk se kontrei ons hele wye en droewe land, is sy ware hartland die Noordweste. Dit is ook die hartland van Afrikaans. Daar praat die mense sonder ’n blad voor die mond – pront en reguit op die mens af. Wat op die oor af na pure vermaak klink, is inderwaarheid ook bewaringswerk. Maar die stories in hierdie boek is alles behalwe museumstukke. Die vreugde en verdriet van hierdie mense spreek tot elkeen wat uitgelewer is aan die hart en sy streke.

Storie-konsertina bevat vir elkeen iets: van foxtrot tot vastrap; van rumba tot riel. Selfs die strammes sal jeuk in die voete krys.

Lees ook boeke van P.H. Nortje

Lees ook boeke van Fanus Rautenbach

INHOUD:

  • I EERSTE AKKOORD

    II DIE OOMS VAN DIE NOORDWESTE
    Die seggingskrag van die eiesoortige Namakwalandse taal
    Ditto
    So ’n spektakel
    Die eerste brommers
    ’n Eerlike antwoord
    Die Boerespioen
    Die brandmerk
    ’n Slagyster in die sand
    ’n Verskynsel
    Geen skr of skeermes
    Danksy die vlie
    Oom Adriaan-Pieter se laaste begeerte
    Di jbryker
    Spier-spierwitte tande

    III EK DRA DIE BLOU STEEN IN MY HAND
    By kerslig
    Daantjie-se-klip
    Visvang opdro grond
    Die swartebbehoutvaas
    ’n Paul Kruger-knipmes present

    IV VERSADIG EN VERKWIK
    Uitsonderlike kosse
    Stil-Jan se Water
    Ja-Kameel
    ’n Besondere etetjie
    Die gaatjie in die brood
    Die koning eet nie gras nie

    V ‘N SLANG IN DIE GRAS
     
  • Twee patrone vir ’n satangskind
  • ’n Slang in die gras
  • ’n Ysige ervaring op ’n warm dag
  • My slang

 

  • VI EK LIEG DIE WAARHEID
  • ’n Hakkelaar se wraak
  • In Koningin Vittorie se paleis
  • Ollie Farmer hou hom wit
  • ’n Gesuiwerde kombuis
  • Het jy nie dalk vir ons vuurhoutjies nie?
  • As di weer nie verander nie
  • Die twintigpondnoot

VII MEESTER, TEKEN BIETJIE AAN

37.  En toe skiet oom Tys
38.  Oor amptelike lollery
39.  Om varke kos te gee
40.  “Your Inspector”
41.  Eksamenflaters

VIII AS HY LOOP, DA’ LOOP HY SOOS DIE WIND

42.  Die oordeelsdag
43.  Oom Kolie en sy steeks merrie
44.  So ’n verdomde donkiehings
45.  Op pad na Port Jollie
46.  Die voorste hardloper van die Boesmanland

 IX EK WIL HAAR SQUEEZE EN SOEN

47.  Jy moet ophou met die neukery sam
48.  Juffrou, vanaand gaan daai Isak darem…
49.  Sieraad II
50.  Naand, Hester
51.  Die troukaartjie
52.  Tant Myna en die verdwaalde prospekteerder

X DIE BOTTEL IS GEBORE

53. Oupagrootjie se baaskoperryer
54. Waffer bok?
55. Die “praaimus” wou nie brand nie
56. KWV en die Kalahari-jagters
57. Oom Bokkie se voggie
58. ’n Moedswillige broertjie
59. Kalahari-“sports”
60. ’n Duur vleisbraai
61. Die kis

 

koop 'n boek 4
Boeke kan bestel word vanaf ons aanlynwinkel by www.lizmarboeke.co.za

 

AAJ VAN NIEKERK tasal van die grasvlaktes

Tasal van die grasvlakte
boek geskryf deur A.A.J. van Niekerk

Tasl kan ure lank op ’n drafstap oor die gelyktes aanstryk; hy kan ’n perd flou hardloop as hy wil. Maar by die baashardloper Oertwa kan hy nie voorbly nie.

Hulle jag hom soos ’n trop wildehonde – Oertwa en die vier ander Boesmans – en bind hom met rieme op die grondvas. Oor sy hele lyf smeer hulle heuning; dan laat hulle hom vir die son en die insekte.

Hulle kom van oral; hulle krioel oor sy lyf en begin vreet deur die heuning. Tasl kan hom nie roer nie. Eers praat hy met die Groot Koning van wie die wit man hom geleer het; later begin hy waansinnig skree.

In ’n grot l sy verhongerde ou vader dood. Sy laaste wens? Dat Tasl leier van Thebe se Boesmans sal word en dat hy s sy opdrag sal uitvoer; dt waarvoor hy van anderkant die blou berge, van die witgrasvlakte afgekom het.

En iewers soek ’n witman te perd na Tasl. Waarom dwing die Boesmantjie l terug na hulle wat sy dood soek? wonder hy. En hoekom wil hy so graag met die donderstok leer skiet?

 

A. A. J. van Niekerk vertel met sobere eenvoud die verhaal van Tasl, ’n kind van die veld, wat moet help stry om sy mense se behoud wanneer hulle met nuwe en oorweldigende wapens deur hul aartsvyande afgemaai word. Die skrywer kn die veld – daarvan getuig sy skerp waarnemings – en hy skryf met begrip, maar onsentimenteel oor die bedreigde wreld van die primitiewe klein mensies.

 Tasl van die grasvlaktes tref n jare steeds vanwe sy onopgesmuktheid en sy meevoerende verteltrant.

Lees ook boeke deur Jan J van der Post (Boesmans / Duinereeks)

Lees ook boeke deur doc Immelman

 

Hier volg ‘n lys van AAJ van niekerk se boeke in jaar van uitgawe:

  1. 1957 - Tasal van die grasvlakte - boek geskryf deur A.A.J. van Niekerk
  2. 1964 - Die soutryers - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  3. 1969 - Kelkiewyn en koggelaar - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  4. 1970 - Optelgoed (Diamantsmokkelstories) - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  5. 1973 - Twee maal elf is twaalf - Vier-en-veertig volksrympies deur A.A.J. van Niekerk
  6. 1974 - Bittergousblom - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  7. 1975 - Herneuter - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  8. 1976 - Rondom die skoolklok - boek geskryf deur A.A.J. van Niekerk
  9. 1976 - Veldvolkverhale - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  10. 1978 - Die Langtreeskoene - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  11. 1979 - Op pad na Port Jollie - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  12. 1979 - Soos twee windswael - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  13. 1980 - Sening en sy maats - boek deur A.A.J. van Niekerk
  14. 1981 - Die klipsweet sit aan my voetsool vas - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  15. 1981 - Verlange is verniet - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  16. 1981 - Die ring om die maan - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  17. 1981 - Kerf ‘n stokkie - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  18. 1983 - Die Vloeksteen - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  19. 1990 - Vir `n Oulap en `n Bokstert - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  20. 1993 - Storiekonsertina - boek geskryf deur A.A.J. van Niekerk
  21. 1993 - Boetie van Boesmanland - boek deur A.A.J. van Niekerk
  22. 1994 - Die Tierslagyster - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  23. As die skoolklok lui - boek geskryf deur AAJ van Niekerk
  24. Die wit perd van Calvinia - boek geskryf deur A.A.J. van Niekerk

koop 'n boek 4

Boeke kan bestel word vanaf ons aanlynwinkel by www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Boeke kan bestel word vanaf ons aanlynwinkel by www.lizmarboeke.co.za

koop 'n boek 4

Boeke kan bestel word vanaf ons aanlynwinkel by www.lizmarboeke.co.za

 

 

 

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181