|
By Springbokboeke poog ons om lesers van Afrikaanse boeke te help met inligting oor en van boeke. Nie net is die inligting vir “gewone” lesers nie maar ook vir versamelaars van Afrikaanse boeke en Africana boeke (boeke uit Arfrika en oor Afrika).
Dit doen ons deur kort biografieë van skrywers beskikbaar te stel. Ons probeer dan ook om ‘n volledige lys van boeke van ‘n groot verskeidenheid van skrywers beskikbaar te stel. Die lys word aangevul deurdat ons ook poog om van verskeie boeke ‘n kort beskrywing te gee.
Ons verwelkom dan ook inligting vanaf lesers, aangesien ons graag poog om die inligting so volledig as moontlik te wil hê. Op die metode kan mens dan ander lesers help.
Ek glo lesers / besoekers aan ons webtuiste sal dit bruikbaar en behulpsaam vind, en dat dit sal bydrae tot ure se leesgenot.
Alhoewel daar eers begin is met Afrikaanse fiksie, Afrikaanse liefdesverhale / romans en ook Afrikaanse speurverhale, is daar ook gepoog om Afrikaanse geskiedenis en reisjoernale aan te spreek. Ons poog ook om die literêre gedeelte en die Afrikaanse geskiedenis aan te spreek.
Ons het ook al verskeie interessante reekse soos die van die Afrikaanse wetenskapfiksie-lys en dan ook ‘n lys van ou-Kaapseverhale en Speurverhale van privaatspeurder Hugo Storm asook speurder Frans Lindenhof en dan ook speurverhale in die klub 707-reeks en nog vele meer.
Indien lesers egter van die boeke wil koop, kan hulle gerus www.lizmar.co.za besoek of enige van die winkels in Pretoria.Tel 012 345 4040 (Elarduspark) of tel 012 346 6738 (Monumentpark) of tel 012 807 2710 (Equestria
|